'n Groot raaisel

  • 15

Hier is nou iets wat onverklaarbaar is: As jy daardie kort stukkies macaroni kook kan jy maak wat jy wil die goed plak aanmekaar vas. Jy kan olie in die water sit, die goed kort-kort roer en alles, maar as die goed gaar is, is hulle in bondeltjies aanmekaar geplak. As hulle nog lukraak in ‘n soort van ‘n kraaines geplak is kan ek dit nog verstaan, maar die goed gaan staan en lyn netjies op, kop aan kop kan jy sê, parallel, in bondeltjies. Hoe werk dit?
Jan Rap

  • 15

Kommentaar

  • Beste Jan,

    Jy as 'n wetenskaplike behoort mos te weet. Die macaroni-stukkies is magneties, maar anders as 'n staafmagneet waarvan die punte noord en suid is, is die hele een kant van die macaronistukkie noord en die ander kant is suid. Daarom sal hulle presies langsmekaar lê en vasklou. 
     
    Hitte verbreek hierdie magnetisme. Volgende keer sorg dat die water verskriklik borrel as dit kook; dan gooi jy die macaroni vinnig by en roer sommer terselfdertyd. Moenie dat die macaroni onder op die bodem in 'n hopie gaan lê en klou nie. Roer tot jy seker is die macaronistukkies het oral met die borrelende kookwater in aanraking gekom sonder dat hulle kans het om te klou. Roer daarna kort-kort. 
    Dis nou so tong in die kies gesê. (Ek weet nie wat dit in suiwer Afrikaans is nie.)
    Groete,
    Angus
  • Inderdaad 'n interessante verskynsel, en ek hoop korrespondente met kennis van chemie of fisika kan ons 'n paar idees gee. My ondervinding met pasta is dieselfde: sodra jy die water afgegiet het begin dit aanmekaar vas te plak. Dit in sigself is miskien nie so verbasend nie want die meel waarvan pasta gemaak word is bietjie gommerig. 

     
    Die lynstanery is heel interessant. Mens moet eintlik bietjie eksperimenteer: gestel jy bedek 'n groot bondel kort stokkies met lym, en skud hulle dan deurmekaar, waarna jy hulle los om te plak soos hulle wil. Sal hulle dan ook so oplyn? Wat as die stokkies gemaak is van 'n meer buigsame materiaal, soortgelyk aan gekookte pasta? Is dit net die gommerigheid van die materiaal wat 'n rol speel? Ek sou dink kohesiekragte is straks ook betrokke: as jy bondels van kort stukkies strooi op water gooi, sodaty dit dryf, is hulle ook nogal geneig om parallel aan mekaar vas te plak. 
     
    Ek het so idee waarom dit gebeur maar vind dat ek sukkel om dit in woorde om te sit. 🙂
     
  • Angus
    Dankie vir daardie uitleg, nooit daaraan gedink nie.  Wat ek volgende keer gaan probeer is om oral in die pot Neodimiummagnete te hang op verskillende hoogtes met toutjies van die deksel af.  Dié behoort dan die mageneetvelde van die macaronistokkies te oorheers en op die manier dan 'lees' die stukkies macaroni nie mekaar se magneetvelde nie.
    Jy hoef nie bekommerd te wees nie, 'tong in die kies' is suiwer Afrikaans.  Die uitdrukking se oorsprong kan teruggespeur word na die bekende filosoof uit die Suidsee-eilande, ene Tonginny Keyes, wat altyd in beentrekkerige wyse gepraat het.  In die volksmond het die naam toe naderhand verander na 'tong in die kies', meestal uitgespreek as 'tong innie kies'.  Die Engelse het hierdie gedurende die tyd van die Engelse oorlog by ons oorgeneem (soos koppie, spoor, trek, voetstoots, kakka, stoep, nogal ens) en vertaal as 'tongue in cheek'.
    Jy's wel reg wat 'beentrek' betref, heel oorspronklik was dit 'pulling bone' en, juis ook gedurende die Engelse oorlog, was die Boere nie  te vinde vir die konnotasie daaraan geheg nie en hulle het dit toe gebruik op die manier wat ons dit vandag ken.  Die Engelse het toe hierdie weergawe weer by ons oorgeneem en vertaal as 'leg pulling' en gebruik op die manier wat ons dit gebruik.  Snaaks hoe dinge 'n draai kan loop.
    Brianvds
    Die goed plak vas nog voor ek die water afgiet; as ek toets of die goed al dente verby is (al dente is rou, ek weet nie wat die mense so gaande oor al dente is nie) is hulle al in bondeltjies van so drie-drie tot so sewe-sewe. Ook, die stukkies is almal in die vorm van 'n boog maar, lyk dit my, soos hulle warm word, 'verreguit' hulle en plak uiteindelik aamekaar vas soos ek verduidelik het.  Voorwaar 'n snaakse verskynsel.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Beste Jan Rap,

    Dankie vir die inligting oor "tong in die kies". Ja die Suidsee-eilande het nogal heelwat filosowe opgelewer. Dink maar aan Nu Pratta Jay de Kahkha, 'n tydgenoot van Tonginny Keyes.
     
    Groete,
    Angus 
  • Beste Jan,

    Ek vra om verskoning vir daardie laaste skrywe van my; ek sien nou eers jy kon dit dalk persoonlik opgeneem het, en beledigd gevoel het. Ek was so bly dat ek ook amper iets reggekry het, dat ek dit nie gesien het nie. Ek onthou nog jou meesterstuk: En as ek my laaste myt geplaas het. 
    Groete,
    Angus
  • Beste Jan Rap

    Dit sal nie 'n groot raaisel bly nie as jy eenvoudig by die kokende water 'n bietjie plantolie byvoeg.
    Gooi die macoroni by die kokende water en oliemengsel.Roer die spulletjie goed sodat elke stukkie macoroni met 'n olielagie bedek word en die groot raaisel is opgelos.

    Groete FC

  • Beste Angus
    Ontspan, ek neem dit nie persoonlik op nie (jy's dan my pel!).  Die teendeel is waar; ek was bly jy't die speletjie saam met my gespeel en het dit baie geniet.
    Groetnis en maak weer so.
    Jan Rap

  • Beste FC Boot
    Nee, ek het genoem dat ek olie in die water sit EN roer.  Die vorige keer het ek HEWIG geroer, selfs die goed half uit die pot gelig en omgedop sodat die konfigurasie heeltemal verander. 
    Dit sal goed wees as die probleem opgelos is, want wie wil nou stukkies macaroni uitmekaar maak?  Wat ek egter meer belang in stel is die verklaring.  Hoekom lyn die goedjies op in ewe groot bondeltjies?  Met ander woorde, almal lê parallel, nie een steek bokant 'n ander uit nie.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Beste Jan Rap

    My vorige skrywe was gebaseer op die aanname dat jy jou macaroni in macaronipot kook.

    Die probleem met 'n gewone pot is dat soos met rys jou macaroni in 'n gewone pot op die bodem gaan lê as jy die goed nie aanhoudend roer nie en dan deur die afskeiding van stysel 'n bondel rys of saamgekoekte pot macaroni oplewer.

    Hoe kook jy in 'n macaronipot dws 'n dubbelpot? Bring eers jou hoeveelheid water nodig vir rys of macaroni tot kookpunt? Voeg dan sout by. Dit sal keer dat jou pot nie klein gaatjies op die bodem ontwikkel as jy sout in koue water gooi en dit dan tot kookpunt bring. In koue water sak sout tot op die bodem en rig dan skade aan.

    Gooi nou 'n klein bietjie olie by en wag tot die mengsel weer kook.Plaas nou jou binneste pot binne die kokende water en voeg die macaroni stadig by sodat die water bly kook en roer sodat die macaroni nie die kans kry om aanmekaar vas te klou nie.

    Die geheim van 'n macaronipot is dat die kokende water van onder en langs die kant die rys of macaroni min kans gee om aan mekaar vas te klou en lastige verbindings te vorm. Plaas die deksel op, draai die hitte af maar nie so laag dat die olie-watermengsel ophou kook nie.

    Roer kort-kort om te keer dat die macaroni nie op die bodem gaan lê nie. Na 7-8 minute behoort jy heerlike maar steeds stewige en nie pap aanmekaar klewende macaroni nie te bedien.

    Rys afhangende van die hoeveelheid neem  'n bietjie langer maar ten minste sal jou huismense of gaste nie mekaar met bolle pap rys bestook nie.

    Groete F C

  • Ek sien Jan Rap se vraag bly nog onbeantwoord: waarom plak die goed in sulke parallelle lyne? Ek hoop nog steeds iemand sal lig kan werp. 

     
    Ek vra my af: gestel jy het 'n pot vol klein magnete, van dieselfde vorm en grootte as die macaronistukkies, en jy skud hulle deurmekaar. How gaan hulle vasplak? As die magnete se pole aan die kante van die magnete is, dan sal jou magnete straks ook netjies langs mekaar gaan lê. Maw miskien rangskik sulke voorwerpe hulself op so manier dat dit maksimale "plakkrag" tot gevolg het? 
     
    'n Interessante fisikaprobleem in 'n pot op die stoof. Maar die professionele fisici is seker te besig om hul aan sulke triviale dinge te steur ...
     
  • Hallo FC
    Dankie man!  Ek het nog nooit van 'n macaronipot gehoor nie.  Gaan nou vir Kersfees vir my vrou 'n macaronipot, saam met die bandsaag en hoekslyper wat ek vir haar gekoop het, koop.  Sy sal heelwaarskynlik vir my 'n paar hoëhakskoene, sandale en 'n serp koop vir 'n persent.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Julle ouens moet stadig met die pasta. Soos bier, brood, aartappels en rys, is dit verskriklik boepensvormend. Vra maar vir Tim Noakes.

  • Beste Jan Rap

    Macaroni/pastapot. Probeer Boardman.

    Jou vraag oor bondelvorming van macaroni bly onbeantwoord en al die gegoogle in die sakie het ook geen oplossing gelewer nie.

    So hier is my voorlopige verklaring. Hoe langer 'n mens pasta of rys kook hoe meer stysel word vrygestel in die water en hoe kleweriger raak macaroni en rys.Hoe kleiner die pot, hoe minder water en hoe meer versadig raak  die water.

    Omdat macaroni rond en langwerpig is sal dit dus as jy dit nie roer nie in sy lengte afsak na die bodem. Ek raai dus dat styselmolekules oor die lengte vrygestel word en dit verbind dan lengtegewys met ander stukkies macaroni .Hoe groter die bondel hoe meer stysels word op een plek vrygestel in die water en hoe groter die konsentrasie van stysel op 'n spesifieke plek.

    Ek weet nie hoe tevrede jou vrou gaan wees oor jou voorgenome aankope vir haar nie, maar hier is 'n stukkie gratis goeie raad: As jy nie te grootkop is nie behoort die binneste  gaatjiepot  voldoende beskerming te bied as sy jou met die koekroller oor jou onbedagsame aankope gaan bykom.

    Die gaatjies behoort genoeg sig te bied sodat jy nie in die naaste deur vas hardloop of in jou haas om weg te kom  oor die hond, kat of kinders struikel nie.

    'n Geseënde Kersfees vir alle LitNetlesers

    Groete F C

  • Chris Dippenaar

    Net 'n raaiskoot: Macaroni is mos maar 'n glibberige gemors as jy dit nou net klaar gekook het. Al die stukkies is omtrent ewe groot en met so 'n bietjie swaartekrag "gly" elkeen in posisie in. Dat macaroni rond is help dalk ook baie. "Screws" dink ek nie sal so netjies kan oplyn nie. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top