Meneer, wees lief vir jou eie vrou ...

  • 21

Van kleintyd af het my pa my broers geleer: ’n vrou hanteer jy met respek. My pa het ook nooit sy hand vir my ma gelig nie – hy het geweet dat hy haar daardeur sou verloor. In sy gemoed asook priesterskap.

’n Ware man sal sy vrou so hanteer dat sy haar beeld, wat “na Sy Beeld” geskape is, met onuitblusbare vreugde en vrede sal uitleef. Volledig mens – volledig vrou.

Ek hou van die woord “EIE” wat duidelik in die ou vertaling van die bybel uitstaan: “So behoort die mans hul EIE vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy EIE vrou liefhet, het homself lief.” Ef 5:22. Die man se hoogste verantwoordelikheid is dus om sy EIE vrou lief te hê (nie baie ander nie). Want hierdie liefde sal sy huweliksboot rig.

Meneer, jy hanteer ook elke vrou – klein of groot, wit of swart, ekstroverties of introverties – met respek. Nie omdat syself respek kan afdwing nie, maar omdat jy glo dat die beeld van God in haar vroulikheid herstel is om eg vrou te word.

Die vrou is nie ’n besitting of ’n slaaf nie. Wanneer ’n man sy vrou met wysheid en omgee hanteer, verontmenslik of verneder haar onderdanigheid of respek vir sy emosies en oordeel haar nie. Die vrou wat koesterend en met opregte ware romanse hanteer word, weet waar is haar plek of posisie in die huis. Want sy sit teenaan haar man se hart, onder sy arm, daar waar hy sy ribbebeen aan haar geskenk het. Dis haar plek.

Kyk bietjie na die foto hierbo - hoe sou dit gelyk het as die vrou die hoof in hierdie toneel was? Soos Jakobus dit uitdruk: “wanorde”. God het die orde van die huwelik vooraf bepaal. Ef 5 praat daaroor dat: God die Vader is die hoof van Christus, Christus is die hoof van die huisgesin (kerk), so moet die man die hoof van die vrou wees, die vrou is weer hoof van haar huishouding, dan kom die kinders, die bediendes, die kat en hond en laaste die potplante en vriendinne. Haar man kom dus eerste. Alles in orde en onder beheer.  

’n Vrou wat deur haar man gekoester word, sal nie die broek in die huis wil dra nie, sy sal nie die man wil oorheers of beheer nie, want God het bedoel dat die vrou die man se minnares sal wees, sy regterhand, sy bekleër in elke storm wat hul huweliksverbond mag ruk of pluk.

Voor God is man en vrou GELYK in waarde. Wat rolle en verantwoordelikheid betref is die man die leier, priester en profeet. Die een wat die familie moet beskerm, bewaak en onderhou. Meneer, staan in jou plek en posisie met waardigheid. Dis waar jy hoort.

Laaste ding Meneer, jou vrou is ook nie ’n besitting om jou ego te streel of selfsugtige drange te bevredig nie. Sy is ’n geskenk vanaf God aan jou. Om op te pas as iets wat nie ’n merk of skraap moet opdoen nie. So ’n Geskenk wat gereeld opge-polish word, sal die glans van jou huwelik uitstraal na buite, vir jou vriende en familie om te waardeer en begeer.

Die opdrag van: EIE vrou lief wees (Ef 5:22), sê dat liefde alleen die man se optrede bepaal. Enige aanslag buite hierdie raamwerk van liefde, is mishandeling. Liefdelose of afilantropiese optredes is verkragting van die vrou se regte op erkenning.

’n Vrou wat met erkenning, respekte en liefde behandel word deur haar man voor haar kinders, sal met liefde haar “man se voete was” (soos Henn dit noem), elke dag. Sy sal met waardigheid haar plek in die huwelik inneem volgens bybelse norme aan haar voorgehou. 

En O-ja meneer, moenie die maandelikse rooi rose vergeet met haar liefling-sjokolade daarby nie. Ek het hierdie vers met ’n pen in my bybel bygeskryf!

Meneer, geniet jou EIE vrou.

Trienie Mahne

  • 21

Kommentaar

  • Trienie, mooi geskryf. Ek wil jou tog meedeel soos jy teen die tyd reeds behoort te weet, jy gaan gestenig word. Sodra mens die Bybelse "voorskrifte" aanhaal het jy moeilikheid. Dit word as paternalisties, oudmodies argaies beskou. Ek is reeds 28 jare met dieselfde vrou getroud. Vir my kom dit neer op, as jy nie selfrespek het nie, kan jy nie iemand anders respekteer nie. Jy verdien respek, jy kry dit nie. My skoonouers was 51 jare getroud. Hulle het mekaar met respek behandel. Hy het trouens die eenvoudige raad vir my gegee, "always say yes dear". My eie ouers was net 27 jare getroud. Ek kan nie een insident onthou waar my ouers in enige struweling betrokke was nie. My vrou is my gelyke. Sy is nie my huisslaaf, seksslaaf of enige ander slaaf nie. Ek skep my eie kos in, ek skree nie vir haar om iets vir my te bring of te gaan haal nie. Ek praat nie met haar as ek nie oogkontak het nie. Ek dink ook in terme van ons, nie ek nie. As jy aan 'n vrou slaan, is jy rugraatloos. Daar is beslis mense wat soos jy dit al gestel het, toksies. Ek was voordat ek getrou het in platoniese en ernstige verhoudings en is seker in die opsig gelukkig dat ek  gewoonlik die keuse gemaak het om van sulke verhoudings weg te stap.

  • Beste Trienie

     
    Nou toe nou! Reusedwerg maak 'n reusagtige jakkalsdraai en is nou ewe skynheilig oor hoeveel respek hy vir vrouens het! Dit nadat sy twee vorige poste pure venyn en seksisme gespoeg het. Skielik is hy ook sommer pure Christen ook en maak weereens die denkfout, dat net Christene en die Bybel, die antwoord het op sukses in die huwelik!
     
    Trienie, ek waardeer jou bydrae waarin jy opkom vir vroue. Uit jou godsdienstige oogpunt, het jy dit baie mooi oorgedra en ek respekteer dit.
     
    Ek wil jou net weereens daarop wys, dat  geen godsdiens die eiendomsreg het op moraliteit, liefde, respek en al die ander mooi menslike eienskappe.
     
    Groete
     
    Perdebytjie
  • Trienie, ek is regtig jammer oor die kommentaar oor my (geskrifte) in jou brief. Dit is onnodig. Ek gaan my nie eers verwerdig om te reageer nie. Ek beskou venynigheid en sarkasme as die laagste vlak van intellek, of emosionele intelligensie. Soos die wetsgeleerdes sou seg, " I rest my case" .

  • CorneliusHenn

    Liewe Perdebytjie,  

    Hier is beslis enkele nie-gelowiges wat 'n vlak van opvoeding handhaaf wat deur min gelowiges geëwenaar kan word!  

    Maar wat van die res?  

    Dink jy die klug "lilly White Wouter Ferns Elizabeth op 'n bootreis" se kwaadsprekery waarin hy/sy alles herinterpreteer sodat dit "hul" pas is iets om te bewonder?

    Met respek: Waar was jy of die liewe Trienie Mahne toe Chris Dippenaar 'n dertienjarige dogter hier verneder het vir haar belydenis van Jesus?  

    Ek het my riglyn uit menige heilige Skrif, maar wat van diegene wat nie Godsdiens as 'n maat in hul lewens aanvaar nie en roekeloos hul laster saai?  

    Dan is daar  Adriaan Basson wat die elfjarige Cemoné du Toit met sy "onwysheid" verneder wyl jy net ergerlik wil raak oor Reusedwerg se grappies ...  

    Perdebytjie, wat het intussen van jou goddelose standvastige sedes geword as die minagting van ander se harte jou so maklik verby val, dog jy ywerig ander se  ydele humor oor vroue aan die groot klok wil hang?

    Trienie Mahne se sedelessie hierbo is gewoon "cherrypick" om haar "liewe ekke" veldtog waarin sy ander se harte minag te pas. Sy behaag miskien 'n paar "tentpredikers" en nog 'n paar "hupse" Calviniste met haar gedweep, maar sy sal gewis nie eens 'n Gereformeerde daarmee roer nie.  

    Ek het egter vrede met enigeen se "cherrypick", geloof en ongeloof - mits ander se waardes daarin gerespekteer word.  

    Soos daar geskrywe staan: Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek [Paulus] laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid. (uit 1 Timoteus 2)  

    Dis dus 'n erge dwaling waar 'n vrou met die Bybel onder die arm aan mans in die openbaar voorskryf (onderrig? ...hahahaha! ...), wat nog die verleentheid vir die menere om haar?  

    Nee Perdebytjie, konsekwent wees bly die grootste uitdaging vir enige misantroop te wees - gelowig of ongelowig!  

    Emansipasie staan natuurlik vas in menige ander Godsdiens en kultuur.  

    Katolieke verheerlik die Heilige Gees ook as God onse Moeder.  

    Derhalwe is heilige Maria, die Moeder van Jesus Christus onse GOD, ook 'n baken vir die vrou se posisie in die KERK.  

    Die Maja had egter die hoogste kulturele respek vir die vrou waarvan ek weet.  

    Namaste!  

    Nederige groete,

    Cornelius Henn

  • Perdebytjie, jy weet mos hoe die ouer garde gesê het: 'n Jakkals verander van hare, maar nié van snare! Wat meer kan 'n mens nou sê? Groete vanaf die stoep.

     

    Dirk Rigter

  • Chris Dippenaar

    Vir wat dit werd is, Cornelius verwys oor en oor na die arme dertienjarige dogter wat ek kastig sou verneder het omdat sy getuig het van Jesus. Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Hierdie meisie het geïnsinueer dat sy gemolesteer is en dit was vir my pateties om te sien hoe Christene die insinuasie van haar brief heeltemal mis en vir haar vertel hoe “trots” hulle is op haar dat sy vir Jesus gevind het.

    Ek was nog die heeltyd bewus gewees van die moontlikheid dat ek heeltemal verkeerd kon gewees het met my interpretasie van haar omstandighede en het die saak gelos na my aanvanklike reaksie. Sy het nie gereageer op my kommentaar en, sou ek verkeerd gewees het, was dit die ordentlike ding om niks verder daaroor te sê. Maar vir die misbaksel van 'n Cornelius Henn wat absoluut vasgevang was in sy eie ou klein wêreldjie het hierdie insident gesien as 'n lat waarmee hy my kan slaan.

    Kom ek vertel jou gou iets, jou armsalige godjie-dienaar, jy versprei jou wollerige idees van godsdiens soos 'n behoorlike spuitpoep vol gif hier op die werf. Ek sal baie verbaas wees as jy enige vriende oor het hier, gelowig of ongelowig.

    Trienie het hier vir jou 'n hand uitgehou en jy het besluit om dit te byt. Geseënde fokken Kersfees vir jou.

  • Cornelius

     
    Ek het nie die briefwisseling van genoemde geval gevolg nie, dus weet ek nie waarvan jy praat nie. Ek lees nie meer gereeld hier nie, want die algemene gekyf oor godsdiens en oor en weer slegsêery het my begin verveel.
     
    Toevallig lees ek Reusedwerg se "ydele humor oor vroue", wat ek toe glad nie so humoristies vind nie, gegewe dat disrespek teenoor vroue nog springlewendig is. Nou skel jy my uit dat ek niks gedoen het toe ander se harte vertrap is nie. Ag nee, Cornelius ,jy behoort my nou al teen hierdie tyd beter te ken! Die gesprek ter sprake was mos  die chauvinistiese griffels van Reusedwerg.
     
    Dirk Rigter
     
    Ek sit lekker op die stoep met my glasie wyn en luister hoe die verhaarde jakkals tjank op sy chauvinistiese snaar!
  • CorneliusHenn

    Liewe Perdebytjie, ek aanvaar jou verskoning ... maar neem jy na dese wel kennis van die algemene onderdrukking en bespotting van ander se waardes? ... en is jy dalk bereid om nie so maklik 'n stok in die wiel te wees (ek skel jou nie)  waar ander hulself vir meer as (met respek) emansipasie wy nie? ... Dirk Rigter is byvoorbeeld 'n voorbok weer as dit by Boerehaat kom ... ek hoop jy kan die "algemene gekyf oor godsdiens en oor en weer slegsêery" lees vir wat dit is, en waar iemand gewoon waardigheid daarin wil bring deur luid en hard op wedersydse respek aan te dring dat die modder op hulle spat, kan onderskei ... toegesmeer in die modder groete, Cornelius Henn

  • Perdebytjie, kolskoot oor die verhaarde jakkals en sy snaar!.

    Met die ordentlike weer lees van Trienie se brief, nadat sy die man as hoof aangewys het, sien ek hierdie "pragstuk" raak:. .."die vrou is weer hoof van haar huishouding, dan kom die kinders, die bediendes, die kat en hond en laaste die potplante en vriendinne. Haar man kom dus eerste. Alles in orde en onder beheer."

    Die bediendes?? potplante?? kat en hond?? Kan jy glo? is al wat ek kan sê. En dis die jaar 2013! Paternalisme het sy inslag hier goed gevind. Dalk die dominee Pa?

    Wie het nog bediendes in elk geval? Op sy beste dalk huishulp, maar bediendes??

     

    Dirk Rigter

  • Jammer Cornelius dat jy ook nou onder die spervuur kom oor my gehate swak geskriffie. Ek het nou die dag iets raak gelees. Dit is in Ingels. Om derms te ryg venynig te raak en in bekgevegte oor beuselagtighede betrokke te raak staan my nie aan nie. Die gesegde is nogal veelseggend. "When you are dead, you don't know that you are dead. It is difficult, only for the others. It is the same when you are stupid". Is Spreuke, dit is 'n boek in die Bybel, vir die wat nie weet nie, is daar 'n vers wat daarop neerkom, hou jou mond en niemand weet jy is dom nie.  Dat mense so kleinlik kan raak gaan my verstand ten bowe. Wat my egter opval is die ongelowiges se aanvalle. Ek dink hulle is nogal bekommerd. 

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, om ander verdag te probeer maak; op 'n bedekte wyse te beskuldig - "geïnsinueer" - is 'n patologiese misantroop soos jy se aanslag op hul persoon bloot omdat jou onsin andersyds geen inslag kan vind nie... jy is beslis ook nie die enigste sinikus wat tot sulke laakbaarheid wend nie, lees gerus weer jou maatjie die klug "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis" se selfde desperaatheid hier: https://www.litnet.co.za/Article/brief-n-veldtog-vol-modder  ... jou gedurige veronderstellinge dat iemand iets sou insinueer is 'n lafhartige bol twak om jou agenda om ander se moraal en waardes te probeer ondermyn!

  • Chris Dippenaar

    Reusedwerg, roep jou vrou nader en wys haar jou "grappie" hier op LitNet. Hoe hard dink jy gaan sy lag?

  • lynette pretorius

    Ek het eenkeer iewers in die bybel gelees dat 'n man nie sy vrou sal tereg wys voor ander mense nie maar waar hulle alleen is. Al weet hy sy is verkeerd sal hy dit eenkant doen. Weet iemand dalk waarvan ek praat.  

  • Trienie+Mahne

    Dankie Elanie. Ek waardeer jou kommentaar in my e-pos vanoggend. Dit bewys net weer: "Waarheid is soos 'n leeu, dit sal sy prooi vind!" Bybelse fondasies en waarhede red steeds huwelike vandag! En het ons hedendagse verhoudinge dit net nie nodig nie. Maar is daar nog iets soos huwelike vandag?

  • Ja, 'n saak het twee kante en dan het ons Jesus ... Vir alle Christene bly liefde vir ons naaste die tweedegrootste gebod ... En vergifnis voor offers ... Hoe klink dit my almal vergeet van die liefde van Christus?

  • Ek is bang vir my pa. My vrou loop deur onder my ouers en ek doen niks daaraan nie, want ek gaan geslaan word. Wat kan ek maak om dinge better te maak? Sy word elke dag seergemaak. Ek moet iets doen voor ek haar gaan verloor.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top