Wat die genealogie van die HERE Jesus in Lukas en Mattheus aanbetref – Jesus het géén natuurlike aardse vader, waarvan die genealogie uitsluitlik genoem kan word, soos die gebruik is, nie – tewens, Jesus Christus het maar slegs ’n aannemende aardse vader, van wie die genealogie wél genoem word (omdat daar geen natuurlike aardse vader is nie), maar om die aardse verbintenis met die huis van Juda te bevestig, ook dié van die enigste menslike (aardse) natuurlike ouer, sy moeder Maria (Lukas se genealogie, sonder om haar by naam te noem, maar wel haar manlik bloedlyn van vrouekant), en vandaar dat ook háár genealogie vermeld word, hoe ongewoon dit ookal vir die tyd waarin dit gegee is, mog sy.
Mattheus het die Griekse Septuagint gebruik en het 42 name in drie groepe (die heilige getal 3) van 14 geslagte elk (14 synde die veelvoud van die heilige getal 7). Soos gesien kan word, word selfs 4 vroue genoem. Mattheus se drie stake is die volgende:
1 – Abraham tot Dawid – 14 geslagte;
2- Salomo tot die ballingskap – 14 geslagte;
3- Jegónia tot Jesus – 14 geslagte.
Lukas het bykans dubbel soveel name gebruik, met ’n baie langer genealogie, en het die heilige getal 7 as basis vir die rangskikking, 77 name. Lukas se stake is die volgende:
1- Jesus tot Serrubabel – 21 name;
2- Seáltiël tot Natan – 21 name;
3- Dawid tot Isak – 14 name;
4- Abraham tot Adam – 21 name.
Geen vroue word genoem nie, maar wel volgens Maria se bloedlyn (mense van daardie tyd was nie so insigloos soos vandag nie, en het geweet hulle moet in só ’n geval vir die manlike persone op die betrokke vrou se lyn soek)– vandaar Levi ens. Let ook daarop dat Lukas se genealogie van agter na voor gelys is, anders as dié van Mattheus.
Terloops, beide Natan en Salomo is Dawid se seuns (by Batseba)… Salomo, die Judese troonopvolger, en Natan die voorvader van Maria, moeder van Jesus Christus. God se belofte aan Dawid in 1 Kronieke 17:11-14 betrek beide die seuns, en nie net vir Salomo (waaruit Josef kom) nie, maar Natan ook, waaruit Maria kom . Tewens, 1 Kronieke 17:11 is juis die bevestiging van die twee aardse genealogieë van Christus – deur beide die seuns, presies soos God aan Dawid beloof en profeteer het. 1 Kronieke 17:11-14 is inderdaad die direkte Goddelike profesie van Jesus as Ewige Koning – Van beide moeders- en aangenome vaderskant – uit die huis van Dawid!
“ … sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en Sy koningskap bevestig.
12 Hy sal vir My ’n huis bou, en Ek sal Sy troon bevestig tot in ewigheid.
13 Ék sal vir Hom ’n Vader wees, en Hy sal vir My ’n Seun wees, en my goedertierenheid sal Ek van hom nie laat wyk soos Ek dit onttrek het aan hom wat voor jou gewees het nie.
14 Maar Ek sal Hom laat bestaan in My huis en in My koninkryk tot in ewigheid, en Sy troon sal vas staan tot in ewigheid.” –
Daarom, omdat Maria die enigste aardse natuurlike ouer is, is haar genealogie belangrik via Natan, anders sou dit nooit genoem gewees het, nie.
God het wel gesê dat Jegónia nie ’n seun sal hê wat op die staat Juda se troon sal sit nie, en weliswaar, soos God gesê het, het Jegónia sy seuns in ballingskap gehad as ballinge, en hulle het nóóit weer die troon van Juda bestyg nie…
Die Tanack is ’n Judaïese boek, wat onder meer, 613 rabbiniese presepte bevat waaroor Jesus juis so streng met die skrifgeleerdes en fariseërs vasgesit het, wat dwaalleringe bevat, en daardie boek is géén outoriteit of gesag vir die Christelike Godsdiens nie – daardie boek se presepte was een van die redes waarom Christus die aanhangers daarvan seuns van die duiwel genoem het, want dit het hulle van God vervreem.
Beide skrywers het van die bekende tegniek van genealogiese seleksie en omissie gebruik in hulle lyste, en mense gelys wat die betrokke groep staak die beste verteenwoordig.
En wat word nóú van die stomme aanmerkings van Chris “Gilgamesh” Dippenaar? Bring it on, stupid boys? Hmmm?
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Daar is zip, niks, zero ondersteuning uit die teks van die Bybel om Lukas se geslagsregister te interpreteer as die van Maria, behalwe vae verwysings wat deur wensdenkery verander word in 'feite'. Die versoening en interpretasie van die geslagsregisters van Lukas en Matteus is die perfekte voorbeeld van die intellektuele oneerlikheid waarmee Christene die Bybel benader.
Beantwoord die volgende vraag eerlik: Is daar enige foute in die Bybel?
Indien jou antwoord nee is sal dit verklaar hoekom jy nie kan aanvaar dat die skrywer van Lukas nie 'n dissipel van Jesus was nie, maar 'n nie-Joodse, Grieksprekende Christen was wat sy boek gebasseer het op Markus, die Q-dokument, die L-dokument en hoorsê.
Ns. Skakel tog jou CAPS LOCK knoppie op jou rekenaar af. Die gedeelte wat jy aanhaal uit 1 Kronieke 17:11-14 gebruik net hoofletters aan die begin van sinne!
I Kronieke 17:11
Die gesaghebbende vertalings (die eerste sewe hieronder) is so dat die meervoud van “seuns” en “sons” baie duidelik is, terwyl die ander vertalings almal gebruik maak van die genitiewe “of” wat na “offspring” (mv) of “sons” verwys, vertaal uit die Hebreeus “ben” die meervoudsvorm ‘seuns’ of ‘nageslag’ – dus, as dit in Afrikaans oorgesit word, dan sal dit lees soos die 1953 vertaling in Afrikaans lees.
Die korrektheid van hierdie uitleg word ondersteun deur die feit dat beide Salomo én Natan, Dawid se seuns, in die genealogie terug te trek is. Die Koningskap wat ewig sal staan, wat in die daaropvolgende paar verse beskrywe word, dui op die HERE Jesus Christus, Wie uit die seuns van Dawid afstam, naamlik Salomo (Josef, die aannemende vader) en Natan (Maria, die natuurlike moeder).
“11 And it shall come to pass, when thy days are fulfilled that thou must go [to be] with thy fathers, that I will set up thy seed after thee, which shall be of thy sons; and I will establish his kingdom. ” - (DT)
“11 and it hath come to pass, when thy days have been fulfilled to go with thy fathers, that I have raised up thy seed after thee, who is of thy sons, and I have established his kingdom, ” - (YLT)
“11 En as jou dae vol is om heen te gaan saam met jou vaders, sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en Sy koningskap bevestig.” - (AFR1953)
“And it shall come to pass, when thy days are fulfilled that thou must go to be with thy fathers, that I will set up thy seed after thee, who shall be of thy sons; and I will establish his kingdom.” - (1901 ASV)
“11 And it shall come to pass, when thy days be expired that thou must go to be with thy fathers, that I will raise up thy seed after thee, which shall be of thy sons; and I will establish his kingdom” - (KJV)
“11 And it shall be, when your days are fulfilled, when you must go to be with your fathers, that I will set up your seed after you, who will be of your sons; and I will establish his kingdom.” - (NKJV)
“11 cumque impleveris dies tuos ut vadas ad patres tuos suscitabo semen tuum post te quod erit de filiis tuis et stabiliam regnum eius ” - (V)
“11 When your days are over and you go to be with your fathers, I will raise up your offspring to succeed you, one of your own sons, and I will establish his kingdom.” - (NIV)
“11 For when you die and join your ancestors, I will raise up one of your descendants, one of your sons, and I will make his kingdom strong.” - (NLT)
“11 Wanneer jou tyd daar is om by jou voorvaders te rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom ’n bestendige koningskap gee” - (NAV)
“11 When your days are fulfilled to go to be with your ancestors, I will raise up your offspring after you, one of your own sons, and I will establish his kingdom.” – (NRSV)
“11 “‘When the time comes for you to go and be with your ancestors, I will send one of your descendants. He will be one of your sons. I will establish his kingdom. ” - (GW)
“11 And when the time comes for you to go to your fathers, I will put in your place your seed after you, one of your sons, and I will make his kingdom strong. ” - (BBE)
Groete,
Kobus de Klerk
In 'n belangrike sin is dit belaglik om eers 'n 'argument' te hê oor die geslagslyn van Jesus. Dit spring weg met 'n god wat nie bestaan nie. Dan neem mitologiese en legendariese figure oor wat eers anderkant Dawid en Salomo iets aanneem wat moontlik van enige historiese waarde kan wees.
Nietemin, haal nou die stukkie aan uit die Bybel wat Lukas se genealogie identifiseer as die van Maria. Hoekom eindig Lukas se geslagslyn van Jesus in Josef (volgens jou die spaarwiel in hierdie storie) en nie Maria (wat nooit genoem word) nie?
NS. Dankie vir al die aanhalings hierbo. Kan jy sien hoe die 'duidelike profesie' wat verwys na Jesus verdwyn as jy die hoofletters begin uithaal?!
Chris,
Ag nee, wat… Jy kán maar net nie met feite reg en eerlik omgaan nie.
Lukas (sy naam is ’n abbreviasie van die woord “Loukanos” of “Loukios”) het glad nie nodig gehad om die evangelie vir eie gewin op te teken nie – trouens, hy was nie een van die twaalf apostels óf ’n Jood nie, maar 'n geleerde, maar nederige, minsame geneesheer afkomstig uit Antiochië of Philippi, hegte vriend van Paulus (dié verwys drie maal na hom – 2 Timoteus 4:11; Kolossense 4:14; Philemon 24 en het Paulus op sendingreise vergesel) en waarskynlik die broer van Titus, die dissipel. Hy het dit gedoen want hy was geïnspireer deur God om die Evangelie op te teken.
Lukas was die enigste nie-Joodse optekenaar van die Nuwe-Testamentiese Woord (Slegs een kommentator, W F Allbright, meen hy was moontlik ’n bekeerde Jood, maar bloot vanweë die Aramese kenmerke in sy naam en ook die taalgebruik in die gedigte voor in sy evangelie) en as sodanig, is die akkommodasie van nie-Jode in die Evangelie, vir hom van primêre belang gewees. Hy was nooit getroud nie en het op 74 jarige ouderdom in Bithinië in Griekeland gesterwe.
Die wonderwerke waardeur mense deur die HERE genees is, was dus qua geneesheer van besondere belang vir Lukas en het Lukas se diep belangstelling as geneesheer geprikkel, sodat hy met ’n kundige disposisie ook daarna kon kyk. Sy Griekse afkoms en tradisie het ook verseker dat hy nie sommer alles aanvaar het nie, maar eers deeglik sou besin, en kan sy eie aanspraak dat hy eers alles deeglik ondersoek het, voordat hy dit sistematies opgeteken het, geredelik aanvaar word.
Lukas was dus ook bekend vir sy deeglikheid en sy stiptheid, soos ook bevestig deur heelwat korroborerende sekulêre getuienis wat sedertdien beskikbaar geword, het, waarvan die beroemde en bekroonde Sir William Mitchell Ramsay, Skotse argeoloog, se opgrawings getuienis is.
Lukas was dus ’n intellektuele man (geneesheer) en geskiedkundige, wat sélf sy evangelie opgeskryf het, onder inspirasie van die HERE, én boonop was hy ’n hegte vriend van Paulus. Dus, om te sê dat hy sommer net ’n Griekssprekende was, wat Markus, die Q-dokument, die L-dokument en “hoorsê” gebruik het, is só ’n deursigtige verdraaiing en mistasting, juis ook omdat sy evangelie báie bevat wat nié in daardie evangelie of dokumente voorkom nie en ook nie die styl van daardie dokumente volg, nie.
Jou bewerings verloor uit die oog dat hy die evangeliese metgesel en vriend van die beroemde en Geesvervulde bediening van Paulus was. Dus, “hoorsê” bewering is sekerlik op jou van toepassing, maar nie op iemand met die integriteit van Lukas, nie. Maar ek sal my nie verbaas as jy, weens jou insiglose mistastinge, Goddelike ingewing as “hoorsê” sal wil afmaak nie – alles behalwe!
As jy jou geskiedenis korrek en eerlik wil aanbied, sou jy saamstem dat Lukas een van die mees getoetste maar ook betroubare evangeliste is – wie se evangelie van Lukas en Handelinge (waarvan hy óók die outeur is), gesteun en bevestig word deur die vyf primêre unsiale skrifte (Codices Sinaiticus, Alexandrinus, Vaticanus, Ephesiansraemi, Bezae), asook die L, Codex Delta, die Freer (Detroit), MS, R, T, X and Xi dokumente en fragmente.
Dit is goed as julle my probeer weerspreek – dit gee my geleentheid om julle gegorrel en insigloosheid te ontbloot. Lekker!
En, wie weet, dalk leer julle nog op die koop toe iets, ook!
Groete,
Kobus de Klerk.
Jou antwoord hierbo is niks werd nie. Die briewe van Paulus wat verwys na Lukas word almal beskou as vervalsings in sy naam. Die enigste briewe wat as outentiek beskou word is 1 Tessalonisense, Galasiërs , 1 & 2 Corintiërs, Philippians, Filippense and Romeine. Die skelm wat Lukas en Handelinge geskryf het het dit nie geweet nie.
Hello,
Chris,
Jy vra of daar in die Heilige Skrifte foute is. Daar was hier en daar foute in die Heilige Skrifte, tipografiese foute soos verkeerde spelling of duplisering van name, ens. hoewel die name in meeste gevalle ook alternatiewe spelling kon daarstel. Maar die foute het géén effek op die essensie van alles wat in die Woord aangeteken en opgeteken is, nie - dus, daar is géén foute in die essensiële weergawes in die Woord nie. Wat die sogenaamde foute aanbetref, kan dit met die nodige kruisverwysing kontrole stelsel maklik uitgeklaar word.
Jou bewering dat daar nie ondersteuning is Lukas se genealogie van Maria nie, is natuurlik nie korrek nie, en getuig van onkunde en insigloosheid. Selfs in Mattheus, die ander genealogie, is daar ondersteunende getuienis, waar dié na Maria by name verwys. Selfs die gesaghebbende Wycliff Bible Encyclopedia bevestig dié genealogie – wie is jý om daarteen te stry?
Gegewe ook dat Lukas ’n man van groot toewyding en sorg was, is sy weergawe uiteraard ook gesaghebbend en duidelik vanuit ’n ander hoek as dié van Mattheus. Maria was klaarblyklik van besondere belang vir Lukas, en juis hoe hy die geskiedenis vanuit 'n baie persoonlike ervaringsoogpunt van Maria aanbied, in teenstelling met Mattheus se meer publieke, onbetrokke aanbieding.
Ooreenkomstig die gesaghebbende International Standard Bible Encyclopedia en ook argeoloog Ramsay Was Christ born at Bethlehem? is die aanduidings duidelik dat inligting van Maria self, deur Lukas bekom is.
Daar is ook die apokriewe boek van Jakobus (wat aangegee word een van Maria se seuns blyk te wees) wat dit ondersteun - Maria was die dogter van Hanna, vanuit die Judese bloedlyn, die bloedlyn van Dawid. Joachim, Maria se vader, was uit die bloedlyn van Levi in die tweede staak van Lukas se genealogie en van daar via Natan na Dawid en vêrder terug tot by Adam.
Let daarop dat Lukas duidelik die lyn volg via Natan tot by Dawid en nié Salomo, tot by Dawid, nie, omdat hy met Maria werk.
Mattheus volg die lyn juis nie deur Natan nie, maar Salomo, na Dawid en beide vandaar terug na Juda, omdat hy met Josef werk. Josef het Jesus aangeneem en derhalwe word Jesus as sy seun gereken, maar is nie sy natuurlike seun, nie - sien die bewoording van Lukas 3:23 - "soos hulle gemeen het ..."
Die Goddelike keuse van Maria, die moeder van Jesus, het dus verseker dat Christus uit die geslagte van Dawid (Juda) sal kom, omdat God aan Dawid belowe het dat uit sy nageslag, daar ’n ewige Koningshuis vir God se volk sou kom (sien weer 1 Kronieke 17:11 ev) – en siedaar ! Jesus is Koning tot in ewigheid - die Koninkryk van die Hemele!
Groete,
Kobus de Klerk
Chris,
Dit is aanmerkings soos “hoe die 'duidelike profesie' wat verwys na Jesus verdwyn as jy die hoofletters begin uithaal?” en wilde stomme, ongesubstansieerde en onsubstansieerbare bewerings soos “Die briewe van Paulus wat verwys na Lukas word almal beskou as vervalsings in sy naam” wat mens laat besef dat enige sinvolle gesprek met julle net eenvoudig nie kan vlot nie – want as julle in ’n hoek is en dit gebeur vinnig, soos jy nou, kom jy met die allerbelaglikste bewerings, die énigste nut waarvan is, om jou vlakheid, onkunde en verál insigloosheid, só grafies te demonstreer.
Hoe kan hoofletters en tipografiese drukwerk ’n profesie ongedaan maak ?! Soos dit geprofeteer is, so is dit verwul, maar jou agnostiese botheid laat jou geen insig toe, nie. Volgens jou, in jou stommiteit, is God óók ’n “vervalsing” !
Julle is maar regtig net só useless … dit is só maklik om julle die loef af te steek. Nes die Woord mos sê dit is …
Maar juis dáárom is jy ’n ateïs! As jy nie so onbekwaam was nie, sou jy ’n gelowige wees.
Kobus de Klerk
Dit sal my laaste reaksie wees op wat Kobus kwytraak.
Jy is so vasgevang in jou borreltjie van fundementele geloof wat alles en meer (volg die link hieronder wat betref Sir William Mitchell Ramsay vir 'n demonstrasie hiervan) sal doen om 'n letterlike en foutlose lees van die Bybel te beskerm dat jy nie besef dat die argument daar buite, in die regte wêreld, nie meer is of die Bybel deur menslike mense of deur die inspirasie van God geskryf is nie, en of die stories oor Jesus waar of onwaar is nie. Meer en meer verskuif die fokus nou na die vraag of daar wel 'n historiese Jesus was en of hy nie geheel en al die produk was van fiksie nie. Gegewe die onbetroubaarheid van die bronne en die algehele ontbreking van eksterne historiese of argeologiese bewyse sal hierdie vraag nie weggaan nie.
In al hierdie tyd sal jy agter jou sleutelbord sit en die een apologetiese spinstorie na die ander probeer verkoop as spirituele kennis en insig. Jy het geen behoefte om te soek vir die waarheid nie. Wat jou betref het jy klaar die waarheid gevind en moet nou nog net al die 'feite' maak pas. Dit maak van jou 'n oneerlike deelnemer aan hierdie forum. Jy is hier om te preek, lieg, slegsê, noem dit wat jy wil.
Jou weergawe van geloof is besig om uit te sterf en jy kan dit sien om jou. Miskien verklaar dit jou verbitterde galbrakery hier. Die dae dat mense beindruk is met skreeuende evangeliste met skuimborrels wat drup uit hulle bekke is besig om verby te gaan. Ek twyfel baie sterk dat jy in al die jare wat jy nou al hier skryf 'n enkele persoon wat nie al klaar dink soos jy oortuig het met jou snert. Al daai tyd en geld wat jy spandeer aan jou godjie 'n totale vermorsing van jou lewe. Jesus het varander in 'n comicbook-hero, 'n 'rapper' en dis die een wat gaan wen. Net so hopeloos misplaas en vals as joune, maar sonder die vuur en verdoeming wat jy verkondig.
http://sandwichesforsale.blogspot.com/2010/10/sir-william-mitchell-ramsay.html
Dis tog al bewys dat die eerste twee hoofstukke van Matteus 'n vervalsing is, en heelwat later bygevoeg is om die maagdelike geboorte van Jesus terugskouend te laat bewaarheid. Dus, Kobus, jou aanvanklike skryfsel is alreeds 'n gegorrel.
Spirituele intelligensie is juis dit = wensdenkery.
Julle maak so staat op die sinnelose bewering dat die Bybelboeke vervals is – maar julle bied nie die bewyse aan nie, omdat dit nie bestaan nie.
Vir julle is hersiening en verbetering van Bybelse geskrewe dokumente, wat vry algemeen wêreldwyd gedoen word met ander geskrifte deur belanghebbendes by geskrewe media, sinoniem met vervalsing, bloot omdat dit die Bybel is wat ook daaraan onderwerp word?
Kyk mooi, álles wat die Godheid van die HERE Jesus Christus bevestig of ondersteun is volgens julle op een of ander manier vervalsings – sonder énige substansie van sulke bewerings. Is dit nie simpel nie? Dit is mos duidelik wat aangaan – julle mislei julleself met dié valse beskuldigings van “vervalsing”
Wat julle telkens (opsetlik) uit die oog verloor, is dat mense soos julle deur tye heen hulle sekulêre en agnostiese kloue op die Heilige Skrifte se vertalings gekry het en dan is dit later weer reggestel deur outeurs wie deur God daartoe geïnspireer word – ’n proses waarvan julle op eie erkenning, nie die geringste kennis of begrip het, nie. Die proses van Heilige Inspirasie is ’n outonome, deurlopende proses van God, Wie dit in die eerste plek teweeggebring het.
Nog nooit was of is daar énige geskrif in die geskiedenis van menseheugenis, wat só aaneenlopend en deurlopend aandag geniet, positief én negatief, en aangeval word en aan die mees striemende kritiek en pogings tot diskreditasie onderwerp was vir eeue aaneen, soos die opgetekende, geïnspireerde Woord van God in die Bybel nie – en vandag? Meer as tweeduisend jaar die pad af? Stééds die enkele mees gesogte boek ter wêreld, waarvan die ou en nuwe oplae, soos soetkoek verkoop in lande die wêreld oor.
Wat julle natuurlik ook baie hoor en lees, is dat die Woord léwe en ons, die massas gelowiges, dit ook só ervaar en dit hoegenaamd nie as ’n leuen ervaar nie – terwyl júlle leuens vir ons soos onooglike swere op ’n vel uitstaan – só opsigtelik.
Lyk dit vir julle of julle bewerings van vervalsing en soortgelyke snert enige gewig dra? Julle self het elkeen ten minste een formaat en weergawe van hierdie kwansuis "vervalste", “nikswerd” boek… én julle gaan gebuk aan ’n absolute obsessie omtrent die God van die Boek, die Woord, wat julle, hoe paradoksaal ook al, meen, nie bestaan nie?! Sóveel obsessiewe tyd, energie en ywer, aan iets wat julle meen, net ’n vervalsing is en nie bestaan nie??
So, hóé het julle gemeen, sal julle enigiemand anders as net julself, kan oortuig van die snert wat julle agter ander aan papegaai, wat dit vir wié weet hoe lankal voor julle probeer versprei? Kan julle nie sien watter gekke julle van julself maak, met jul pogings nie?
En julle val altyd in dieselfde ou put van belaglikheid en irrelevantheid wat julle vir die Woord probeer grawe. Ek wonder of julle besef hoe lagwekkend en pateties jul wilde obsessie en pogings is, vir ons, wie van beter weet?
Dit is voorwaar báie moeilik om julle nie net deurentyd te bespot, nie… en mens moet mens self gedurig bedwing om dit nie te doen, nie, julle onbenullige, effeklose, lastige muggies…
Kobus de Klerk
Chris,
Ek is 'n wedergebore beleidende gelowige wat Jesus Christus se lig alreeds in 1980 gesien het en HOM as Verlosser en Saligmaker aangeneem het. Na my beskeie mening het ons nie nodig om Die Bybel en of God, Die Vader of Jesus Christus, Die Seun van Die Lewende God te verdedig nie. Ons weet dat Die Woord Lewend (JESUS) geword het en onder ons kom woon het en kan ek maar net sê en verskoon die Engels: God said it, I believe it and that settles it. Die Drie Eenheid sal Homself verdedig en aan die wat in die duisternis rondtas opnbaar. Ek wil jou ook net herinner dat JESUS se woorde was: "Wie nie vir Ons is nie is teen Ons." Weet maar dat daar eendag aan die einde van tyd 'n dag van rekenskap gaan wees, en dan, slegs dan sal die Waarheid seëvier. Mag Die Here HERE hulle genadig wees.
Groete,
Arri
Die interessantheid van die ou gesprek, is dat Josef se geslagsregister opvallend genoem is. In al die mitologie was dit 'n god vermom as 'n mens, maar dis net in die verhaal van Hercules, wat na Hercules verwys as seun van Zeus. Die Macabees het die tempel in Jerusalem bevry van Griekse-Siriese oorheersing. Die gebruik van die Fees van ligte, kom van die Menorah wat vir agt dae bly brand het in die tempel, terwyl kosher olie gemaak was.
Die term "his story/history", is ook deel van saamgestelde verhale van die bybel, want alles was deur skrifgeleerdes neergeskryf met hul eie interpretasie van gebeure.