Volgens die Darwinistiese evolusie leerstuk, sou elke spesie te voorskyn gekom het uit ’n voorganger, sodat elke spesie in ’n ander verander het, oor die verloop van miljoene jare. Dit beteken onvermydelik dat daar van elke sodanige soort, al het dit intussen vergaan en in ’n ander “verander”, mos letterlik massas gelewe het, oor die verloop van miljoene jare (hóé geduldig is papier nie…) en sou daar mos groot hoeveelhede fossiele voor gewees het, goed soos, byvoorbeeld, half vis half reptiel gediertes.
Waar was hulle toe Darwin sy boek publiseer?
Darwin se verleentheid met die fossiel rekord wat hom nie ondersteun nie, het hy só uitgedruk:
“If my theory be true, numberless intermediate varieties, linking most closely all of the species of the same group together must assuredly have existed... Consequently evidence of their former existence could be found only amongst fossil remains” –
Charles Darwin, The Origin of Species: A Facsimile of the First Edition, Harvard University Press, 1964, p. 179; en
“…Why, if species have descended from other species by fine gradations, do we not everywhere see innumerable transitional forms? Why is not all nature in confusion, instead of the species being, as we see them, well defined?… But, as by this theory innumerable transitional forms must have existed, why do we not find them embedded in countless numbers in the crust of the earth?… But in the intermediate region, having intermediate conditions of life, why do we not now find closely-linking intermediate varieties? This difficulty for a long time quite confounded me” –
Charles Darwin, The Origin of Species by Means of Natural Selection, The Modern Library, New York, p 124-125.
Daarna het Darwin dit afgemaak en gesê die ontbrekende skakels sal gevind word. Maar nou, bykans twee eeue later, is dit nóg erger as wat Darwin gedink, het. “If my theory be true…” sê Darwin vol vertroue…
“Naturalists must remember that the process of evolution is revealed only through fossil forms... only paleontology can provide them with the evidence of evolution and reveal its course or mechanisms” –
Pierre Grassé, Evolution of Living Organisms, Academic Press, New York, 1977, p 82;
“The fossil record had caused Darwin more grief than joy. Nothing distressed him more than the Cambrian explosion, the coincident appearance of almost all complex organic designs…” –
Stephen J. Gould, The Panda’s Thumb, 1980, p 238-239;
“It is, indeed, a very curious state of affairs, I think, that paleontologists have been insisting that their record is consistent with slow, steady, gradual evolution where I think that privately, they’ve known for over a hundred years that such is not the case. …It’s the only reason why they can correlate rocks with their fossils, for instance. …They’ve ignored the question completely.” –
Niles Eldredge, Did Darwin Get It Wrong? Nova (November 1, 1981), 22 p 6.
“Although an almost incomprehensible number of species inhabit Earth today, they do not form a continuous spectrum of barely distinguishable intermediates. Instead, nearly all species can be recognized as belonging to a relatively limited number of clearly distinct major groups, with very few illustrating intermediate structures or ways of life” –
Robert L. Carroll, Evolusionis, Patterns and Processes of Vertebrate Evolution, Cambridge University Press, 1997, p 9;
“Each species of mammal-like reptile that has been found appears suddenly in the fossil record and is not preceded by the species that is directly ancestral to it. It disappears some time later, equally abruptly, without leaving a directly descended species although we usually find that it has been replaced by some new, related species.” –
Tom Kemp, The Reptiles that Became Mammals, New Scientist, Vol. 92, 1982, p 583.
“No wonder paleontologists shied away from evolution for so long. It seems never to happen. Assiduous collecting up cliff faces yields zigzags, minor oscillations, and the very occasional slight accumulation of changeover millions of years, at a rate too slow to really account for all the prodigious change that has occurred in evolutionary history. When we do see the introduction of evolutionary novelty, it usually shows up with a bang, and often with no firm evidence that the organisms did not evolve elsewhere! Evolution cannot forever be going on someplace else. Yet that’s how the fossil record has struck many a forlorn paleontologist looking to learn something about evolution.” –
Niles Eldredge, Reinventing Darwin: The Great Evolutionary Debate, 1996, p 95;
“Major transitions in biological evolution show the same pattern of sudden emergence of diverse forms at a new level of complexity. The relationships between major groups within an emergent new class of biological entities are hard to decipher and do not seem to fit the tree pattern that, following Darwin’s original proposal, remains the dominant description of biological evolution.” –
Eugene Koonin, “The Biological Big Bang model for the major transitions in evolution,” Biology Direct, 2007, 2:21.
Dan beteken dit mos, op Darwin se eie erkenning in die vooropstelling, dat, synde die fossiele nie daar is, nie, is sy evolusie “theory” op daardie punt alleen, nie waar nie.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Die persoon wat die meeste aanhalings kan Google en kopieer en plak moet reg wees - Spirituele Intelligensie 101.
Ag, Kobus, jy stoot verniet jou bors uit omdat jy ontdek het dat Darwin erken het dat sy teorie probleme het. Alle wetenskaplikes sal dit met hulle eie en ander se teoriee doen , en as daar nie probleme is nie, sal hulle soek. Darwin het die hele hoofstuk ses daaraan gewy. Met jou aanhaling het jy nie eers naby aan die werklike probleme gekom nie. Kyk hier:
Kobus, jy gorrel: “Dan beteken dit mos, op Darwin se eie erkenning in die vooropstelling, dat, synde die fossiele nie daar is, nie, is sy evolusie “theory” op daardie punt alleen, nie waar nie.”
Angus,
Darwin het gehoop dat sy probleme deur redelike tyd en studie en die fossielrekord, opgelos sou word. Dit het nie gebeur nie. Ek dink Huxley et al. hulle het destyds sóveel druk op Darwin uitgeoefen, dat hy maar voorgegaan het en julle agnostiese “Bybel” teen wil en dank gepubliseer het – prematuur - en hy het vir hom persoonlik ’n paar agterdeure oop gelos.
Die wetenskaplikes se kritiek is gefundeerd en jy weet dit. Dus, al waarin jy slaag, met jou kommentaar, is om juis daardie wetenskaplikes se kritiek op ’n ander manier te ondersteun.
Darwinisme is op pad uit. In Amerika, byvoorbeeld, is daar nog net sowat 15-20% mense wat daaraan glo…
Kobus de Klerk
Selfs al glo net 1% van die Amerikaanse samelewing dat die teorie van evolusie waar is, sal dit geen verskil maak nie. Wetenskaplike feite word nie bepaal deur demokratiese prosesse nie!
Hulle glo juis nie, Chris, omdat dit nie wetenskaplike feite is nie. Dit is filosofie - sekulêre religieuse filosofie. Mense het dit nie besef nie - maar met die reeks hofsake wat deur evolusioniste gemaak is, het die mense laat begin kyk na die saak. En vandaar die vinnig dalende getalle - veral in die afgelope 5 jaar.
Darwinisme is oppad uit. Darwinistiese wetenskaplikes is al klaar besig om te kyk of hull eerder alternatiewe kan instoot.
Jy behoort eintlik self die dinge te weet ...
Op die beste vir Darwinisme, is dit gebaseer op 50% wetenskaplike gegewes en 50% filosofie - soos ek al wie weet hoe lank al waarsku. En dit is die ondergang daarvan, omdat dit juis nie wetenskap is nie, nog minder so as kreasionisme, welke meer steun vind in darwiniste se gesoek en gespartel, en die inligting daardeur geopenbaar, nie - trouens, kreasionisme is ook op die gegewes gebaseer!
Kobus de Klerk
Kobus, is jy seker jy het nie een van jou inspuitings gemis nie?
Kobus, jy sê: Darwin het gehoop dat sy probleme deur redelike tyd en studie en die fossielrekord, opgelos sou word. Dit het nie gebeur nie
Nee, Chris, ek is nie die een wat met inspuitings hoef te sukkel nie. Arme jy....
Angus, daar is miljoene fossiele, maar nie wat die darwinistiese kontinuum bewys, nie (sien een van my heel eerste artikels) - jy stry nou met talle darwiniste en ander deskundiges wat nie saamstem met wat jy sê nie.
Nou sal jy jou kwalifikasies moet openbaar om hulle te weerlê op daardie gebied, anders sal jy tevrede moet wees om afgemaak te word as 'n kwelsugtige darwinis in 'n onoorkomelike verleentheid.
En ja, die darwinsime maak aanspraak op die Meders en Perse stoel, die dat dit so uitmekaar getrek en verniel word.
Dit is goed as jy self 'n twyfelaar is...
Kobus de Klerk
Hier kom De Klerk en bevestig, daar is fossiele.
Genugtig, Wouter, wat op aarde het van jou geword... jy raak by die dag meer kinderagtig en irrelevant.
Wat baie wetenskaplikes besef, en ek ook, is dat die massas fossiele juis nie die hipotese kan bevestig of bekragtig nie - Mayr sê dit ook.
Dus, wat jy nie kan doen nie, is onderskei tussen hipotese, en empiriese fossiel getuienis. Soos jou walvis en sketse waarna jy verwys. Sou jy kon, sou jy agterkom dat Mayr besig is om die hipotese te demonstreer, en nie om aan te dui hoe hipotese deur fondse vervang is, nie.
Daar is Pakicetus- slegs ’n kakebeen en ’n paar skedel fragmente – hipotese het aan dié “walvis” bene gegee om te stap, hmm? En dan Basilosaurus – die kort agterste ledemate was hoegenaamd nie om mee te loop nie, maar om funksioneel te dien by paring – te klein om mee te loop. Ambulocetus – die konstruk van ontbrekende dele van dié fossiel is gemaak dat dit moet lyk soos ’n lopende walvis – maar dit is duidelik nie 'n walvis nie. Weer het hipotese en fabelagtige verbeelding aan die fossiel walvis status besorg, omdat dit dringend nodig was om credo aan die hipotese te gee.
Maar fossiele van regte walvisse bied vir ons egter baie ondersteuning – fossiele meer as 75 walvisse en 'n dolfyn is in die Chileense Atacama woestyn gevind, waarvan ongeveer 20 byna volledig bewaar, op ’n heuwel amper ’n kilometer vanwaar die see vandag, is – ’n fossiel begraafplaas van ongeveer twee rugbyvelde groot. Die vermoede is dat dit in slik beland het en gevrek het gedurende die Sondvloed.
Jy kry swaar deesdae.
Kobus de Klerk
Hallo Kobus
Jou bewerings oor daai walvisse is nie waar nie. Die bestudering van die gesteentes waarin die walvisse gevind is, dui op 'n strandmeer-omgewing meer as 2 miljoen jaar oud. Niks met 'n wêreldwye vloed te doen wat glo die laaste paar duisend jaar terug gebeur het nie. Hier is 'n bron: http://www.msnbc.msn.com/id/45367885/ns/technology_and_science-science/t/whale-fossil-bonanza-desert-poses-mystery/.
Kleinkoos
Kleinkoos,
Jy sal ook nie weet nie.
Daar is blykbaar baie probleme met die dateringsprosesse van darwinste. Dit is vir my verbasend dat jy die stellings hierbo weergee as feite, terwyl jou skakel duidelik dui op spekulasie oor die tydperk en hulle sê dat hulle oor baie dinge daar hipotiseer - veral dat daar op 'n heuwel, 'n strandmeer was!?... julle ouens moet tog so bietjie meer sorgvuldig lees en baie meer sorgvuldig dink, agterna.
Die Sondvloed had natuurlik geen probleme met goeters soos heuwels nie.
Hier is die perspektief:
"First, they assign the ‘series’ and ‘stage’ by the field relationships among the strata and according to the fossils found therein.[See for example: Walsh, S.A. and Suarez, M.E., New penguin remains from the Pliocene of Northern Chile, Historical Biology 18(2):115–126, 2006; p. 117 for a description of how ages are assigned to sedimentary strata.] At this site they said that the fossil dating is complicated and probably not sufficiently precise to determine if the whales all died at the same time. Second, once the series and stage has been decided they simply read the ‘age’ in millions of years off the chart. " ... "Similar localised basins are found at a number of places along the western coast of Chile. Although the basins are relatively small for Flood deposits, the characteristics of the sediments in these basins ... and the abundant fossils contained in them indicate that deposition took place during a period of rapid and major coastal subsidence. [Encinas, A., Finger, K.L., Nielsen, S.N., Lavenu, A., Buatois, L.A., Peterson, D.E. and Le Roux, J.P., Rapid and major coastal subsidence during the late Miocene in south-central Chile, Journal of South American Earth Sciences 25:157–175, 2008] Coastal subsidence of this nature is exactly what we would expect in the second part of the Flood when the ocean basins sank, the continents rose and the floodwaters flowed into the ocean. And major coastal subsidence explains the rapid burial of the whales and other creatures because rapid burial was needed soon after death to preserve the fossils. After the ocean basins had mostly subsided and the waters had almost completely drained from the land, the whales and other animals that perished in the catastrophe were buried—toward the end of Noah’s Flood. As Robert Raeburn commented on one of the web news reports, the mystery disappears when we interpret the rocks and the fossils from a Bible perspective."
Jou bron self spekuleer ook oor verslikking. Kyk, die ouens sal enigiets doen om 'n datum so ver as moontlik te probeer vaspen van die waarskynlike tyd van die Sondvloed af.
O, ja, watter datum was die Sondvloed nou weer, Kleinkoos?
Kobus de Klerk
Angus,
Ja, die wêreld se museums ís vol, maar nie met fossiele wat die transisie, wat van essensiële belang vir darwinistiese evolusie is, weerspieël nie - en dit is wat die aanhalings wat ek gee, beteken en die museums vol fossiele bewys dit – juis die frustrasie wat Eldredge en Gould ’n ommekeer laat maak en toe hulle eie ding laat prakseer, het – wil jy my sê jy weet dit nie?!
Grasse is reg, vandaar Gould en Eldredge se afkerige uitgesprokenheid en modus operandi met die “punctuated equilibrium” poging.
Darwinisme is gesentreer om die begin van spesies by ’n enkele organisme wat op wonderbaarlike manier “toevallig” repliserende hoedanigheid bekom het en “toevallig” deur “toevallige” ewekansige seleksie, sodat die sterkste “toevallig” oorleef en die swakste “toevallig” vergaan, dan “toevallig” soos ’n boom met vele takke en spruite en blare moet uitspruit deur ’n proses van geleidelike transisie waar een spesie oorgaan in aan ander deur ’n geleidelike transisionele proses en dan sommige vergaan en ander voortgaan op dieselfde manier.
Maar wat gevind word (gestroop van hipotese), is dat daar nie transisie is nie – net 'skielike' ontstaan van nuwe spesies sans transisie uit ’n voorouerspesie – en onthou, die vereiste transisie van een spesie na ’n nuwe ander, bestaan net eenvoudig nie en dít is wat Gould en Eldredge frustreer en deur hulle aangespreek poog te word.
Ek dink nie jy verstaan wat eintlik met darwinistiese evolusie aangaan nie. Daarom verstaan jy ook nie dat die fossielrekord meer getuienis oplewer vir die kreasioniste en veral die Intelligente Ontwerp wetenskaplikes nie – tot konsternasie van Gould.
Ek sien julle almal raadpleeg Wikipedia, tog skiet julle daardie bron af ook. Ek werk nie met Wikipedia nie. Ek dink nie jy het die insig óf die akademies integriteit om die kundiges wat jy behandel, te probeer afkraak nie. In die lig van die omringende omstandighede, is jou roekelose aanmerking “Nee, wat! Kobus. Jou aanhalings is nie wetenskap nie, dit is wat wetenskaplikes en sogenaamde wetenskaplikes geskyf het en wat hulle menings is” sinneloos soos dit daar staan, ’n refleksie van jou eie desperasie en gebrek aan insig in jou eie religie en filosofie.
Die darwinistiese evolusie model is ’n filosofiese benadering tot lewe op aarde, ja, maar niks meer as dit nie – en jy self erken hoe Darwin se hipotese aan flarde geruk is – onherkenbaar, soos jy self sê. Dus, as jy sê latere wetenskaplikes het die plotselinge ontstaan van spesies verklaar, is jy natuurlik reg. Daardie latere wetenskaplikes is die kreasioniste en IO’s en die fossielrekord, bewys van wat hulle sê. Dít is wetenskap. – En by mense soos Ruse dring dit al behoorlik in.
Kyk ook na Evo Devo, byvoorbeeld – “The most stunning discovery is that the basic tool kit genes that determine all animal forms were already present at the beginning, so mutation has played no discernible role at all. This thoroughly refutes neo-Darwinism, and so Carroll has to rescue ‘Evo’ by asserting that mutation in gene switches is the key to evolution from one kind to another. But by using his own words, we can demonstrate that gene switches are clearly the product of intelligent design, not random mutations. Carroll shows us that embryonic development is a cascade of ‘constellations of switches distributed all over the genome’ switching gene on and off in ways that specify threedimensional coordinates of where and when action is required. He shows us that ‘tinkering’ and mutation do have a role, but only in the final stages of the developmental cascade. Everything upstream of these final stages has to be assumed—i.e. created—it cannot be explained by Carroll’s ‘Evo’ ideas”.
Julle teorieë vandag, is die kreasioniste en IO’s se ontbytkos soos dit geplunder word, omdat, van jul kant af, dit die een onbewysbare, fantastiese hipotese op die ander is – darwinisme in ’n ander meer gefragmenteerde, aard, verál die genetika.
Kobus de Klerk