Beste Angus,
Jy skryf:
Neem nou maar die volgende geval. In die Griekse mitologie praat Apollo met Ariston, die vrou van Periktione. Hy vertel haar dat sy bevrug is deur God en voeg hierdie woorde aan haar toe: “Hail O favoured one, the Lord is with you, blessed are you among women.”
Verskaf asseblief die bronverwysing van bogenoemde, verkieslik ook die naam en datum van die oorspronklike outeur vir opvolging. Dankie by voorbaat
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco,
Ek verseker jou, Angus sal nie vir jou die besonderhede kan gee nie - kyk mooi wat hy gorrel - "... vertel haar dat sy bevrug is deur God ..." God, dit is, die Hemelse Vader, uit Wie die HERE Jesus Christus is, was nie deur die Griekse mitologie geken of erken, nie. Dit is sommer Angus se gebruiklike gegorrel.
Wat die gewraakte woorde aan Ariston aanbetref - kom ons kyk waarmee kom hy vorendag...
Groete,
Kobus de Klerk
Ek vra om verskoning vir die tikfout. Periktone was natuurlik Ariston se vrou en die moeder van Plato. (Ek kan my voorstel hoe Kobus se broekspypies bewe van plesier.)
"Here we have the legend of the angel appearing to Joseph -- to whom Mary was betrothed -- believed in by the disciples of Plato for centuries before the time of Christ Jesus, the only difference being that the virgin's name was Perictione instead of Mary, and the confiding husband's name Aris instead of Joseph."
Hello Jaco
Hierdie is nie 'n klassieke Griekse mite nie, maar een wat ontstaan het rondom die geboorte van Plato. Dit laat ook eerder dink aan die besoek van die engel aan Josef (Mat.1:19-20) as die verskyning aan Maria in Lukas:
"And Speusippus, in his book which is entitled the Funeral Banquet of Plato, and Clearchus in his Panegyric on Plato, and Anaxilides in the second book of his History of Philosophers, say that the report at Athens was that Perictione was very beautiful, and that Ariston endeavoured to violate her and did not succeed ; and that he, after he had desisted from his violence saw a vision of Apollo in a dream, in consequence of which he abstained from approaching his wife till after her confinement" (Bk III - The Life of Plato in 'The Lives and Opinions of Eminent Philosophers' - Diogenes Laertius)
Dis nie heeltemal duidelik of hierdie weergawe beteken dat Apollo die vader was en of Perictione 'n maagd bly soos Maria. Alice Swift Riginos (Platonica - the anecdotes concerning the life and writings of Plato) reken dat opinie verdeeld was hieroor, soos opinie inderdaad verdeeld was onder die vroë Christene oor die geboorte van Jesus. Dit beteken natuurlik nie dat die storie rondom Plato se geboorte gebruik is in Matteus nie, en dis dalk nie eers nodig om dit te probeer demonstreer nie. Wat hierdie tipe van mites/stories wel demonstreer is dat die stories in die Nuwe Testament nie uniek was nie. Dat hierdie tipe mites in die wêreld en samelewing van die eerste Christene kon ontstaan en geglo word.
Vandag sal niemand die maagdelike geboorte van Plato eers oorweeg as 'n moontlike weergawe nie. Dit maak ons nie beter as die mense van die antieke tyd nie. Vandag ons glo aan die Bermuda driehoek, buiteruimtelike wesens wat voorwerpe in ons gate indruk en die krag van suiwer water (homeopatie) om enige siekte mee te dokter. Slegs geloof hou vas aan mites van die diep verlede.
Mooibly
Chris
NS Wat dalk interessand is, is dat hierdie mite bekend was aan van die vroegste Kerkvaders, onder andere Origen wat 'n diep respek gehad het vir Platoniese denke. Ons weet dat Plato se filosofiese invloed enorm was op die interpretasie van die Christengeloof, veral later in die hande van Augustine. Watter rol kon Plato se lewe en mites rondom dit gespeel het op hierdie invloed?