
Hoe vergoed ’n seun uit ’n arm gemeenskap vir ’n ongeluk waaraan hy aandadig is? Sy skuldgevoel vir die dood van ’n vriend dryf hom deur sy skool- en universiteitsjare. Hy word betrek by ’n studenteopstand, beleef selfs die geweld van die Mosambiekse bevryding. Nooit kry hy ’n kans om te help nie. Dan word hy gewerf om mediese opleiding in Kuba te ondergaan.
In Havana bots die opvattings van die seun Shando uit die klein Dunn-gemeenskap met die van sy dosente en die veiligheidspolisie. Hulle verban hom en lanseer hom suid in ’n lugballon. Sy vaart voer hom weg na ’n nuwe wêreld, oorkant die bladbeen van Suid Amerika, tot in ’n ander tyd.
Shando begin sy nuwe lewe onder die Selk’nam Indiane van Tierra del Fuego, ’n primitiewe gemeenskap van jagters, vissers en versamelaars van veldkos. Watter rol is daar vir hom in die afloop van hulle geskiedenis? Kan hy hulle help oorleef?

