2012-02-17Chris,
Jou hoorsê-onkunde omtrent die Bybel se vertalings laat jou weereens in die steek.
En wat jou bewering omtrent die Heilige Gees aanbetref in soverre jy wil insinueer dat die vroeëre Christelike leer nie die Heilige Gees inkorpor
2012-02-17Hello Kobus,
Daar is geen rede om Chris vir dit te probeer blameer nie aangesien hy volkome blaamloos in dit is. Dit is so eenvoudig soos die insig in die gesprek na vore gekom dat die enigste persoon wat reg is, is jy.
Jou b
2012-02-17Hello Kobus
Dit is die gesprek met Comestor en die gesprekke daaruit wat bevestig dat dieselfde temas word herhaal en jou een enkele idee is die van "spirituele intelligensie" wat jy soos die hamer van Thor rondswaai en alle uitda
2012-02-17Kobus,
Hoekom het God dit nodig geag om enigsins 'n mens (Maria) te gebruik vir die geboorte van Jesus? As God so magtig is, kon Jesus mos maar net verskyn het, ongekontamineerd deur die vleeslikheid en wellus. Dan was die arme Maria ook die pyn van 'n g
2012-02-17Hallo Wouter,
Jy sê, as ek jou reg verstaan, dat ek hierdie brief "herhaaldelik en sonder ophou skryf"? Kan jy vir my enige skakel gee waar ek dit al tevore geplaas het, asseblief? En as jy nie kan nie, wat beteken die aanmerking dan
2012-02-17Wouter,
Ek dink dit is maar ’n kwessie dat jy verwag dat ek, al weet ek van beter, moet bes gee ter wille daarvan dat die gesprek vlot. Dus jy verwag ek moet onkunde akkommodeer asof dit kundigheid is? Nee, wat, niemand wat aan ’n volwass
2012-02-17Hallo Wouter,
“Straight talking” is te verwelkom, is ek die eerste om te sê. Doen dit gerus, ek hou daarvan.
Gibbon probeer objektief wees, MacCulloch nie.
Jy het in die begin ook vir my gesê dat die konsep van Spiritual
2012-02-17Hello,
Aanvullend tot bogenoemde word die volgende aangebied en staan dit nie in dialoog met Kobus nie aangesien 'n sinvolle uitslag oor die onderwerp tussen 'n persoon wat die aanvanklike stelling gemaak dat "die Christelike God
2012-02-17Die demonstrasie van die vrees van die agnostikus om in ’n diepte gesprek met ’n ware gelowige betrokke te raak, word deur Chris se kommentaar aan Wouter, uitgebeeld sonder dat enigiets aan die verbeelding oorgelaat word - die “sla
2012-02-17Hello,
Metulasem se ouer broer, ook bekend as Comestor het soos gewaarsku voortgegaan om in "sy stiksienigheid en arrogansie" die beloofde brief oor Namibië te skryf en soos hy aangedui het en voldoen het " is dit bitter
2012-02-16In beide Luk 12 en Mat 12 is hierdie waarskuwing teen die onvergeeflike sonde: om die Heilige Gees te ontken. Dit word algemeen aanvaar dat Matteus en Lukas hierdie inligting kry uit die Q-dokument; dit word nie gevind in Markus nie. Daar word hier onders
2012-02-16Panda,
Jy het toe nié die maagdelike geboorte erken nie en dus was ek reg – jy sien geel want dit is jou eie eier wat jy sien. Biologies is jy óók verkeerd – dit is slegs die nukleus in die sperm, wat die bevrugting
2012-02-16Wouter,
Net ook die een en ander oor Jenkins, MacCulloch en Pelikan – jy sê hulle was “praktiserende” Christene tot laat in hul lewens (MacCulloch, Pelikan). Maar dit beteken werklik niks.
Praktiese voorbeelde is, byvoorbe
2012-02-16Hello Chris,
Daar is begrip vir die vreemdheid van die gesprek wat jy sien tussen my en Kobus.
Dit is werklik so dat volgens my eie insig en intellektuele integriteit ek nie die wêreld kan sien soos Kobus dit sien ni
2012-02-16Hello Kobus,
Baie dankie vir jou reaksie maar soos dit onlangs bevestig is met die gesprekke met Comestor het hy aangevoer dat jy net oor een onderwerp skryf, dit het ek uitgelig is 'n foutiewe aanname aangesien die oorgrote
2012-02-16
Kobus, ons het mos nou al lankal hierdie kwessie rakende die sogenaamde "maagdelike geboorte" ter ruste gele. Ek is verbaas dat elke keer as ek SeNet oopmaak, selfs in die nuwe formaat, dat jy steeds hieroor galbraak.
Nou soos ek al in die ve
2012-02-16Hallo Wouter,
Net enkele aspekte uit jou antwoord.
Jy noem rede wat magteloos staan teen sekere stellings – en juis só. Dit wys vir jou daarop dat die menslike rede, gebuk gaan aan vele inperkinge en tekortkominge.
Die probleem w
2012-02-16Snaaks, Kobus, dat jou god mense sal vergewe as hulle hom en sy seun ontken, maar die deel van hom wat die moeilikste is om aan te glo, die heilige gees, as jy hom ontken, word nie vergewe nie. Hoe meer ongeloofwaardig 'n konsep is hoe meer gaan jy brand
2012-02-16Kobus,
Jy maak seker ’n grap as jy sê “sodat ek kan erken ek was verkeerd teenoor jou”. Dit sal seker 'n eerste keer ooit vir jou wees! Jou aanname was uit die lug gegryp en nou druk jy my vir ’n bekentenis om jou gesig sko
2012-02-16Hello Wouter, Carl Sagan was nooit bang om die woord 'spiritueel' te gebruik nie. Daarmee het hy verwys na die wonder van die kosmos en die effek wat dit het op die menslike verbeelding. Die eenheid wat ons ervaar met die heelal wanneer ons besef ons is '
2012-02-16Hello Jan,
Ek het gesien die brief het probleme en dat dit twee vorige skrywes ingesluit het sonder jou kommentaar. Terwyl op daardie onderwerp en jou onbaatsugtige ondersteuning aan Comestor, dink jy nie die pap is te dik aangemaak met daa
2012-02-16Hello Kobus,
Baie dankie vir jou reaksie. Soos alreeds aangedui is dit jou verwysings wat my ondersoek laat instel het oor die konsep van spiritualiteit. Dit is verstommend dat daar hoegenaamd 'n debat oor die geldigheid van spiritualiteit
2012-02-15Wouter, hierdie brief waarop jy kommentaar gelewer het, het ek per ongeluk geplaas: Ek het jou en Kobus se biriewe gedruk vir maklike verwysing en toe dit gepos in plaas van die eintlike brief wat vandag onder die opskrif "Aanmatigend om aan te neem
2012-02-15Jan Rap,
Het jy dan werklik niks beter deesdae om oor te skrywe nie? Jy is mos nou besig om 'n kleinlike geredekalwel te wil ontketen en lewe inblaas, en ek het mos reeds gesê, ek stel nie belang nie - gemeen jy sal ook nie - verkeerdelik s
2012-02-15Gedeeltes waarna jy hierbo verwys, net ingeval jy dalk nie geweet het nie, staan bekend as die teorie van 'catastrophism' wat deur George Cuvier (1769-1832) geformuleer is.
Nes jou god skep jy uit niks, en dit was hoekom ek die 'vraag' oor die begin van
2012-02-15Kobus, jou hele benadering is verwarrend omdat jy self nog nie mooi oor die sakie gedink het nie. Die skeppingsverhaal in die Bybel is ? mitologiese verhaal. As sodanig, kan niemand die gebeure soos daarin beskryf, betwis nie. Jy self vereis ook dat dit o
2012-02-15Hallo Wouter,
Ek dink jy moet besef dat ek nie daarop probeer aandring dat jy net na my moet luister of net op my moet ag slaan nie – ek verstaan uit jou perspektief dat jy vêr en wyd wil soek. Wat ek doen, is om vir jou uit ’n pers
2012-02-15Chris,
Soos te wagte en soos met al jou maters gebeur, raak jy al meer en meer geniepsig, kinderagtig en irrelevant. Wat beteken die kommentaar van jou? Jy besef natuurlik dat dit absoluut niks doen vir Perdebytjie se dilemma nie - en joue ook nie. Jou
2012-02-15Panda,
Dit is maar jy wat dof is en nie eens begryp wat jy self skrywe nie.
Wat jy gesê het, is dat die gelowiges sal sê dat maagdelike swangerskap van Maria waar is, maar die ander onwaar. Maar terselfdertyd is dit is ook duidelik dat j
2012-02-15Christene sal moet kies: dis of 'n mite, of dit moet die wetenskaplike weegskaal geweeg word, soos by enige swanger meisie wat sou beweer dat geen man naby haar was nie .
2012-02-15Hallo Wouter,
Nee, jy is nie idealisties nie, en as die proses reg aangewend word, kan dit ten minste ’n stratum van vrede skep waarbinne mense, soos jy sê, ten minste wanbegrippe en ongefundeerde persepsies oor en weer in 'n vredevolle mi
2012-02-14Die Heilige Gees was die pa. Maria was 'n maagd voor sy besoek en nie meer na sy besoek. Dis hoe die storie vertel word in Matteus en Lukas. Daar is geen aanspraak op die maagdelikheid van Maria nadat die Heilige Gees sy zip opgetrek het nie.
2012-02-14Wat is oud? Ek is amper 72 en voel nog jonk - doen alles wat ek kon doen toe ek nog jonk was. Natuurlik help my wonderlike vrou my daarmee en moedig my aan'.
Ons was pessimisties toe ek jonger was - dit was onnodig. Gryp die da
2012-02-14Hello Kobus,
Weer eens baie dankie vir jou vriendelike woorde. Jy sal tesame met hierdie antwoord ander antwoorde ook van my ontvang waar die verskille tussen ons weer beklemtoon word. Waarheid en met ‘n klein letter w, in hi