Ope brief aan Francois du Plessis, re: Hoe verklaar jy dit?

  • 13

Beste Francois du Plessis

Ek moet jou bedank vir daardie pragtige video’s op U-tube en die ontsaglike hoeveelheid kennis wat jy meebring deur jou reise in die Midde-Ooste.

Terselfdertyd moet ek ook dankie sê omdat jy demonstreer wat ek al die jare hier op SêNet probeer debatteer. Aangesien jy nuut is hier, sal ek kortliks, opsommend verduidelik, met die gevaar dat ek dalk nou al soos ? vasgehakte grammofoonplaat klink.

Die Bybel is vir ons van onskatbare waarde, omdat dit letterkunde bevat van twee, drieduisend jaar gelede, en bo en behalwe dit het dit ontsaglik baie invloed op miljoene mense se lewens.
Die Bybel is baie duidelik Joodse en Christen-mitologie en bevat ? skatkis vol mites, legendes, kortverhale, poësie, liedere, parabels en as geheel kan dit as ? uitmuntende roman beskryf word.
Die mite is ? verhaal wat behoort tot die didaktiese kuns en in die moderne literatuurkritiek verwys dit na, en oorkoepel dit religie of dan godediens, volksoorleweringe, antropologie, sosiologie, psigoanalise en die skone kunste. ? Kenmerk van die mite is dat dit ? ander soort wêreld voorstel, waarin bome, plante en diere menslike eienskappe verkry. Bome, esels, slange kan praat, en natuurverskynsels, danksy die vertelkuns van primitiewe volkere, word gepersonifieer en later is menslike eienskappe soos haat, liefde, wraak as gode en godinne voorgestel. Hierdeur het die primitiewe mens die onverstaanbare wêreld om hom verklaar.

Die Christen kreasionis se taak is tweërlei van aard: hy wil hoofsaaklik bewys dat alles wat in die Bybel staan, werklik gebeur het, en dan wil hy die evolusieleer, wat hom in sy taak pootjie, afkraak. Hy sal dus heftig ontken dat die Bybel mitologies is, want hy verskaf aan die woord mite nog ? nuwer betekenis, nl die van antoniem met geskiedenis, wetenskap, filosofie, allegorie, en die waarheid. Die mite is dus vir hom ? leuen en hy moet ten alle koste dit beveg as die Bybel beskou word as mitologie, wat, myns insiens, heel onnodig is. Ek gee toe dat die woord mite gedurende die sewentiende en agtiende eeue, die Tydperk van verligting, ? negatiewe konnotasie verkry het nl dat dit fiksie is, dus wetenskaplik en histories onwaar, maar sedert Coleridge, Emerson en Nietzsche het dit, soos met poësie, ? soort waarheid, gelykgestel aan die waarheid gekry. Daarom is die mite beslis nie ? teenstander van geskiedenis of die wetenskap nie.
Die Christelike teologie is egter verplig om hom blind te hou, want hoe sal die deursnee Christen dit begryp?

Eintlik sou dit geen saak gemaak het hoe die Bybel gelees word nie: letterlik, of as allegorie nie. Die feit dat die kreasionis gebeure soos Noag se verhaal, die maagdelike geboorte van Jesus, ens as ware gebeurtenisse probeer bewys en dan nog gebruik maak van historiese en wetenskaplike gegewens om hulle bewyse te versterk, veroorsaak dat die Bybel nou blootgestel word aan historiese en wetenskaplike ondersoek.

Laat my toe om dit met ? ander voorbeeld te verduidelik. As DJ Opperman ? gedig skryf en hy sê: “Uit holtes van ? boom/ het kuddes vee gekom” gaan niemand die waarheid daarvan bevraagteken nie, behalwe as iemand “wetenskaplik” wil gaan “bewys” dat dit wel moontlik is vir beeste om uit die holtes van ? boom te kom.

Om nou te kom by jou leersame video’s.

Tot so laat as 1990 (my skatting, natuurlik) was die argeologiese konsensus nog dat die Bybel ? betroubare historiese dokument is. Argeologiese werk is gedoen met die uitsluitlike doel om te bewys dat dit wat in die Bybel staan ware gebeurtenisse is. Miskien het veranderinge alreeds in 1970 begin om die fokus te verander. Opgrawings is nou nie meer gedoen om die Bybelverhale te bewys nie, maar het gefokus op menslike realiteite. Opgegraafde artefakte, argitektuur, lewenspatrone, chemiese analise van die grond, saad, bene, het die sleutel geword om politieke strominge, religieuse praktyke en strukture van die gemeenskappe te verklaar. Dit alles het die siening van die Bybel ook verander. Dit is nou beskou as ? waardevolle artefak baie oneindig baie vertel van die samelewing waarin dit ontstaan het.

Alhoewel jou video’s uiters leersaam is, is dit bv geen bewys dat die Noagverhaal ? werklike gebeurtenis is nie. Vir jou is bv dit wat in die Bybel staan, werklike gebeurtenisse en dit is nie onderhandelbaar nie. Jy het net uitgegaan en die plekke besoek met die uitsluitlike doel om dit wat in die Bybel staan, waar te bewys. Dan is dit maklik om sulke “bewyse” te vind. Beïndruk jou gehoor met jou kennis en kundigheid, en siedaar! Elkeen wat na jou luister, sal dit onmiddellik glo as jy sê “Hier het Noag met die Ark geland.” As jy dit nog kan toelig met ? gepaste Bybelversie, soveel beter.

Ek het ? oubasie geken in die Drakensberge wat oortuig daarvan was dat Noag se ark in die vallei by Giant’s Castle gestrand het. Wat meer is, hy het klinkklare bewyse daarvoor gehad: die rotstekeninge. Op ? plek het hy my ? tekening gewys wat uitbeeld hoe diere twee-twee geloop het. ? Ander tekening was dié van ? man wat duidelik nie ? Boesman is nie. Natuurlik is dit mos dan Noag. Ek kan nie onthou of hy ook groot hande gehand het, geskik vir skeepsbou nie, maar dit was baie duidelik niemand anders as Noag nie.

As die Bybel dus aangeval word, en dit seermaak, moet jy die oorsaak van hierdie aanvalle voor die deur van die Christen se verstaan van die Bybel gaan soek. Dis waar die deur oopgemaak is vir aanvalle deur mense soos Richard Dawkins, Christopher Hitchens en prof Walter Veith.

Qirbet Qumran in Israel en die ontdekkings by Oxyreingus in Egipte verleen wel kredietwaardigheid aan die Bybel, en dit is nie te betwyfel nie, maar bewys geensins dat dit nie Joodse en Christenmitologie is nie.

Groete,
Angus

  • 13

Kommentaar

  • Beste Angus
    Jy verwys na die Noagverhaal. Dit is ongetwyfeld so dat daar soortgelyke verhale in ander volke se geskiedenis is.

    Daar is egter ‘n groot verskil wat jy nie uitlig nie. In al die ander verhale word die mens gestraf’ omdat  hul  dinge gedoen het wat verkeerd was in die oë van die gode.

    Die gode kom dan bymekaar  om ‘n geheime plan van aksie op te stel  maar dan om tog  genade te bewys besluit om ‘n man en sy gesin te red.

    Maar in die Bybelverhaal is dit duidelik dat die mens so wetteloos geword het dat dit op die punt gestaan het om hulself uit te roei en sodoende 'n einde aan die mens se bestaan op aarde te maak.

    In die Gilgamesh-verhaal word die held onsterflikheid belowe. Noag bly egter ‘n sterflike mens. In  die Noagverhaal word Noag en sy gesin gered voordat hul saam met al die ander  deur mense vernietig  word.

    Dit is dus God se reddingplan - Red die mens - voordat hy homself vernietig.

  • Beste FC Boot,

    Dis heeltemal waar wat jy sê, die mens leer 'n les uit die verhaal van Noag; dis tog immers 'n mite en daarom didakties van aard. 
     
    Jy mis egter die hele punt. Mnr. Du Plessis probeer bewys dat gebeure in die Bybel werklik plaasgevind het. Vir hom het die mite die betekenis van 'n leuen, terwyl ek vir hom probeer wys dat die mite 'n ander soort waarheid, soortgelyk aan die poësie, het. Dit is nie vir my nodig om iets "uit te lig" in die verhaal nie. Dit sal ek doen, sou ek daarop wys dat die Noagverhaal plagiaat is.  
     
    Versigtig lees, is die sleutel.
     
    Groete,
    Angus
  • Beste Angus
    Google gerus :"A Christian physicist Examines Noah's flood and plate tectonics" vir 'n ander perspektief.

    Nee dit is nie plagiaat nie, soortgelyke verhale sal jy op alle kontinente van die wêreld aantref.Elke antieke nasie het sy eie weergawe daarvan omdat daar werklik sulke vloede was en die verhale oor en oor vertel is.

    Mens is geneig om te vergeet dat daar aktiewe handel was tussen die verskillende antieke nasies en net soos ons vandag stories vertel rondom braaivleisvure oor die helde en die dade van hul tyd net soos bv wat rugbylegendes  aanbetref vertel, dan  duik Mannetjies Roux sommer 10 tree ver van die doellyn af oor vir sy drie teen die 1968 Britse Leeus op Ellis Park terwyl dit uit die beskikbare  videomateriaal duidelik is dat hy net baie na aan die doellyn oorgaan vir sy drie.

    .Google bv http://www.talkorigins.org/faqs/flood-myths.html en jy sal 'n lys van wêreldwye vloedstories vind.

    Sterkte want ek sien jy het hulp nodig.

  • Chris Dippenaar

    Angus, ek het gekom tot so om en by minuut 6 van Francois du Plessis se YouTube lesings ... mens moet seker dronk wees om dit te waardeer.

  • Beste Chris,

    Ek moes self maar eers die landing van Jan van Riebeeck met 'n Bluelabeltjie vier, daarom het ek so effens langer uitgehou.
  • Beste FC Boot,

     
    Nee, Wat! Ek kan nie met iemand rederneer oor 'n saak as hy nie behoorlik kan lees, en verstaan wat hy lees nie.
     
    Of Noag se verhaal plagiaat is of nie, was glad nie eers onder bespreking nie. Ek het maar net genoem dat indien ek oor die leersaamheid van die verhaal redeneer, dan sou ek ook moes probeer bepaal of dit plagiaat is of nie. 
     Ek het bewys dat die storie 'n mite is, en dat die Christen die Bybel belaglik maak deur te probeer bewys dat dit 'n ware gebeurtenis is, soos Francois du Plessis probeer doen. Deur te probeer bewys dat die Bybel histories en geografies waar is, stel die boek bloot aan wetenskaplike ondersoek.

    Die Bybel het 'n ander soort waarheid, gelykstaande aan poëtiese waarheid.
     
    Dis al. Dit het niks te make met plagiaat, of Mannetjies Roux, of 1968 se Britse Leeus nie. 
     
    Groete,
    Angus
     
     
     
     
     
     
     
  • Beste Angus
    Jy sê die Bybelverhaal van Noag is 'n mite en as jy genoeg tyd daaraan bestee sal jy ook kan bewys dat:

    "Dit sal ek doen, sou ek daarop wys dat die Noagverhaal plagiaat is."

    Jy het niks bewys nie want vloedverhale kom oor die hele wêreld voor en of mense nou verwys na Noag of enige ander held het niks met die feit te doen  nie dat sulke vloede wel plaasgevind het.

    Natuurlik kry sulke verhale deur oorvertelling meer inhoud  en is dit glad nie onmoontlik nie dat Noag as 'n mens kyk na al die ander mense wat dan sy nageslag  is niks meer was as bv 'n persoon
    wat  'n dieretuin besit  het en 'n goddelike waarskuwing ontvang het oor 'n komende vloed, weens die wetteloosheid van die mense en so 'n aantal diere gered het.

    Dit is ook duidelik dat dit 'n plaaslike vloed was want ons weet vandag dat daar op die planeet slegs 3% vars water en 97% sout water is. Van die vars water is of was 2% vasgevang in die pole.

    As dit 'n wêreldwye vloed was sou die hele soetwatervoorraad versout gewees het en die lande brak en geen wingerd sou kon aangeplant gewees het nie.

    Omdat water ook nie kon wegdreineer nie sou die hele planeet onder 'n digte mis en wolkbedekking gewees het wat  die globale klimaat so sou verander het dat die gevolge vandag nog waarneembaar sou wees.

    Jy verstaan ook nie die vergelyking wat ek bv met plaaslike rugbyhelde maak nie.Dit is oor en oor bewys in die menslike geskiedenis dat heldedade van mense deur oorvertelling al hoe groter word en meer lyf kry hoe verder nageslagte van die gebeurtenis verwyderd is.

    Dit beteken nie dat die gebeurtenis wel  plaasgevind het nie - maar heel waarskynlik anders as wat dit jare na die gebeurtenis opgeteken is.

  • Beste FC Boot,

     Nóg snap jy nie waaroor alles gaan nie.
     
     Kom ek verduidelik weer stap vir stap vir jou alles. 
     
     Francois du Plessis het in sy skrywe en video’s op U-tube probeer bewys dat die gebeure in die Bybel werklik plaasgevind het. Onder andere het hy die Noag-verhaal gebruik om te demonstreer. 
     
     My standpunt is dat die Bybelverhale fiksie is, en dat die verhale in die Bybel mites is. Die Bybel is Joodse en Christenmitologie, en daarom het dit ? ander soort waarheid, byna soos poëtiese waarheid. 
     
     Dit beteken dat dit onsinnig sal wees as iemand dit gaan beoordeel aan wetenskaplike, historiese en geografiese norme. Niemand gaan tog sê dat dit onwaar is as Opperman dig: “Uit holtes van ? boom, het kuddes vee gekom” nie.
     
     Die oomblik dat iemand egter beweer dat die Bybelverhale ware gebeurtenisse is, dan is dit  ? ander saak heeltemal. Nou word die pragtige letterkunde van die Bybel blootgestel aan wetenskaplike, historiese en geografiese ondersoek.
     
     Ek beweer dus dat Francois du Plessis en alle ander kreasioniste die Bybel groot skade aandoen deur gedurig te probeer bewys dat die gebeure daarin werklik plaasgevind het. 
     
     Noag se verhaal is die populêrste. Kreasioniste het al biblioteke vol geskryf daaroor. Nog ? gewilde onderwerp is die maagdelike geboorte van Christus. Hier op SêNet het kreasioniste al dikwels “wetenskaplik” probeer bewys dat ? vrou geboorte kan gee aan ? kind sonder die hulp van ? man.
     
     Al hierdie poginge maak die Bybel net belaglik.
     
     Gaan sit nou en lees deeglik wat ek geskryf het, en jy sal bemerk dat jou geskrywery geheel en al van die spoor is. Ek bespreek nie Noag se verhaal, of die geboorte van Christus nie. Ek verduidelik maar net dat dit geliefkoosde onderwerpe van kreasioniste is. 
     
    Ek wil weet of jy met my saamstem of nie dat die Bybel belaglik gemaak word deur mense wat probeer bewys dat die stories daarin waar is. As jy nie met my saamstem nie, gee jou redes en bewyse.
     
     Groete, 
     Angus
  • Beste FC Boot,
    Ek het jou verwysing na die verslag van dr Stephan Ball opgevolg en baie interessant gevind en kon nie help om te wonder of jy dit self behoorlik gelees het voor jy dit as verwysing aanbeveel het. Ek wil nietemin graag die volgende aspekte uitlig:
     Sy bevindings word geweeg teen die volgende subjektiewe agtergrond en ek haal hom aan waar hy ten aanvang verklaar: “I accept the account of Noah’s flood as completely true, just as I do the entirety of the Bible “ Maar nadat hy die moontlike bewyse ondersoek het waaroor hy omvattend rapporteer en wat oa behels plaattektoniek, die kwessie oor waar die baie water vandaan gekom het en wat na die vloed daarvan sou geword het en die verspreiding van dierespesies op die aarde, kom hy tot die gevolgtrekking dat daar geen bewyse gevind kan word ter ondersteuning van ’n globale vloed nie en rapporteer hy daaroor as volg:
     “None of the supporting evidences proposed by “creation scientists” are true evidences of a global catastrophe. It is long overdue for advocates of “flood geology” to admit that the only basis for claiming a recent global flood is their understanding of Scripture, certainly not the scientific evidence. And appealing to repeated miracles to erase the evidence of a global flood is neither reasonable nor scriptural.”
    Ten slotte kom hy dan tot die gevolgtrekking dat Noag se vloed slegs’n plaaslike vloed kon wees en waarvoor hy enkele bewyse uit Genesis aanhaal.
    Nogmaals baie dankie. Dit het vir my weereens bevestig dat Noag se vloedstorie ’n mite is.
    Groete
    Panda

  • Beste Panda
    Om die verskille tussen die Joodse en ander vloedverhale te verstaan kan jy die 'Flood -The' in die Jewish Virtual Library nagaan.

    Vir verdere verduideliking en uiteensetting en aannames van geslagsregister onder antieke volke kan jy http://www.jewishencyclopedia.com/articles/6577-genealogy lees.

    Dit sou slegs 'n mite gewees het as dit buite die bestek van die werklikheid geval het, dws as daar nooit groot vloede was nie, wat daar wel was in die gebiede en daar nooit enige poging was deur enigiemand
    om mens en dier te red nie.

    Onthou die verhale is nie geskryf as ooggetuie-verslae nie, maar is die mondelinge oordragte van geslag tot geslag. Ook is 'n groot terugslag ondervind toe onder "Herod 1' ook genoem  die Grote talle geslagsregisters wat in die tempel aangehou is, vernietig is.

  • Beste FC Boot,

    Weer eens wys jy gebrek aan kennis aangaande die mite. Die oorsprong daarvan lê dikwels in een of ander gebeure. Oorspronklik is dit mondelings oorvertel, en algaande word dit so effens anders vertel en bygelas. 
     
    Dit is dus nie waar wat jy beweer nie. Die mens was altyd onderhewig aan storms en vloedwater en die Noag-mite het hieruit ontstaan.
     
    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top