'n Veldtog vol modder

  • 2

Onderaan "Elkeen se menswaardigheid", lewer Wouter Ferns die volgende kommentaar: "Kritiek, is doodgewoon kritiek. Wanneer jy [Cornelius Henn] bewerings maak dat daar 'n 'katolieke kerk' is dan moet jy bewys dat dit as 'n entiteit bestaan en daar buite funksioneer en erken word as 'n instelling. Maar die kan jy nie doen nie. Wat jy wel doen is om skakels wat beide na die Rooms Katolieke Kerk en Protestante tekste gaan te plaas en dan die stelling te maak dat hierdie jou 'katolieke kerk' bewys met sy 'miljoene katolieke'. Wanneer dit aan jou uitgewys word, dan glip jy uit die gesprek en dui aan dat jy sal jou nie verwerdig om 'n antwoord te lewer nie."

Deur my te daag om die katolieke Kerk te bewys wat as 'n entiteit bestaan en daar buite funksioneer en erken word as 'n instelling, is nes die algemene bespotting om gelowiges te daag om te bewys dat God as 'n entiteit bestaan en daar buite funksioneer en erken word.  Die Roomses, Protestante, Kopte, Helleenses, Ortodokses, Apostolate, Evangeliese, Pentekostalis, Charismaties, ... bely almal die algemene en heilige katolieke Kerk en nes dit onder meer in artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis omskryf word. Ondanks hierdie werklikheid wat ek in menige bydrae in detail bespreek het, volhard Wouter Ferns sy minagting vir ander se geloof daarin.

Derhalwe vra ek geleentheid om Wouter Ferns te vra om ook nes hy my daag om alles te bewys, hy ook sy aantygings sal bewys.

Wouter Ferns tik: "Wanneer jy [Cornelius Henn] beweer dat segregasie en apartheid is die skuld van die Engelse, dan beteken dit doodgewoon jy het geen begrip van geskiedenis nie en dan help dit niks om die bietjie wat jy gegoogle het te gebruik as 'n antwoord en dan die wat kritiek lewer teen die ontkenning van apartheid af te maak as 'boerehaters', 'anglofiele', 'misantrope', 'slimjanne'."(sic)

Ek nooi enigeenom die aantyging dat ek die bestaan van apartheid/ segregasie in die geskiedenis van ons land ontken met 'n verbatim aanhaling uit enige van my bydraes te staaf.

Dieselfde Wouter Ferns huiwer ook nie om my 'n hutspotstoker jeens my sinkretiese uitdra van die Evangelie agter Kobus de Klerk aan te bespot, en selfs as 'n sogenaamde regse gekkegrenser te probeer  brandmerk nie. Die veronderstelling "Wanneer jy [Cornelius Henn] beweer dat segregasie en apartheid is die skuld van die Engelse", is Wouter Ferns se verdraaiing van my standpunt naamlik; dat, die Britte se segregasie en die ideologies geskape Afrikaners se apartheid, eenselfde misdaad teen die mensdom in die geskiedenis van ons land impliseer.

Voorts nog 'n klompie aantygings teen my:

"Soos jou [Cornelius Henn se] bewering dat slegs 250 000 Afrikaners in Suid-Afrika werk het en 'n bestaan maak." ... ek nooi enigeen heelhartig om Wouter Ferns se aantyging te staaf aangesien ek dit geheel ontken.

"Soos jou [Cornelius Henn se] bewering dat WOIII tussen VSA en Rusland gaan uitbreek oor die bye." ... ek nooi enigeen heelhartig om Wouter Ferns se aantyging te staaf aangesien ek dit geheel ontken.

"Soos jou [Cornelius Henn se] bewering dat Sirië 'n 'katolieke land' is en die VSA 'n protestante land." ... ek nooi enigeen heelhartig om Wouter Ferns se aantyging te staaf aangesien ek dit geheel ontken.

"Soos jou [Cornelius Henn se] bewering dat biologie 'n onderafdeling van antropologie is en dan as bewys 'n skakel na 'n Franse modetydskrif plaas" ... ek nooi enigeen heelhartig om Wouter Ferns se aantyging te staaf aangesien ek dit geheel ontken.

Hierdie is slegs enkele van Wouter Ferns se aantyginge teenoor my sonder enige bewys daaraan!

Wouter Ferns "herinterpreteer" gereeld my bydraes nes hy wil met die bedoeling om my daarmee te beledig.

Nog 'n stelling deur Wouter Ferns: "Hoe gereeld het jy [Cornelius Henn] nie my HIV status en die medikasie wat ek daarvoor gebruik het in woorde soos, koorsige, sweterige, bewerig van die medikasie nie.......en is dit slegs die feit dat ek nooit daarop reageer het wat jy dit laat vaar het en hoe jy vir my medisyne betaal..... "

Ek nooi nogmaals enigeen om ook dit te staaf met enige verbatim aanhaling uit enige van my bydraes of kommentare.

Wat my tref is die mate waarin die gedagte by die denkendes ontstaan dat almal kwansuis sou weet wat ek bedoel net omdat Wouter Ferns vlaag op vlaag aantygings teen my maak sonder om dit ooit behoorlik en grondig hoef te staaf, en dan uiteindelik hierdie ondraaglike persepsie omtrent my skep - dit, sonder dat ek dit ooit so in my woorde geplaas het.

Daarenteen maak ek altyd 'n punt daarvan om met woordelikse aanhalinge my punt te stel (soos ook weereens hiermee).

Ek glo die enkele voorbeelde hierbo, as genoegsame bewys dien hoe sulke kamstige kritiek en feite deur die sogenaamde denkende Afrikaners, byna daagliks teen my opgegaar word en aanhoudend teen my gevoer word.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke, Boere en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 2

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, ek sien jy adverteer hierdie bydrae van jou oral onder ander mense se bydraes. Is jy 'n bietjie desperaat vir aandag?

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, wat van 'n man wees en die moed bymekaar skraap om jou maatjie Wouter Ferns se lae aantygings met behoorlike aanhalings te staaf ... dis duidelik baie makliker vir jou om kinders op die Internet te intimideer en om sulke leë houtjies na my te mik ...

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top