Chris Dippenaar se teatrale vloermoer

  • 3

"Hello Chris"

( ... hoop jy en jou maatjie se groet, die klug "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis", kan jou kalmeer ... )

Chris Dippenaar plaas die volgende, en geheel onvanpaste kommintaar (soos altyd), onderaan Trienie Mahne se bydrae getiteld "Meneer, wees lief vir jou vrou ...":

Chris Dippenaar
2013-11-29 @13:04

Vir wat dit werd is, Cornelius verwys oor en oor na die arme dertienjarige dogter wat ek kastig sou verneder het omdat sy getuig het van Jesus. Niks kan verder van die waarheid af wees nie. Hierdie meisie het geïnsinueer dat sy gemolesteer is en dit was vir my pateties om te sien hoe Christene die insinuasie van haar brief heeltemal mis en vir haar vertel hoe “trots” hulle is op haar dat sy vir Jesus gevind het.

Ek was nog die heeltyd bewus gewees van die moontlikheid dat ek heeltemal verkeerd kon gewees het met my interpretasie van haar omstandighede en het die saak gelos na my aanvanklike reaksie. Sy het nie gereageer op my kommentaar en, sou ek verkeerd gewees het, was dit die ordentlike ding om niks verder daaroor te sê. Maar vir die misbaksel van 'n Cornelius Henn wat absoluut vasgevang was in sy eie ou klein wêreldjie het hierdie insident gesien as 'n lat waarmee hy my kan slaan.

Kom ek vertel jou gou iets, jou armsalige godjie-dienaar, jy versprei jou wollerige idees van godsdiens soos 'n behoorlike spuitpoep vol gif hier op die werf. Ek sal baie verbaas wees as jy enige vriende oor het hier, gelowig of ongelowig.

Trienie het hier vir jou 'n hand uitgehou en jy het besluit om dit te byt. Geseënde fokken Kersfees vir jou.

(einde van aanhaling)

Chris Dippenaar - ook maar vir wat dit werd is - ek plaas jou kommintare netso want jou moed begewe jou mos maklik en dan "delete" jy dit weer agterna ...

Verder ... om slegs enkele insidente buiten die "lat" wat die arme Chris Dippenaar nou in sy tantrum voel, aan te haal.

Die twintigste kommentaar van bo af onderaan hierdie bydrae deur Chris Dippenaar lees: "Hello Wouter Daar is geen salf te smeer aan hierdie ou [Cornelius Henn] nie. Sy reputasie is die afgelope paar maande nou al goed in sy moer in en dit is opmerklik dat feitlik niemand meer reageer op enige van sy skrywes nie. Dit is hoe dit hoort. Dankie vir jou ondersteuning hierbo. Chris"

In die dertiende kommentaar onderaan hierdie bydrae, verklaar Chris Dippenaar as volg: "Vir jou [Pieter Redelinghuys] en vir my [Chris Dippenaar] is die oplossing eenvoudig: godsdiens moet ondermyn word totdat dit geen invloed meer het op die morele standaarde van ons samelewing nie. Homoseksualiteit is 'n groot probleem vir Christene en het die potensiaal om die gesag van die Bybel en die kerk (Katolieke ingesluit) geheel en al te ondermyn."

Laastens om weer aan te sluit by die eerste kommintaar, lees Chris Dippenaar se aanbraak in die sewentiende kommentaar  in hierdie bydrae: "Ek [Chris Dippenaar] aanvaar dat die twee boeke waarna [die tienerdogter]* verwys gaan oor wat met 'n jong meisie gebeur wat seksueel gemolesteer word deur haar stiefpa. Plaas dat daar deur LitNet lesers praktiese raad aan [die tienerdogter]* gegee word hoe om die bliksem in die tronk te kry, word daar 'ge-oe-en-ge-ah' oor sy vir Jesus gevind het. Niemand gee vir haar 'n telefoon nommer om te bel nie of stel voor dat sy met 'n onderwyser praat wie sy kan vertrou."

*[ ek verwyder doelbewus die tienerdogter se naam om nog verleentheid aan haar te spaar]

Volgens Chris Dippenaar insinueer 'n tienerdogter dus dat sy gemolesteer is omdat sy  Dis ek, Anna gelees het.

Sou dieselfde maat toegepas word, kan die vraag sekerlik gevra word of Chris Dippenaar dan insinueer dat hy 'n ware Christengelowige is omdat hy gedurig onder almal se neus vryf dat hy die Bybel ken en graag lees?

Tog verwag Chris Dippenaar in sy arrogante waan dat 'n dertienjarige dogter met hom in sy vieslike katgeveg betrokke moet raak.

Selfs verwag hy dat sy op sy onsin moet reageer anders is hy reg in sy veronderstelling - hoe laakbaar!

Nee Chris Dippenaar, min volwassenes sou toelaat dat hulle so in jou kammahof deur die modder gesleep word. Dis net jy en Adriaan Basson wat so maklik dogtertjies wil seermaak om jul "dapper" ondermyning van ander se waardes te dien (en o ja "Simson", kom ek vra jou ook nog iets: watse sjampoe gebruik jy vir jou slierte?)

Konsekwent wees, is ongelukkig buite die begrip van enige hater - gelowig en ongelowig.

Daarom dat Chris Dippenaar, gewis ook nie die implikasie van sy onsin sal besef nie.

Wat wel duidelik hieruit geleer kan word, is hoedat sinici soos Chris Dippenaar gedurig met behulp van hul sogenaamde gawe om te interpreteer en sogenaamde spirituele intelligensie, insinuasies in ander se woorde sal veronderstel wat heel toevallig ook net hul misantropiese afkeur pas.

Chris Dippenaar se "besondere waarneming" in die betrokke tienerdogter se bydrae,  is natuurlik geen uitsondering nie. Lees gerus hier vir nog voorbeelde deur die ewe anderhater  "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis", en sy/haar  herinterpretasie en veronderstellinge omtrent my kwansuis insinuasies.

Ja, die Godsdienstiges lees die misdaad mis - behalwe die heldhaftige godslasteraar Chris Dippenaar, en siedaar! - Godsdiens kan nogmaals bespot word omdat gelowiges vertel hoe “trots” hulle op haar is omdat sy vir Jesus gevind het, wyl hulle die "bliksem" vry laat - hoe dramaties die "dapper" Chris Dippenaar tog!

Beskou die volgende logika:

Indien die redaksie van enige publikasie bloot 'n bomdreigement in die loop van hul publikasie plaas, dan sou hulle beslis ewe skuldig daaraan wees.

Kindermolestering is 'n baie ernstige misdaad.

Enigeen wat dit vermoed of kennis dra van so 'n misdaad, is verplig om dit by die owerhede aan te meld (selfs die Roomses).

Niemand het die insinuasie wat Chris Dippenaar so graag daarin wou lees, gedeel nie.

Daar is ook steeds GEEN rede om Chris Dippenaar se veronderstelling van kindermolestering te glo nie.

In 'n verdere kommentaar onderaan dieselfde bydrae van die tienerdogter, wreek Chris Dippenaar toe wel uiteindelik en bo alle twyfel sy bedoeling: "As jy wil getuig van jesus, is hierdie die verkeerde manier om dit te doen. Chris" (sic)

... en om dit nog verder bo enige twyfel te plaas, lees die laaste woorde in sy teatertale vloermoer hierbo: "Geseënde fokken Kersfees vir jou."

VERBATIM, en sonder om enige insinuasies daarin te veronderstel; nes Chris Dippenaar die tienerdogter se onskuldige belydenis probeer onderdruk, net so vloek Chris Dippenaar menige onskuldige se Kersfees omdat ek sy lafhartigheid en sieklike ondermyning van ander se waardes en moraal teenstaan.

Dis werklik jammer dat soveel geleentheid om beskaafde rede op LitNet te voer, deur misantrope soos Chris Dippenaar, Trienie Mahne, Jaco Fourie, die vroeëre Kobus de Klerk en die klug "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis", ontsier word.

Chris Dippenaar, ek daag jou; wees 'n man en vra die dogter wat jy so beledig het verskoning, en hou op om onskuldiges se waardes te minag (of dwaal regtig so in jou egotisme dat jy glo jou hoogste morele waarde - naamlik om ander se waardes te minag - alleen gerespekteer moet word?)

Heilige Maria, moeder van God, bid vir ons sondaars - nou en tot in ewigheid.

Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en die hele wêreld hierdie Kersfees seën.

Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 3

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, jy kan jouself nou maar eenmaal nie help nie. Vreeslik ordentlik die volgende: "ek verwyder doelbewus die tienerdogter se naam om nog verleentheid aan haar te spaar", dit nadat jy alreeds die skakel geplaas het na haar brief.

    Wat betref die res van jou gesanik, jy is of onnooslik en verstaan nie wat ek in konteks geskryf het nie, of jy het dit nie behoorlik gelees nie, of jy is oneerlik.

    Die gesprek is nou oor, niemand stel meer belang nie.

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, die feit sal staan dat jy my reputasie met jou kwaadwillige veronderstellinge probeer skaad ... die feit sal staan dat jy daarop uit is om Godsdiens ten alle koste en veral deur die homoseksuele in kerke te misbruik, om dit te probeer ondermyn - vandaar ook natuurlik jou geveinsde aanhitsing van die ewe vyandige Jaco Fourie en Wouter Ferns ... die feit sal bly staan dat jy selfs nie eens 'n kind se geloofsbelydenis in die openbaar kon respekteer nie ...  dis maar slegs enkele punte te noem wat jy in jou desperaatheid en gebrek aan meriete in jou Godslasterlike aandrang aanvoer!

  • CorneliusHenn

    Vir enige ander wat daaroor sou wonder; ek laat die onskuldige dogter se naam uit my bydraes spesiaal om dit onder hoofde soos hierdie op die Internet se soek enjins weg te laat ... die skakel na haar brief is daar vir enigeen wat van hierdie kant af daaroor wil nalees ... indien ek haar pragtige naam in my bydrae sou aanhaal, kon 'n soek resultaat haar net nog verder benadeel om by Chris Dippenaar se modder bygesleep te word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top