Hello,
Alhoewel dit dalk kras gestel kan word het die gesprek oor kalenders tussen Jan Rap en Panda my verbygegaan en kon dit nie met insig deur my gevolg word nie. Die probleem indien ek dit kon opsom vir myself is soos volg en is so eenvoudig dat daar nie ‘n kalender was wat in pas is met die basis onstaan en ontwikkeling van die mensdom en ‘n direkte parallel toon nie.
Dalk is die konsep van ‘n jaar nul dalk net ‘n spekulasie wat in wiskundeterme dalk waarde het aangesien dit duidelik is dat die verloop van die aarde se bestaan en die mensdom daarop het al onderskeidelik vir duisende miljoene jare en duisende jare bestaan voor die mensdom die nodigheid vir kalenders gesien het.
Amartya Sen in sy versameling van opstelle, “The Argumentative Indian”, bespreek die aard van Indië aan die hand van daardie beskawing se kalenders en dui aan dat die kalender noodsaaklik is tot beskawing en dat elke beskawing ‘n kalender vorendag gebring het en dit verduidelik hoekom kalenders oor die algemeen duisende jare terug in die verlede strek.
Dit word uitgelig deur die Gregoriaanse kalender wat in die westerse beskawing die norm is met die volgende kalenders te vergelyk. Hierdie is ou opstel van Amartya Sen en is sy verwysing die jaar 2000 en die vergelykings daarvan met die volgende:
6001 Kaliyuga kalender
2544 Buddha Nirvana kalender
2057 Vikram Samvat kalender
1922 Saka kalender
1921 Vendaga Jyotisa kalender in 5-jaar siklusse
‘n Konstante verwysing in die briewe hier van my kant af is die uitsonderlike reeks van die BBC, In our Time en word daar in hierdie brief na ‘n program wat die ontstaan en ontwikkeling van die kalender in “westerse" terme bespreek het en hier gevind kan word.
Die oorsprong hiervan is soos baie wat vandag nog die norm is in Babilonië (Mesopotamië) en die fondasie van die kalender en word dit bevestig sekondes, minute en die konsep van 365 grade opgedeel in siklusse van 30 dae wat 12 keer ín ‘n jaar herhaal word en die idee van ‘n week ook inslag gekry het met die siklus van sewes.
Hierdie fondasie word aangegee aan die Griekse en Romeinse beskawings wat dan die inleiding is tot die verfynning daarvan tot dit wat vandag algemeen aanvaar word.
Daar is hierdie speelse verklaring ook van hoe die kalender ontwikkel het en is nie so ernstig soos die gaste in BBC se "In Our Time" nie maar bied dalk ‘n vinnige opsomming terwyl die "In our Time"-program meer ernstig is.
Hier word die invloed van die Christen in die kalender ook bespreek en die oorsprong van hoe die kalender met die opstanding van Jesus rekonsilieer word. Hierdie bevestig die kultuur spesifieke aard van kalenders en die arbitrêre aard daarvan in waar die natuurlike met die politieke en godsdienstige versoen moet word.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Hello,
Wouter,
Dankie, vir die addisionele inligting. Die Samoane het lig daarvan afgekom. Die Engelse het op Woensdag 2 September 1752 gaan slaap en die volgende dag was dit Donderdag die 13de. Natuurlik was daar ’n groep wat hewig ontsteld was en het hulle die Parlement beskuldig dat hulle met 12 dae uit hulle lewe verneuk is.
Groete
Panda