Vir Wouter oor blou moord

  • 1

Hallo Wouter

Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 15 deser.

Ek sê maar vir jou wat ek vir Kobus gesê het (net kalmer; Kobus het ’n geniepsigheid wat my nogal laat kners):  Dit kom my voor dat jou aksie teen Johannes maar is omdat hy parallelle trek wat volgens die meer lojale NSA-burger nie heeltemal polities korrek is nie.  Ek vind byvoorbeeld dat Williams se absurde uitsprake nie veel reaksie van jou kant ontlok nie.  Dit kan natuurlik wees dat jy óf met hom saamstem óf dat jy nie eintlik waarde heg aan Williams se getier nie.  Hoop maar dis laasgenoemde.

Wat die "blou moord" betref, dit is maar hiperbool. Ek kon dalk sê jy is nie baie gediend met wat Johannes sê nie maar dis weer te floutjies.  Feit van die saak is, Johannes ontstig jou maar ouens wat ekstreme uitsprake na die ander kant toe maak ontsig jou nie, wel vir my en dis wanneer ek weer blou moord skree.

Dankie vir die raad oor die skildersblok.  Ek sal nie so ver gaan as om die nommermetode te gebruik nie maar wat ek toe gedoen het is om van die bekende ouens na te skilder (maar dit kan ’n ou éérs moedeloos maak).

Wat die skaak betref:  Jy moet ’n hout stel kry; elke familie moet een of twee hê.  Ek het ’n program op rekenaar gehad, kan nie nou die naam onthou nie, dit was een of ander Duitse eienaam, iets soos Willi of Günther of iets, en die ding het my moedeloos gehad.  Ek kon hom net nooit wen nie.  Die Kasparov het ek darem ’n paar keer ore aangesit.

Ek sal kyk of ek dalk ’n foto van sommige van my pogings kan plaas.

Groetnis

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Hello Jan, 

     
    Oor Johannes, gaan lees weereens wat ek geskryf het oor 'n tydperk en vergelyk dit met kritiek wat teen FW ook al geplaas is deur my, net soos ek jou al beskryf het as 'n verstokte ideoloog ens....
     
    Kritiek teen die NSA welkom en aanvaarbaar en sal ek daaroor skryf en het al male sonder tal so gedoen.
     
    Hierdie was hier geplaas omdat ek eerder op die skaak en skildery gefokus het wat meer aangename onderwerpe was en te laat hierop gefokus het ook.  
     
    Baie dankie
     
    Wouter.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top