Die Darwinistiese dilemma in staaltjie-formaat

  • 8

Ons sluit weer by die praktiese onmoontlikheid aan wat reeds de novo intree by die protosoön in die oersop en wat ook die lukrake proses van ewekansigheid by wyse van toevallige natuurlike seleksie en mutasie, tref, wat aanspraak maak op kodering van selle wat deur die beweerde proses sou plaasgevind het.

Die agterdeur waaruit darwinistiese evolusioniste uitgeglip het, as hulle met die onmoontlike kanse en waarskynlikheid van hul hipoteses gekonfronteer was, was om onmiddellik sommer voldoende tyd in amper onbegryplike proporsies van biljoene jare soos met ’n towerslag lukraak te voorskyn te bring. Maar selfs dit is later deur navorsing uit hul hande geneem:

“Problems with the Oparin/Miller Hypothesis:

Despite its status as textbook orthodoxy, the Oparin chemical evolutionary theory has in recent years encountered severe, even fatal, criticisms on many fronts. First, geochemists have failed to find evidence of the nitrogen-rich prebiotic soup required by Oparin's mode. Second, the remains of singlecelled organisms in the very oldest rocks testify that, however life emerged, it did so relatively quickly; that is, fossil evidence suggests that chemical evolution had little time to work before life emerged on the early earth. Third, new geological and geochemical evidence suggests that pre biotic atmospheric conditions were hostile, not friendly, to the production of amino acids and other essential building blocks oflife. Fourth, the revolution in the field of molecular biology has revealed so great a complexity and specificity of design in even the simplest cells and cellular components as to defy materialistic explanation.” – Stephen C Meyer, The Explanatory Power of Design, DNA and the Origin of Information. P118.

Om dié punt te demonstreer, word die tersaaklike feite geneem in hierdie staaltjie en humoristies gegeur aangebied, met fyn sarkasme om die absurditeit van die ruggraat van die evolusieleer te demonstreer:

“The information contained in human DNA is sufficient information to spell out letter by letter the contents of 20 Encyclopedia Britannicas.

An evolutionist looks at the card analogy (sien die artikel wat ek gelyktydig hiermee geplaas het, getiteld ’Die Darwinistiese dilemma vir evolusie-dummies...’) and effectively says, "Isn't that amazing, the contents of 20 Encyclopedia Britannicas spelled out in groups of fours all arranged properly and in perfect order and circling the world 6 times. Now how did this happen? Well, I know that if anyone could figure out how this happened, it would certainly be me, and I have already decided that there is no one around smart enough to do it. Therefore, it must be accidental. Isn't that amazing, a series of billions of un-replicatable extremely fortunate accidents spelled out the contents of 20 encyclopedias – and created the language to do it. Wow!"

Then someone else observes, "Well, you haven’t seen anything yet. This whole thing has been compressed, and now we have the contents of 20 encyclopedias inscribed upon a molecule. And not only that, some other accidents created a mechanism that can find and copy the portion of the molecule that it needs. It can stop and start at the correct atom, copy the correct section, check it for accuracy and then use that portion to create one of the specific proteins as well as the instructions for their application that we need to survive!"

"Wow!" says the evolutionist, "it must have been Mother Nature!"

Yes. Mother Nature did it all. She just kept fiddling around and fiddling around until she came up with three billion instructions and correctly inscribed them all into the arrangement of the atoms in a molecule. "They just kept getting good ones and bad ones, you know, until the bad ones died off. Everybody knows that. That's why we have so many good ones and so few bad ones."
That is the most convoluted, illogical explanation coming from any intelligent human since the scientific community believed that the world was sitting on the back of a giant turtle.” – Charles Chesnutt
Waarom doen darwiniste dit, om iets te propageer vir ’n feit en waarheid wat nóóit die potensiaal gehad het om werklik daarvoor te kwalifiseer, nie? Kom ons haal Richard Dawkins aan daaroor:

“Even if there were no actual evidence in favor of the Darwinian theory ... we would still be justified in preferring it over rival theories” –

Richard Dawkins, The Blind Watchmaker (NY Norton, 1986), 287.

En dáármee het Dawkins die darwinistiese evolusieleer self in die kategorie van alternatiewe kreasionistiese religieuse filosofie geplaas, waar dit hoort. Dit is nié wetenskap, nie.
Dit is so ooglopend dat Goddelike Intelligensie vir die verstand-duiselend ingewikkelde prosesse verantwoordelik is.

Groete,
Kobus de Klerk

  • 8

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Nice try, Kobus. Hier is Dawkins in konteks.

    The Blind Watchmaker:

    The obvious way to decide between rival theories is to examine the evidence. Lamarckian types of theory, for instance, are traditionally rejected - and rightly so - because no good evidence for them has ever been found (not for want of energetic trying, in some cases by zealots prepared to fake evidence). In this chapter I shall take a different tack, largely because so many other books have examined the evidence and concluded in favour of Darwinism. Instead of examining the evidence for and against rival theories, I shall adopt a more armchair approach. My argument will be that Darwinism is the only known theory that is in principle capable of explaining certain aspects of life. If I am right it means that, even if there were no actual evidence in favour of the Darwinian theory (there is, of course) we should still be justified in preferring it over all rival theories.

  • Kobus

     
    Kyk in 'n woordeboek wat die woord "infinitief" beteken en dan lees jy weer Dawkins se stelling - dalk verstaan jy dan wat hy bedoel. 
     
    Verduidelik vir ons hoe kom jy uit by jou verstommende afleiding in jou laaste sin. 
     
    Jy het duidelik nog nie jou huiswerk gedoen soos versoek nie. 
     
    Thomas
  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Die meer uitgebreide paragraaf maak ongelukkig geen verskil nie.

    Die kruks van die saak is, al is daar nie getuienis nie, sê hy, sal hy nog steeds met darwinisme vasbyt – hy sê dit in soveel woorde, al trek jy daarvoor klere aan – infinitiewe werkwoord gebruik ten spyt.

    Die materiaal wat ek plaas, is juis om te wys dat daar nié houdbare getuienis is, om die darwinistiese evolusie leerstuk deur te dra, nie - dit is pure konjektuur. Dit help nie om bewyse te vind vir enkele fragmente nie, want die fragmente van nie outonoom bestaan en dan darwinisme genoem word, nie - darwinisme, is 'n stelsel met 'n bepaalde toegerekende funksie en opeenvolging, kontinuiteit. As dit onderbreek word, is dit nie meer Darwinisme nie – die hele leerstelling verg bewys, van onder tot bo.

    Dit ontbreek so seker soos daglig. Hierdie artikel, gelees met die vorige een, wat na die kaarte verwys, dui op die feitlike onmoontlikheid dat die natuurlike seleksie en mutasie proses vir daardie resultate verantwoordelik kan wees.

    Dawkins se aanmerking dat, al is daar nie stawende getuienis nie en dat Darwinisme die enigste bekende teorie is wat in beginsel sekere aspekte van lewe kan verduidelik, is natuurlik wederkerig destruktief. Hoe kan ’n wetenskaplike ’n teorie aanvaar as leidend, terwyl hy self weet dat daar nie stawing daarvoor is, nie – dan is dit mos filosofiese konjektuur, pure bespiegeling. Maar sê hy, al ís dit só, sal hy steeds Darwinisme aanhang.

    Dus, as daar nie afdoende bewys is nie en daar is nie, maar hy byt steeds vas, is dit deur en deur religie. Nou kan jy gerus gaan oplees oor die definisies van twee hoofkomponente van religieuse filosofie, Thomas.

    Elke enkele eksperiment en proses wat deur die wetenskaplikes opgestel was, het slegs tot stand gekom deur die aanwending van baie direkte, nougesette intelligente manipulasie –hoe op aarde sou véél meer ingewikkelde prosesse soos dié hierbo beskrywe en in die ander artikel daaroor, sónder ultra intelligente ingreep, tot stand kon kom? Die inligting dui daarop dat dit gewoon nie prakties moontlik is, nie.

    Die proses is só ooglopend kenmerkend van absolute verhewe intelligensie, dat mens nie anders kan as om God daarvoor te loof, nie.

    Nee, wat, julle het ’n onoorkomelike probleem – julle glo die ongelooflike, die pie in the sky.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Kobus, die meer uitgebreide paragraaf maak al die verskil in die wêreld. Dit wys duidelik op die oneerlike manier waarop die onderwerp benader word deur kreasioniste soos jy. Enige poging deur jou om jouself te regverdig versterk net die aanklag teen jou dat jy geen integriteit het nie. Dat jy bereid is om te lieg vir jou God!

    Die swakste skakel (as dit eers 'n skakel genoem kan word) is jou slotsinne :

    "Dit is so ooglopend dat Goddelike Intelligensie vir die verstand-duiselend ingewikkelde prosesse verantwoordelik is."

    "Die proses is só ooglopend kenmerkend van absolute verhewe intelligensie, dat mens nie anders kan as om God daarvoor te loof, nie."

    Daar is absoluut geen logiese rede hoekom jy, nadat jy kamtig Darwin en evolusie 'vermorsel' het, by hierdie gevolgtrekking moet kom nie.

    Selfs as dit dit toegee word dat 'n intelligente ontwerper varantwoordelik is, is daar ook geen noodwendige rede hoekom jy moet uitkom by die God van die Bybel nie. Hoekom nie Allha, Vishnu of enige van die gode wat deur die eeue aanbid is nie? Hoekom nie die god van Spinoza en Jefferson nie? Intelligente ontwerp, sou dit waar wees, ondersteun 'n agnostiese uitkyk (wat die moontlikheid van geen ontwerper insluit) en niks meer nie.

  • Hello, 

     
    Aanvullend tot Chris en Thomas se opdaterings kan dit bevestig word dat die siklus van briewe en die fokus op Darwin en die aanhalings gebruik almal gevind is op webwerwe wat as fokus "intelligente ontwerp" (Creationism en Intelligent Design) het. 
     
    Hierdie is dus nie eers aanhalings wat uit boeke gehaal is wat deur Kobus gelees is nie, maar die oes van webwerwe wat selektiewe aanhaling tot 'n kuns vervolmaak het. 
     
    Daarom was die opmerking "word hierdie WEER! herhaal". 
     
    Dit is die probleem met aanhalings, dit laat die veld onder bespreking tot sy reg kom nie. 
     
    Vir al die aanhalings gebruik is daar ekwivalente aanhalings wat evolusie en verwante onderwerpe in detail bespreek. 
     
    Hierdie bly dus 'n geval van 'n persoon se "spirituele intelligensie" getroud met "intelligente ontwerp" wat almal wat dit volg blind laat vir die magdom vakkundige werk wat bestaan wat die oorsprong van die heelal, die eerste vorm van lewe en die ontwikkeling daarna beskryf. 
     
    Enige handboek sal dit gou aanspreek. 
     
    Die inligting is daar, dit word doodgewoon ignoreer en dan die belaglike refrein van De Klerk, " bring bewyse, bring bewyse". 
     
    Daar is dus geen salf te smeer aan die onkunde en domastrantheid van De Klerk en sy soort.
     
    'n Jammerlike spektakel van De Klerk en sy soort. 
     
    Simpatie is dalk die enigste reaksie. 
     
    Laat hulle begaan, die werklikheid gaan hulle verby. 
  • Stephan Marcus

    Die kruks van die saak is dat sleg teorieë wat wetenskaplik is oorweeg behoort te word. 'n Mens kan en mag nie binne die wetenskap 'n element postuleer wat nog nooit betroubaar waargeneem is, waarop geensins dui nie en wat vreemd is aan fisiese wetenskappe as geheel nie.

     

    Die noodsaaklikheid van 'n bo-natuurlike intelligensie in kreasionistiese bewerings maak dit onredbaar onwetenskaplik en dus sal enige teorie wat wetenskaplik verantwoordbaar is, al is daar geen getuienis voor nie, meer aanvaarbaar wees.

    Prakties kan geen navorsing gedoen word met die kreasionistiese ideologie nie en binne die wetenskap is dit nutteloos.

  • Stephan Marcus

    Die eerste repliseerder was nie 'n eukariotiese organisme, soos 'n protosoa was nie. Die berekeninge om te wys hoe onwaarskynlik dit sou wees is sinneloos, want wat dit bewys is iets wat evolusionêre bioloë alreeds weet.

     

    Hoe die eerste repliseerder daaruit gesien het is onbekend. Watter elemente van huidige lewensvorme dit bevat het is onbekend. Hoe dit presies gerepliseer het is onbekend. Wat die meganisme is waardeur dit ontstaan het is onbekend. Watter berekening ook al gemaak word oor die waarskynlikheid al dan nie van die onstaan van lewe uit nie-lewe is eweneens sinneloos omdat ons letterlik niks van die proses weet nie.

    Dit dui geensins op 'n bo-natuurlike oorsprong vir lewe nie. Onkunde of 'n oortuiging dat die meganisme waarvolgens jy dink lewe ontstaan het is sodanig onwaarskynlik dat dit prakties onmoontlik is, is nie getuienis vir die optrede van 'n bo-natuurlike agent nie.

    Afleidings word gemaak en hipoteses opgestel. As iemand môre lewe in 'n laboratorium skep of as ons eendag waarneem hoe lewe op een van Jupiter se mane ontstaan gaan ons nog steeds nie weet hoe lewe op aarde ontstaan het nie: ons gaan slegs kan sê dat dit 'n moontlikheid is. Miskien is ek verkeerd en ontwikkel ons nuwe tegnologie of is ons gelukkig en ontdek fossiel of ander getuienis wat vir ons wys hoe die proses verloop het, maar dit is my opinie dat dit een van die vrae is waarop ons nooit 'n antwoord gaan hê nie.

  • Kobus de Klerk

    Stephan,

    Al wat jy doen, is om die skoen vir die darwinisme ook aan te pas.

    Niemand van ons dring op wetenskaplike bewyse vir die Godsdiens aan nie. Maar met julle is dit anders. Julle dring aan op wetenskaplike bewys vir alles en dit sou die darwinistiese evolusieleer se aansprake ook noodwendig moet insluit. Dit is nou die probleem – daardie aansprake is tot filosofie en religie gereduseer, omdat die belangrikste elemente om daarvan ’n kontinue of selfs evolusionêre proses te maak, soos wat Darwin en die neo-darwiniste dit wil hê, net eenvoudig nie met wetenskaplike metodes gekontroleer kán word nie en nou volg daar nóg spekulatiewe hipotese om die alreeds beleërde hipotese mee te probeer bewys.

    Dus, jou stoïese aanspraak “… die kruks van die  saak is dat sleg teorieë wat wetenskaplik is oorweeg behoort te word. 'n Mens  kan en mag nie binne die wetenskap 'n element postuleer wat nog nooit  betroubaar waargeneem is, waarop geensins dui nie en wat vreemd is aan fisiese  wetenskappe as geheel nie…” Bietjie deurmekaar, maar verbatim aangehaal, militeer ook teen julle eie aansprake.

    Dit is ’n misbruik om onhaalbare hipotese as “wetenskaplik” aan te merk en ánder wat júlle as hipotese beskou, soos die aanspraak dat God die Skepper is, af te keur as “onwetenskaplik”. Dit is nie net wetenskaplik oneerlik nie, maar ook intellektueel onaanneemlik en oneerlik en báie opportunisties.

    Met die woeste aansprake van ’n protosoön en, toe dié ineen tuimel,  ’n magiese “repliseerder” wat dit ook al mog wees (lyk of jy dáármee saamstem), is julle juis in daardie “verbode” wetenskaplike kategorie - probeer hoe jul wil, dit kán net nie bestaan sonder dat ’n absolute wilde onwetenskaplike string hipotese dit by watter name ook al, kunsmatig lewe probeer inblaas, net omdat julle die ander uitweg, weier om te ondersoek, nie, oor net één rede en dit is vooroordeel. Moet ek vir jou weer uitwys dat ook vooroordeel, uiters onwetenskaplik is? Maar dit is waar julle al vir die afgelope bykans twee eeue stagneer.

    Dit is onwetenskaplik, oneerlik en ook kleinlik. En soos jy nou ook doen, pas julle skromeloos dubbele standaarde toe.

    Die enigste rede hoekom julle Bonatuurlike Intelligensie as “onredbaar onwetenskaplik” (sê liewer ook "weens vooroordeel") sou wou aanmerk, is omdat julle nie weet hoe om wetenskaplik daarmee om te gaan nie. Julle (sommige van julle) erken mos julle wetenskaplike onkunde.  Dit strek deur tot by die spirituele realm, waarvan julle niks (wil) weet nie. Dus, dit is vir júlle nutteloos, weens julle onkundigheid en onbeholpenheid daarmee. Julle onwetenskaplike vooroordeel verhoed julle om daardie paradigmaskuif te bemeester. Julle is derhalwe gevangenis van julle eie onkunde en vooroordeel.

    Wouter noem dat ek my aanhaling van kreasionistiese webwerwe verkry, ens. Natuurlik, daar ook – dit is die versameling van werk van werklike wetenskaplikes wat julle hipotese op die skaal sit en by die gros te lig bevind aan werklike wetenskaplike maatstawwe gemeet. Wat Wouter nie sien nie, vanweë sy eie vooroordeel, is dat die aanhalings meer dikwels as nie, deur evolusioniste gemaak word, soos Denton: “The complexity of the simplest known type of cell is so great that it is impossible to accept that such an object could have been thrown together suddenly by some kind of freakish, vastly improbable, event. Such an occurrence would be indistinguishable from a miracle.”

    En dan Richard Dawkins  “...no life, no biology, only physics and chemistry, and the details of the Earths chemistry were very different. Most, though not all, of the informed speculation begins in what has been called the primeval soup, a weak broth of simple organic chemicals in the sea. Nobody knows how it happened but, somehow, without violating the laws of physics and chemistry, a molecule arose that just happened to have the property of self-copying--a replicator. This may seem like a big stroke of luck... Freakish or not, this kind of luck does happen... [and] it had to happen only once...” – Climbing Mount Improbable. W.W. Norton, New York, p 282-283.

    Wetenskap en "luck", pasmaats? Is dít wetenskaplik? En toe spring hulle sommer van die magiese protosoön, na die magiese repliseerder… Skielik is die protosoön nie meer so lewegewend nie… en verval in onguns.

    “One chemist has calculated the immense odds against amino acids ever combining to form the necessary proteins by undirected means. He estimated the probability to be more than 10 to the 67th to 1 (1067:1) against even a small protein forming by time and chance, in an ideal mixture of chemicals, in an ideal atmosphere, and given up to 100 billion years (an age 10 to 20 times greater than the supposed age of the Earth)” - A.J. White, Uniformitarianism, Probability and Evolution," Creation Research Society Quarterly, Vol. 9, No. 1 (June 1972), pp. 32-37.

    Chris se aandrang op die integriteit van Dawkins se religieus-filosofiese stelling, verander nie aan die aard daarvan nie. Hoe hy dit ookal wil beklee – Dawkins sê hy meen daar is bewyse (waar? Wys ons?) maar hy sê, al was daar nie, sou hy steeds die onbewysbare aanhang. Dit is filosofie, darwinistiese religieuse filosofie. Die fragmentele bewyse is eerder bewyse van Goddelike Woord-geopenbaarde skeppingsmomente – meer as 3,400 jaar gelede  gepubliseer.  

    Groete,
    Kobus de Klerk  

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top