Foto’s: "Hoe beleef ons taal?" by die Taalmuseum en -monument

  • 0

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) het ’n taaldagbespreking op Saterdag, 16 Augustus 2025 aangebied - dit boonop in ’n jaar wat erkenning gee aan drie mylpale vir hierdie jong Afrikataal. Die interaktiewe, lewendige gesprek in die Paarlse middedorp is daarna afgerond met heerlike verversings en informele kuiergesprekke.

Sybrandus Adema van die Taalmuseum het foto’s van die geleentheid met LitNet gedeel. Die fotograwe was Stefanie Rasztabiga en Samuel Minnaar.

Inge Kühne, Jolyn Phillips, Lindie Koorts, Mercy Kannemeyer en Annelise de Vries

Annelise de Vries, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: “Afrikaans is by ’n kruispad. Ons moet nou doelgerig wees. Wat het van ons nasionale bate geword?”

Mercy Kannemeyer, Jolyn Phillips en Annelise de Vries

Mercy Kannemeyer is ’n skrywer, regisseur, filmmaker en akademikus. Sy meen daar is plek vir "ons almal in die taal". Sy is by die Universiteit Stellenbosch gevra: “Waar het jy geleer om sulke mooi Afrikaans te praat?” ‘n Vraag wat baie vrae by haar laat ontstaan het. 

Jolyn Phillips, Lindie Koorts, Mercy Kannemeyer, Inge Kühne en Annelise de Vries

Lindie Koorts, historikus, het van haar kinderdae vertel: “Ek het gelees, gelees en gelees. Afrikaans is vir my woorde en stories. "

Michael Jonas, Jolyn Phillips, Lindie Koorts, Mercy Kannemeyer, Inge Kühne, Jacelyn Scott, Giep van Zyl, Annelise de Vries en René Arendse

Jolyn Phillips, kunstenaar, skrywer, digter, musikant en akademikus, het vertel: “Die ding van ’n veelsydige Afrikaanssprekende persoon is dat jy kan val waar jy wil. As ek in die Kaap is, dan is ek ook nou daar. My mense is almal daar (in Gansbaai) geplant. My hele taal, my digkuns, my musiek, alles is daar geplant.”

Inge Kühne, redakteur van Rapport, het aan die paneel gesê dat sy as redakteur van Rapport ’n groot voorstander is om mense te laat “praat soos hulle is, want dit is wie jy is”.

Hier is nog inligting oor die program, die agtergrond van die sprekers.

Lees ook:

Persverklaring: Madrassas, weerstand én Afrikaans

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top