2012-03-06Beste Cornelius
Jy moet my dit nie verkwalik nie, in die verlede het jy my al onnosel genoem, en jou vriend, Kobus, sal graag dit beaam, maar ek verstaan nie 'n woord van wat jy skryf nie. Orraait, dis bietjie oordryf, maar ek is seker jy weet wa
2012-03-05Daar is 'n hele koskas en koelkas wat vir jou wag om met spirituele insig ondersoek te word. Kom ons kyk of dit dalk meer vrugte afwerp as jou pogings uit die Bybel.
2012-03-05Ons begin sommer by die begin.
In watter detail het Darwin met die protosoön aspek gehandel, Angus? En terwyl Chris besig is om die agterkant van ontbytkos boksies te deursoek vir beter antwoorde as die een hierbo, vertel vir ons kortliks
2012-03-05Betrokkenheid van die H19 geen by Partenogenese.
In ? brief van my (reaksie nr 3) het ek gesê: “Hulle het aanvanklik die kern van twee muiseierselle vir hierdie eksperiment gebruik. Die een vroulike eiersel is geneties gemanip
2012-03-05Nou ja, Chris, hoe gebrekkig en oppervlakkig die sameswering-vlokkies teen arme ou Sokrates ook al was, wat jy opdis (met of sonder melk en suiker?), dit het hom ook “geflous” gehad, met dié dat hy toe op Euthyphro probeer staatmaak om
2012-03-05Nee Chris ek praat met Jaco. Op die stadium wat ek my boodskap gepos het was joune seker nog 'onderhewig aan moderering', dié dat myne toe uiteindelik net na joune verskyn. Jou Afrikaans, sou ek sê, is foutloos.
2012-03-05Jaco,
Jou insig van die Woord is beroerd. Die Woord leer “…vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil”. Waar kom jy aan jou storie?
2012-03-05Darwin se "fantasia" berus op jarelange navorsing. Waarop berus Adam se kitsskepping uit 'n hopie grond en Eva se skepping uit sy ribbebeen? O, God het sy toorstokkie geswaai en tarragie tarragoe, ek kul jou hier ek kul jou daar gesê?
&nb
2012-03-05As jy jou kop in die grond gaan druk en jouself doelbewus onkundig hou oor evolusie en Darwinisme sal jy sekerlik dit hierbo kan kwytraak en dit selfs laat klink asof dit sin maak op 'n manier.
Met jou kop in die sand vloei hierdie woorde van 'wyshe
2012-03-05Met die mees oppervlakkige kennis van Athene aan die einde van die 5de eeu is dit duidelik dat die saak teen Sokrates nie gegaan het of hy die gode geag het of nie. Hierdie argument is al oor en oor deur altwee kante (gelowiges en ongelowiges) misbruik.
2012-03-05Ja, Jaco,
Dit is waarom daar vir jou ook hoop is - want die HERE se vergiffenis reinig alles. Het jy nie geweet nie? God, die HERE, soek nie perfekte mense nie, want Hy weet Hy sal geen vind, nie. Maar Hy het groot behae in mense wat voor Hom kan
2012-03-05Ek sien met verbasing Wouter, of eerder, Dawkins, wat deur Wouter gepapegaai word, se insluiting van die sogenaamde “390,000 self proclaimed Jedi” in sy kommentaar oor Pew se Christendom rapportering.
Enigiemand wat so bietjie so ondersoe
2012-03-05Sokrates se dialoog weerspreek jou, Chris - hy het erken dat "piety" dit is wat die gode sou behaag, maar het gesê dat kan nie gedefinieer kon word nie, omdat die gode nie saamstem nie. Was daar sprake vir hulle van net een God, was die ge
2012-03-05Angus,
Geen kwalifikasies van jou af, nie? Ek maak nie staat op my eie kennis nie, maar het vir jou genoem vanwaar ek my inligting kry – van mense wat klaarblyklik deskundiges is en werk met dié dinge – maar jy?
Ek het nie ge
2012-03-05
Nee man magties oom Aartappelboer! Ek is van mening dat Chris navraag gedoen het oor of jy die grappie self uitgedink het! Ek het toe wel genoem dat jy die ablusieblok en latrinegedeelte self bygevoeg het en dat die res nie jou eie oorspronklike gedagte
2012-03-05Gee vir Kobus 'n paar minute en hy onttrek van die agterkant van 'n Kellogg's Corn Flakes-doos vir jou 'n spirituele interpretasie wat jou reguit lei na die waarheid van die drie-enige God van die Bybel.
Sokrates sien dat 'n morele standaard rasioneel on
2012-03-05“Piety “, of Godsaligheid, is eenvoudig om te bepaal.
Die antwoord is dat God die bron van alles wat goed en Godsalig is en derhalwe is God die eksklusiewe bepaler van die norme daarvan.
Goedheid en Godsaligheid bestaan nie buite God n
2012-03-05Wat help dit om met die ANC hieroor te praat? Dit is dan juis die ANC wat Afrikaans wil uitroei: Die Afrikaner was die onderdrukker en Afrikaans is sy taal en dus moet dit uitgeroei word. Die Afrikaanse kerke, politici en so aan het hierdie in
2012-03-05Snaakse ou wêreld die van ons. Lewende organismes het vir meer as drie duisend miljoen jaar voordat een van hulle besef het wat die waarheid is. Sy naam was Charles Darwin. Goed, daar was ? paar ander voor hom, maar hy was die eerste wat dit mooi ve
2012-03-04Glad nie, Chris,
Ek dink ons weet nou al dat, waar dit by dinge spiritueel kom, wie die idiote in die verhaal is…
Ek het nie nodig om Plato weer te lees nie, ek dink jý moet, nadat jy weer aandagtig my kommentaar hierbo gelees het m
2012-03-04Beste Kobus
Ek het aan jou beskrywe hoe Japannese wetenskaplikes in 2004 maagdelike geboorte bewerkstellig het deur gebruik te maak van twee muiswyfies se eierselle. So is die muis, Kaguya gebore sonder die tussenkoms van ? manlike spermsel
2012-03-04Nee Kobus ons verwerp bloot dit wat beweer word sonder aanvaarbare bewyse.
Gee ons net een behoorlike bewys en ons is almal op die godsdienswa.
Thomas
2012-03-04Beste Kobus
Ek verstaan die spirituele wêreld waarvan jy praat maar alte goed. Marietta Theunissen het dit al hope kere gedemonstreer op Kyknet. Julle spiritiste en afgestorwenes verkeer saam in ? nie-fisieke wêreld. Julle kommu
2012-03-04Net Satan en sy telge gee voor om ander se werklikheid soos jy te ken ou Kobus ...
Ja, wie't jou GOD gemaak om so te veroordeel ou Kobus?
Ek vergewe jou nogmaals.
Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.
Jou broeder in Adam,
Ekke
2012-03-04Sokrates-hulle het ’n goeie konsep gehad van hoe die Goddelike sou funksioneer, byvoorbeeld, as die bepaler van norme, beginsels en moraliteit. Eers láter het hulle onder leiding van Paulus en opvolgende evangeliste, besef dat daar nie &rsquo
2012-03-04Natuurlik het ek aangedik. Wie dik nie aan as hy 'n grap vertel nie? Ek dik die heining ook lekker aan.
Is jou toets vir oorspronklikheid dat jy, Francois van Wyk, dit nog nie moes gehoor het nie? ALLE grappe was net een keer oorspronklik, en daarna is h
2012-03-03... en nadat ek hierdie stuk vanmiddag gesien het, wil ek dit aanbeveel. Ek het gehou daarvan dat die teks aangepas is vir Suid-Afrikaanse gehore en vir my het dit gelyk of Antoinette Louw en Sandra Prinsloo mekaar goed in elk se rol verstaan. Ek het gewe
2012-03-03Cornelius,
Daar is geen punt in vir jou om vir my uit die Bybel aan te haal nie. Voor jou het die satan dit al probeer teen die HERE, om vir die HERE uit die Heilige Skrifte aan te haal – sonder énige resultate – net so sin jou gev
2012-03-03Daar is geen punt in om alle feite wat daarop dui dat die Christendom toeneem, te probeer wegredeneer met ander minder omvangryke prosesse, soos die British Social Attitudes survey, nie – al wat daar gebeur, is dat twee prosesse verskillende getalle
2012-03-03Hello Jaco
Ek kan nie help om te dink dat jy God sien as 'n wese wat bestaan en dat jy in daardie hoedanigheid kwaad is vir hom. Dis eers as jy besef dat dit nie so is nie dat jy kan terugstaan en besef jou woede gemik is teen fiktiewe karakter
2012-03-03Thomas, ek gee toe dat wyl hier nog geen verdere neerhaal en belediging van ou Kobus is nie, hierdie bydrae beslis bewys van 'n ryke verbeelding is.
Dis altyd aangenaam om so iets van enigiemand te lees.
Soos ek altyd seg; as jy d
2012-03-03Die enigste sinne in hierdie brief van Kobus wat dalk die moeite werd is om op te reageer is die eerste en laaste:
"Bloedskande is slegs bloedskande omdat God dit só getipeer en verbied het, na die sondeval."
Dit laat my dink aan Euthyp
2012-03-03Hierdie soort van gesprekvoering is nie welkom nie, Thomas. As "geleerde" behoort jy tot beter instaat te wees. Ek kan nou voortgaan om jou in series sleg te sê, met al die materiaal wat jy self daartoe verskaf. Dit is die maklike deel, en