Heil die leser.
Die afgelope Vrydag, het Die Beeld berig: "Nie alles in die Bybel is waar -Tutu".
Wel, uit 'n leeftyd se ervaring kan ek ook heelhartig getuig dat; "nie alles in Naspers se publikasies, is waar nie".
Die Beeld, haal ons geliefde Desmond Tutu, as volg aan:
Kaapstad. – Net omdat iets in die Bybel staan, is dit nie noodwendig waar nie. So het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu gister verwys na dele van die Bybelboek Paulus wat oor homoseksualiteit handel. Hy het by die bekendstelling van die Verenigde Nasies (VN) se veldtog vir gelyke regte vir gay-, lesbiese, biseksuele en transgender-menseregte (GLBT) gepraat en gesê hy voel “net so sterk oor dié regte as oor apartheid” en steun die veldtog ten volle.
Na baie jare se Bybelstudie en katkisasie aan Katolieke en Anglikaanse gemeentes, kan ek egter die bedoeling in onse Aartsbiskop se woorde, as volg stel: "Net omdat in die Bybel staan, is dit nie noodwendig toepaslik (waar), in ons lewens vandag nie".
En, dis 'n logiese feit!
Menige Protestant sal egter ergerlik en onthuts in Calvyn se ekstremistiese en fundamentele "solas", hieroor struikel.
Johannes Calvyn se "Sola Scriptura", stel dit immers onbetwisbaar en duidelik; "deur die Bybel ALLEEN"!
Daarom dat Kobus de Klerk (sy New Age Spiritueel Intelligente en infernale onderrok ten spyte), so sterk voel om ander met die Bybel as die Woord (Jesus Christus), te onderdruk. Hy meen dat wyl hy oor 'n "Godgegewe gawe" beskik om te kan interpreteer (en om daarmee selfs tot 'n waardige oneervolle prokureur te kon verval), hy God in die palm van sy hand hou wyl hy met die Bybel as God (die Woord), hier, en oral langs hospitaalbeddens, sy beursie vol mee dweep.
En so verafgod Calvinistiese dwepers soos Kobus de Klerk, en al sy kruipers, die Bybel as die Woord (Jesus Christus onse God) - in direkte teenstelling met die katolieke (kleinletter gespel), se beskouinge van die Bybel (soos dié van Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu).
Vir baie lank beskou ek onse afgetrede Aartsbiskop Tutu, as die grootste geestelike die afgelope eeu. Daar is volumes van sy wysheid wat ek hier kon aanhaal. In alle nederigheid voel ek meestal oorweldig deur die logika daarin. Ek voel egter ook die genade daarin om die volgende deur ons geliefde Aartsbiskop uit "God Is Not A Christian: And Other Provocations", aan te haal:
Surely it is good to know that God (in the Christian tradition) created us all (not just Christians) in his image, thus investing us all with infinite worth, and that it was with all humankind that God entered into a covenant relationship, depicted in the covenant with Noah when God promised he would not destroy his creation again with water. Surely we can rejoice that the Eternal Word, the Logos of God, enlightens everyone -- not just Christians, but everyone who comes into the world; that what we call the Spirit of God is not a Christian preserve, for the Spirit of God existed long before there were Christians, inspiring and nurturing women and men in the ways of holiness, bringing them to fruition, bringing to fruition what was best in all. We do scant justice and honor to our God if we want, for instance, to deny that Mahatma Gandhi was a truly great soul, a holy man who walked closely with God. Our God would be too small if he was not also the God of Gandhi: if God is one, as we believe, then he is the only God of all his people, whether they acknowledge him as such or not. God does not need us to protect him. Many of us perhaps need to have our notion of God deepened and expanded. It is often said; half in jest, that God created man in his own image and man has returned the compliment, saddling God with his own narrow prejudices and exclusivity, foibles and temperamental quirks. God remains God, whether God has worshippers or not. - (die vetdruk is deur die uwe gemaak)
Die aanhaling hierbo kom veral na soveel hoon op die werf; selfs ook na al die eentonige en vervelige slimmigheid van die homoseksuele "intellektueel" Wouter Ferns - wat in sy waan selfs die Heilige George Katedraal geskakel het om my deelsaamheid omtrent die "hutspot" uitdra van die Evangelie deur die katolieke, verdag te probeer laat - ja, Wouter Ferns meen sy begrensde "pluralisme" teenoor die grenslose liefde en genade van onse almal se Skepper, is slimmer - en dat sodanige "hutspot" deur onse Desmond Tutu ook hierbo beskryf, eintlik net my eie "mengelslaai" is.
Vandag is dieselfde Desmond Tutu, weereens vreesloos op die wêreld se voorblaaie met 'n algemene katolieke beskouing, naamlik:
“Ek kan nie ’n homofobiese God aanbid nie ...”
Ja, anders as wat iemand soos Jaco Fourie (wat self gedurig sy promiskue en dekadente homoseksuele soort Brokeback Mountain "homo-mojo" onder almal se neuse hier vryf), asook sy sikofant en grootste bewonderaar - die patetieke bleeksiel gay Wouter Ferns, probeer voorgee - ken katolieke geen veroordeling omtrent homoseksualiteit nie; eerder net 'n besorgdheid oor die gevolge van sulke goddelose en roekelose "leefstyl", en waarvan die arme slimjannie Wouter Ferns, vandag ook sekerlik met berou in sy hart kan getuig.
Ek dank God vir die hart van onse Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu.
Mag Jesus Christus onse God, Logos, ons almal vergewe en die hele wêreld seën.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke liefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
Beste Cornelius,
Baie dankie vir jou skrywe, (jy kon liewer die persoonlike aanvalle op sekere mense verswyg het), veral vir die interessante gedagtes bevat in die sitaat vanuit "God is not a Christian: And other provocations". Die wysheid inherent in hierdie kwotasie maak mens regtig nederig.
Ek is dankbaar om te vermeen dat sulke groot denkers soos die skrywer tot die gevolgtrekking gekom het dat GOD IS NIE DIE KARAKTER, YAHWEH, van die Ou Testament van die Bybel nie - NIE HIERDIE STAMGOD VAN DIE JODE NIE.
Sulke insigte van gelowiges gee die mensdom groot hoop op 'n beter toekoms.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Beste Pieter,
Nes altyd, baie dankie vir jou insig en belangstelling.
Die agtergrond van meeste van my bydraes geskied ongelukkig en met groot hartseer teen 'n agtergrond wat oor baie jare heen deur onder meer hierdie persone waarna ek verwys het, geskep is.
My aanhaal van veral Jaco Fourie en Wouter Ferns, is presies hoe hulle, met hulself hier spog.
My herhaling van hul karakter is nie bedoel as persoonlike aanval nie, maar juis om die eentonige disinformasie ook omtrent hierdie onderwerp in menige van hulle bydraes, daarmee te onderstreep.
Ek gee geheel toe dat hulle verleentheid, uiteindelik myne geword het - net omdat almal glo die "ongelooflike" beskrywing van hulself en my herhaling daarvan, is my persoonlike aanval op hulle.
Hul wese, het egter alles te doen met die twak wat hulle gedurig hier kwytraak - daarom my herhaling daarvan.
Om die een of ander duistere rede geniet Kobus de Klerk, Jaco Fourie en Wouter Ferns groot geloofwaardigheid, ten spyte van hul eentonig boosdoende en onredelik verkeerde aannames op die werf.
Ek glo egter dat nes in die geval van leuens wat altyd baie vinnig 'n weg brand, die waarheid dit tog sal inhaal en die onsinnige lapel van hutspot-stoker, mengelslaai, die woord "katoliek" - as iets van Cornelius Henn se maaksel is, ensovoorts,... wel uiteindelik tot eer van onse Skepper, in die lig gebring sal word.
Anglikaanse, Katolieke en katolieke groete,
Cornelius Henn
Cornelius, jy pas Tutu se woorde aan en skryf: "Net omdat in die Bybel staan, is dit nie noodwendig toepaslik (waar), in ons lewens vandag nie". Dan noem jy dit "'n logiese feit!" Wat is logies aan dit? Is jy seker jy verstaan wat logies beteken?
Chris
Skerp. Beslis skerp.
Jaco Fourie
Wat 'n teleurstelling... hoeveel maal moet 'n mens nog gewoon net taal uitlê vir hierdie gekrenkte slimjannies?
logies, =e; =er, =ste. 1. Op redeneerkunde gegrond. 2. Oordeelkundig. 3. Wat tot die logika behoort.
logika. 1. Regte manier van redenering. 2. Die regte opmekaarvolging van oorsaak en gevolg. 3. Dinkleer; redeneerkuns.
Chris, dis bloot algemene kennis waaroor jy jou so verknies ... gewis iets wat vir Jaco Fourie 'n groot uitdaging moet wees gegewe sy opgewondenheid oor jou bedoeling om te kwets hierbo.
Gebruik enige van die verklaringe hierbo vir die woord "logies", pas dit in my sin en ek hoop rerig julle leer iets ...
Kobus de Klerk sal gewis oor sy skouer moet begin loer gegewe die trant wat julle taalonvermoë hier openbaar.
Chris Dippenaar, spesiaal om nog moontlike verleentheid te spaar:
feit, =e. Die werklik bestaande, werklikheid, werklike gebeurde, daad. in feite, werklik, inderdaad; 'n voldonge feit, 'n afgehandelde saak.
Skaf vir jou 'n verklarende woordeboek aan en toets eers die sin wat jy daarin kan verstaan.
As dit steeds nie verstaanbaar is nie, wees dapper genoeg om op 'n gemanierde wyse jou vraag so te formuleer dat 'n mens dalk kan dink jy stel regtig belang.
Hierdie papbroekigheid om net te byt en te hol is reeds erg vervelig.
STERKTE en nie te danke,
Cornelius Henn
Vir enige ander wat sou belangstel; my bedoeling aan "logiese feit", in die sin daarvan dat die Bybel se voorskrifte nie meer so toepaslik op ons lewens vandag is nie, sluit ook nou aan by die gedagte "om konsekwent te wees".
konsekwent, =e; =er, =ste. 1. Beginselgetrou. 2. Uit die voorafgaande logies voortkomend, logies. konsekwentheid.
Die katolieke bediening van die Evangelie, staan nie vasgevang in die verlede nie. Die katolieke dra die Evangelie apostolies uit, en daarom is die Evangelie steeds so relevant ook tot vandag se waardes en kultuur.
apostolies, =e. 1. V.d. apostels afkomstig. 2. Soos, van 'n apostel. 3. V.d. pous afkomstig.
Chris Dippenaar dien as 'n goeie voorbeeld van 'n ontnugterde Protestant wat ergerlik en geknel is in sy ego omdat hy nie die godslasteraar is wat hy gedink het hy is nie - siestog.
Sou Chris Dippenaar en sy aanhangers konsekwent kon wees, verg dit hulle nou om hul beswaar en dwalinge minstens heelwat wyer en na ander Godsdienste ook te bepaal om werklik ateisties te kan wees - 'n uitdaging wat beslis nie in hulle agteraf en byterige papbroeke sit nie!
In die genade en liefde van ons almal se Skepper,
Cornelius Henn
Beste Cornelius,
Steur jou nie aan die negatiewe opmerkings nie. Diegene wie jou ken weet dat jy skryf met jou hart, en goedgesindheid, welwillendheid en liefde is vêr verwyder van logika.
Groete,
Pieter Redelinghuys.
Jaco, as iemand vir my sê dat wat ek nou net gesê het is nie baie slim nie, weet ek dat hy eintlik bedoel dat ek iets doms gesê het; ietwat meer kras gestel: Ek het kak gepraat. Maar die manier waarop die ou dit vir my sê laat dit 'n bietjie beter klink, al is dit nie regtig so nie.
Oompie Tutu weet presies waar die mikrofoon en kameralens is, en hierdie "show pony" weet ook presies aan watter kant daarvan om te staan. Ons eie tuisgebakte Gandhi is 'n slim politikus wat weet hoe om die publiek te speel vir 'n bietjie aandag en wat my betref is dit omtrent hier waar sy talent stop. Ek vind hom komies en dink dat hy miskien tog nie so 'n slegte ou is nie, maar as ek iets van teologie of die Bybel wil weet sal ek nie vir hom vra vir 'n antwoord nie. Kom ons stel dit nou maar op 'n mooi manier: Onse oompie is nou nie eintlik 'n intellektuele reus nie.
Nou wat van sy stelling: "Net omdat iets in die Bybel staan, is dit nie noodwendig waar nie"? Klink pragtig en onskuldig totdat dit ietwat anders gestel word: "Party goed in die Bybel is leuns", of soos ek dit sou wou stel: "Partykeer praat die Bybel kak". Dit sê presies dieselfde as oompie se spin. Cornelius se weergawe sal dan so klink: "Lank terug het die Bybel nie kak gepraat oor hoe mense moet leef nie nie, maar dis moontlik dat die Bybel vandag partykeer kak praat oor hoe mense moet leef". En dis net 'n 'logiese feit' as jy nie baie slim is nie!
Chris,
Ek weet vanuit ‘n geloofsoortuigingsoogpunt sit ek en jy nie langs dieselfde vuur nie, maar jou vraag aan Cornelius ten opsigte van sy logika is in die kol. Soos altyd laat sy redenasievermoë veel te wense oor – hy weerspreek homself basies in sy (on)galante poging om Aartsbiskop Desmond Tutu se wan-uitspraak te probeer verdedig. Dit is egter verder opmerklik hoe hy (net soos sy “geliefde” Desmond Tutu) die Bybel verdraai in hul patetiese poging om die juis die Waarheid van die Woord te kompromiseer sodat die skepsel eerder as die Skepper daardeur verheerlik kan word. Maar dan weer, kom dit as geen verrassing nie, ek meen, dit is al letterlik jare wat lesers, op Cornelius se valsheid en verdraaiing van die Waarheid van die Woord van God, gewys word…
Jy sien, wat Desmund Tutu in werklikheid bedoel is presies dít wat hy gesê het (as aanvaar kan word dat die koerant hom dan ook korrek aangehaal het). Volgens die koerant, en ook soos aangehaal deur Cornelius, het Desmond Tutu, onder andere, die volgende gesê: “Net omdat iets in die Bybel staan, is dit nie noodwendig waar nie. So het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu gister verwys na dele van die Bybelboek(e?) (van?) Paulus wat oor homoseksualiteit handel.” Hy vergeet skynbaar Openbaring 22: 18-19: “Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.” Daar moet onthou word dat die woorde “byvoeg” en “wegneem “ ook verwys na verdraaiing van die Waarheid in die Woord, om juis by die wêreld/skepsels aan te pas (hoe subtiel, en deur wie, dit ookal gedoen word) – dus word die Waarheid en betekenis van die woorde in die Bybel “ weggeneem” en valsheid “bygevoeg”.
Cornelius bevestig dan ook hierdie valse aksie met ‘n “mooi-doekies-omdraai” poging ter “ere” van Desmond Tutu, met sy regstelling van: "Net omdat (iets?) in die Bybel staan, is dit nie noodwendig toepaslik (waar), in ons lewens vandag nie". Dít is slegs ‘n verdere patetiese verdraaiing van God se Woord om by “vandag” aan te pas – só asof hy erken die Bybel is geïnspireer deur die Heilige Gees, maar dat God ‘n wel fout gemaak het en vergeet het dat tye gaan verander en dat sekere waarhede in Sy Woord in die toekoms nie meer van toepassing gaan wees nie…..daarom sy (en Desmond) se blatante verdraaiing (“wegneem” en “byvoeg”) van die Waarheid van die Bybel om by die skepsel van “vandag” aan te pas….hoe jammerlik!
Terloops, Chris, ek weet jy glo nie die Woord nie, maar ek hoop jy kan my punt in elk geval insien...
Sterkte
Dolf
Beste Pieter,
Nogmaals dankie vir jou bemoediging.
Nie een van ons is werklik verteenwoordigend van enigiets behalwe onsself nie, maar, daar is weliswaar ligjare se verskil tussen 'n opgevoede mens soos jy, en die sedelike insinking waarmee iemand soos Jaco Fourie op die werf spog en daarmee sy vyandigheid teenoor die Katolieke - en hel, alles net om my daarmee te probeer neerhaal.
Ek verstaan egter nie Chris Dippenaar se antagonisme nie.
Jare gelede het hy heel samehangend as Gilgamesh sy bydraes op die werf gelewer. Deesdae werf hy vir homself aanhang in die geledere van godslasterlikes wat 'n mens aan 'n piepiekrip in 'n openbare manstoilet laat dink.
Miskien blaas Chris tog eendag sy pyp na 'n kant, doof 'n bietjie John Lennon se liriek "imagine there is no heaven" in die agtergrond, stof sy kleed en vertel ons weer van sy beswaar op sy gerespekteerde manier van ouds.
Nietemin, die werf is steeds 'n wonderlike plek om saam te deel in die van insig en deursig getuigende harte soos joune, Thomas, Panda, Angus, Brainvds, Mefiante, FC Boot, Hans, en vele ander behalwe die New Age Bybelaanbidders soos Kobus de Klerk, Trienie Mahne, Dolf van Loggerenberg, en hul aanhangers.
In die besonder groete aan jou doer onder die Noorderlig,
Cornelius Henn
Cornelius, jy kan woordeboek-definisies vir terme gee tot jy blou is in jou gesig en dit gaan nog steeds niks bydra tot jou argument nie. 2 en 3 gaan nooit vir jou 4 gee, selfs al kan ek 'n impieriese bewys gee vir onderskeidelik 2 en 3.
Chris,
Jy doen weereens werklik en baie duidelik moeite om die punt in my bydrae te kaap.
Ek het vrede omtrent jou persoonlike gevoelens jeens enigiemand of onderwerp. Dis tog jou voorreg om te dwaal waar jy wil.
Die punt egter is gewoon die algemene en sinkretiese uitdra van die Evangelie deur die Katolieke, en die katolieke.
Sien, vir jare reeds word ek neergehaal deur New Age Bybelaanbidders soos Kobus de Klerk en sy hele aanhang, en wat jou skynbaar insluit; naamlik, dat ek die vader van sinkretisme is.
Selfs ongelowige slimjanne soos Wouter Ferns het my gehoon vir kwansuis my "hutspot" en "mengelslaai" Godsdiens.
Hulle, en selfs jy, het almal met my getwis dat dit nie gewone Katolieke, en katolieke katkisasie is nie, maar dat dit alles my eie maaksel is.
Selfs my beskouing van die Bybel wat jy heel aanvaarbaar verwoord met: "Lank terug het die Bybel nie kak gepraat oor hoe mense moet leef nie nie, maar dis moontlik dat die Bybel vandag partykeer kak praat oor hoe mense moet leef", is afgemaak as my eie iewers alleen op 'n eilandjie in die wye oseaan van Godsdiens.
Daarom het ek ons geliefde emeritus aartsbiskop Desmond Tutu hierbo aangehaal, en veral ook met verwysing na die Jaco's, Kobus de Klerks' en die Wouters se waan omtrent die katolieke se algemene beskouing jeens ander se aanbidding van ons almal se Skepper, en die Bybel.
Jou aanname dat onse geliefde Desmond Tutu dit as publisiteit gebruik, is dus net so van die wa af soos Kobus de Klerk se verwysing na my deelsaamheid uit katolieke katkisasie as kamstig my eie maaksels en hutspot - dis algemene katolieke belydenis en katkisasie!
Derhalwe moet ek byvoeg dat my beskrywinge van jou, George, of die ander soos die papbroek "Dolf" - nie eens naby so grafies as die formaat as wat jy doen van ons geagte en geliefde emeritus aartsbiskop Desmond Tutu - hier toegelaat word nie.
Chris, ek sien uit dat jy jouself weer bymekaar maak en die gesprek op 'n sinvolle noot hervat.
Cornelius Henn
Hello Pieter
Ek en jy weet baie goed dat die regte vir homoseksuele mense die grootste teenkanting kry van godsdiens. Aan die een kant is dit goed om te sien dat Tutu sê die Bybel is verkeerd wanneer dit hierdie leefstyl verdoem, maar aan die anderkant moet hy in gedagte hou dat hierdie uitspraak van hom gedoen word in sy hoedanigheid as geestelike leier. Volgens die Beeld-artikel, waarvoor Cornelius die skakel hierbo verskaf: "Hy [Tutu] het twee keer gesê: 'Ek kan nie ’n homofobiese God aanbid nie en ek weier om na ’n homofobiese hemel te gaan – dan gaan ek eerder na die ánder plek'". Hiermee maak hy baie Christene baie die donder in en dit kan aan die einde van die dag net lei tot die verharding van gevoelens teenoor homoseksuele mense van díe wat voel hulle kan nie en gaan nie sluk aan hierdie uitlating nie.
Vir jou en vir my is die oplossing eenvoudig: godsdiens moet ondermyn word totdat dit geen invloed meer het op die morele standaarde van ons samelewing nie. Homoseksualiteit is 'n groot probleem vir Christene en het die potensiaal om die gesag van die Bybel en die kerk (Katolieke ingesluit) geheel en al te ondermyn. Ek het nie 'n antwoord of oplossing vir hulle nie, en stel ook nie belang om eers in daardie rigting te dink nie. Wat ek wel weet is dat Tutu se liefde vir die "spotlight" en sy onvermoë om die implikasies van sy uitlatings te voorsien die teenoorgestelde uitwerking kan hê as wat hy bedoel het. Dis dalk die gepaste geleentheid om te verwys na Angus se lysie (Tot nadenke en goeie wenke): "2. Moet nooit die gulde geleentheid laat verby gaan om jou bek te hou nie". Miskien kan iemand dit aanstuur vir Tutu.
Chris
Chris,
Jy tik : "Vir jou [Pieter Redelinghuys] en vir my [Chris Dippenaar] is die oplossing eenvoudig: godsdiens moet ondermyn word totdat dit geen invloed meer het op die morele standaarde van ons samelewing nie. Homoseksualiteit is 'n groot probleem vir Christene en het die potensiaal om die gesag van die Bybel en die kerk (Katolieke ingesluit) geheel en al te ondermyn. Ek [Chris Dippenaar] het nie 'n antwoord of oplossing vir hulle [homoseksuele?] nie, en stel ook nie belang om eers in daardie rigting te dink nie."
Chris, jou verduideliking hierbo, verklaar miskien tog uiteindelik jou antagonisme. Ek dink net jy is ewe lafhartig as die "Dolfs", Kobus de Klerks', en Jacos', om my so persoonlik daarmee te probeer neerhaal. Ek het menigmaal reeds beaam dat ek vrede het met enige ander se geloof en ongeloof. My bydraes hier het ook geen bedoeling om as "kuber evangelisasie" te dien nie. Ek deel duidelik broodnodige algemene kennis op die werf - ek meen, jy kan nie eens sin uit die verklaring van woorde uit 'n woordeboek maak nie, wat nog ander se Godsdiens te probeer begryp!
Jy kan ook maar jou Protestante ontnugtering hier wreek totdat jy blou is, dit maak hoegenaamd nie van jou 'n konsekwente ateïs nie. Jou gebrek aan begrip vir ander se Godsdiens, laat jou jammerlik en as net nog 'n impotente en ontnugterde Protestant.
Ja, hoe kan jy "godsdiens ondermyn" as jy nie eens 'n begrip aan katolieke soos die Kopte, Hellene, Ortodokses, Roomses, Anglikaanse; wat nog Hindoes, Moslems, Jode het nie?
Dis hoe belaglik jy geraak het Chris Dippenaar! En nou het jy nog die papbroekige "Dolf", ook in jou laer (... of is dit andersom?) -hahahaha!!!
Die punt is ook dat jy heel waarskynlik meen dat jy nie 'n oplossing het vir homoseksuele nie; wat sou die probleem dan wees wat jy aan homoseksualiteit veronderstel Chris?
Sien, katolieke sien geen probleem aan homoseksualiteit, of enige ander vorm van seksualiteit nie; die probleem wat alle Godsdiens op aarde kan oplos en VERHOED, is die hartseer gevolge aan die promiskue en dekadente leefstyl daaraan.
Bybelaanbidders, soos "Dolf" en Kobus de Klerk, het wel 'n probleem met alles en almal wat hulle nie eer nie!
Maar, dis reeds ver genoeg van die punt in my bydrae hier bedoeld.
Chris, ag jy darem ook soos "Dolf" ook na dese, dat ek en ons geliefde emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, minstens om dieselfde "hutspot" sit, en dat ek nie die enigste op aarde daarmee is nie?
Hindoe, Moslem, Joodse, Boeddhistiese en katolieke groete,
Cornelius Henn
Chris,
Jy reken ook heel slim: Cornelius, jy kan woordeboek-definisies vir terme gee tot jy blou is in jou gesig en dit gaan nog steeds niks bydra tot jou argument nie. 2 en 3 gaan nooit vir jou 4 gee, selfs al kan ek 'n empiriese bewys gee vir onderskeidelik 2 en 3.
Chris, verklarende woordeboeke "definieer" nie woorde nie, dit gee 'n algemene verklaring vir die betekenis aan woorde sodat ons almal "op dieselfde blad" is wanneer ons in 'n bepaalde taal, soos byvoorbeeld Afrikaans, redevoer. Miskien is dit die rede waarom jy ook so sukkel; jy moet nie 'n boek met die titel "woordeboek-definisies" daarin gaan soek nie (jy sal verseker nie so 'n boek kry nie) - jy moet boeke met "verklarende woordeboek" in hul titel gaan soek!
Dis gewoon onmoontlik om rede met New Age Bybelaanbidders te voer, wat byvoorbeeld woorde soos "wysheid" en "God" as effe argaïes beskou, en dit dan in hul eie waan met "Spirituele Intelligensie" vervang; dit wyl hulle ander aan die hand van Openbaring 22: 18-19: “Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is” , sal vervloek.
Om jou eie poëtiese betekenis aan woorde te voeg (nes 'n wafferse New Age Bybelaanbidder), maak jou ewe in stryd met die gesonde verstand.
Ten einde "logiese feit", vir jou in jou desperate struikel help omskryf; neem "oordeelkundig" (die tweede verklaring van "logies") en voeg dit saam met "werklikheid", in "feit" se verklaring.
'n "Logiese feit", kan dus ook as 'n "oordeelkundige werklikheid" gelees word.
Maar, "oordeelkundig" en "werklikheid" kan dalk nog problematies vir iemand soos jy wees.
Skryf "logiese feit", dan maar as 'n "judisieuse realiteit", as jy wou.
judisieus, =e. Oordeelkundig, wyslik, verstandig.
realiteit, =e. 1. Werklikheid, wesenlikheid. 2. Waarheid.
STERKTE en nie te danke,
Cornelius Henn
Beste Chris,
Dankie vir jou terugvoer, en wat jy kwytgeraak het oor sekere aspekte van Tutu onderskryf ek met sekere reservasies. Die tyd het dalk aangebreek dat daar 'n skeiding kom tussen die aardskonserwatiewe Evangeliste wat die Bybel beskou as die Woord van God en alles daarin letterlik volg, en die liberale vleuel van die Kerk. Tans is die toestand eenvoudig onuithoubaar.
Die Anglikaanse Kerk van vandag het letterlik gyselaar geword van Swart Afrika waar hulle die doodstraf (Uganda) vir homoseksualiteit wil toepas. Daar is meer Anglikane in Afrika (Nigerieë) vandag as in die Verenigde Koninkryk en Noord-Europa saam.
In Finland het derduisende lidmate van die Lutherse Kerk padgegee weens die Kerk se homofobie.
Nou het die Pous ook olie op die vuur gegooi deur te sê dat hy nie homoseksuele kan verdoem nie - maar tog bygevoeg dat dit 'n sonde is. Ek is seker dat die ou bokke agter die man reeds beplan om sy woorde te weerlê en voorgee dat sy uiting verkeerd geïnterpreteer, of buite konteks kwoteer is.
Die Kerk gaan in die toekoms nooit al hierdie faksies bymekaar hou nie. Elkeen sal volgens sy eie gewete moet besluit wat die beste oplossing is.
Best groete,
Pieter Redelinghuys
Cornelius, nie "oordeelkundige werklikheid" of "judisieuse realiteit" kan instaan vir "logiese feit" nie. Jy is besig met sofistiese woordspeletjies terwyl jy niks doen om jou stelling (Net omdat [iets] in die Bybel staan, is dit nie noodwendig toepaslik (waar), in ons lewens vandag nie) te regverdig (as 'n logiese feit) nie. Kan jy sien hoe maklik en vinnig 'n gesprek met jou verval in niksseggende twak?
Beste Pieter,
Ek waardeer met vreug jou belangstelling in hierdie onderwerp.
Daar is beslis 'n baie groot verskil tussen Bybelaanbidders, en die eenvoudig, nederige kinders van die HERE. Infernale farisese en meerwaardige ware gelowige Bybelaanbidders, soos byvoorbeeld "Dolf", verwys ook heel maklik na laasgenoemde, as minderwaardig.
Verskoon asseblief my verklaring van die volgende woorde, ek weet jy het dit nie nodig nie, maar ek hoop jy lees die noodsaak daarvan uit my kommentaar hierbo en dusver:
breedgesind, =e. Ruimhartig, liberaal. breedgesindheid.
Liberaal1, (s), ..rale. Lid v.d. Liberale Party.
liberaal2, (s), ..rale; ..raler, =ste. Voorstander, aanhanger v.d. liberalisme.
liberaal3, (b), ..rale; ..raler, =ste. 1. Vrygewend, milddadig. 2. Met 'n ruim opvatting, onbekrompe. 3. Onbevooroordeeld. 4. Nie streng van opvatting insake godsdiens nie. 5. Vrysinnig, verlig. liberaalheid.
Uit bogenoemde verklaringe, sou ek die liberale vleuel van die Kerk, as dies wat breedgesind, met 'n ruim opvatting, onbekrompe, onbevooroordeeld, nie streng van opvatting insake godsdiens nie, in dankbaarheid vir die liefde en genade wat hulle ook self van uit die hand van ons Skepper ontvang het, beskryf.
Geeneen wat ons Skepper se onverdiende liefde en genade ervaar, sal 'n medemens se sonde op 'n skaal van klein tot groot oordeel nie.
Nes homoseksualiteit miskien as sonde beskou word, word geldgierigheid en menige ander verskuilde drange wat 'n medemens kan skaad, ook as sonde beskou - selfs ten spyte van 'n moontlike fisiologiese oorsaak daarvan!
Dit gaan nie oor sonde - dit waaraan almal as 'n natuurlike lewensverskynsel het nie - dit gaan oor die te voorskyn kom van ons harte en daarmee in ons Skepper lewe, ondanks ander se gedurige verdoeming.
In die geval van homoseksualiteit, sal lewe in die liefde en genade van ons Skepper die promiskue en dekadente leefstyl daaraan nie eens bestaan nie, en die las wat sodanige leefstyl op die res van die samelewing bring, vanselfsprekend verhoed.
Homoseksualiteit, is ook net 'n enkele voorbeeld wat aanleiding tot baie hartseer kan gee. Die geldgierigheid wat onder meer Bybelaanbidders ander mee inloop, bring net soveel pyn - en so ook menige ander menslike natuur wat nie in 'n bepaalde moraal soos byvoorbeeld Godsdiens, gerig word nie.
Geloof kom net uit God se hand en is nooit die gevolg van slim redenasies nie. Daarom is dit so verkeerd om ander te wil bekeer. As gelowige sou ek nooit iemand in die Godsdiens wou bring, net om daarmee die samelewing te red nie.
Daarom is ek dankbaar om te weet dat Godsdiens gewis ook nie die enigste moraalfilosofie nie. Daar is vele ander fonteine met sedes.
Ek voel egter deur vyandigheid teenoor Godsdiens te veroorsaak (soos Chris Dippenaar dit wil), sal die verkeerde rigting vir enige hart op die aarde aandui (dieselfde geld ook vir die waan waarin Bybelaanbidders, vyandigheid teenoor ongelowiges veroorsaak).
As gelowige ken ek die genade om eerder vir ander te bid, as om te dink ek kan hulle bekeer - ja, net God kan!
Namaste!
Cornelius Henn
Chris,
Jy probeer sekerlik maar soos altyd jou verleentheid te ontduik met die volgende: Cornelius, nie "oordeelkundige werklikheid" of "judisieuse realiteit" kan instaan vir "logiese feit" nie. Jy is besig met sofistiese woordspeletjies terwyl jy niks doen om jou stelling (Net omdat [iets] in die Bybel staan, is dit nie noodwendig toepaslik (waar), in ons lewens vandag nie) te regverdig (as 'n logiese feit) nie. Kan jy sien hoe maklik en vinnig 'n gesprek met jou verval in niksseggende twak?
Wel, dis gewoon JOU mening Chris, en tensy jy ook siek aan jou ego is (soos in patologiese narsisme), hoop ek jy kan aanvaar dat jy hoegenaamd geen gesag is nie!
Chris, jou aanvanklike veronderstelling lees egter: Cornelius, jy pas Tutu se woorde aan en skryf: "Net omdat in die Bybel staan, is dit nie noodwendig toepaslik (waar), in ons lewens vandag nie". Dan noem jy dit "'n logiese feit!" Wat is logies aan dit? Is jy seker jy verstaan wat logies beteken?
Geen verduideliking sonder om jou laaste vraag; " Is jy seker jy verstaan wat logies beteken?", te beantwoord, sou jou in ieder geval kon gerusstel nie.
Wyl jy na alles, en in jou perverse persoonlike aanval op my om "godsdiens te ondermyn", steeds my bedoeling en begrip aan die woord "logies" misken, sal ek tog ter wille van ander belangstellendes waag om jou eerste vraag, ook te antwoord:
Vir jare reeds word daar met die Bybelaanbidders hier op die werf oor die irrelevansie van menige wet in die Bybel, en straf vir die oortreding daarvan, gespot.
Daarenteen, is ek byvoorbeeld geheel en al eens dat die steniging van iemand wat op 'n Sondag braaivleis hou - of dat vroue, hoedens in die kerk moet dra om in die Hemel te kom, gewis nie toepaslik op ons lewens vandag is nie.
Eweneens, maansiekte is nie duiwelbesetenheid nie en ek gaan nie van enige vrou op aarde verwag om deur die Ou Testamentiese ritusse te gaan nie.
Wat is hierdie algemene en katolieke beskouing van my dan oor ritusse, steniging, en allerlei uiterlike en oudmodiese saligheid wat in die Bybel voorgeskryf word, anders as 'n "oordeelkundige werklikheid", "judisieuse realiteit", of 'n logiese feit?
Chris, bring gerus maar jou eie woorde as jy in enige redelike taal, bedoeling aan my beskouing kan bring.
"Teologiseer", sal seker ook okei wees... let asseblief ook op die "logies" in die woord "teologiseer" .... (teologiseer, ge=. Oor God en goddelike dinge redeneer, godgeleerde onderwerpe behandel.)
Of, verwag jy dalk dat ek die HELE Bybel moet aanhaal oor ALLES wat ek so ontoepaslik op vandag se leefwyse vind?
Chris, hoekom haal jy nie maar uit die Bybel waarop jy dink ek as katoliek sou wou aandring nie, en vra my daaroor?
Ek sal jou met graagte antwoord.
Cornelius Henn
... en "sofistiese woordspeletjies", is presies waarmee jy in jou ekstremistiese Protestante ontnugtering en fundamentele ondermyning van godsdiens besig is Chris Dippenaar...
Hello Pieter
Ons kan baie gesels oor die euwels van fundamentele godsdiens, maar of ons nou daarvan hou of nie, in Afrika lê die lot homoseksueles in die hande van hierdie mense. Dit kom letterlik neer op die verskil tussen lewe en dood vir homoseksuele mense. As die kerk, maak nie saak watter denominasie, 'n rol gaan speel om hulle te beskerm in hierdie gevaarlike situasie waarin hulle hulself bevind, gaan dit nie werk as hulle die onverskillige en onverantwoordelike blunderbus taktiek van Tutu volg nie.
Sal ons ooit weet hoeveel mense betaal met hulle lewens sodat Tutu die een buiginkie na die ander kan maak, hande nederig gevou in gebed voor sy borsie, op die verhoë van die wêreld. Sal iemand êrens dit kan goeddink om hom te nomineer vir nog 'n Nobel-prys?
Menseregte en 'n beroep op die basiese goedheid en gewete van mense, soos jy tereg uitwys, nie of die Bybel lieg of nie, nie of God 'n homofoob is of nie, is waar die oplossing gaan lê. Die aardskonserwatiewe Evangeliste moet deel wees, kan nie anders nie, van hierdie proses. Ek laat my nie vertel dat daar nie duisende fundamentele Christene is wie se koppe nie in skaamte hang oor wat in Afrika aan die gebeur is nie.
Chris
Chris Dippenaar, lees 'n mens al jou onthutste ergerlikheid, jou oorlogshond aandrang soos om "godsdiens te ondermyn", en al jou neerhalende verwysing na emeritus aartsbiskop Desmond Tutu (iemand wat sy hele lewe opgeoffer het om die lewe draaglik vir sy medemens te bid), dan kan ek nie help om daaroor te wonder nie - dat jy as fundamentele ontnugterde Protestant (wannabe ateïs), werklik dink dat jy oor die sogenaamde "basiese goedheid en gewete van mense" beskik ... moet 'n mens maar dan net vir jou lag, of wat?...
Beste Chris,
Dankie vir jou skrywe, en vir die volgende opmerking:
"Die aardskonserwatiewe Evangeliste moet deel wees, kan nie anders nie, van hierdie proses."
Wat 'n sonninge optimis is jy nie! Oral waar hierdie drukgroep aktief is, en hulle is oral baie aktief, sal daar geen vordering wees nie. Menseregte, sekulêre wette, en alles wat dit behels is deels 'n antwoord.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter
Ek stem heeltemal saam met jou, menseregte, sekulêre wette, en alles wat dit behels is die weg, maar iemand moet dit implementeer. Wie gaan dit doen in samelewings wat gedomineer word deur fundamentele godsdiens? Na wie gaan oortreders teen menseregte luister, die ou wat sê dat dit wat jy doen iets onmenslik is of die ou wat sê jou god is 'n homofoob en jy gaan liewers hel toe voor jy so sleg is soos hy?
Chris
Jammer Pieter, ek het so 'n bietjie deurmekaar geraak in my laaste sin met hy/jy. Hopelik kan jy uitmaak wat ek probeer sê het 🙂
Chris, deur watter fundamentele godsdiens, word die Suid-Afrikaanse regering byvoorbeeld vandag gedomineer?
Cornelius, is jy desperaat vir 'n baklei-maatjie?
Siestog Chris Dippenaar, is dit nou hoe tragies dit kan lyk as 'n ekstremistiese "godsdiens ondermyner" soos jy, skielik die hase pad uit sy slimmigheid wil vat?