Huismoles in die Darwin-huishouding

  • 4

Die hele darwinistiese evolusieleer is soos ’n kadawer wat kunsmatig regop gehou word deur aggressiewe bemarking en antagonistiese flagrante treitering met bewerings van sogenaamde onkunde, skelwoorde, beledigings en blanko ontkennings, deur sy proponente. Mens sien dit amper soos ’n trait by selfs die plaaslike ateïste oor hulle evolusie religie – dit is nie net Richard Dawkins en ’n paar ander bekendes wat so maak nie. In die tyd wat ek hier skrywe, is dit karakteristiek, ook die somtotaal van die ‘kritiek’ wat my hier te beurt geval het.

Maar ons weet dit is hulle rookskerm. Ek sal kortliks verwys na bekendes, geleerdes, spesialiste op die gebied, want, hoewel hulle by my onkunde kan beweer, sal hulle nie hier slaag teen die ware kundiges nie - om daardie bewering van onkunde eens en vir altyd die nekslag toe te dien en die doodsheid van die fondament waarop die darwinistiese evolusieleer berus, te ontbloot.
Die Darwin evolusie-huis is in wanorde. Die fondasies ontbreek, en daarom is dit besig om te tuimel, bloot omdat dit getoets word, en die toetse nie kan deurstaan nie.

“At that moment, when the DNA/RNA system became understood, the debate between Evolutionists and Creationists should have come to a screeching halt. …the implications of the DNA/RNA were obvious and clear. Mathematically speaking, based on probability concepts, there is no possibility that Evolution was the mechanism that created the approximately 6,000,000 species of plants and animals we recognize today.” -

IL Cohen, Ingenieur, wiskundige, navorser, lid van die New York Academy of Sciences, beampte van die Archaeological Institute of America (N. Shore Society)- Darwin Was Wrong A Study in Probabilities (P.O. Box 231, Greenvale, New York 11548: New Research Publications, Inc., 1984), pp. 4,5,8;

“The immensity of the problem is rarely appreciated by laymen, and is generally ignored by Evolutionary scientists, themselves The process by which life originated was thus a supernatural process and cannot be accounted for by natural processes and natural laws now operating on planet Earth." –

Duane Gish, Ph.D. Biochemie, Universiteit van Kalifornië en voorheen navorsings biochemikus by die Cornell Universiteit en Upjohn Company - "A Consistent Christian-Scientific View of the Origin of Life," Creation Research Society Quarterly, Vol. 15, No. 4 (March 1979), p. 185;

“The chance that useful DNA molecules would develop without a Designer are approximately zero. Then let me conclude by asking which came first the DNA (which is essential for the synthesis of proteins) or the protein enzyme (DNA-polymerase) without which DNA synthesis is nil? There is virtually no chance that chemical 'letters' would spontaneously produce coherent DNA and protein 'words'."

George F Howe, Botanis en bioloog, Ph.D. en M.Sc. in Botanie van Ohio State Universiteit, Post-doktorale studies in stralingsbiologie, Cornell Universiteit, Post-doktorale studies in botanie, Washington State Universiteit, Post-doktorale studies in woesteny biologie, Arizona State Universiteit, voorheen assistent Professor van biologie en botanie by Westmont College, Santa Barbara, Kalifornië, stigterslid en gewese President van die Creation Research Society , Direkteur van CRS Grand Canyon Experimental Station, Professor en voorsitter van die afdeling Natuurwetenskappe, The Master's College, Newhall, Kalifornië - "Addendum to As a Watch Needs a Watchmaker," Creation Research Society Quarterly, Vol. 23, No. 2 (September 1986), p 65.

Ongeag Dawkins se “The Blind Watchmaker” poging, is, soos ons almal alreeds weet, dié premis van Howe bewaarheid deur die werk wat by die J Craig Venter institute baie onlangs gedoen is, toe ’n massa uiters gesofistikeerde tegnologie en geld en die toegewyde breinkrag van 46 wetenskaplikes oor die verloop van 15 jaar aangewend en ingespan moes word om ’n eenvoudige genoom kunsmatig te vervaardig, wat alles uiteraard in uit-en-uit intelligente ontwerp herlei. Dawkins se “Blind Watchmaker” opvolg poging ‘n dekade (1996) na sy eerste, herinner ook sterk daaraan, hoe hy vertel hoe sy rekenaar modelle hom beïndruk het – rekenaarmodelle kom met aansienlike intelligente prosessering en programmering tot stand – hoe kan dit hoegenaamd ‘n bewys vir intelligensielose “randomization” wees ...

Meeste is ou nuus – ‘n aanklag teen evolusionistiese wetenskaplikes. Tóg hou sommige van die sogenaamde evolusioniste aan om die onwaarheid van darwinistiese evolusieleer te bly inforseer op onskuldige studente. Wat sê dit van hulle integriteit? Waarom nie eerlik wees en erken dat die evolusie onoorkomelike probleme in die gesig staar nie?

Die taktiek teen wat ek hier bekendmaak, sal waarskynlik hoofsaaklik tweërlei wees – die gebruiklike slegsê en dan natuurlik die pogings om die kundiges se kundigheid verdagte probeer maak. Maar rasionele bewese teenargumente en teenbewyse? Dít sal ons nie aantref nie, óf dit sal in geringe poging geskied. Ek noem dit, want die lewer moet daarop bedag wees.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 4

Kommentaar

  • Hierdie een sit ek uit. 

     
    Jare terug het De Klerk die stelling gemaak na inligting aangebied is dat dit nie "inligting/bewyse is wat aanvaarbaar is nie". 
     
    Dit is die sleutel, 'n ingeligte persoon het toegang tot inligting wat die toets geslaag het en is dus algemeen beskikbaar, maar dit is nie "aanvaarbaar" nie vir De Klerk nie.  
     
    Met dit as die agtergrond, wat beteken sy "bring julle bewyse". 
     
    Wat sal die doel daarvan wees? 
     
    Neem die kwessie van Judaisme, die Eerdman's Dictionary of Early Judaism en Oxford Handbook of Early Christianity en Blackwell Companion to Judaism weerspreek alles wat De Klerk oor die onderwerp geskryf het. 
     
    Geen bewyse gaan dus aangebied word nie. 
     
    Geen sal aanvaar word nie. 
     
    Hongersnood is die vis se voorland. 
  • Kobus de Klerk

    Jy lees baie, Wouter, maar leer niks. Hoe so? Omdat jy eenogig lees - as jy nie verstaan nie - dit beteken jy lees bevooroordeeld. Daarom kan jy nie die een wees wat jy bestempel as "ingeligte persoon" nie, en verwys jy seker na iemand anders as jy, wat nog moet deelneem aan die gesprek, van julle kant, af.

    Maar jy sal opmerk, dat die aanhalings wat ek plaas, kom uit beide kampe - evolusionis en kreasionis. Nie goeie nuus vir jou nie ,maar jy sal daarmee moet deel.

    Hierdie tipe van onvolwasse hantering met nuttelose kommentaar tydens 'n gesprek vol inligting, is jou achilleshiel.

    Dit is waarom niemand hulle werklik meer steur aan wat jy sê nie, behalwe natuurlik diegene wat net so desperaat verlë soos jy, is.

    In jou kortstondige gesprekke met my, het jy heel leeggeloop. Niks van jou kant, wat meer interesseer nie.

    Dit is nogal hartseer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top