Pasgelaai

Toorkombuis: ’n onderhoud met Karen Hart

Naomi Meyer, Karen Hart Kos en wyn 2025-06-23

"Maar wanneer ek nou terugdink, het kook en bak my baie vroeg al gefassineer. Ek kan baie ver terug onthou – van my eerste herinneringe strek so ver terug as toe ek as tweejarige in Shannon op ’n plot buite Bloemfontein gebly het."

Raak asseblief betrokke by jou plaaslike skool

Freek Robinson, Jaco Deacon Onderhoude 2025-06-23

Hoe kan gewone mense ’n verskil maak aan die onderwys? Jaco Deacon het talle voorstelle vir ouers, sakelui en gemeenskapsleiers wat graag betrokke wil raak.

Afrikaans Huistaal: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-06-23

Is jy in graad 10 en wil jy heeldag op TikTok spandeer – maar jy skryf nog hierdie week jou Afrikaans Huistaal-eksamen? LitNet het net goeie nuus vir jou. Jy kan hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai en vir jou eksamen voorberei. Boonop word daar juis oor TikTok in een van die oefenvoorbeelde geskryf. Die ander goeie nuus is dat dit amper vakansie is!

François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk

Mimie de Vries Lesersindrukke 2025-06-23

"Lesers kan hul verlustig in die taalgebruik waarmee die landskap, see en dierelewe beskryf word, en dit doen nie oordadig of herhalend aan nie, omdat dit naatloos vervleg word met reisgegewe. Fynbosprag word reeds op die voorplat in die vooruitsig gestel."

The roots, the branches and the fruit: moral regeneration in South Africa in the context of legal ethics teaching as part of the LLB degree programme

Neels Swanepoel Academic research 2025-06-23

"Thirty years after the dawn of the South African democracy, the bitter fruits of our 'democratic tree' include alarmingly high levels of corruption, violence, a lack of basic service delivery, impunity for crime, and many more societal ills."

Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2025-06-23

"Die gevolgtrekking is dat nóg die Grondwet nóg die wortels van ons onderskeie tradisionele moraliteitskulture enige ruimte laat vir ondeurdagte aanslae op die oppergesag van die reg en die algemene morele verval in die land."

Deel en wees deel: Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstellingsfunksie 2025

Naomi Meyer, Lasché van Heerden Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-20

Die Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstelling het op 19 Junie 2025 plaasgevind. Hier is enkele foto’s van die geleentheid en vanjaar se program. Kom deel in alles wat op die spyskaart is.

Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring

LitNet kykNET Portaal 2025-06-20

“Die Silwerskermfees bring denkers, doeners, makers en towenaars oor generasies en provinsies heen saam in die naam van film,” sê Waldimar Pelser. Vanjaar vind die fees van Woensdag tot Saterdag, 20 tot 23 Augustus, by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaas.

LitNet: Jou Veldsoirée-program

LitNet Nuusbrief 2025-06-20

LitNet: Jou Veldsoirée-program

Trekvoëls in die politiek (20 Junie 2025)

Theo Venter Menings 2025-06-20

"Die onlangse aankondiging dat die jong dinamiese Liam Jacobs in die laatnag van die Demokratiese Alliansie (DA) na die Patriotiese Alliansie (PA) oorgeloop het en die onseremoniële uitskop van trekvoël Floyd Shivambu uit die MK Party (MKP) het my onwillekeurig laat dink aan ander bekende trekvoëls in ons politiek."

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-20

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees is gisteraand op onvergeetlike wyse bekendgestel by die elegante Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch, waar media en borge bymekaargekom het om die amptelike bekendstelling van vanjaar se feesprogram te vier.

Practical guidelines for cross-linguistic and cross-cultural early communication intervention: an appraisal by stakeholders

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman Academic research 2025-06-20

"In a linguistically and culturally diverse country like South Africa, cross-linguistic and cross-cultural (CLACC) early communication intervention (ECI) is a complex issue considering the heterogeneity of speech-language therapy clients."

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-06-20

"Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou."

Trump se uitvoerende bevele: Ses areas waarvan lande in Afrika en die Globale Suide moet kennis neem

Fanie Herman Menings 2025-06-19

"Dit is van kritieke belang vir lande in die Globale Suide en Afrika om die nuwe Amerikaanse administrasie se beleidsomgewing te verstaan ten einde voordeel daaruit te trek."

Persverklaring: Momentum Aardklop kyk terug en vereer ...

LitNet Aardklop 2025-06-19

Die program vir 2025 se Momentum Aardklop-fees, #DieKunsVanFees, is pas bekendgestel.

Press release: Access, support and opportunity forged my path to Khayelitsha Fashion Week

Marlene le Roux Lifestyle and entertainment 2025-06-19

"To top it all, Khayelitsha Fashion Week gave me the courage to walk the runway without my crutches! Draped in the beautiful designs of the highly talented local creatives!"

Meer oor Zuléka Smit, beter bekend onder die kleintjies as Tannie Ben

Surene Esterhuizen Boeke en skrywers 2025-06-19

"Haar passie en liefde vir kinders is duidelik sigbaar soos haar oë skitter, en is ook hoorbaar in haar borrelende stem."

Program: Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-06-19

Kom word deel van ’n besonderse ervaring.

Nuut by Human & Rousseau: Twyfelbos deur François Loots

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-19

Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds. Sophia Truter is getroud met sir John Truter. Sy het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormans. Algaande vind Sophia haar voete. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die Akkedisberg vermoor. 

Nuut by Queillerie: Die dood van Rachel April deur PP Fourie

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-19
Joernalis en meesterstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met haar ma gebeur het. Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets belangriks ontdek het. Maar wat kan dit wees? Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodsgevaar.
Top