Kommentaar

Gespierde Afrikaans

Liesel Eiselen 2014-11-13 Ek verstaan nie mooi die opgewondenheid oor die "Gespierde Afrikaans"-lys nie.  Daar is geen nuutskeppings in die lys nie - almal doodgewone Afrikaanse woorde wat 'n mens in enige woordeboek kry. Of is die aanname dat sprekers, wat al so ge

Die duiwel is los oor godsdiens in die skole

Angus 2014-11-13 Die oplossing vir die probleem is heel eenvoudig: skaf religie-onderrig by skole heeltemal af. Almal het te make met die aanbidding van een of ander denkbeeldige god, is skadelik, skep net onenigheid en tweespalt.

Die wonderwêreld van Eugène N Marais kry 'n staanplek in die Paarl

Elza Lorenz 2014-11-13 Mag al die pogings en bydraes tot hierdie besondere projek waardevol en suksesvol wees. Dis hoog tyd dat hierdie groot gees gepas gehuldig word. Voorspoed vir die betrokkenes!  

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

Angus 2014-11-12 Beste FC Boot,  Wat jy hierbo geskryf het, bewys presies wat ek beweer het: jy verstaan nie wat jy lees nie, en jy het geen benul van wat dit beteken wat jy skryf nie. Wat in die Engelse aanhaling staan wat jy gegoogle het, is presies wat ek voorhee

Sondag/Sestig/Satori

Johann de Lange 2014-11-12 Koos, ek dink álmal wat nie rook nie sal jou nou in die straat wou voorkeer & bedank. Deel van die probleem met rook (& alkohol) is dat dit só deel van menslike gedrag geword het dat dit nie as verslawings registreer nie, ten spyte v

Die duiwel is los oor godsdiens in die skole

Francisco 2014-11-12 Ek stem heeltemal saam met Hans op al die punte, behalwe die idee dat die stand van sake met die "beleid ten opsigte van godsdiens in skole" iets is wat goed werk. Ek dink meeste van hierdie skole in die saak betrokke sal aanspraak maak daarop d

Die duiwel is los oor godsdiens in die skole

Nico 2014-11-12 Enige idee hoe absurd jy argumenteer? Eers sê jy ek het nie die artikel gelees of verstaan nie, en dan sê jy ek is reg! Julle oefening is futiel en het geen regsgronde nie.

Die duiwel is los oor godsdiens in die skole

Dirk Rigter 2014-11-12 Nico, ‘n Paar punte: Eerstens, is jy ten gunste van die "tirannie van die meerderheid"? Snaaks hoe sommige Afrikaners agter die meerderheidsbeginsel se rokspant wegkruip as dit húlle agenda pas, maar as die meerderheidsopinie ni&

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

2014-11-12 Beste Angus   Jy skryf in jou laaste kommentaar:   “Nee, ek is beslis nie die kluts kwyt nie; dis jy wat nie weet wat mitologie beteken nie. Dit is oorgelewerde verhale, en die uitstaande kenmerk van so ? verhaal is dat onmoontlike

Die duiwel is los oor godsdiens in die skole

2014-11-12 Nico, jy het duidelik niks van die artikel gelees nie. Of probeer, maar dit nie verstaan nie. Jy is heeltemal reg dat godsdiensbeoefening deur die Grondwet verskans word, maar dan ALLE godsdienste en SLEGS as deelname vrywillig is. Dit is nie wat tans geb

Die duiwel is los oor godsdiens in die skole

IvanFaught 2014-11-11 Dit is nog die beste samevatting wat ek gelees het oor OGOD se doelstellings. Diegene wat nie die logika daarin kan sien nie is sienende blind. Godsdiensbeoefening mag gewaarborg wees deur die grondwet, maar om teen ander, in die uitoefening daarvan, te d

Mark

2014-11-11 Eerlikheid kry mens beslis nie in die lewe nie. Die enigste tyd wat iemand werklik eerlik is is as hy jou 'n doodstyding bring. Al het ekself hiermee ook al 'n stel of twee afgetrap met mense wat kom geld bedel het omdat sy pa dood is. Ek het 'n famil

Ope brief aan Jason Lloyd (Hotnotsgod) oor "plaasopstande"

Reusedwerg 2014-11-11 Die ding wat hulle mens noem is darem eienaardig. Ek sien almal het altyd iets te sê oor goed waarin hulle nie betrokke is of iets van weet nie. Ek vat nou almal is gekant teen ivoorhandel. Die lande wat geen flippen olifant op sy grondegbeid het ni

Die duiwel is los oor godsdiens in die skole

Nico 2014-11-11 Wat 'n swak argument van Hans. Godsdiensbeoefening word deur die Grondwet gewaarborg en deur oorheersende meerderheid ondersteun. Hopelik sal Hans en kie na die uitspraak hulle vendetta staak.

Die ysterkoei sweet nog steeds

Raed-na-Gael 2014-11-11 Die "gewone mens" is die samelewing waaruit die deur hulle gekruisde profeet Kovács herrys het.  Profeet Kovács,  Hoe lyk die ysterkoei nou ? Kan jy ons verseker dat jou droom nie ook soos 'n k

Ope brief aan Jason Lloyd (Hotnotsgod) oor "plaasopstande"

Dirk Rigter 2014-11-11 Dagsê Thomas   Dankie vir jou bydrae tot die debat. Jou opmerking oor hoe ons (alle Suid-Afrikaners, maar ook wit Afrikaanssprekendes) reageer op die situasie wat tans in die land heers, is myns insiens van baie groot belang. Almal wat nie hi

Die ysterkoei sweet nog steeds

Jaco Fourie 2014-11-11 Ivan Ek het hiervan gehou. Daar is immers twee tipe dromers.  Die een wat net steriel idealisties bly sonder enige sigbare nalatenskap van sy drome, en die ander wat sy drome in werklikhede omskep en 'n impak  op die samelewing het.

Ope brief aan Jason Lloyd (Hotnotsgod) oor "plaasopstande"

Jaco Fourie 2014-11-11 Wat opsigtelik is,is dat Jason nooit op sy lesers se response reageer nie. Hy maak gereeld stellings en los dit eenvoudig daar. Ek som Jason op as 'n bruin nasionalis wat 'n hekel inhet vir Afrikaners. Ongelukkig vir hom is die bruin gemeenskap so verd

Ope brief aan Jason Lloyd (Hotnotsgod) oor "plaasopstande"

2014-11-11 Thomas Jou antwoord verbaas my nie. Jy bly in die Weskaap (het nie 'n idee van die ware omvang van die 'Swart gevaar" nie). Jy haat in elk geval die Afrikaner en gee nie om wat die rede is nie; hulle "glo" mos nie soos jy nie. Ek stem met

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

Angus 2014-11-10 Beste FC Boot, Nee, ek is beslis nie die kluts kwyt nie; dis jy wat nie weet wat mitologie beteken nie. Dit is oorgelewerde verhale, en die uitstaande kenmerk van so ? verhaal is dat onmoontlike dinge daarin kan gebeur. Bome en diere kan praat, lewende w

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

Angus 2014-11-10 Beste dr. Thomas, Dit staan in die bybel is mos toorwoorde wat alle verdere ondersoek in die kiem smoor.   Ek sien ook gretig uit na enige verwysing na FC Boot se ondersoek. Ek twyfel of dit verder sal vorder as net  "Navorsing het bew

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

Angus 2014-11-10 Beste Jan Rap, Dankie vir die teregwysing. Ek moes eintlik gesê het: "Darwin het 'n teorie oor hoe die lewe geëvolueer het."   Darwin het darem die bal aan die rol gesit met die wetenskaplike soeke na die oorsprong van die l

Geografie vraestelle: November 2011

Marianna Gouws 2014-11-10 Ek is op soek na ou Graad 10 ( IEB) Geografie-vraestelle, indien iemand kan help.

Die EFF-grondbeleid

Jaco Fourie 2014-11-10 Reusedwerg Dankie vir jou "streetwise" houding.  Ek hou daarvan.

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

FC Boot 2014-11-10 Beste Angus Daar is talle Christelike Wetenskaplikes oor die wêreld wat ander sieninge oor die skepping het. Dit is duidelik dat jy nie bewus is van die navorsing wat deur Christelike wetenskaplikes al oor die onderwerp gedoen is nie. Plaaslik

Ope brief aan Jason Lloyd (Hotnotsgod) oor "plaasopstande"

2014-11-10 Beste Dirk, ons moet eerstens duidelikheid oor ons verskille kry. Volgens jou het die “verskriklike koloniale en apartheidsverlede” die “reuse ongelykhede hier gevestig”. My standpunt is dat die “reuse ongelykhede” grot

Mark

2014-11-10 Oester Dit is verfrissend om te lees dat iemand 'n weersin het in die knaende gevlug vir die werklikheid. Dit is asof niemand meer eerlikheid as 'n deug beskou nie. CM

Dookoom: Larney, jou kans

2014-11-09 “Voor my het ’n (wit) Toyota-bakkie gery. Oud, geroes en vervalle. Swart rook en ’n swaar reuk van diesel het die verfrisde reuk van die reëndruppels gedemp.” Jason, my gevoel is dat dit NIE 'n boer (wit landbouer) was wat

Mediese navraag: Wie kan help?

Dina 2014-11-09 Wat is die oorsaak dat as ek wakker word na nagrus my bo- of onderlip geswel is? Ek is gesonde persoon met as reël lae bloeddruk. Dit gebeur al hoe meer en swelling vererger maar verdwyn na rukkie nadat ek wakker is?

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

Angus 2014-11-09 Beste FC Boot, Net nog ? paar opmerkings oor wat jy geskryf het.   Jy sê die jackpotvraag is hoe God geskep het, en dan beweer jy dat hope navorsing daarop dui dat God deur evolusie geskep het. Sal jy asseblief laat weet van watter navor

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

Angus 2014-11-09 Beste Panda, Wat jy skryf wys daarop watter benoude spronge Christene moet maak om die Bybel geloofwaardig te hou, maar dis hulle eie skuld; hulle wil mos hulle heilige boek verkeerd lees. (Eintlik kan die arme goed nie anders nie!) Eintlik is dit

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

2014-11-07 Beste Angus Nou is jy heeltemal die kluts kwyt  met jou bewering: "Die Ou Testament is Joodse mitologie, terwyl die Ou en Nuwe Testament Christenmitologie is."Nee die Ou Testament is niks meer as die geskiedenis van die volk Israel e

'n Antwoord aan Thomas

FC Boot 2014-11-07 Beste Angus Jy bly in sirkels praat en kom nooit by 'n punt uit.Jy praat gedurig van 'n liefdelose wrede God,maar laat dan na om dit in konteks aan te haal.Baie mense beweer bv dat God slawerny aangemoedig  en goedgekeur het.Dit is totaal verkeerd

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

2014-11-07 Op 'n puntjie van orde Angus; jy sê "Darwin het ? teorie oor hoe lewe tot stand gekom het, soos ons vandag dit ken, en dit is die evolusieteorie." Darwin het nie so'n teorie nie; Darwin het 'n teorie ('n goeie een ook) oor hoe verskille

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

2014-11-07 Baie interessant.  'n Oom van my (met een van my ma se susters getroud) was Louis Fourie, ons het hom geken as Oom Lewies.

Vir FC Boot oor evolusie, muisvalle en ribbebene

2014-11-07 Dagsê FC Boot    Hier is die regte Thomas nou aan die woord.    Jy sê: “Dit sê nie hoe geskep het nie, dit was van sekondêre belang. Dit bevestig net dat daar EEN SKEPPER en nie baie skeppers was. Die

Ope brief aan Jason Lloyd (Hotnotsgod) oor "plaasopstande"

2014-11-07 Dagsê Dirk    Baie dankie vir ’n goed geformuleerde en nugter opsomming van die situasie in De Doorns. Ons moet onthou dat die Wes-Kaap soos ’n seer duim uitstaan in die ANC se arsenaal van transformasie en die aanslag gaan

Moderne slawerny deur godsdiens geregverdig

2014-11-07 FC Boot Hoe waar wanneer jy die volgende slagspreuk kwytraak: "Mense maak dus slawe van mense en nie God nie", gesien dat geen god bestaan nie.

Moderne slawerny deur godsdiens geregverdig

2014-11-07 Soos Muhamed die profeet en mondstuk van Allah vir die Moslem is, so ook is Moses en Samuel die profeet en mondstuk vir beide Jood en Christen.  Behalwe vir die toelaatbaarheid om krygsgevangenes as slawe te vat, was volksmoord (genocide) ook &

Die EFF-grondbeleid

Reusedwerg 2014-11-07 Jaco, dankie vir jou uiteensetting. Ek is heelwat ouer as jy, ek dink, maar ek word ook die moer in as iemand heel tyd loop en kla en kerm. Ek het vriende (tydgenote) wat loop en mor, maar wat doen hulle aan hul eie heil? Jy maak jouself siek as jy die he
Top