Daar gebeur dit toe weer

  • 1

Daar gebeur dit toe weer; die SAUK, deesdae SABC (Engels is mos die amptelike taal), na 20 jaar, kry vir Max om die mense gerus te stel dat, ten spyte van wat hulle dink, hierdie toe wel die beloofde land is. Ongelukkig was sy een van sy twee gaste Magnus Heystek wat ‘n taamlike donker prentjie geskilder het. Om die waarheid te sê, hy’t die idee van ‘n beloofde land heeltemal gesink.
Max se ander gas was prof Piet Croukamp, natuurlik vir ondersteuning. Die prof het soos verwag kan word weer die teenswoordige toestand probeer vergoeilik maar, in die lig van Magnus se klare feite, kon hy nie daarin slaag nie.

Mens moet egter prof Piet se voetwerk bewonder; met ‘n vloeiende mistigheid (of ‘n mistige vloeiendheid) het hy oor die eiers getrippel, julle weet “Gert is kwaad vir Koos en dit bevoordeel Ben wat meebring dat Abel en Ben die geleentheid mag kry om Faan in te stem en ontslae van Daan te raak ...”, daardie soort van ding. Indrukwekkend, maar niksseggend; ons wil weet hoekom is ons ‘n mislukte staat of liewer, ons wil weet wat Max en Piet se verklaring is dat ons ‘n mislukte staat is.

Prof Piet het darem gepraat van “omdraai” en “herstel”, woorde wat aandui dat hy weet dinge was eens op ‘n tyd beter maar, klink dit vir my, hy’t weer arme Zuma as belhamel uitgesonder. Dit is natuurlik onsin, dinge het begin skeef loop die oomblik wat Mandela die leisels geneem het.

Daar is natuurlik net een oplossing vir die huidige probleem (let wel, PROBLEEM, nie ‘uitdaging’ nie) en dit is demokrasie. By die twee onafhanklike state wat die Engelse bewerkstellig het, naamlik Swaziland en Basoetoeland, moes ons nog net Pediland, Xhosaland, Vendaland, Zoeloeland, Tswanaland en nog so paar ander, gevoeg het. Vir elk ieder nasie sy eie land en regering.

Ons was goed op dreef maar Max en die ander Progs (lees: Nuwe-sedert-die-70’s-Nasionale Party) het ‘n stokkie daarvoor gesteek. Hoe ons demokrasie gaan bewerkstellig is weer ‘n ander debat maar in tussentyd sal die mense maar die beste van ‘n slegte saak maak – belê in lemmetjiesdraad of uitwyk buiteland toe soos ‘n klomp alreeds gemaak het.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Jan, dit slaan my dronk dat daar mense is wat hul blind staar teen die realiteite en werklikhede van ons situasie. Ek is 'n optimistiese en positiewe persoon. Ek probeer die goeie in mense en elke situasie die beter kant raaksien. Ongelukkig is die harde feite nie altyd so positief nie. Mense skop jou in die tanne in en om 'n mooi prentjie van elke situasie te teken is ook nie haalbaar nie. Die huidige staatsbestel is nie net disfunksioneel nie, dit is gewoonweg afwesig. Ek glo net 'n wonderwerk gaan ons red. Daar is 'n Joodse gesegde wat lui "do not invent something with your mouth that your eyes cannot see" wat ek dink nogal heel gepas is. Mens weet nie wat Piet, Max en hul trawante weet wat ons nie weet nie. Ons sal maar wag en sien wanneer piesang die waaier slaan. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top