Skryf 'n draak-sprokie en wen: Wenner aangekondig

  • 6

2012 is die jaar van die draak, daardie nimlike dierasies wat in sprokies en op sekere eilande in Indonesië rondhang.

LitNet nooi jou om ’n kort sprokie (maksimum 500 woorde) te skryf waarin ’n draak voorkom. Dit kan ’n wrede draak, ’n slapende draak, ’n goeie draak of ’n dooie draak wees. Jou draak kan naamloos wees of Diederick heet, en mensvleis, marshmallows of brokkoli eet. Jou sprokie kan elemente van die waarheid bevat, vreeslik opgemaak,  vreeslik ernstig, of 100 persent draakstekery wees.

Die spinner van ons gunsteling-draak-sprokie wen ’n eksemplaar van Die mooiste sprokies van Grimm (’n keur deur Marita van der Vyver, met illustrasies deur Piet Grobler), met komplimente van NB Uitgewers. 

Stuur jou sprokie aan netfiksie@litnet.co.za; of as jy ’n geregistreerde gebruiker is, kan jy dit sommer direk op LitNet laai, onder die kategorie Fiksie-kompetisies. Onthou om jou naam en kontakbesonderhede by jou e-pos in te sluit. Die kompetisie sluit op 17 Februarie.

 Klik hier om Drakie Glievd deur Elza Smal te lees.

  • 6

Kommentaar

  • Bibi Slippers

    Haai Ockert

     
    Hou ons nuusbrief hierdie week dop: die wenner sal op die nuusbrief bekendgemaak word, en volgende week ook op die webwerf.
     
    Groete
    Bibi (redakteur:  Nuwe skryfwerk)
  • Ockert J du Preez

    Dankie vir die terugvoer!

    Sterkte aan almal! Julle almal skryf baie beter as ek 🙂

  • Johan du Toit

    Baie geluk aan die wenner, dit is regtig 'n oulike sprokie.

    Ek het net toevallig raakgesien dat die kompetisie sê dat die maksimum woorde mag 500 wees, en hierdie storie is oor die 1000 woorde, is dit nie bietjie onregverdig teenoor die ander inskyrwings wat by die maksimum 500 woorde reël gehou het nie?

  • Hallo Johan

    Baie dankie dat jy die fout aan ons uitgewys het.  Ek het so meegevoer geraak deur Elza se storie dat ek nie opgemerk het dit is te lank nie.  Ek gaan wel steeds die prys aan Elza toeken, maar ons gaan 'n addisionele boekpakkie gee vir 'n sprokie wat wel binne die lengte-beperking gebly het. 

    Ons sal in die toekoms meer bedag wees daarop om ons eie reëls in gedagte te hou wanneer ons wenners uitkies.

     
    Baie dankie aan almal wat ingeskryf het vir hierdie kompetsie, en kyk uit vir die aankondiging van die tweede wenner, binnekort!
     
    Groete
    Bibi Slippers (Redakteur:  Nuwe skryfwerk)
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top