Die geboorte van Jesus Christus

  • 14

Seker een van die mooiste verhale in die Bybel is die geboorte van Christus. Ongelukkig maak Christen fundamentaliste dit belaglik deur daarop aan te dring dat dit ’n werklike gebeurtenis is.

So ’n maagdelike geboorte is wel moontlik, en kan op twee maniere geskied. Eerstens is daar die proses van partenogenese, maar slegs genetici kan deur manipulasie dit bewerkstellig; dit kom nie sommer natuurlik voor by soogdiere nie. Dit is ’n ingewikkelde proses waarin twee eierselle gebruik word. Die produk sal altyd vroulik wees, maar Christene sou seker nie omgegee het as Jesus ’n vrou was nie. Dit sou mos geen saak gemaak het aan sy boodskap nie, of hoe? Dan is daar nog invitrobevrugting (wie onthou nog vir Louise Brown? Sy moet seker al in die dertig jaar oud wees). Ongelukkig glo ek nie daar was wetenskaplikes in Maria se tyd om die ou takies te verrig nie. Amper vergeet ek van kloning, maar moet liewer nie van hierdie metodes by die huis probeer nie, dis ook nie aan te beveel vir stal- en grotbewoners nie.

Volgens die Bybel het God egter self die bevrugtingswerkie gedoen, daarom skakel dit partenogenese en invitro uit. Om dit te kon doen, moes God van dieselfde genetiese samestelling as Maria gewees het, daarom is dit heeltemal onmoontlik om verstaanbare redes. Nee, die bure se seun of dalk nog die buurman self was heelwat beter toegerus vir hierdie ou takie.

Soos Perdebytjie, wil ek ook weet, waarom al hierdie palawer net om die mens te vergewe omdat hy uit hongerte ’n happie van daardie appeltjie gevat het? Dit maak eenvoudig nie sin nie.

Die Rooms-Katolieke Kerk het toe na vore gekom om die Christendom uit hierdie penarie te red. Die kerk het erken dat daardie gedeeltes van die Bybel wat beweer dat Maria ’n maagd was met die geboorte van Jesus, vervals is. Die Nuwe Testament wat geskryf is na die Konsilie van Nicea het geen melding daarvan gemaak nie, en kerklike verslae dui aan dat dit eers in die vyfde eeu bygevoeg is. Die heilige Jerome, het gesê dat hy daarvan gehoor het, maar “we believe not, because we do not read it”. Dit is dus duidelik ’n bewys dat ’n beskrywing van die maagdelike geboorte nie in die evangelies was nie. Eers vierhonderd jaar later het die kerk daarop aanspraak gemaak dat Jesus maagdelik en sonder smet gebore is, en het terselfdertyd Jerome se woorde as raaiselagtig en duister afgemaak. Dis ook omtrent toe dat daar ewe skielik ’n heilige gees bygekom het om die ou spulletjie drie-enig te maak.

Volgens die New Catholic Encyclopedia (1967) is dit opgeteken in offisiële kerkverslae dat die eerste twee hoofstukke van Mattheus nie in die oorpronklike Hebreeuse weergawe van hierdie evangelie verskyn het nie, maar eers in geskrewe stukke van die vierde eeu ingevoeg is. Hierdie twee hoofstukke is geskep vir ’n dokument wat begin het met die verhaal van Johannes die Doper. Die oorspronklike Evangelie van Mattheus, soos Markus en Johannes, het geen melding gemaak van Jesus se geboorte nie. Die oorspronklike Evangelie van Lukas het melding gemaak daarvan dat Jesus gebore is uit die maagd Maria, maar dit is van geen waarde nie, omdat Lukas ’n reproduksie is van ’n latere weergawe van die Evangelie van Mattheus.

Die skrywer van hierdie vervalsing wou die indruk laat dat Jesus Christus, die Romeinse god wat met die Konsilie van Nicea geskep is, ’n bonatuurlike wese is. Hy het Jesaja 7:14 geneem waarop hy sy storie gebaseer het: “Behold, a virgin shall conceive and bear a son , and his name shall be called Emmanuel.” (King James Bible 1946) Vertalers het deur die eeue heen gesukkel met die woord ‘almah’ en dit eers as ‘maiden’ en toe as ‘virgin’ vertaal. Die nuwe King James (1971) het dit uiteindelik as ‘young woman’ vertaal. Hoe dit ook al sy, die vervalser het hierdie vers gesien as ’n voorspelling vir die geboorte van die Messias, en hy het toe sommer die voorspelling laat bewaarheid word.

Hierdie plagiaat het naderhand soos ’n seer duim uitgesteek, en in die vyfde eeu het die kerk by Mattheus 1: 23 nog vyf woorde bygevoeg: which means, God with us, om te verklaar wat Immanuel beteken. Die kerk het later weer beken dat die vyf woorde “were derived from extraneous sources, and therefore fictitious.”

In die vyftiende volume van die Roman Catholic Encyclopedia (bladsy 451) staan daar die volgende verklaring:

 Modern theology does not grant that Isaiah 7:14 contains real prophecy fulfilled in the virgin birth of Christ; It must maintain therefore that St Matthew misunderstood the passage.”

In volume 14 van hierdie ensiklopedie is ’n verdere bewys dat die maagdelike geboorte soos beskryf word deur die evangelies nie op feite gebaseer is nie. Die kerk verklaar:

There seems to be no doubt that the infancy narratives of Matthew and Luke were later additions to the original body of the apostolic catechesis.

Hierdie ‘later additions’ toon aan hoe die Nuwe Testament deur vervalsing op vervalsing ontwikkel het. Neem nou maar die volgende geval. In die Griekse mitologie praat Apollo met Ariston, die vrou van Periktione. Hy vertel haar dat sy bevrug is deur God en voeg hierdie woorde aan haar toe: “Hail O favoured one, the Lord is with you, blessed are you among women.”

Vergelyk dit met Lukas 1:28, en as dit darem nie plagiaat is nie dan weet ek nie.

Groete
Angus

  • 14

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Ortodokse Christene het gesit met twee tradisies, een wat Jesus verbind aan die Huis van Dawid wat eerste kom, en een wat aanspraak maak op 'n maagdelike geboorte wat eers later ten volle ontwikkel was. Dis duidelik dat hierdie baba nie bereid was om te kies tussen twee dummies nie.

  • Hello, 

     
    Die volgende word aangebied om aanvullend te wees tot wat Panda en Angus geskryf het. 
     
    Verhale oor maagdelike geboortes was algemeen en sou die gehoor daarom vatbaar vir sulke tipe van vertellings wees. 
     
    Dit was dus die norm. 
     
    Voorbeelde word aangebied en word die engelse name gebruik.
     
    Achilles, die seun van die goddelike Thetis & die menslike Peleus. 
     
    Aeneas, die seun van Aphrodite en die menslike Anchises. 
     
    Om bevestiging te kry van die tipe van vertelling kan daar na die vertelling van die historikus Dionysius van Halicarnassus verwys word en die verhaal van Rhea 'n maagd wat water gaan haal het by 'n heilige fontein opgedra aan Mars en waar sy volgens die vertelling oorgekom het: 
     
     "ravished by someone in the sacred area". 
     
    Dit is veral die volgende wat waardevol is: 
     
    "They say the ravisher told her not to grieve, for the marriage had been with the divinity of that place and that out of her being ravished she would give birth to two sons who would excel all others". 
     
    Die name is bekend, Romulus en Remus. 
     
    Net soos daar geglo is dat die filosowe en heersers wonderbaarlike geboortes gehad het. 
     
    Pythagoras was die seun van Apollo en die mens Pythais. 
     
    Plato was die seun van Apollo en Amphictione. 
     
    Die konteks is dat Amphictione was in werklikheid getroud met Ariston en is dit die volgende wat van belang is: 
     
     "Apollo appeared to Ariston in a dream, whereupon he did his wife until the child's birth". 
     
    Origen in ongeveer 300 bevestig dat dit nie absurd is om Griekse verhale te gebruik wanneer die geboorte van Jesus aan hulle verduidelik word aangesien dit nie net die Christene is wat 'n wonderbaarlike geboorte verhaal het nie en hoe die verhaal van Christus se geboorte inpas by die geboorte van Plato en hoe die aardse vader ook omgang weerhou het na daar in 'n droom aan hom verskyn is. 
     
    Verhale wat 'n ander belangrike tradisie bevestig is die van waar daar nie seksuele kontak tussen die goddelike en die menslike is nie maar waar die "spirituele" omgang tog steeds plaasvind. 
     
    'n Voorbeeld is soos volg: 
     
     "Io is said to be impregnated by Zeus in the form of breathing of his love". 
     
    Plutarch in sy geskiedskrywes verklaar dit soos volg: 
     
    "it is not by a physical approach, like a man's but by some other kind of contact or touch that a god alters mortal nature and makes it pregnant with a divine offspring". 
     
    Dit is hier waar Bobbejaan se verwysing na die invloed van Egipte ook dan sterk na vore kom: 
     
    'n Vrou kan verwagtend gemaak word deur die gees van 'n god en is daar geen fisiese omgang met die goddelike nie. 
     
    Hierdie skep die agtergrond wat bevestig dat die gehoor gewoond was aan sulke verhale en dit 'n algemene verwysing was en sou dus nie verbaas wees om terme soos "gees", "krag", "aanraking" 
     
    Die Evangeliste het dus in 'n tradisie funksioneer waar hierdie tipe van geboorte aanvaarbaar was as 'n verklaring van hoekom Jesus se lewe so uitsonderlik was en dan moet daar 'n uitsonderlike geboorte aan hom toegdig word in die konteks van die Grieks Romeins tradisie waarin hulle funksioneer het. 
     
    Hierdie tradisie oorgeneem van die Grieks-Romeinse erfenis word verfyn in die Joods-Christelike vertelling om te bevestig dat die uitsonderlikheid van Jesus kan net verduidelik word deur hom ook 'n wonderbaarlike geboorte te gee. 
     
    Die ironie is ook dat die idee van Jesus as mens alleenlik so lank soos 200 jaar geneem het om finaal uit te sterf en het die debatte oor Jesus se aard voortgewoed tot laat in die 600-700's. 
     
    Tot en met die Christen van vandag, wat onwrikbaar glo, maar volkome onbewus is van die moeilike pad gevolg wat die gelowige se "gemaklike geloof" wat so vanselfsprekend aanvaar word moontlik gemaak het.  
     
    Baie dankie 
     
    Wouter
  • Dagsê Chris

    Volgens die Catholic Encyclopedia (deel XV)  is daar die Heidense teorie, waarvolgens die maagd Maria ? nabootsing is van die godin Isis, die moeder van Horus. Dan is daar die bekende Joodse teorie waar die maagdelike geboorte van Jesus voorspel word deur die OT. Derdens is daar  ook die sinkretiese teorie, wat deur moderne teoloë aanvaar word, veral nadat bewys is dat Jesaja 7:14 verkeerd vertolk is. Dit word erken dat maagdelike geboorte sy oorsprong in die heidendom het, maar dat die Joodse godsdiens daardeur beïnvloed is, en vandaar het dit deurgewerk na die Christendom. Deur die eeue heen is naarstiglik spore doodgevee om tog nie te laat agterkom dat die Christendom enige verbintenis het met die heidendom nie. Daarom sal hulle eerder die sinkretiese teorie aanvaar.  Kobus sit, soos gewoonlik, die pot mis met: “Die Christelike Godsdiens is nié, soos verkeerdelik aangevoer deur sekulariste en antagoniste van die Godsdiens, ’n uitspruitsel van die Judaïsme, nie.”
  • Hello, 
     
    Korreksie en  moet dit nie lees soos volg nie:
     
    "Apollo appeared to Ariston in a dream, whereupon he did his wife until the child's birth."
     
    Dit is presies die teenoorgestelde van die betekenis wat verlang was om oorgedra te word. 
     
    Die stelling is juis dat omgang met sy vrou weerhou is vanaf die verskyning in die droom tot en met die geboorte volgens die vertelling van die verhaal. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Chris Dippenaar

    Hello Angus

    Die sogenaamde voorspellings van die messias in die Ou Testament word deur fundementele Christene gebruik om te demonstreer hoe insigloos Jode was. In die proses word die oorspronklike konteks van die Ou Testament en die Joodse samelewing van die eerste eeu dan gewoonlik heeltemal geignoreer.

    Robert Price wys uit dat die skrywers van die Nuwe Testament heeltemal bewus was van hierdie konteks en dat verwysings nooit bedoel was as voorspellings nie. Gegewe dat die Jesus-beweging aanvanklik gefokus het op die Joodse gemeenskap, wat net nog een was van baie sulke bewehings (bv. die Dooie See gemeenskap), sou dit uiters idioties gewees het van hulle om te verwag hulle sal wegkom met 'n fundementele Christen interpretasie. Die teiken van die NT skrywes was juis diegene wat die OT op die punte van hulle vingers geken het.

    Hierdie 'voorspellings' moet dan eerder gesien word as 'n tipe van Kabbalistiese interpretasie van die OT wat nie afbreuk doen aan die oorspronklike betekenis nie. Eers nadat die Jesus-beweging met hulle onaanvaarbare weergawe van die messias verwerp word deur die Joodse gemeenskap sien ons die verspreiding van die Christengeloof onder nie-Jode. Dis ook dan dat 'n duidelike anti-Joodse element (bv die Evangelie van Johannes, c 95) sy verskyning maak. Hierdie stryd tussen Joodse en nie-Joodse Christendom kan duidelik gesien word tussen Paulus en Petrus, ten spyte van korrupsie van die teks later om dit te verdoesel. Die oorsprong van die Christengeloof in Judaïsme is onbetwisbaar!

  • Ek vra om verskoning vir my tikfout. Ek moet darem vir Kobus so partymaal laat lekkerkry in sy broekspypies. Dis al ou plesiertjie wat hy het. Wouter het my alreeds op die fout gewys: Periktione was die vrou van Ariston. 

  • Chris Dippenaar

    Hello Angus

    Die volgende sluit aan by jou verwysing hierbo na die weglating van die eerste hoofstukke in Matteus. Dieselfde het gebeur met die geslagslyn in Lukas. Bart Ehrman bied die volgende in sy bespreking oor die korrupsie van die teks deur ortodokse Christene om 'adoptionist' sienings van Jesus te bestry:

    "The same kind of sporadic corruption occurs in passages outside the birth narratives. The text of Luke 3:23 would presumably have caused orthodox scribes few problems, since it explicitly states that Joseph was not Jesus' real father, but was only "supposed" to have been. Nonetheless it is striking that in two of our Greek witnesses (W 579) the genealogy of Joseph that follows is deleted altogether.The same kind of sporadic corruption occurs in passages outside the birth narratives. The text of Luke 3:23 would presumably have caused orthodox scribes few problems, since it explicitly states that Joseph was not Jesus' real father, but was only "supposed" to have been. Nonetheless it is striking that in two of our Greek witnesses (W 579) the genealogy of Joseph that follows is deleted altogether. It is difficult to judge what may have led scribes, either those of our manuscripts or those of their exemplars, to omit some fifteen verses from their text; but perhaps they recognized the incongruity of tracing Joseph's ancestry back to Adam in a story about Jesus, when Joseph was in fact not Jesus' father (as the text of v. 23 itself indicates). Some modern scholars have seen in the genealogy an implicit challenge to the notion that Jesus had no earthly father; some such difficulty may have disturbed certain early scribes as well."(The orthodox corruption of scripture, p.56)

    Ek stem heeltemal saam met Wouter dat die onderwerp, dis nou die ontwikkeling van die ortodokse Christengeloof, moelik bespreek kan word met fundementele, sal ons dit nou maar noem "agtergrond", geraas. Wat hulle dalk nie besef is dat baie Christene wel belangstel en wil weet hoe betroubaar hulle geloof is. Blinde geloof in enige iets kom altyd op 'n plek waar die realiteit vra dat jy ten minste een oog oopmaak.

    Kwaai dag vir jou

    Chris

    NS Stel jou voor, Kobus vra verskoning vir 'n fout wat hy gemaak het.

  • God het die hemel en die aarde in sewe dae geskape. Dit glo ek. God het Jesus Sy enige gebore seun gebore uit die maagd Maria - gegee om gekruisig te word. Neer te daal na die hel en op die derde dag weer op te staan - sodat ek die ewige lewe sal erf. Dis hoe maklik dit is - God het dit gegee - ek het dit ontvang. God sal nie leuens in Sy woord los nie. Dis nie 'n storietjie nie - dit was God se wonderwerk aan ons. Jou mooi geskryfde stukkie hier bo sal nie die wonder uit Jesus se geboorte neem nie - jy moet net God se woord aanvaar. Jy sal Kersgeskenke gekoop met geld vat maar nie die grootste geskenk ooit gegee uit liefde aanvaar nie. God is instaat tot enige iets. Mooi dag aan almal.

  • Ek wil maar net 'n druppel in die emmer gooi, ek's nog 'n beginner in die evangelie maar as ek aflei vanaf die teks in hosia 11 vers 9 dan is GOD GEES en nie mens nie en dit bewys dat sy SEUN ook GEES moet wees en hy't net een SEUN nl JESUS die CHRISTUS. SO die wat HOM wil dien moet hom dien in GEES en IN waarheid

  • CorneliusHenn

     

    ... en dan is daar die katolieke en Hebreeuse (Joodse) lering omtrent midrash, of te wel herinterpretasie ... dis werklik hartseer om die kognitiewe dissonansie van "slim" gegriefde en ontnugterde Protestante (Calviniste), so klokslag hier op die werf te moet aanskou; dit, ondanks die wonder van inligting en kennis so geredelik oor die onderwerp op selfs die Internet beskikbaar ... net so sal daar sekerlik altyd Bybelaanbidders met hul dwaalleer omtrent die konformasie van ons almal se Skepper aan hul "Spirituele Intelligensie" wees; as strooipop opgestel deur Trienie Mahne en Kobus de Klerk - in diens van Satan en hierdie gebete wannabe ateïste ... mag Jesus Christus onse God, self geloof in 'n ieder se hart bewerk, Cornelius Henn

     

     

  • Dit is so jammer dat Christene tot op 'n webblad mekaar so kan aanvat. MAG ons Vader julle almal help om te besef ons het 'n God van liefde. Dit maak nie saak hoe jy GLO nie. God ken ons harte of wat die een uit laat en nie.  Sê net xxx

  • Hans Richardt

    Past Dries van Tonder, die kerkhervormers was nooit eenstemmig oor viering van "Kersfees" as geboorte van Jesus Christus nie. Hanukah is die viering van Joodse fees van ligte, na die Makabees die tempel bevry het van Griekse-Siriese magte en daar nie genoeg kosher olie vir die tempel minorah was nie, maar dit vir agt dae bly brand het. Daar is nege kerse op 'n regte Minorah, die negende een word gebruik om een elke dag aan te steek. Daar is vele Joodse tradisies nog in die tradisionele kerke.

  • Hans Richardt

    Past Dries van Tonder, daar is diskrepansies oor die geboorte van Jesus in evangelies. Bv Jesus was nie Josef se biologiese kind nie, maar Josef se geslagsregister word vir Jesus gebruik. Dan ook die Tien Gebooie: jy mag nie egbreek nie, maar Heilige Gees het Maria, Josef se maagdelike verloofde begeer en beken.
    Angus oa het nou ook die dinge gelees en raakgesien. Volgens verskeie plekke in ou testament, was die heilige gees die vuur, wat offers verteer het. Na die kruisiging en hemelvaart was die uitstorting van die heilige gees, maar nie een mens was verteer nie. Die menslike faktor in die skryf van bybel, kom neer op "his story", want die bybel is nie deur die eerste persoon geskryf nie.
    Elke bybelvertaler gee ook eie interpretasie aan inhoud van bybel, want in die oorspronklike bronteks is dikwels vloekwoorde of beledigings wat nie geestelik stigtelik in 'n bybel sal wees nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top