Die darwinistiese evolusionis beweer dat alle lewe op aarde ontwikkel (geëvolueer) het uit een gemeenskaplike voorouer, as ’n kontinue fenomeen, sonder enige voorbeskikte of vaste kategorieë, dus sonder enige Goddelike intelligente ontwerp, skepping of voorbeskikking – trouens, om juis dié punt te probeer maak, het Darwin sy teorie gepubliseer.
Wat daardie essensiële voorouer aanbetref, daardie hipotetiese uit-die-oersop-ontstaande protosoön, het ons uit vorige artikels wat ek hieroor geplaas het, gesien dat deskundiges vanoor alle spektra dit eens is dat daardie voorouer wat dié proses sou inlei, nie ’n werklikheid is, nie, maar inderdaad slegs as ’n aanname bestaan, waarvoor die kanse op werklikheid feitlik onberekenbaar klein, is. Dit is dus ’n onbewysbare hipotese. Tog is dié onbestaande voorouer, gebruik om die hele darwinistiese stamboom vir alle lewende spesies vandag, op te bou. Ons het ook gesien hoe die beweerde ontwikkeling van selle in die diversiteit soos ons dit ken, weens die kompleksiteit daarvan, óók nie deur ’n proses van ewekansigheid by wyse van toevallige natuurlike seleksie en mutasie kon geskied nie – en dít, ewekansigheid by wyse van toevallige natuurlike seleksie en mutasie, is die skeppergod van die darwinistiese evolusieleer.
Tog hou evolusioniste vol en sê, deur verloop van baie biljoene jare, sou dit alles kon plaasvind – maar ook dít is ’n hersenskim, want fossiel getuienis weerspreek dit ( Stephen C Meyer, The Explanatory Power of Design, DNA and the Origin of Information. P118).
Die ander been waarop die darwinistiese evolusioniste steun, is natuurlik die fossiel rekord. Dié sê hulle, bied vir hulle fisiologiese bewys vir hulle evolusionêre extravaganza van hipoteses en aannames.
As mens egter die natuur ondersoek, word die darwiniste se aansprake in wesentlike opsigte, ná meer as twee eeue se intensiewe paleontologiese uitgrawings en miljoene fossiele van oor die wêreld heen, óók geëmbarrasseer, omdat die fossiel rekord juis nié daardie kontinue ontwikkeling (evolusie) uit een gemeenskaplike voorouer, as ’n fenomeen, steun nie.
Wat min mense oplet omdat die evolusioniste dit sorgvuldig probeer verskuil, is die manier wat hulle het om hoofsaaklik net na vertebrae te verwys en te behandel wanneer hulle dit in die publieke oog hanteer. Die insiggewende feite hieromtrent word só gestel:
“The evolutionist is failing to mention to his audience that vertebrates constitute less than .01% of the entire fossil record, and of these fossils, most species are represented by a bone or less! What about the other 99.99% of the fossil record? Complex invertebrates make up the vast majority of this portion of the record, roughly 95%. We have catalogued literally millions of different species of these very complex creatures, and we have entire fossils, not just pieces here and there. In this rich and virtually complete portion of the fossil record, there is not a single sign of evolution, whatsoever!!!” –
Fossil distribution data from Answers in Genesis, based on various sources (including Paleontologist Dr. Kurt Wise); Boston Globe article A Little Fish Challenges A Giant Of Science referring also to Douglas Futuyma, “Evolutionary Biology” (3rd Ed. 1998 chapter 6, “Evolving Lineages in the Fossil Record); R.D. Barnes, “Invertebrate Beginnings”, Paleobiology, 6: 365-70.
“The mystery of the origin of flowering plants was and still is complicated by the lack of any obvious candidates for next-of-kin for the group.” –
M. R. Bolick and R. K. Pabian, The Abominable Mystery Of The First Flowers: Clues from Nebraska and Kansas”.
“Fossils are a great embarrassment to Evolutionary theory and offer strong support for the concept of Creation." –
Dr. Gary Parker, Ph.D., Bioloog/paleontoloog en voormalige evolusionis.
En Charles Darwin? Word uit Origins aangehaal dat hy sê dat dit net ’n kwessie van tyd is, dan sal die vermiste skakels in groot getalle gevind word – nou bykans twee eeue en miljoene fossiele later…
“All of the complex invertebrates appear fully-formed without a trace of ancestors or transitional forms linking one to the other.... If evolution is true, the rocks should contain billions times billions of fossils of the ancestors of the complex invertebrates. Yet, not one has ever been found! Even more convincing, if that can be said, is the total absence of intermediates between invertebrates and fishes, and the total absence of ancestors and transitional forms for each major class of fishes... It is physically impossible for millions of years of evolution to take place, producing a great variety of major types of fish, without leaving a trace…The evidence from the fossil record ... has established beyond any reasonable doubt that evolution has not taken place on the earth” -
Duane T Gish, Ph.D. Biochemie, Universiteit van Kalifornië en voorheen navorsings biochemikus by die
Cornell Universiteit en Upjohn Company, Evolution: the Fossils STILL say NO!, 1995, p. 81.
Wat wel duidelik is, is dat die fossiel rekord véél meer ondersteuning bied vir die Genesis verklaring van die skepping in die Woord, waar báie duidelik aangedui word dat God die hoofsoorte apart geskape het, algar uit dieselfde aardelemente, (wat die fisiologiese ooreenkomste verklaar), maar elk met sy unieke kenmerke, sonder enige transisie van een soort na ’n ander.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus,
Angus, dis maar moeilik om te kies tussen die vier kotskolle wat Kobus hier vir ons gelos het vir die naweek. Gelukkig kan mens gewoonlik maar net fokus op sy laaste paragrawe, want dit is waar hy soos 'n dom hondjie deur sy eie braaksel loop. Soos hierbo:
Wat wel duidelik is, is dat die fossiel rekord véél meer [wetenskaplike?] ondersteuning bied vir die Genesis verklaring van die skepping in die Woord, waar báie duidelik aangedui word dat God die hoofsoorte apart geskape het, algar uit dieselfde aardelemente, (wat die fisiologiese ooreenkomste verklaar), maar elk met sy unieke kenmerke, sonder enige transisie van een soort na ’n ander.
Nadat hy links en regs kopieer en plak vanaf die Discovery Institute voel hy dat die leser goed genoeg van die spoor af gelei is met die wysheid van sy vrot-snoek-wetenskaplikes, en dat hy nou, sonder dat iemand agterkom, hierdie belaglike gevolgtrekking kan ingooi sonder verduideliking.
Kom ons gee toe, ter wille van die argument, dat al sy aanhalings 100% korrek is en dat die fossiel rekord (ons vergeet maar op hierdie stadium die ander lyne van bewyse ook) evolusie weerspreek. Sal hy nou so gaaf wees om sy Bybel nader te trek en sy gevolgtrekking met hoofstuk en vers wetenskaplik demonstreer! Op grond waarvan (maw iets anders as sy beroemde spirituele insig) verbind hy die Bybel met die die fossiel rekord. Deel van sy verduideliking sal die menslike fossiele wat ten minste 100 000 jaar terug dateer moet verduidelik, uit die Bybel natuurlik!
Jou ou versoek is afgesaag, Chris. Die Bybel, is al tot satwordens toe gesê, is nie bedoel om ’n wetenskap handboek te wees nie, hoewel daar akkurate wetenskaplike inligting in vervat word om die Spirituele (Goddelike) aspek waarop dit betrekking het en wat relevant is tot die Spirituele aspek, uit te wys. Eerstens dui dit aan dat God inderdaad die skepper is. Tweedens dui dit aan, hóé God skep, in die sin dat God nie die skepping as ’n kontinue proses laat loop het, nie, maar in stadia, of fases, skep. En dan ook meer in besonder die feit dat God dei huidige aardse bestel geskep het en dat God die skepping (weereens) in fases gedoen het. Dit is mos nie wat die darwinisme sê nie. Maar die feitelike inligting wat die darwinisme moet ondersteun en wat Darwin self oor gefrustreerd was, omdat dit nie te voorskyn gekom het, nie, maar hy gemeen het, sal bietjie later te voorskyn kom, het nié gematerialiseer vir Darwin óf die neo-darwiniste, nie. Wat wél gematerialiseer het, is in essensie meer bevestigend vir die Woord se Goddelike in-stadiums-skepping as wat dit die darwinistiese hipotese sou moes ondersteun. Ek het ’n paar maal tevore gesê dat die Woord aandui dat God van tyd tot tyd die lewe op aarde hernuwe. Die Kambriese ‘ontploffing’ is een voorbeeld daarvan en is ’n geweldige verleentheid vir darwiniste van enige alliansie. Dit is voor die hand liggend. Maar om dit te kan verstaan en begryp, moet die Spirituele jargon kan begryp en verstaan – wat jy nog nooit kon doen nie, vandaar dat jy ’n ateïs evolusionis, is.
Dawkins word aangehaal by geleentheid by Oxford ewe grootbek te gesê het “… next time somebody tells you that something is true, why not say to them: "What kind of evidence is there for that?” en “It is absolutely safe to say that if you meet somebody who claims not to believe in evolution, that person is ignorant, stupid or insane (or wicked, but I'd rather not consider that)”. Nou, na die stortvloed van werklike wetenskaplike getuienis wat hom lynreg weerspreek en wat sy hulpelose gebrek aan bewyse vir sy eie religie, die darwinistiese evolusieleer, soos pale bo water uitlig, is daar sóveel eier in sy gesig weens sy groot smoel, dat mens ’n eenheid soldate daarmee kan bedien vir ontbyt.
Op hierdie stadium en dit sal net vererger vir julle, is julle gespartel ’n patetiese gesig. Al wat julle kán doen, is skel en ontwyk. Moet bitter wees om te moet besef dat ten spyte van hoe julle al wie weet hoe lank met groot smoele in die openbaar rondgaan en vertel hoe “belese” en “intelligent” julle is en hoe julle rede julle deurdra en hoe vol “kennis” julle is en vir almal vertel hoe onnosel húlle is, soos julle arrogante en verwaande maar insiglose en onkundige mentor Dawkins (hy, soos julle, lees baie, maar verstaan klaarblyklik nie – nes die aap waarvan hy, soos julle, graag wil afstam – jy kan die aap uit die bos uitneem en hom met allerlei opsmuk, maar jy kan waaragtig nie die bos uit die aap uitkry nie) julle laat papegaai agter hom aan sonder dat julle self besef watter kraters julle van julself maak… want hy het in die spieël gekyk toe hy dié dinge gesê het en homself gesien het en dit toe in die tweede persoon oorvertel.
En dan, jóú persoonlike arrogansie en verleentheid om die wye seleksie van wetenskaplikes, talle waarvan evolusioniste is of was, as “vrot snoek wetenskaplikes” te wil afmaak? Jý? Angus? Thomas? Wat op aarde weet jý, júlle? Dit wys net hoe integriteitloos julle is -
Dit is dinge soos dié wat julle werklik irrelevant maak in enige ordentlike, dinamiese gesprek. Julle tussenkoms bring ’n vervlakking van fatale proporsie in enige sinvolle gesprek. Dit is maar net hoe dit met julle is. Enigste manier om dit teë te werk, is om julle te ignoreer vir die dwase wat julle is. Die Woord waarsku hoeka teen sulkes en julle bewys die Woord selfs dáárin, keer op keer akkuraat.
Kobus de Klerk
100,000 jaar oue “menslike” fossiel, Chris?
Ek vermoed jy praat kopbene soos Shkul? Daar ís ou menslike skelette, maar 100,000 jaar? Daar is ou skelette van mens en dier wat geleef het voor die vloed en redelik goed behoue gebly het as gevolg van die Sondvloed (weens verslikking) waarskynlik van voor Sondvloed rasse wat geleef het en nie so oud soos beweer nie.
Jy behoort mos te weet dat daar báie kansvattery en valse aansprake met die sogenaamde datering is. Datering van skelette en fragmente daarvan dat dateer vóór die huidige bestel op aarde, dit wil sê, van die skeppingstyd tot voor die vloed en daarna, is uit en uit spekulatief en jy sal nie mense daaronder kry, nie. Dus, as ’n evolusionis soos jy en Angus vir ons sê dat, byvoorbeeld, Shkul V (’n komposiete model – stukkies beenfragment – wie sê dit is skedel fragmente - bymekaargesit met modelleerklei ingevul en voorgestel), byvoorbeeld, tussen 80,000 en 120,000 jaar oud is, moet mens vir julle dadelik afvra – waar is die bewyse? Let op Skhul se datering variasie – ’n volle 50% van die aanvanklike syfer – wat bevestig dat dit pure spekulasie is, indirek geskat, nie direk getoets nie en die fragmente kan van enigiets wees, nie noodwendig skedel nie.
Ongelukkig is die integriteit nie goed nie en hier is ’n paar redes waarom mens nie die datering sonder verifikasie kan aanvaar nie:
“Piltdown man and the Nebraska man are two examples of how much speculation and presupposition plays a part in evolutionary thinking. Piltdown man was a hoax that fooled specialists for forty years: ape and human fossils doctored to look like they belonged together. The bones were treated with iron salts to make them look old, and the teeth filed to make them look like ape's teeth. Nebraska Man was built up from a single tooth that later turned out to be that of a pig. Another "skull" assigned to Pithecanthropus turned out to be an elephant's kneecap. Recently, an article in the Science News told of a researcher who identified a dolphin's rib as a collar bone of an ape-man. He claimed that the specimen resembled the clavicle of a pygmy chimpanzee and thought that the curve of the bone suggested that it walked on its hind legs. The writer jested that the fossil should be called Flipperpithecus! An UPI press release revealed that a skull fragment hailed by experts as the oldest human fossil found in Europe, dubbed "Orce Man," was most likely a piece of the skull of a four-month old donkey! Because of the fragmentary nature of the bones, scientists use much liberty of imagination when they reassemble them. Java man, discovered in 1891-1892, consisted of a left thighbone fragment, part of a skull cap and three molar teeth. Eugene DuBois found these parts within a 50-foot range with other bones of animals. Recent finds have essentially identified him with modern man; the skull of a small woman, the femur completely human, and the teeth not belonging with the rest. He concealed the fact that he found other bones, totally human, in the same strata not far away. A famous Australopithecus find is the Taung skull, named after the region in South Africa where it was discovered. Recently, specialists analyzed this specimen by computer-aided tomography, to penetrate its rock-filled insides. These tomography pictures have convinced many theorists of human evolution to revise their earlier opinions that A. Africanus was more humanlike than apelike. Early human fossils are dated from their strata. This means that the dating of these fossils is dependent upon the assumptions of evolution. The problem is, truly human fossils were discovered in strata dated older than Australopithecines, supposedly the oldest ancestor to man. Where the radiometric date does not agree with evolutionary thinking, it is surprising how they adjust and massage the data to fit the theory. The radiometric dating of "Lucy" is an example. After the original date of 3.6 million years became unpalatable, a geologist suggested that the date should be revised downward to 3 million years based upon comparative dating of similar volcanic tuff. Another date was 2.6 million years, then 2.9 million years, and then 1.8 million years. Now, they believe that "Lucy" should be about two million years old.”
Qafzeh VI, byvoorbeeld, het geen kakebeen om te vergelyk nie (ape en mense s’n verskil duidelik) en ook is daar belangrike dele van die laterale krania soek. Qafzeh IX vertoon daardie tipiese aap kakebeen. Shkul V is nog meer gefragmenteer en vertoon ook daardie aapagtige mond en kakebeen – die tande vertoon ongeskonde en onnatuurlik vir ’n 100,000 jaar oue skedel. – insiggewend dat die skedel fragmenteer, maar al die tande sit asof ongeskonde almal in ’n ry – en dit nogal van “mense” wat nie tandeborsels, tandepasta en TCP had om tandbederf en mondulkusse teë te werk nie… Mens sou verwag dat die kakebeen se tande moes vertoon soos Qafzeh VI s’n (die bietjie wat daar is). Selfs nie die heel beste bewaarde Egiptiese mummies wat skaars ’n tiende so oud is, kon dít regkry nie – dié se tande is getuienis van tandbederf en ulkusse en is daarmee heen… watse tandartse en mondsorg middels het die ouens dan 100,000 jaar gelede gehad, hmmm?! Kom, jy en Angus behoort te weet.
Ag nee, wat. Julle leef in ’n droomwêreld van selfbedrog.
Kobus de Klerk
De Klerk glo sonder enige twyfel wat hy skryf, brief na brief en skel almal dat "hulle" maar nie hy nie " in 'n droomwêreld van selfbedrog" leef.
Ek wonder of jy besef dat jy in 'n kwelsugtige, venynige ou snertpraterjie ontaard, Wouter, in skrille kontras met hoe jy tevore was. Dalk is dit hoe jy werklik is, nou dat die fineer afgeskraap is?
Jy lewer dus geen bydraes meer, nie. Al wat jy doen, is hierdie tipe van onvolwasse snertpratery sodenr dat jy op enige wyse relevant is.
Ek het jou gewaarsku - jy en Cornelius is in dieselfde bootjie - en net soos met hom is ek ook nie met jou, verkeerd nie.
Natuurlik glo ek wat ek skrywe. Kan jy dit weerlê? Natuurlik nie - vandaar jou nuwe "styl". Pateties!
Kobus de Klerk
Dit kan maklik weerlê word, maar dan glo De Klerk nie in enige vakkundige werk wat in kontras tot sy onkundige oortuigings staan nie.
Hoe neem jou aanmerkings hierbo dinge verder vir jou, Wouter? En dan hoef jy nie kinderagtig in die derde persoon te skryf terwyl jy my direk aanspreek in antwoord op wat ek jou voor die deur lê nie - tyd dat jy groot word.
Jy weet wat jou probleem is. Jy wil net een kant sien, en weergee, asof dit die geheelbeeld is, selfs al is dit nie relevant nie.
Nou, vergelyk nou weer jou antwoord hierbo. Wat help so iets jou?
Neem Freud - is jy kundig genoeg om Freud af te maak, terwyl jou optrede sy model pas? Is jy geregverdig in die propagering van 'n agnostiese profiel van Sokrates wat eers die lig gesien het na ateïsme sy beslag gekry het? Wat van al die geskrifte en kommentare waar Socrates juis geken en geloof word vir sy spiritualiteit, vir die hoë premie wat hy op moraliteit geplaas het, en dat hy ook n redenaar van formaat was? Watter regverdiging is daar vir jou eensydige bevooroordeelde sienings? Plaas hulle en hou op sanik en snert.
So. As jy iets of iemand as onkundig afmaak, beteken dit gewoon dat die leser moet besef dat jy self nie weet wat aangaan nie (jy lees baie maar verstaan weinig daarvan in konteks)
Ek vra dus weer, hoe neem 'n repliek soos hierbo, sake vir jou verder?
Dit is waarom jy na nuwe laagtes van irrelevansie daal.
Kobus de Klerk
De Klerk het duidelik nie 'n idee oor Freud nie, en wou ek 'n artikel oor die onderwerp geplaas het. Ek lees wyd en Freud is een van die skrywers wat my fassineer en hoe daar gepoog word om sin te maak van Freud.
Niks kom van De Klerk waar daar 'n alternatief tot evolusie deur De Klerk en sy soort gepubliseer word nie.
Nog steeds niks nie.
Ons gesprek is die onherstelbare fatale skete van darwinsime, Wouter - jou hunkering dat ek nou die onderwerp verander na Freud se erotika en hoe dit verband hou met homoseksualiteit en Goddeloosheid, sal jy maar moet beteuel, want jy gaan nie wegkom van die feit dat jy 'n klug, darwinisme, dien nie.
Kobus de Klerk