Pasgelaai
Spud: The reunion deur John van de Ruit: ’n resensie
2025-06-25"Soms skryf outeurs individuele boeke in ’n reeks op so ’n wyse dat elkeen as ’n eenheid op sy eie gelees en geniet kan word. Spud, die eerste boek in die reeks en wat in 2005 verskyn het, kan wel apart en op sy eie gelees word, sonder vooruitskouing of verwagting, maar die ander, en beslis nommer vyf, Spud: The reunion (2024), maak swaar staat op kennis van die vorige boeke, nie slegs omdat daar so baie terugverwysings is nie, maar omdat lesers van die reeks sal wil weet wat met die Crazy Eight gebeur het sedert hulle gematrikuleer het, asook wat by die reünie gebeur, en waarskynlik ook of daar verdere boeke in die reeks gaan wees."
François Loots se Twyfelbos is ’n Pierneef-skildery: ’n lesersindruk
2025-06-25"Die stryd rondom seksualiteit, werkloosheid, liefde, pyn en verlies word kunssinnig vervleg in elkeen van die karakters wat opstaan tussen die blaaie om jou leefwêreld vir 263 bladsye lank binne te dring."
Ligstrale van hoop deur Veronique Joseph: skrywersonderhoud en persoonlike boekindrukke
2025-06-25"Ervarings of dae waar ons oorweldig en moedeloos voel van die storms wat ons omring. Dit is altyd, maar ook in tye soos hierdie, belangrik om te onthou die lig skyn die helderste in die donker."
Press release: The FW de Klerk Foundation’s Constitutional Rights Conference on achieving an inclusive economy
2025-06-25On the 24th of July 2025, the FW de Klerk Foundation’s Constitutional Rights Conference will focus on achieving an inclusive economy. The following will be discussed: How can we achieve an inclusive economy to make the Constitution a lived reality for all South Africans? More information available here.
Uitnodiging: Digtersaand – Sproeireën en Kantelson
2025-06-25Die FAK nooi jou na ’n besonderse geleentheid op 19 Julie in Stellenbosch waartydens die literêre nalatenskap van Ingrid Jonker en DJ Opperman in woord, vers en klank gevier sal word. Gaste kan uitsien na gedenklesings deur Wium en Dorothea van Zyl, voorlesings deur Carel Trichardt en Petru Wessels, en sang deur Grethe van der Merwe.
Hoe kan daar nie meer ’n C Johan Bakkes wees nie? Groetwoorde deur Gerrit Rautenbach
2025-06-25"Ek was reeds op Terrace se stoep toe die deurgereisde viertrek in die gerieflike oop parkeerplek stop. Die deur kraak oop. ’n Jong man wat goeie myle op het, loop stoep toe. ’n Bol wille donker hare en rooi baard wip saam. Sy regterarm is bespikkel met bangles, van pols tot omtrent by sy elmboog. Later geleer elkeen het ’n lang storie, ’n heenkome. Hy het nie curios gedra nie, maar herinneringe; hy het stories omarm. Die ding met Boeta Bakkes was, hy het nooit iets sonder ’n rede gedoen nie."
Exploring the determinants of talent retention of early-career academics in South African higher education institutions
2025-06-24"The struggle for academic talent requires higher education institutions (HEIs) to develop strategies for retaining competent academics. This study focused on investigating the determinants of talent retention among early-career academics in South African HEIs."
Verkenning van die bepalers van talentbehoud van vroeëloopbaanakademici in Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings
2025-06-24"Dit is noodsaaklik om in werknemersopleiding en talentontwikkeling te belê, veral vir vroeëloopbaanwerknemers, as maatskappye volhoubaar wil groei. Die arbeidsmag wat hierdie groei dryf, word geraak deur groeiende vaardigheidsgapings wat deur werknemersopleiding en -heropleiding oorbrug kan word."
Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Graad 10-vraestel en memorandum
2025-06-24Is jy in graad 10 en skryf jy binne die volgende paar dae jou laaste Afrikaans Eerste Addisonele Taal-vraestel? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af en maak seker dat jy nie ’n F vir Afrikaans behaal nie. Dis nou tensy die F staan vir "fantasties".
Vyfsterboek! Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk
2025-06-24"Ek het ongelukkig nog nie iets soortgelyks in Afrikaans raakgeloop om ’n vergelyk te tref nie, maar hierdie hofdrama wat oor 14 dae afspeel, is vir my baie geloofwaardig. Ek kan nie wag vir boek twee in die reeks nie."
Pasverskyn: Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes de Villiers
2025-06-24’n Jong man begin werk by ’n apteek in Bloemfontein maar is gou ontnugter deur sy lot. Is werk, eet en slaap al wat die volgende vyftig jaar vir hom voorlê? Wanneer hy afkom op die mistikus Thomas à Kempis se geskrifte, begin hy droom oor ’n asketiese lewe – weg van geldmaak en ambisie. Op die vooraand van sy reis na ’n Franse klooster, ontdek hy hy het ’n oom wat ’n Katolieke priester geword het, en nou woon in Parys. ’n Aangrypende roman oor ’n pelgrimstog na aanvaarding van die self.
Oor ons kollektiewe vrees vir ’n nuwe wêreldoorlog
2025-06-24"Wat my meer pla, is nie die moontlikheid van die oorlog self nie. Die eskalasie van konflik, die mislukte diplomatieke gesprekke, die onuitstaanbare geraas van missiele en sirenes wat die nag versteur."
Afrikaans Huistaal: Graad 7-vraestelle en memo’s, tweede kwartaal
2025-06-24Is jy in graad 7 en nou eerder lus vir middagete as om vir jou laaste Afrikaans Huistaal-eksamen van die tweede kwartaal voor te berei? Indien jy ook honger is vir goeie punte, laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en gebruik die oefenvoorbeelde om vir jou eksamen voor te berei. Daar is ’n resep vir ’n bekende Suid-Afrikaanse gereg as voorbeeld.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: "Die Aristoteles van ons tyd": Oor Alasdair MacIntyre
2025-06-24"Dit is nie aldag dat dit van ’n filosoof gesê kan word dat hy of sy die gang van die denke verander het nie. Een filosoof van wie dit werklik gesê kan word, is Alasdair MacIntyre, wat op 21 Mei in die ouderdom van 96 oorlede is."
Die nuusmakers: Nuwe kykNET-dramareeks het tonge los
2025-06-24Rolanda Marais gesels met Maryke Roberts oor haar rol in die nuwe kykNET-reeks, Die nuusmakers: "Kykers soek iets vars. Ons het nog nooit so ’n aktuele drama gehad wat soveel politieke en sosiale waarhede van ons land aanspreek nie. Om ’n blik agter die skerms van ’n nuuskantoor te kry, om die gesprekke tussen joernaliste te sien – hoe besluit word wat nuuswaardig is en wat nie – is vir my baie fassinerend."
Dink jouself gelukkig – verander jou denke, verander jou lewe deur Pieter van Jaarsveld: ’n resensie
2025-06-24"Dink jouself gelukkig is meer as ’n boek oor positiewe denke. Jy sal leer hoe om jou brein te herbedraad en daarom die vermoë te kan ontwikkel om jouself gelukkig te dink."
Wat sê Bettina? Trump, Iran, Los Angeles en Adriana Smith
2025-06-23"Van swangerskap tot geopolitiese ingrypings het die ses maande van Trump se regering nog net gif tot gevolg gehad."
Seen elsewhere: Domestic aggression turning international
2025-06-23"I am trying to find a legally, morally and logically sustainable principled distinction, that can stand up to scrutiny, between Russia’s attack on Ukraine and America’s attack on Iran."
Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
2025-06-23Is jy in graad 10 en voel jy vrolik omdat dit amper vakansie is? Daar’s nog ’n rede om positief te voel. Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help om vir jou eksamen voor te berei. Wees bly, want daar is boonop somme oor positiewe eksponente in hierdie vraestel. Jy sal positief oor jou punte voel as jy vir oulaas ’n vraestel uitwerk en vir die eksamen voorberei.
Agterstories – Die verdeeldheid van verveeldheid
2025-06-23"Hierdie resultate staan in skrille kontras met die onlangse romantisering van verveeld-wees in welvarende samelewings."
