Vir Kobus de Klerk oor sy kommentaar

  • 2

Kobus de Klerk,

Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 15 Februarie.

Ag jy jou opinies so laag dat jy my maan om oor beter dinge te skryf?  Of is jy maar net ongemaklik as mens jou meet met die maat waarmee jy meet?

Jy het Johannes aangeval omdat hy teruggekap het op Wouter se kritiek en ek het vir jou gesê jy speel nie krieket nie. Johannes, met die vreedsaamste gedagtes in sy gemoed, gee sy resensies en trek sy paralelle.  My gevolgtrekking was dat julle onstig was omdat Johannes se paralelle so effens indruis teen wat vandag as politieke korrektheid geag word.

As jy reken dat ek verkeerd is sê dan so en hoekom jy so sê; moenie kom met simpel redenasietjies van dat ek nou kleinlik sou wees nie.  As jy nie kan vat wat jy uitdeel nie is dit dalk die beste dat jý nou stil moet wees.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Ag, nee wat, Jan Rap,

    Ek het mos my standpunt van meet af aan volledig gemotiveer - en wat jy nou wil doen, het niks met kommentaar op my reaksies te doen nie,maar op joue - jy wil nou kleinlik wees en soos 'n skinderbek nog lewe in 'n dooie storie blaas - doen dit gerus op jou eie.

    Groete
    Kobus de Klerk

  • Kyk, Kobus, jy het nog geen standpunt gestel nie, net 'n eierdans uitgevoer. 

    Jy skryf vir Johannes en kla dat hy Wouter as persoon aanval en in die proses val jy Johannes as persoon aan.  Ek wys jou op die anomalie (SONDER om jou as persoon aan te val, let wel) en in reaksie kom jy met 'n oorlade selfregverdiging (en in die proses val jy toe sommer weer Johannes se persoon aan).

    Jy praat van ongesubstansieer; kyk bietjie hierna:

    Jy sê ek " ... sien Johannes se optrede as ’n uitdaging tot ’n romantiese outydse tweegeveg..."  Dis onsin en buitendien bloot jou opinie, enige voortbou op so'n aanname is sinneloos.  Jy vertel Wouter is so edel en sagsinnig (waarmee ek nie stry nie) en ek kan presies dieselfde van Johannes sê, dus weer eens persoonlike menings wat met ons gesprek niks te make het nie (dié dat ek dit nie sê nie).

    Jy praat van Johannes se uitdaging as 'n "kinderagtige" na-skool-geveg en, terselfdertyd, as 'n "sluipmoordaanval".  Wat is dit nou; of is jy net besig om meer opgewerk te raak?  En, siende dat dit 'n sluipmoordaanval is,reken jy jy kan nie stilbly nie.  Nou, op dieselfde manier kan ek mos nou jou aanval op Johannes as 'n sluipmoordaanval sien en ook nie stilbly nie.  Kry jy al die strekking, naamlik dat ondeurdagte aannames nie tel nie?

    Jy sluit af deur my 'n "skinderbek" te noem.  Hoe werk jy dit uit; van wie skinder ek nou as ek MET jou oor jou redenasies praat?  En is dit nie die man in plaas van die bal speel nie?

    Nee wat ou Kobus, as jy nie kan vat wat jy uitdeel volg jou eie raad en bly stil.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top