Genealogieë van Jesus Christus in Mattheus en Lukas versoen

  • 14

Die geskiedkundige en teoloog Adam Clarke, verduidelik die genealogieë van Mattheus en Lukas só in sy gesaghebbende kommentaar op die Nuwe Testament, wat hom destyds die beste deel van 40 jaar geneem het om na te vors en te voltooi, CLARKE’S COMMENTARY THE NEW TESTAMENT (Vol 5, 763 ev):

Being (as was supposed) the son of Joseph— This same phrase is used by Herodotus to signify one who was only reputed to be the son of a particular person: “touton paiv nomizetai” he was SUPPOSED to be this man’s son … MATTHEW, in descending from Abraham to Joseph, the spouse of the blessed virgin, speaks of SONS properly such, by way of natural generation: Abraham begat Isaac, and Isaac begat Jacob, etc. But Luke, in ascending from the Savior of the world to GOD himself, speaks of sons either properly or improperly such: on this account he uses an indeterminate mode of expression, which may be applied to sons either putatively or really such. And Jesus himself began to be about thirty years of age, being, as was SUPPOSED the son of Joseph-of Heli-of Matthat, etc. ... After this observation it is next necessary to consider, that, in the genealogy described by St. Luke, there are two sons improperly such: Jesus Christ was only the supposed son of Joseph, because Joseph was the husband of his mother Mary: and Adam, who is said to be the son of God, was such only by creation. After this observation it is next necessary to consider, that, in the genealogy described by St. Luke, there are two sons improperly such: ie two sons-in-law, instead of two sons. As the Hebrews never permitted women to enter into their genealogical tables, whenever a family happened to end with a daughter, instead of naming her in the genealogy, they inserted her husband, as the son of him who was, in reality, but his father-in-law. This import, bishop Pearce has fully shown, in a variety of places-Jesus was considered according to law, or allowed custom, to be the son of Joseph, as he was of Heli. The two sons-in-law who are to be noticed in this genealogy are Joseph the son-in-law of Heli, whose own father was Jacob, Matthew 1:16; and Salathiel, the son-in-law of Neri, whose own father was Jechonias: 1 Chronicles 3:17, and Matthew 1:12. This remark alone is sufficient to remove every difficulty. Thus it appears that Joseph, son of Jacob, according to St. Matthew, was son-in-law of Heli, according to St. Luke. And Salathiel, son of Jechonias, according to the former, was son-in-law of Neri, according to the latter. Mary therefore appears to have been the daughter of Heli; so called by abbreviation for Heliachim, which is the same in Hebrew with Joachim. Joseph, son of Jacob, and Mary; daughter of Heli, were of the same family: both came from Zerubbabel; Joseph from Abiud, his eldest son, Matthew 1:13, and Mary by Rhesa, the youngest. See Luke 3:27. Salathiel and Zorobabel, from whom St. Matthew and St. Luke cause Christ to proceed, were themselves descended from Solomon in a direct line: and though St. Luke says that Salathiel was son of Neri, who was descended from Nathan, Solomon’s eldest brother …”

Só is die twee genealogieë van die HERE Jesus Christus van Mattheus en Lukas, dan nie teenstrydig, soos sekulariste en antagoniste beweer nie, maar inderdaad volkome uitgeklaar en versoenbaar deur iemand met kennis en insig.

En dit was nodig só, vir die eenvoudige rede dat die Maria die enigste natuurlike menslike ouer van Jesus was en dit bevestig die maagdelike geboorte van Jesus by noodwendige implikasie – anders sou nét die genealogie van Josef nodig wees. Maar Lukas, as deeglike navorser, het dit tereg nodig geag om die volledige genealogie te voltooi.

Én só is die Goddelike profesieë in 1 Kronieke 17:11-14 en Jesaja 7:14 vervul. Jesus Christus die HERE, gebore uit die maagd, Seun van die Mens, Koning uit die huis van Dawid, tot in ewigheid.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 14

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Dankie Kobus, hierdie bydrae van jou lees veel meer sinvol as jou gewone haat en belediging.

     
    Bykans sonder uitsondering neem jy gewoonlik iets soos jou aanhaling hierbo oor enige onderwerp en vertaal dit met jou jammerlike onvermoë asof dit jou besonderse begaafde spirituele intelligensie is wat profeteer.
     
    Nee Kobus, jy moet tog besef dat meeste belangstellendes dwarsdeur jou oorneem sonder erkenning van stukke, gedagtes, redenerings, ... van ander se getuienis en insig kan lees.
     
    Nietemin, dit blyk ook dat jy as hoëpriester van jou "huiskerkstelsel" die werf as referte in jou onderdrukking gebruik. In my geestesoog sien ek jou die ongelukkige groepie om jou vrees aanja tot rekenskap in welke hulle plig om te lees wat jy in jou grote hoedanigheid die agnoste en/of enige andersdenkende op die werf toetik.
     
    Dis juis hoekom groter gemeenskappe soos byvoorbeeld kerke in die genade van die HERE gevorm word. Hoe meer siele, hoe meer vreug (in die veiligheid van 'n groep). 
     
    Sien Kobus, God het die mens as groepwese geskape. Ons lewe ook in 'n vrye land waar martelare wat in "huiskerkstelsels" skuil, gewoon verspot is. 
     
    Derhalwe, reken jy regtig dat die leuens wat jy in jou inkompetensie om by die samelewingsorde te kan aanpas of jou daarin te kan handhaaf, eeue se katkisasie aan geordende godsdiensgroepe te bowe gaan?
     
    Kobus, dis naweek - raak nederig en gaan kerk toe!
     
     
  • Kobus de Klerk

    Kerneels,

    Wat 'n onsinnige spul snert. borrel alweer uit - zum kotsen, nochmal!

    Jy is irrelevant en dit raak my nie in die geringste om te weet wat jy dink van my of wat ek skrywe nie, en jy en jou onsamehangende braaksel interesseer my ook nie in die geringste nie - Trouens, who cares?

    Jy vermors bandwydte.

    Soos ek by 'n ander kommentaar van jou ook gesê het - hierdie is gesprekke vir volwassenes en onversteurdes - dus - ga' speel buite.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    So Kobus, jy reken jy is volwasse en onversteurd.

    As dit waar is, dat jy die logiese produk is van die Christengeloof, sal jy 'n duidelike demonstrasie wees van wat alles verkeerd is met godsdiens en hoekom dit 'n kanker is in die samelewing.

  • CorneliusHenn

    "Who cares?" spog jy in jou waan Kobus ...

     
    Wel, natuurlik sal jy nie weet nie!
     
    Jesus cares :-))
     
    Kobus, ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE ...
     
  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Hierdie spasie is nie vir 'n selfbejammerende geteem en 'n demonstasie van agnositese leegheid nie - jy sal van my en ander Christene hou as ons soos jy word, maar dit gaan mos nie gebeur nie ... en ek dag jy gaan nie weer kommentaar lewer aan my nie? Toe, basta nou. Ga' speel saam met Kerneels. En Kerneels. Jesus gee beslis om - oor die staat van verval waarin jy verkeer, waaraan jy niks wil doen nie.

    Toe,  ga' speel julle twee nou buite.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Ek het seker maar my hand nie op die Bybel gehad toe ek gesê het ek gaan nie weer kommentaar lewer nie. Die ding is dat jou argumente so deurspek is met valshede en gelowige 'bigotry' dat ek dit moeilik vind om stil te bly. Dis seker maar een van my swakhede.

    Anders as Wouter skeer ek nie vir Cornelius oor die selfde kam as vir jou nie. Alhoewel ek heelwat verskil met Cornelius se idees kan ek nie dink dat hy ooit sal daal tot die vlak van arrogansie en verstokdheid van jou wêreld nie. 

    Ek hou van Cornelius se beskrywing van jou geloof as 'n 'huiskerkstelsel'. In die land van die blindes is eenoog koning!

    Ek voel 'n gesofistikeerde wending aan in jou argumente: "Toe, ga' speel julle twee nou buite". Dit is die sterkste argument wat jy gemaak het tot op hede.

  • CorneliusHenn

    Siestog, dit blyk my die ou grote het dit totaal verloor Chris.

    Waar is die "Christene" waarna die ou grote so verwys?

    Ek dink dis alweer tyd dat die matrone aan diens by die "huiskerkstelsel" waarin Kobus opgeneem is sy sleutelbord so 'n bietjie toesluit sodat hy af kan koel ... dit lyk ernstig hierdie keer ...

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, ek weet nie of ek moet lag of huil nie. Dis pateties om te sien hoe iemand soos Kobus lyk as die masker van sy geloof sak en hy duideliker as voorheen gesien word vir wat hy is.

  • Kobus de Klerk

    Tja!

    Hoe staa’n koggel die twee knatertjies die grootmense deur die draad – hul gesiggies teen die draad en neusies wat deursteek met vuil kloutjies weerskante nes wannabe Killroy’tjies…

    Apie Chrissie, al koggelende nes sy nefies daar in die noord-seksie van Pretoria dieretuin en swapie Kerneelsie al kwylende en slobberende onsamehangende geluide wat g’n sin maak nie.

    Kerneelsie het mos dié probleem, dat hy só kwyl dat hy niks meer hoor en sien wat kom en gaan nie… Hul Staa’n koggel-slobber terwyl die grootmense dinge praat wat dié knatertjies mos niks van kán weet nie, gegewe hul toestand… Kerneelsie hoor “huiskerkstelsel” by die grootmense en dan kwyl en slobber hy oor en oor daaroor en naderhand het Chrissie dié woord weens repetisie gememoriseer, soos dit natuurlik ’n apie betaam, maar sonder énige begrip vir die betekenis, soos dit óók ’n apie betaam.

    En kyk net hoe lekker koggel Chrissie vir die outjie wat hy voor hom in die spieël sien… hy weettie hy kyk in die spieël nie, nou dink hy die grootmense is ook apies, nes hy!

    Eendag as hul groot is, ás hul ooit sovêr kan vorder, sal hul ook weet dat die Christene van die  tyd van die Nuwe Testament álmal huiskerke gehou het, omdat hulle nie geboue (kerke) gehad het om kerk te hou soos die Judaïseers nie en vir honderde jare daarna, soos hulle vervolg en geteister is, dit ál manier was hoe hulle kon kerk hou – met huiskerke.

    Nou toe, julle twee niksnuts! Ga’ speel, ek het hoeka gehoor Woutertjie het vir Kerneels gesê hy ga ook nou buite speel. Moenie hom alleen los nie – toe hy na my kom luister het, het apie Chrissie hom gaan koggel daaroor en toe dink hy hy’s alleen – sjoe! Julle moes dít sien! Toe spring hy kortom en los en verloor sommer álles langs die pad, ook dit wat hy bymekaar gemaak het en gaan spring weer saam met Chrissie in die hok in – ma’ hy is nou in ’n ander hok, daai hok vir getraumatiseerde apies… en julle moet sién hoe skree en koggel apie Wouter dáár hoor… hoor en sien vergaan behoorlik.

    O, ja, terloops, Kerneelsie, dis weer súlke tyd vir jou… en die ander apies sien dit ook en hits jou aan sodat jy bietjie vir hulle kan vertoning hou, so met jou gekwyl en geslobber (báie komieklik vir apies, maar morsig vir mense) soos jy dan nou ook mos doen, met dié dat jy mos nie vir jouself kan dink, nie. Outjies soos jy ka’ mossie julselwers keer nie…

    Lekker speel,

    Kobus de Klerk  

  • Chris Dippenaar

    Die evangelie volgens tradisie volgens Lukas volgens Kobus.

    Dis net te veel gevra van die fundementalis om eerlik na die Bybel te kyk!

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Dit is juis die sogenaamde "fundamentalis" wat eerlik na die Bybel kyk, en dit eien as geïnspireerde   Woord van God, en dit kan eien as Waarheid op n vlak waarby jy as agnostikus nie kan bykom nie. En vir daardie rede word die waarlik eerlike gelowige as 'n "fundamentalis" getipeer -

    Maar onthou, 'n fundamentalis is dan een wie dit deur Gods Genade regkry om die fundamentele Waarhede te kan eien, wat jy nie kan regkry nie, vir ooglopende redes.

    Jy en jou eweknieë maak die diskwalifiserende fout om te dink dat die Christelike geloof 'n boek, die Bybel, as bestaansgrond het - sonder om te kan besef, dat die Geloof bestaan het laaaank voor die boek, en die boek, die Bybel, maar die sinoptiese opgetekende weergawe is van die dinamiese kernbegrippe en waardes van die reeds-ewig-bestaande selfstandige, Lewende Woord van die God van die Christelike Godsdiens.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Dit alles word ongedaan gemaak deur die feit dat religie, ook die Christelike reigie, 'n skepping van die verbeelding is. Die resensent van Die Sprinkaanbeampte van Sluis kan hoe gesaghebbend wees, die genealogie kan hoe fyn uitgewerk wees, maar Bredenhand bly nog 'n fiktiewe karakter. Jesus bly nog 'n mitiese figuur, want dis net in die mitologie dat iemand maagdelik gebore word.

  • Kobus de Klerk

    Al wat jy kon sê, sonder die omhaal apie Angus, is, byvoorbeeld, die volgende:

    "Huh, boggem, Duh, wat sê julle? Ek weet nie wat aangaan nie"

    Dit sou meer inslag hê. En geloofwaardigheid. Want 'n aap op sy plek, word geniet, maar 'n aap met mensklere aan wat probeer mens speel, is 'n flagrante irritasie. Want, vir 'n aap is die tralies van sy hok nog 'n rasionele en logiese werklikheid, omdat hy daaraan kan ruk... maar vir 'n aap met mensklere aan wat probeer mens speel, is niks meer rasioneel nie, en speel hy met daardie begrippe en woorde, soos sy eweknie in die hok met leë piesangskille sal speel - 'n nutteloosheid wat die tyd verdrywe en 'n ongemaklike herinnering van wat was, en kon wees...

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top