Angus en die Griekse mitologie

  • 7

Angus gebruik die Griekse mitologie om die Woord en die HERE se geboorte ongedaan te probeer maak.

Die Griekse mitologie is plooibaar soos ’n hand vol klei. Daar is ook die kwessie dat dié mitologie aangepas is om die advent van die Christendom, die hoof te bied.

Die Griekse gemeenskap is deur die evangelisasie aksie van die Christendom binnegedring, nádat die nuus van die maagdelike geboorte van die HERE al sedert voor Sy geboorte, rugbaar geword, het, dit wil sê, nog voor die jaartelling weer by 1 begin het.

Maria se aanstaande swangerskap en die aankondiging daarvan deur die engel Gabriel (die woorde vervat in Lukas 1:28) het sy uitbundig in die openbaar uitgejubel en haar niggie, Miriam, saam met haar. Hierdie nuus het die Jode en Grieke ontstel, én die wonderlike nuus, het blitssnel regoor die Midde-Oosterse versprei – soveel só dat Oosterse magiërs nadergekom het om dié besonderse nuwe Koning te kom vereer … ook Herodes het dit gehoor én daarop gereageer op wreedaardige brutale manier omdat hy skielik bedreig gevoel het tussen ál die koningskinders wat oraloor gebore word – want ongewoon was die advent van hierdie besondere Koning, verseker.

Álmal het dit geweet en aangevoel …

Toe Paulus ’n bietjie later die Griekse hoofstede binnegaan met sy evangelisasiewerk, was hy amper van kant gemaak, só het die Grieke hul eeue oue antieke mitologiese religie teen die HERE Jesus Christus probeer beskerm – sonder sukses. Hulle mitologie is geduldig en veral met dié dat Paulus nog die sogenaamde “onbekende god” vir hulle in besonder uitwys, as die enigste ware God, Wie Sy verskyning op aarde kom maak het, was die gort behoorlik gaar. En dit is tóé, in daardie tye, dat die gode sommerso nog mites ontwikkel wat ooreenstemming met dít wat bekend was oor die  Koning van alle konings – in ’n poging om die dooie mitologiese uitskot wat nog nooit enigiets vir enige mens kon doen nie, omdat hulle werklik versinsels was, nuwe ‘lewe’ te gee …

Maar dit was glad nie lank nie, of die héle gebied is oorrompel die Lewende en Ware Krag van God Wie Mens geword, het. Só het die mites vergaan en die HERE, het gevestig, tot vandag toe.

Die enigste “lewe” wat dié mites nog vandag het, is in die mond van die dwase agnostikus, wat nie die verkil tussen lewe en dood kan eien nie, verál, as dit nie sigbaar is, nie – omtrent net so ‘lewendig’ soos hulle ‘lewegewende’ mitologiese protosoön wat in mitologies oersop van hulle fabelagtige evolusie rondgedrywe het ...

En só kom die agnostici vandag en staan magteloos teen dié Krag – en álles wat die advent van die HERE bevestig en beskrywe, word summier deur hulle gepoog as sogenaamde “vervalsing” en “onwerklikheid” aan te stip - hierdie HERE, Wie dit regkry om mense só kragtig te inspireer, dat die kronologie van die aarde van vooraf begin; álle  mitologiese religieë vernietig word; Sy dissipel-tal van twaalf na meer as twee biljoen styg; die ganse wêreld vir die afgelope 2000+ jare aan te gryp en te oorheers; mense te inspireer, pro- én antagoniste, sodat hulle hul wens aan Hom wy en spandeer, óf om dissipels vir Hom te wees, óf om in hul patetiese minderheid, verbete teen Sy bestaan te probeer veg … ens.

En omdat daar só baie is wat hulle nie kan teëstaan nie, nie kan diskrediteer nie, nie kan weet, verstaan en verwerk nie, kom die agnostici hulle met hulle onvolwasse, insiglose, irrasionele en redelose blanko ontkenning en verdagmaking pogings van alles, asof dít die knoop vir hulle sou deurhaak, terwyl hulle nie besef, nie meer die kapasiteit het om te begryp,  dat dit hulle saak eintlik vererger nie, die realiteit van die HERE en Sy Krag net méér aksentueer nie. Hulle, die verlorenes, oortuig nie eens hulself nie (anders sou hulle nie so obsessief probeer het om God weg te praat en bewys, nie).

Die mens sonder sy bewustelike verbintenis met God, is ’n gruwelike gesig.

Kobus de Klerk 

  • 7

Kommentaar

  • Hello, 

     
    Hierdie besprekings van die mitologie skep die agtergrond wat bevestig dat die gehoor bekend  was met sulke verhale en dit 'n algemene verwysing was en sou dus nie verbaas wees om terme soos "gees", "krag", "aanraking" en maagdelike gebootes te aanvaar nie. 
     
    Dit was algemene verwysings. 
     
    Die Evangeliste het dus in 'n tradisie funksioneer waar hierdie tipe van geboorte aanvaarbaar was as 'n verklaring van hoekom Jesus se lewe so uitsonderlik was en dan moet daar 'n uitsonderlike geboorte aan hom toegdig word in die konteks van die Grieks Romeins tradisie waarin hulle funksioneer het. 
     
    Hierdie tradisie oorgeneem van die Grieks-Romeinse erfenis word verfyn in die Joods-Christelike vertelling om te bevestig dat die uitsonderlikheid van Jesus kan net verduidelik word deur hom ook 'n wonderbaarlike geboorte te gee. 
     
    Duisende teksverse sal dit ongelukkig nie die hoof bied nie en moet daar na die omgewing gekyk word waaruit die geloof ontwikkel het en die konteks wat dit skep en die ontwikkelings wat dit moontlik maak. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Kobus, jy is die een wat ander verdag probeer maak om die aandag van jou bedrog te hou. soek liefs tog 'n slag die balk in jou oog. Jy ploeter gewetenloos voort in jou boewery onder die vaandel van godsdiens.

  • Kobus, jy lieg mos! Ek kan onmoontlik nie die HERE se geboorte ongedaan maak nie? Dis 'n pragtige mite in die Bybel, en vloei mooi uit die paganistiese lewensbeskouing van die tyd. Alle vername mense kan nie sommer net so gebore word nie, hulle moet sonder smet en ten minste met 'n god as vader die Wêreld inkom.

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Jy probeer wat ek sê, afkraak, maar verskaf géén substansie vir wat jy sê nie. Jou woord dis mos nie goed genoeg nie… en dié het ek ongelukkig ook van ervaring. Dus, as jy wil relevant wees, verskaf eerder substansie vir jou standpunt – tensy jy dit wil uitwys as sommer jou eie oningeligte en ongesubstansieerde siening, wat jy natuurlik geregtig is om dit te stel - dan laat ek dit met graagte daar, want jou persoonlike standpunt het in die omstandighede en gegewe die aard van die onderwerp, géén krag of oortuiging nie, weens jou ooglopende gebrek aan kennis.

    Kerneelsie, hierdie is 'n gesprek vir volwassenes, waarvan jy niks verstaan nie. Ga' speel buite.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Ag tog ou Kobus, jou beledigings is lankal vervelig verby. As jou saak enigsins meriete gehad het sou dit sekerlik nie nodig wees om my soos die onderdrukte lede van jou "huiskerkstelsel" te minag nie.

  • Kobus de Klerk

    Jy is reg Cornelius, om jou te beledig is vervelig want jy is so vervelig - wie gee om of jy dink iets het meriete of nie?

    So, of mens ignoreer jou, of mens beledig jou - sinvolle gesprek met jou, is 'n no-go.

    Dan is jy nog balhorig ook... Ga' speel nou buite!

    Kobus de Klerk.

  • Kobus de Klerk

    Interessant genoeg – die agnostici kan nie eens die Griekse mitologie begryp nie – heel onbeholpe word dit verkeerd aangehaal, geïnterpreteer, ens.

    Maar die ergste is dat hulle nié kan besef dat daar nie één bewering in die mitologie gemaak word van maagdelike geboorte nie – wat dié mitologieë probeer sê (omdat hulle nie die ware maagdelike swangerskap van Maria kon begryp nie, heel waarskynlik) is dat die sogenaamde gode wat ter sprake is, hulle kamstig as die eggenote van die moeders ter sprake voorgedoen het - in die gevalle waar daar nou werklike geboortes was en nie net ook mitologiese storietjies van geboortes nie – maar inderwaarheid wel maar hulle werklike mans (eggenote) was – dus het daar gewone geslagtelike gemeenskap plaasgevind wat sommer agterna as afgod-in-die-gedaante-van-eggenoot voorgehou is. Dit het ook kamstig met Alexander só gebeur. Die mitologiese afgod Zeus was juis van sulke eskapades beskuldig.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top