Die kinders leer Bybel is twak

  • 10

Tog erg interessant.

Die kinders word op skool geleer die Bybel is twak, evolusie is die waarheid. So word hulle dan Godloos groot en so beland baie van die verligte kindertjies wat met die waarheid van "daar's geen God" grootgeword het met hul Godlose gatte in die tronk.

En daar is 'n Bybel een van die eerste goed wat vir hulle gegee word.

Sê maar net.
Duitswester

  • 10

Kommentaar

  • Cornelius Henn

    Beste Duitswester, so graag as wat ek met jou wil saamstem, moet ek met jou verskil hieroor.  

    Ek dink dis bespotlik om te wil voorhou dat die Bybel iemand uit die tronk kan hou.  

    Ek kan dae lank sit en tik hoe sogenaamde goeie besigheidsmanne en vroue om my met Bybels onder die arms bedrog pleeg en ander se lewens verwoes net om hul selfsugtige en gewetenlose lewensstyl te handhaaf.  

    Geen goddelike mag is in 'n Bybel nie al dring jy en hospitaalbed dwepers soos onse ou grote Kobus de Klerk hoe daarop aan.  

    Die Bybel is 'n bundel heilige skrifte wat oor eeue heen met verskillende agendas vertaal  en saamgestel is.   Die wonderlike van die Bybel is dat die wel uit heilige skrifte bestaan, maar elkeen van daardie skrifte bestaan in 'n bepaalde redeverband en moet as sulks in hul geheel ook met ander godsdienste op aarde geag word.  

    Wat wel die verskil maak is die HART waarmee 'n mens opgevoed word. As ouers dink hul kan hul verantwoordelikheid op 'n bundel heilige skrifte afskuif, gaan die gevolg agter tralies beland.  

    Lees gerus Thomas se waarskuwing oor spirituele intelligensie in hierdie uitgawe om die gevaar van Bybel aanbidding en slaafse spirituele onderdanigheid aan ghoeroes soos onse eie Kobus te besef.

  • Chris Dippenaar

    Hello Duitswester

    Ek sal baie graag iets wat lyk soos 'n statistiek wil sien vir hierdie aantyging teen evolusie en die wat Godloos is. Wat die dominee laas Sondag van die kansel af gesê het tel nie.

    Vra maar net.

    Chris

  • Beste Duitswester

    Dis nou wat die Engelse 'n "sweeping statement" noem!Gee bewyse van die "verligte kindertjies" wat in die tronk beland.Sekerlik is daar vele,maar net sovele met die Bybel onder die arm ook.Neem nou die geval van die hofsaak wat tans aan die gang is. Die Lotter broer en suster het hul ouers vermoor,alles in die naam van God!Elke foto  van hulle wys waar hulle klou aan hul Bybels.

    Ek hardloop 'n myl weg van mense wat besigheid doen in die naam van die Here.As die briefhoof 'n Bybelversie of Christelike verwysing bevat,stuur ek verby!Bittere ervaring het al geleer dat diesulkes vermy moet word!

    Natuurlik geld dit verseker nie almal nie en gaan ek nie die fout begaan om te veralgemeen nie.Maar netso kan jy dit ook nie doen nie!

    Groetnis

    Perdebytjie

  • Gaan besoek die tronke maar en vind self uit. Daar is meer godgatte as godlose gatte agter tralies.

  • Chris Dippenaar

    Hello

    Ek dink almal, Christene en ateïste, sal saamstem dat die rede hoekom die tronke vol is het minder te doen met godsdiens as armoede, werkloosheid, swak opvoedings en menslikheid. Om statistieke, syfers, insidente en voorbeelde te noem oor Christene of ateïste om te besluit wie is 'holier than though' is 'n doodloop-gesprek.

    Ek glo nie dat my morele waardes as ateïs verskil van die van Christene nie. Die enigste verskil tussen my en hulle is dat ek nie dink geloof aan 'n god is 'n morele waarde nie. As hulle met my verskil, kan ons op 'n ander dag daaroor stry. Waar daar verskille is oor sekere morele sake (bv. aborsie) word dit soms beinvloed deur geloof, maar die verskille is gewoonlik groter binne die geloof self eerder as tussen gelowige en ongelowige.

    Dit gesê, daar is tog iets waar in wat Duitswester noem. Die oorgrote meerderheid van ons samelewing land nooit in die tronk nie en die oorgrote meerderheid is goeie mense. Die oorgrote meerderheid Christene sal goeie mense bly as hulle almal môre hulle geloof verloor. 'n Handjievol, of dalk selfs meer, sal dit egter kan sien as lisensie om te leef sonder morele waardes, en as hulle in die tronk land sal hulle Duitswester reg bewys. Dis jammer dat sommiges nie die regte ding kan doen as daar nie iemand agter hulle staan met 'n lat nie. As godsdiens hierdie lot in bedwang kan hou verdien dit krediet. Nie baie nie, maar ook nie niks nie.

  • Cornelius Henn

    Is die hartelose spiritueel intelligente oneervolle geskrapte prokureur, die ou grote Kobus de Klerk met sy huiskerk en al, nie ook genoegsame bewys van die smartlike gevolge van Bybelaanbidding nie?

  • Cornelius Henn

    Beste Duitswester.

    Die Godsdiens debat en Ewolusie strooi sal in dag des lewens nie einde kry nie, Dit is soos n grammefoon plaat wat vasgehak het.  Die anargiste, atieste en al die ander iste sal saam met ons wees. Berus maar daarby. Ek het  nou die dag iets gehoor wat ek amper my tanne oor afgelag het. Die laaitie vloek verskriklik. Die dominee trap hom vas. Hei boet, jy moet oppas vir die duiwel. Die laaitie antwoord, Hei dominee jy moet meer worrie as ek want dis jy wat elke Sondag staan en kak praat van hom.

  • Ek stem saam met Chris dat godsdienstigheid (of ongodsdienstgheid) nie bepalend is vir 'n persoon se waarskynlikheid om in die tronk te beland nie. Ek onderskryf egter heelhartig Steven Weinberg se bekende stelling: “Religion is an insult to human dignity. With or without it, you'd have good people doing good things and evil people doing bad things, but for good people to do bad things, it takes religion.”

     
    Groetnis
    Thomas
  • Chris Dippenaar

    Jy's reg, Thomas, Steven Weinberg wys op die ander kant van die munt: Die invloed van die fanatiese fundementalis wat ongelukkig die bietjie goed wat soms uit godsdiens kom meer as uitkanselleer. Dis vir my onverstaanbaar dat gelowiges dink die ateïs is die hoofbedreiging vir hulle geloof.

  • Chris

    En het ons nie die mees prefekte voorbeeld van jou stelling hier op die Sê, in die vorm van onse Kosie, nie?

    Thomas

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top