Anne-Marie2022-01-10Baie, dankie vir julle reaksie. Dit is alles nodig vir my om te groei. Ek is dalk oorversigtig om te veel van die boek te verklap, sonder om die storie weg te gee. Ek is bly dat jy dit 'n motiveringstoespraak noem en nie 'n preek nie, Barend. Ek weet nie
LitNet2022-01-10Dankie vir die kommentaar! Ons hou die inskrywings redaksioneel dop. Slegs die eerste inskrywing per deelnemer sal in ag geneem word vir die kompetisie.
Chris+Marnewick+SC2022-01-10Ai Dirk, hierdie Covid 19-ding maak dit moeilik om selfs vir Zirk te besoek al bly hy net so 'n halfuur se ry van my af, om nie eers van 'n besoek aan my geboorteland te praat nie. Ek leef nou in 'n "ek wens, ek wens"-situasie; kan nie wag om weer 'n Woor
Mr DHF VERCUIL2022-01-09Chris. Kudos vir jou sagte antwoord wat die 'grimmigheid' in die se voetspore afgekeer en gestuit het. Jy is bevoorreg om digby Zirk te woon en julle was bevoorreg digby Ryk. Ek hunker om in Devenport te woon, maar weet nie of ons 7 SA eiendomme in Estcou
Barend Van der Merwe2022-01-09Alta ek voel steeds dieselfde. Of dit nou genoem word 'n resensie, 'n lesersindruk, of hoe ook al. Dit is nie kwaadwillige kommentaar nie. Ek hou van die dele wat oor die boek se inhoud uitwei. Die res is ook interessant maar dis amper meer 'n motiverings
Charleine Olivier2022-01-09Nog 'n stunning vertelling, Elise! Ons het gewoonlik see toe gegaan en Krismis op Graaff-Reinet gemis, maar van die res van daai hitte en droogte was ek deeglik bewus. Spaar steeds obsessief water - en dit is nou erg droog in die Baai.
Charleine Olivier2022-01-09Thanks, Elise, jy is besig om baanbrekerswerk te doen vir anderste Afrikaans. Ons werk daaraan om inklusief te wees in Afrikaans en al ons taavariasies in te sluit - ook die moderne jongmenstale, anders gaan Afrikaans uitsterf.
Ek kyk nog steeds uit vir
Charleine Olivier2022-01-09Elise, jy bring regtig heerlike herinneringe terug. Ek love jou styl. Vir 'n Soutie skryf jy gladnie sleg nie. Doe so voort!
Marianne2022-01-09Ek was nog nooit ‘n tv-slaaf nie - maar die Turkse sepies met die briljante Afrikaanse oorklanking het my omgeboul! My irritasie is net dat E-xtra ons kykweer-tyd ‘steel’ met onnodige goed soos Beat Shazam, wat veroorsaak dat ‘n mens NIE weer kan
Isabel2022-01-09Ek wil graag die afrikaanse akteurs wie se stemme gebruik is in Droomverlore hê. Dit is vir my interessant om te sien wie se stem pas by wie
AJ Nieuwoudt2022-01-09Goeie gedagte wat weergegee word, maar duidelik iemand wat nog nie dit wat beskryf word gesien en beleef het in die ICU en hospitale nie: daar is warm hande wat jou vashou en bedien, daar is bakteriële steriliteit maar nie mens emosienele steriliteit nie
Fredericka Spangenberg2022-01-08Ek stel myself beskikbaar om op te tree as mentor in die gestruktureerde program van Rachel's Angels. Ek is 'n prokureur van beroep en wil graag 'n verskil maak in jongmense se lewens deur hulle te help om hulle volle potensiaal te ontsluit en uit te leef
Corneen Kleynhans2022-01-07Ek het die hele nuut gedrukte reeks gekoop en weer heerlik daaraan gelees. My 12 jarige dogter verslind nou die boeke. ‘n Hele nuwe (ou) wêreld het vir haar oop gegaan.
Anton2022-01-07Hoe lees die mense dan?
Dit staan duidelik in die kompetisiereëls. Een inskrywing per persoon.
Hier is 'n hele paar wat nou al by 2 trek.
Vir eers gaan ek nou nie name and shame nie, maar iets moet gedoen word?
Alta2022-01-07Barend, ek dink jou kommentaar het te make met die verskil tussen ’n formele resensie en ’n lesersindruk. By eersgenoemde sal mens die dinge verwag wat jy noem, maar nie noodwendig by laasgenoemde nie.
Riaan Smit2022-01-07Ek stem ook saam dat iets wat op die verhoog gesien word, blywend moet wees. Die rede: enige toneelstuk moet ’n boodskap kan oordra. Dit is die boodskap wat blywend moet wees en ’n verskil maak in ons lewens.
Louise2022-01-07Ek het Gebroke harte se tweede seisoen in die oggende gekyk, maar toe word seisoen drie in die aande uitgesaai. Hoop daar is ’n moontlikheid dat seisoen drie weer uitgesaai sal word. Weet iemand vir wie ’n mens kan kontak by e.tv om navraag te doen?
Sandra Pretorius2022-01-06Uitstekende huldeblyk, baie dankie. Breytenbach maak melding daarvan dat Binge 'n keurder was van die literêre prys vir boeke wat goeie flieks sal maak - Breytenbach se boek "Ester" het ook mos 'n paar jaar gelede hierdie prys gekry - weet iemand dalk wa
Barend Van der Merwe2022-01-06Ek waardeer die indruk maar sou meer spesifieke detail wou sien ten opsigte van die inhoud van die boek en jou opinie oor spesifieke verhale in die boek. Meer gefokus, met ander woorde. Jy noem net so vinnig die storie van die hamer en ook die treinrit. D
Charleine Olivier2022-01-06Elise, ek het so lekker gelees van ons mense in ons Graaffrikaans. Jy gooi hom, suster! Ons klomp was "vyande" van julle souties op skool, maar tog was almal op Graaff-Reinet maar soos familie. Baie dankie vir die herinneringe. My ou lewensmaat het daai t
Alet Kingwill2022-01-05Hi Elise - Kom nou eers weer by jou skrywe uit. Ek en Donald het nou al te lekker gelees. Donald se Gran, Marge Rubidge, en sy ma, Pinky Rubidge, sou jou memoires BAIE geniet het. Granny Marge het in Cypress Grove gebly en ons maak nou nog haar tickey pud
Mev N du Toit2022-01-05Ek is dringend op soek na ou vertaling Afrikaanse Bybels vir evangelisasiewerk met Bybelstudiegroepe in die Kaapse gemeenskap, groot asseblief, die behoefte is geweldig groot. Dankie, seënwense.
Aretha Roux2022-01-04Sulette (my dubbelkamer, soos sommige mense al gesê het), jy doen 'n briljante werk! Selfs my seun wat baie puntenerig is oor oorklanking het al gesê dat die Turkse reekse se oorklanking baie goed gedoen is. Doen so voort.
Ek wil ook verder noem dat die
A Gro ler2022-01-04Kan n mens binne een maand na Covid weer Covid kry? Ek het net alles in my bors gehad. Na 8 dae beter gevoel. 0p dag 18 erge maagvirus. Na dit voel ek die moegheid en bleek. Nou vandag griepsimptome. Kouekoors, lyfseer.
loretha2022-01-03Ek wil net verneem, ek en my man is 3 jaar getroud. Hy het my weggevat van my geboorte dorp. Intussen het ek my werk gelos, geen pensioen en geen doodspolis. Werk nou vir R4000 pm. Mag ek onderhoud eis van hom? Sy lover is ook nog getroud. Hy sorg vir haa