Uitnodiging: Bekendstelling van Kwaailappies deur Ronel van Oort, 23 Augustus 2025, Oude Leeskamer

  • 0

Jy is genooi na die boekbekendstelling van Kwaailappies: ’n Storie van Afrikaans se komvandaan deur Ronel van Oort op Saterdag 23 Augustus in Jannie se Leeskamer by Oude Leeskamer in Stellenbosch.

As afgetrede dosent aan die Universiteit van Noordwes het Van Oort haar loopbaan aan navorsing oor die inklusiewe geskiedenis van Afrikaans gewy. In Kwaailappies blaas sy vir jong lesers lewe in hierdie storie – van Khoi-woorde en slaweverhale tot ghoema-musiek en die ontstaan van die Taalmonument.

Met kleurvolle illustrasies deur Maggie de Vos bied die boek ’n vars en toeganklike blik op waar Afrikaans regtig vandaan kom – deur stories, feite, kaarte en prettige wysies.

Kom ontmoet Ronel van Oort in gesprek met Magdel Vorster, hoor die stories agter die stories, en vier saam met ons die ryk erfenis van Afrikaans.

Klik hier om jou plek te bespreek.

Taal: Afrikaans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top