Mitologieë

  • 9

Ek het elders gedeel met die mitologieë en hulle skielike ooreenstemming met die Christelike leer.

Wat ek hier uitwys, na aanleiding van Wouter se kommentaar, is dat dit gewoon nié waar is dat dit 200 jaar geneem het vir die sogenaamde “idee” van Jesus as “mens” om finaal “uit te sterf” nie, en dat die “debatte” oor Jesus Christus se aard voortgewoed tot laat in die 600-700’s, soos Wouter beweer, dit kwansuis gebeur het, nie.

Maar, soos ons in die laaste tyd gesien het, is Wouter nie meer een is wat belangstel om objektief met feite en Waarheid om te gaan nie en sê hy vandag sus en môre só en bestaan die “volle prent” op hierdie stadium vir hom weer nét uit antagonistiese, sekulêre en agnostiese “prentjies”.

Die waarheid is dat ál die HERE Jesus se volgelinge deurentyd geweet het van Sy menslike en terselfdertyd Goddelike aard en Wese (natúúrlik sal Wouter en kie dít nie wil noem, nie…) en dat dié kennis weens Goddelike openbaring en geloof, in toenemende mate toegeneem het –

Dit het ’n paar honderd jaar geneem om selfs die meeste antagoniste (nié Christengelowiges nie) se dwaalleringe en verbete ontkenning daaromtrent die hoof te bied, in ’n milieu waar die feit van die ware maagdelike geboorte van die HERE, vir mense en volke vreemd was, om die minste te sê. Uiteindelik het die ware Christelike geloofskorps uiteraard geseëvier by Nicea en elders (wat bepaald nié sou gebeur as hulle in die minderheid was, nie). En dié onomstootlike perspektief plaas die uitlatings van Wouter en diegene wat hy probeer ondersteun (ten alle koste, omdat hy dink hy by hulle aanvaarding verloor het weens sy openhartige en véél meer eerlike vroeëre gesprekke met my) in die kategorie van onkundige, oneerlike (onafwendbaar vir hulle) spekulasie en ’n toonbeeld van insigloosheid.

Wat die beweerde invloed van die vermelde mitologie aanbetref, is dit ook nie anders nie – Daar is één absolute feit (benewens die talle werke van deskundiges oor baie eeue heen) wat die agnostiese leuens ook daaromtrent, soos die onooglike spirituele puisie-sweer wat dit is, laat uitstaan – as dit waar sou wees dat al daardie mitologieë kwansuis alrééds teen die advent van die HERE Jesus Christus se ware maagdelike geboorte,  die sarsie ‘maagdelike’- of goddelike geboortes van die spul afgode sou voorhou, sou die HERE Jesus se werklike maagdelike geboorte (en die bewerings daarvan) soos soetkoek júís deur die ongelowiges opgeraap word en sou dit onmiddellike aanvaarding vir die HERE besorg het in hulle reeds bestaande panteon van sogenaamde maagdelik-gebore afgode …

Maar op getuienis, wat, ironies genoeg, verál deur die (noodwendig) insiglose agnostici poog gebruik te word (tipies dat hulle nie insig in die implikasie van hul eie gereedskap het, nie), was dit mos nié so nie en het dit honderde jare geneem vir dié ongewone en unieke Waarheid en konsep omtrent die HERE Jesus Christus se maagdelike geboorte te verwerk en te glo, veral óók in die gemeenskappe (Grieke, Romeine, Egiptenare) waar die mitologie van maagdelike geboortes kwansuis alreeds sou algemene praktyk wees – wat ’n ooglopende leuen.
En daar is eenvoudig niks wat hulle aan dié waarheid kan doen, nie.

’n Volgende onomstootlike aspek is die ooglopende Goddelike aard van die HERE Jesus Christus, wat by ál die ander mitologiese versinsels geheel en al, ontbreek. Inteendeel, hulle is vandag nie meer aktiewe mitologie nie, maar vergete, dik-van-die-stof mitologiese versinsels wat net deur insiglose en dwase agnostici opgekrap poog te word, in hul desperate teëstand teen die Waarheid.
Trouens, wie, behalwe sielsdooies soos die agnostici, sal nié glo, by aanskoue van die absoluut ongeëwenaarde, ongekende Krag van dié Seun van die Mens en Sy inspirerende invloed op die ganse wêreld, nie … terwyl Sy Krag en inspirasie wêreldoor stééds meer en meer mense na Hom bekeer - wat geheel en al by die mitologiese afgode ontbreek.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 9

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus, jou ou vuil lokomotief is nogmaals gestook met jou gewone haat. 

     
    Hak nou vir ons 'n waentjie waarin jy enige van jou absurde veronderstellinge hierbo bewys. 
     
    Of meen jy steeds dat wat jy ookal tik die goddelike waarheid is en dat jy geen plig teenoor jou medemens het na al jou gruwelike neerhaling nie...
  • Hello,   

     
     Probeer soos 'n mens ook al wil, daar is geen manier hoe die persoonlike kan ontsnap word wat veral problematies is vir my as persoon aangesien daar geen wens is om myself op die voorgrond te skuif nie. 
     
    Die verwagting is eerder dat die idees apart van die persoon moet bespreek word, maar soos bevestig in 'n verskeidenheid van gesprekke tot op datum is dit egter nie moontlik nie aangesien die vermening tussen die oortuiging wat 'n persoon handhaaf en sy persoonlike kern gewoonlik te nou verweef en word 'n aanval op 'n oortuiging gewoonlik ervaar as 'n aanval op die persoon wat 'n direkte eskalasie in onaagenaamheid het. 
     
    Dit is in daardie konteks dat die volgende opmerking oor my geen waarde toevoeg nie wanneer Kobus die volgende oor my skryf:  
     
    "Maar, soos ons in die laaste tyd gesien het, is Wouter nie meer een is wat belangstel om objektief met feite en Waarheid om te gaan nie en sê hy vandag sus en môre só en bestaan die “volle prent” op hierdie stadium vir hom weer nét uit antagonistiese, sekulêre en agnostiese “prentjies”.   
     
    Dit is nie seker wie die moed van hulle nuuskierigheid het om alles wat die nuwe brief van Kobus voorafgaan te gaan ondersoek nie maar daar is defnitief 'n aanloop tot bogenoemde stelling.   
     
    Net soos Kobus my 'n wyle terug verdedig het, is ek nou die kluts kwyt volgens hom en uit voeling met die waarheid in dieselfde trant as wat Jan Rap my geweeg het en gevind het om "alergies te wees vir die waarheid".   
     
    Hierdie bied egter die geleentheid om tog 'n mate van konteks te bied.   
     
     Inderdaad beskou ek my nog steeds 'n vriend van godsdiens en religie te wees.   
     
    Dit het nie verander nie.   
     
    Dit is ongelukkig nie net op die terme wat Kobus voorskryf nie en Kobus aanvaar jou net as jy in die letter van sy voorskrifte val.   
     
    Na 'n gesprek bevestig het dat alle verwysings aangebied in 'n brief, maar nie net vir sy aandag nie, in 'n opvolg brief deur Kobus verwerp is, sonder dat 'n enkele bladsy in enige van die boeke gelees is en daar weer gehamer is op die gwone trifecta van “julle vyandige sekulariste, agnostici”, “julle insigloses” sonder “spirituele-intelligensie" het dit bevestig daar is net 'n enkele aanvaarbare riglyn en dit is wat Kobus met sy trifecta besluit dit is.   
     
    In die lig daarvan is gesprek met Kobus 'n doodloop.   
     
    Die wat meer tyd en geduld het om direk met Kobus te redekawel kan so doen en dag na dag in 'n diep dryfsand wegsink.   
     
    Die stelling word doodeenvoudig deur Kobus gemaak dat die volgende onwaar is:   
     
     "Wat ek hier uitwys, na aanleiding van Wouter se kommentaar, is dat dit gewoon nié waar is dat dit 200 jaar geneem het vir die sogenaamde “idee” van Jesus as “mens” om finaal “uit te sterf” nie, en dat die “debatte” oor Jesus Christus se aard voortgewoed tot laat in die 600-700’s, soos Wouter beweer, dit kwansuis gebeur het, nie.   
     
    Dit is dit.   
     
    Kobus verklaar dat bogenoemde is onwaar.   
     
    Ex Cathedra kondig Kobus af wat is waar en wat is onwaar. 'n Pouslike daad van 'n protestant.   
     
    Maklik indien dit so kan werk.   
     
    Die stellings gemaak deur my staan ook, maar is gebaseer op 'n poging om die magdom inligting gebaseer op die volgende werke te reduseer tot ongeveer 600 woorde.   
     
    Die bronne gebruik was die volgende:   
     
    Diarmaid MacCulloch : A History of Christianity: The First Three Thousand Years. London, Allen Lane. 2009.    
     
    Philip Jenkins : Jesus Wars: How Four Patriarchs, Three Queens, and Two Emperors Decided What Christians Would Believe for the Next 1,500 Years, New York: Harper One, 2010,   
     
    Jaroslav Pelikan: The Christian Tradition: A History of the Development of Doctrine - Volume 1: The Emergence of the Catholic Tradition 100–600 (1973)   
     
    J. B. Bury : Redakteur van Cambridge Medieval History  
     
    Robin Lane Fox : Pagans and Christians: In the Mediterranean World from the Second Century AD to the Conversion of Constantine (London: Viking, 1986, ISBN 978-0670808489; Penguin Books Ltd new edition, 2006,   
     
     Bart D. Ehrman : Misquoting Jesus: The Story Behind Who Changed the Bible and Why. HarperSanFrancisco. 2005.   
     
    Gershom Scholem : The Messianic Idea in Judaism and other Essays on Jewish Spirituality, trans. 1971   
     
    Amy-Jill Levine: The Historical Jesus in Context, Princeton.   
     
    Met dit as die agtergrond is daar geen begeerte om met 'n persoon, Kobus de Klerk in eindelose gesprekke vas te val wat nie 'n enkele bladsy van bogenoemde gelees het, maar nog steeds hom gemagtig voel om alles wat in kontradiksie tot sy stellings hier doodgewoon te verwerp.   
     
    Daarom, vir die wat meer wil weet, gaan lees, lees, lees, dit maak dom gesprekke met Kobus dood.   
     
    Wat het Kobus.   
     
     Teksverse en eindelose retoriek en dit laat alles buite sy eng verwysing doodgewoon uit.   
     
    Op daardie gronde kan geen gesprek plaasvind nie.   
     
    En ook, dit is soveel lekkerder om te lees en 'n kalm, redelike, ingeligte persoon aan die ander kant van die gesprek te vind in teenstelling met die eindelose armoedige herhalings wat Kobus de Klerk bied. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter.
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Ek staan by my verdediging van jou, maar sedertdien doen jy niks wat ek kan verdedig nie. Inteendeel, dit is nou só – jy het in ’n manteldraaier ontaard, juis relevant in ons gesprekke, want dít is waar dit plaasgevind het.

    Jy sê jy is ’n vriend van Godsdiens? Maar, wat ek jou wél gevra het (en jy nog nie beantwoord het, waarvan ek weet, nie), hoe is jy ’n vriend van Godsdiens, maar nie van die God van die Godsdiens nie? Of is dié vriendskap van jou ook maar sommer net ’n woordspel volgens die winde van persoonlike voordeel vir jou?

    Dan jou bronne – wéér ’n nog groter klomp has-beens, neverbeens wat deur jou báie sorgvuldig uitgesoek word totdat jy vind wat jy wíl vind (die res verwerp jy) en dít is snert wat by jou (op hierdie stadium nog) agnostiese sienswyse inpas, terwyl jy die talle ander bronne gewoon ignoreer (geen verskoning, ek het hulle verskaf).

    En ergste van alles, jy kan nié met jou gebrek aan Spiritualiteit en gepaardgaande insigloosheid - jammer, maar dit skiet gedurig soos ’n banier op wanneer julle goed oor sake Spiritueel kwytraak en kan derhalwe eenvoudig nié geïgnoreer word nie, want ek word met die sinnelose vrug daarvan gekonfronteer – die blote logika insien van wat ek sê nie. Daarbenewens is daar niks in jou bronne wat dít wat ek in my artikel uitwys, weerlê nie – hulle behandel dit nie eens nie, meen ek. Bied dit aan, as dit bestaan, sodat ek dit kan behandel.

    Tot dan, is dit dalk beter vir jou om stil te wees. maar as jy reageer, wat jou reg is om te doen, sal jy waarskynlik van my reaksie kry, ooreenkomstig dít wat jy skrywe.

    O, terloops, jy moet tog nie meer so kwaai wees met Kerneelsie nie. Kan jy nie sien nie? Hy probeer só hard om jou albaster vir jou met sy glibberige, slymerige tong blink te lek, arme jy… so hy wil seker tog hê dat jy hom ook teruglek, nie waar nie (hy sien mos wat jy deesdae doen… en hy hóú daarvan)?

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Armoedig…

    Wat armoedig is, Wouter, is ’n mens wat poog om tot ’n besprekingsveld van redelike spesialiteit toe te betree met die verwagting om indruk te maak, maar dan nie toegerus is met die gereedskap óf die vermoë, die bekwaamheid, om die gesprek enigsins sinvol te beïnvloed, te laat vlot, óf bydrae te lewer nie, gepaardgaande met ’n dom insigloosheid en vlak begriploosheid dat hy nie kan insien dat sy gebrekkigheid hom onbekwaam maak om hoegenaamd self net in te sit op dié gesprek nie… en wanneer hy dan uitgevra word daarna, dan gaan raadpleeg hy ánder wat voor hom al, uitgeval het, vir dieselfde redes as waarom hy nie kan vordering maak nie, én ander weer, wat nog nooit eens probeer het, nie… en dan kom hy terug na die gesprek toe, gedeabiliteer met die onkundige dwaalredes van die ander soos en erger as hy self en dan, sónder om volwasse begrip te toon vir sy juveniele aanmatigendheid en  arrogansie, groot stellings kom maak aan die kundiges wat aan die woord is en vir dié probeer wysmaak dat hulle nie weet waarvan hy praat nie…

    Dít is armoedig in die negatiewe sin van dié begrip.

    Die gesprek gaan oor God, die Godsdiens en die gepaardgaande Spiritualiteit en dinamika en die ontwikkeling en ontvouing deur die eeue heen… met die agnostikus wat probeer toetree. Die een wat nie weet nie, wat ander raadpleeg wat ook nie weet nie, dáárdie mens. Die een wat onkunde en wanbegrip en insigloosheid wil opdos en opdis aan kundiges.

    Sien jy jouself, Wouter?

    Kan jy werklik jouself wysmaak dat, as jy in jou patetiese aanslag probeer om te diskrediteer wat ek sê, jy enige afbreuk daaraan kan doen? Jý ?

    So, wat hét Kobus? Kobus het intensiewe jare lange Godsdiens ervaring, Geloof, Goddelike leiding, kennis, toewyding, ywer, Spiritualiteit, Spirituele Intelligensie, ervaring en ’n magdom bronne en ondersteuning van eweknieë en meerderes, jare lange ervaring en ondervinding in en met gesprekke met agnostici op alle vlakke, sodat Kobus hulle modus operandi, maar verál hulle gebreke in die bepaalde veld, góéd ken – direk op punt op die gespreksvlak en gespreksgebied. Natuurlik sal jy dit wil versmaai.

    Waarvan jy niks het, nie... Dit is hoekom jy is wat jy is en dit nie self kan besef nie.

    Het jy enige idee wat jy met jouself aanvang? Besef jy nie dat jy heeltemal uit jou liga is, nie? Dit is hartseer.

    Jy had sóveel potensiaal.

    Kobus de Klerk

  • Kobus,

     
    Laat dit wees soos jy jouself beskryf het in die oortreffende trap en met 'n selfwaan wat nie einde het nie, maar wat ek geskryf het staan ook en is op rekord nie net in die briewe deur my geplaas nie maar ook in die boeke wat daardie historiese rekord opgeskryf het. 
     
    Die historiese verloop soos beskryf deur my wat bevestig dat die debatte oor die aard van Jesus honderde jare geduur het staan daarom nog steeds, net soos die mitologiese onderbou en Grieks-Romeinse konteks waarin die Joodse en Christelike gelowe ontwikkel en funksioneer het nie net gaan verdwyn nie. 
     
    Daarmee ook gaan die fondasie wat die Joodse geloof geskep het vir die Christengeloof ook nie net verdwyn nie. Die rekord sou nie oornag verander nie of aangepas kan word nie. 
     
    Dit was die verloop daarvan en dit is wat die historiese rekord aandui en verwoord is net soos jou retoriek nie 'n duik daarin kan maak nie of dit kan verander met 'n stortvloed van woorde nie.
     
    Schaff is gevind en die toon ooreenstemming met wat jy hier verkondig, maar het Schaff jou gevind of jy vir Schaff. 
     
    Net soos Schaff vandag bevestig word as 'n tipe van geskiedenisskrywe wat nie meer aanvaar word nie en geen erkenning geniet as 'n betroubare verwoording van die historiese rekord nie. 
     
    Daarteen is jy magteloos teen dit en die retoriek wys dit, daarom die lofprysing van Kobus aan Kobus deur Kobus vir Kobus.
     
    Nog steeds is daardie lofprysing en dit wat jy hier verkwansel armoedig tot die rykdom wat kennis bied en 'n werklike verstaan van die werklikheid bring. Vind my eerder daar en sonder die wensdenkery van "spirituele intelligensie". 
     
    Al mag jou skelfrases, "dom insigloosheid, vlak begriploosheid, gebrekkigheid, onbekwaam(heid)" die norm wees wat in elke brief verskyn en hier opgesom word en jy graag dat aan alle deelnemers toedig is dit gelukkig nie waar nie.
     
    Daardie skelfrases is die werklike vrug van jou "spirituele intelligensie", maar die sal jy nie sien nie.
     
    Cornelius Henn is geen bondgenoot van my nie en sal nooit wees nie. 
     
    Biede van julle verkwansel julle eie maaksels as die enigste waarheid hier en moet volkome as onsin verwerp word. 
     
    Die spel van 'n persoon ondersteun om my argumente stukrag te gee, die speel ek nie, die persoonlike in hierdie konteks is nie my belang nie, maar wel 'n akkurate formulering van die onderwerp onder hande. 
     
    Hetsy dit Coetzee, Zimbabwe, Konstantyn, die sittings en die debat oor Jesus se aard is. 
     
    Dit is moontlik om die waarheid te weet en dit is my enigste motivering. 
     
    Kraak maar af na hartelus. 
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Nie afkraak nie, Wouter, dis die spieël voor jou.

    En, soos ek sê, alles wat julle weerspreek, word deur julle, die onkundiges, die kansvatters, die met die vooroordeel, verwerp, omdat julle gewoon net geen antwoord meer het, of ooit gehad het, nie.

    Jy het my eers verwyt dat ek nie steun het vir my uitwysings nie. Toe ek steun in oorvloed aanbied, gaan jy, instede om die behoorlike ding te doen en te erken dat ek nie alles uit my duim suig, soos jy valslik beskuldig het,  nie, en af te sien van daardie leuenagtige, insiglose houding, kom jy nou met ‘n nuwe stommiteit - "Net soos Schaff vandag bevestig word as 'n tipe van geskiedenisskrywe wat nie meer aanvaar word nie en geen erkenning geniet as 'n betroubare verwoording van die historiese rekord nie." Ek het lyste ander óók gegee! Wil jy nou meer! “Nie meer aanvaar word … nie”

    Deur wie nogal? Deur jóú? Wát weet jy? Deur ander, so onbekwaam en insigloos soos jy? Wat kan mens anders van julle verwag? Dat julle daardie bronne sal erken, en daarmee bevestig dat julle oneerlik en spiritueel siek is? Allergies vir die waarheid (met erkenning aan Jan Rap)?

    En so verwerp jy al die bronne wat ek aan jou voorgehou het? Bloot omdat dit jou in jou insigloosheid en onkunde onkant vang en weerspreek? Kan jy sien, waarom ek jou in dieselfde klas an Kerneels sit, want dit is waar jy hoort.

    Niks wat jy deesdae te kenne gee, het meer integriteit nie – kyk wat doen jy deesdae - die YouTube bron wat jy valslik voorgehou het, as synde jou standpunte verbatim te ondersteun, nie. Waarom het jy gedink, gaan jy daarmee wegkom? Wat makeer jou deesdae?

    Ek moet op hierdie stadium aanvaar dit is hoe jy werklik is – dat die ordentlikheid en die integriteit waarvoor ek jou krediet gegee het, alles ’n fineer was. Maar, dit is mos hoe dit werk – daardie fineer kom af, kom wat wil. So word julle ontbloot vir wat julle werklik is. Moet sê, dit het ’n rukkie gehou, maar teen verbysterende spoed afgekom, ook…

    Jy het geen betroubaarheid en geloofwaardigheid meer nie en dit maak jou en Kerneels baie beslis onwillige bondgenote – julle is woordswendelaars - jy, net meer gesofistikeerd as sy baar gebraak, maar pasop! Jy is vinnig op pad na sy laag-soos-haaibollie standaard. Vinniger as enigeen anders met wie dit hier gebeur het.

    Jy is dus nie meer relevant nie. Ga’ speel saam met Kerneels buite.

    Vind jou integriteit terug, dan kyk ons weer.

    Kobus de Klerk  

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Jy sê dit is moontlik om die waarheid te weet, maar nie as jy die leuen glo, en bevooroordeeld teen die Waarheid staan, nie. Dan is dit 'n klug,omdat jy dan die Waarheid wil neem en dit wil tooi en beklee met die leuen en die klug is wat jy tans weer met ywer najaag...

    Hou die klug vir jouself, ek verpes die klug. Dit maak jou leeg, soos wat jy nou is.

    Nou ka' jy gaan speel.

    Kobus de Klerk.

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Ek lig my hoed vir jou. Die geduld wat jy gehad het en nog steeds het met Kobus se onredelikheid is iets wat ek nooit sal hê nie. Mense soos ek steek die wêreld aan die brand, terwyl mense soos jy dit gesond maak.

    Chris

  • Hello Chris.

     
    Baie dankie daarvoor. Dit bevestig egter ook 'n aspek waaroor ek en jy in die begin gepraat het, die idee van die loopgrawe en hoe gesprek net nie vorder nie. 
     
    Ek moet erken dat ek verkeerd was en dat gesprek onmoontlik in sekere gevalle kan wees. 
     
    Vir gesprek om te vlot moet daar 'n bereidwilligheid wees om waarhede te erken in die standpunte van jou teenstander, dit is egter onmoontlik vir Kobus en dan vir vele ander in soortgelyke gevalle. 
     
    Daardie mislukking dood gesprekke soos klokslag en moet "ek" dit aanvaar. 
     
    Die ironie is dat daar na drie pogings en vele ander hier deur hom, nog steeds nie 'n duik in die historiese rekord gemaak kon word nie en dit is die tragedie van sy kant. 
     
    Die sittings het plaasgevind, die debatte het geloop tot laat in die 600's. Die Griekse en Romeinse konteks kan nie ontsnap word nie. 
     
    Dit is die verloop. 
     
    Jammerte vir 'n Kobus wat glo dat hy met retoriek dit gaan ongedaan maak. 
     
    'n Mens kan maar net jou kop skud. 
     
    In die lig daarvan dan 'n antwoord wat dit beteken vir my om 'n vriend van Godsdiens te wees. 
     
    Dit beteken doodgewoon dat die wat naby is word nie bevraagteken nie en nie elke geleentheid gebruik om die onwaarskynlikheid dat dit waar kan wees bevraagteken nie, net soos ek die "sielkundige impuls" tot geloof respekteer. 
     
    Vir myself egter sal 'n persoon soos ek wat die geskiedenis ken en die kronkels en draaie ken, nog glo? 
     
    Dan is die antwoord, nee. 
     
    Die Joodse fondasie, die konsep van die messias, die verkillende verwagtinge, die Grieks-Romeinse invloed, die rol van mitologie, die debatte oor Jesus se aard tot laat in die 600's. Die politieke ondersteuning en die uiteindelike wetgewing teen die Pagans wat die veld vir Christenskap finaal oopgemaak het. 
     
    Wie sal met al daardie kennis glo? 
     
    Daarom, gaan ek nou buite speel. 
     
    Dit is so 'n lekker sonskyn dag. 
     
    Beste groete
     
    Wouter
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top