Kommentaar

Rhoda Kadalie, ’n dapper vrou

Charl Adams 2022-04-22 Rhoda was ook 'n enigma. Ek was uiters teleurgesteld toe sy na haar vertrek na die VSA 'n uitgesproke voorstaander van die Repuklieinse party en van Trump was. Haar skoonseun het gewerk vir die verregse en supremistiese Breitbart en moes haar beïnvloed

Israel en die Palestyne: Is daar ’n bewind van sistematiese onderdrukking wat ’n nuwe apartheid uitmaak?

Barend van der Merwe 2022-04-22 Daar skyn, lyk my, geen universele definisie van apartheid te wees nie. Apartheid in Suid-Afrika is vir my veral sinoniem met die bevolkingsregistrasiewet van 1950 en dan die Groepsgebiedewet, maar veral Bevolkingsregistrasie, wat ek ook as 'n misdadige w

Waarom is Navo ’n vlieg in Poetin se salf?

Izak Spangenberg 2022-04-22 Baie goeie samevatting van wat op die spel is in hierdie oorlog. My vermoede is dat Poetin nie gaan bes gee nie, maar een of ander tyd chemiese wapens gaan inspan en dalk nog 'n kernbom of twee.

Sprokie

Rina Cascione 2022-04-22 Heerlik lekker geskrywe! Dankie Nini, jy kan maar.

Bokdrolle issie rosyntjies nie, Uncle Cyril

Carine Crafford 2022-04-22 I rest my case! Baie goed geskryf. Verlang sommer nou terug na die mooie Kaap en sy mense.

Wiskundehulp: Faktorisering vir graad 10-leerders

Karin 2022-04-22 My graad 10-seun het altyd redelik gedoen in sy Wiskunde. Van graad 9 af sukkel hy rêrig erg. Die kwartaal wat verby is het hy gedruip. Hy doen wiskunde pure. Hy sê hy verstaan sekere dele en sekere dele nie. En hy sukkel veral met Petagoras.

Bokdrolle issie rosyntjies nie, Uncle Cyril

Herman Kern 2022-04-22 Raakgevat, my antie!

British-born South African author Mary Renault

Herman Lategan 2022-04-22 Dankie Daniel.

Wiskunde, graad 2: eerste kwartaal – vraestel en memo

Leandre 2022-04-22 Hello, het u nie dalk Graad 2 Engels Tweede Taal-vraestelle nie, asb?

British-born South African author Mary Renault

Daniel Hugo 2022-04-22 Dankie, Herman, vir hierdie mooi herinnering. My oom, prof. P.J. (Piet Grieks) Conradie, was 'n groot aanhanger van Mary Renault se boeke oor klassieke Griekeland. Na sy onlangse dood het ek die boeke geërf. Haar nalatenskap leef voort!

Ek is ’n lid van AfriForum

André Scheepers 2022-04-22 Anzil jy maak my hart sommer warm. Ek is alles met jou eens. Die politieke korrektheid van sommige van die wat skryfsels in die media, gee my 'n pyn. En wat 'n kundige, opgevoede, dierbare mens is Heindrich Wyngaard nie. Ons moet uitreik, liefde uitdeel i

Awie Badenhorst, die eksentrieke wetenskaplike

Ds. Walter Philander 2022-04-21 Rus sag, Awie. Jou buurdogter se pa.

Die geheim van luiperd wees

Linda 2022-04-21 Baie besonderse gedig met raak beelde.

Hannon: ’n onderhoud oor Glam Guru se nuwe seisoen op kykNET

Gerda de klerk 2022-04-21 Asb, kies my ook eendag! Ek is 49 en wil ook mooi voel, asb! Asb, help my ook.

Ongetiteld

MW Hendricks 2022-04-21 "Life vannie jobless" was (en is) my gunstelinggedig. Hierdie gedig is 'n mooi tribute, of reaksie, op Magmoed Martin se gedig. Ek is bly dat die jeug (soos M Geduld) hul talente wys.

Die wetenskap van evolusie in 112 bladsye: Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht

Angus 2022-04-21 Beste FC, Laat my toe om maar weer, in eenvoudige woorde, aan jou te verduidelik. Jy beledig iemand as jy hom in sy eer krenk, deur bv. te beweer dat hy snert skryf of twak praat. Bewysbare kritiek op dit wat in die Bybel staan beledig niemand nie. 'n

Tyd brand

Barend van der Merwe 2022-04-21 Dankie. Dit is 'n aangrypende vers.

Vurige gesprekke verwag by Suidoosterfees se Jakes Gerwel-reeks

Barend van der Merwe 2022-04-21 Lyk interessant. Kasrils is al baie jare lank krities oor die ANC. Ek dink egter nie dit beteken hy soek apartheid terug in die land soos sekere mense nie.

Graad 5: Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memo vir die derde kwartaal

Wanda 2022-04-21 Ek kort hulp met Afrikaanse werkstukke met antwoorde vir my Graad 5-seun.

Swerfjaar vir seniors: Op soek na ou bene

Agnes Olivier 2022-04-21 Ek het jou boek oor jou verhuising na Frankryk sooo geniet!

In memoriam: Derick van der Walt

Lenie van der Walt 2022-04-21 Dankie aan almal vir jul liefde wat julle met Derick en my gedeel het. Mis hom.

Best Books: Alles-in-Een-pakket vir Graad R-leerders

LitNet 2022-04-21 Angela, klik gerus op die skakels wat in die berig gegee word. Al die besonderhede oor hoe om die boeke in die hande te kry is daar.

Kuberklas Kreatief: Sonsondergang

Michelle Marais 2022-04-20 Mees pragtige beskrywende gedig. Mag die son haar gesig na jou draai en jy warmte van haar glimlag, sag, teen jou wang voel, oral waar jy jouself sal bevind ... Michelle Marais 🤗

Tyd brand

Christiaan Becker 2022-04-20 Baie dankie, Mich. Dit beteken baie.

Rhoda Kadalie, ’n dapper vrou

Rashied Mohammed 2022-04-20 Uitsonderlike skryf oor so 'n besonderse persoon, Danie. Maar dan weer, die regte keuse. 'n Baie roerende huldeblyk inderdaad.

Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster

Francois Verster 2022-04-20 Ilse was van plan om 'n fiksieboek te skryf, maar elke boek het sy tyd en die tyd was reg vir hierdie een. En dalk skryf sy nog eers 'n opvolg op hierdie een voordat sy na fiksie beweeg. Ons dink aan 'n meer positiewe boodskap, van opstaan en oorleef, maa

Inferno, vertaal en verklaar deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Abram+Kriel 2022-04-20 Cas Vos maak dit meet af duidelik dat Dante se reis saam met die Latynse digter Vergilius deur die Inferno sy eie maaksel is. Dante het in ’n onstuimige tyd geleef. As banneling het hy rondgeswerf en die meesterwerk geskryf. Vos open ’n verrassende

Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster

Anne-Marie 2022-04-20 Dankie, Francois en Cathy. Ilse het 'n skrywerstalent wat sy nie nou meer kan wegsteek nie. Ek hoop werklik sy hou aan met skryf. Sy is 'n uitsonderlike mens!

My stryd met ADHD deur Hykie Berg: ’n boekresensie

Rina Mostert 2022-04-20 My seun van 15 is ADHD. Neem meds van laerskooldae af. Dis nie Ritalin nie, maar hy is steeds BAIE stil en verloor sy eetlus. Die skool duld geen besige gedrag nie. Ek skrik groot as ek hoor wat jy te sê het.

Bokdrolle issie rosyntjies nie, Uncle Cyril

Ian Landman 2022-04-20 Wonderlik geskryf in Kaaps!! Raak gepraat.

Die Uile vlieg weer deur Cor Dirks: ’n jonglesersindruk

Barend van der Merwe 2022-04-20 Dit is verstommend dat DIE UILE VAN KRANSKOP al in 1950 verskyn het maar wat my dalk nog meer verbaas is dat dit steeds gelees word. Die wêreld het darem maar vreeslik verander sedert daardie jare, soveel so dat mens soms wonder of die soort boeke nog to

Nuutskepping: "memory foam" in Afrikaans?

Susan Steyl 2022-04-20 Bonsspons is perfek!

Nuutskepping: "memory foam" in Afrikaans?

Lewies Botha 2022-04-20 Bonsspons. Soos in terug-bons-spons.

Swerfjaar vir seniors: Op soek na ou bene

MARITA 2022-04-20 Een of ander tyd sal ek moet ophou reis om meer skryftyd te kry!

Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?

Angus 2022-04-20 Johann, ek stem saam met jou: lees die Bybel en alles is so duidelik soos dagbreek. Mense moet hulle ongehoorsame seuns met klippe laat doodgooi, soos die Bybel beveel. Jy mag ook nie klere dra wat van twee soorte materiaal gemaak is nie, en jy moet kloss

Bokdrolle issie rosyntjies nie, Uncle Cyril

Barend van der Merwe 2022-04-20 "en daa’s ’n paar glibberige operators in Uncle se team" Is dit darem nou nie uitstekend gestel nie!? Ek wonder net oor daardie volgende verkiesing. Verkiesings, gee verkiesings nog enigsins vir mense enige hoop? Vir wie gaan mense stem as hulle nie

Elders gesien: Dankie, dankie vir ure se leesgenot

Barend van der Merwe 2022-04-20 Ek is deel van die 98 %. Gee my maar liewer 'n misdaadfiksie. Of beter nog, 'n geskiedenisboek. Ek besef hoe onrealisties die meeste misdaadfiksie is. Liefdesverhale is beslis 'n kuns om te skryf. Ek kry dit egter nie gelees nie. Het al probeer.

Tyd brand

Mich 2022-04-20 Christiaan, dis so goed beskryf. Ek kan dit oor en oor lees. Die ou lewe kan darem ongenaakbare draaie met mens stap!

Swerfjaar vir seniors: Op soek na ou bene

Pierre 2022-04-20 Jy moenie ophou reis en daaroor skryf nie.
Top