Persverklaring: Madrassas, weerstand én Afrikaans

In Suid-Afrika het madrassas nie net gedien as ’n instelling vir Islamitiese godsdiensonderrig en weerstand teen slawerny, kolonialisme en apartheid nie, maar dit het ook ’n beduidende rol gespeel in taalontwikkeling, veral met betrekking tot die skep en behoud van Arabiese Afrikaans.