Kommentaar

Sê nou maar net . . .

Jan Rap 2016-02-17 Beste Angus Jy's reg wat betref die blou keppies. Jy's verkeerd wat betref die verdwyn van Afrikaans want daar is nog Tswana, Zoeloe, Sotho, Venda, Sepedi en nog 'n magdom ander tale ook. Verder is daar dan nog ook die kwessie van 'n geweldige verl

Droogte in die kop

F C Boot 2016-02-17 Beste Angus Nou praat jy pleinweg nonsens, want jy verwerp die bestaan van Christus, al beskryf 'n ateïs-historikus jou en jou mede ateïste as amateurs in die opsig. Net soos jy die Bybel aanhaal om jou standpunt te bewys haal ek 'n ateïs-historikus a

Spiets

Adriaan 2016-02-17 Duitswester, sien dit maar as rede in staatsie, vriendelike groete.

Sê nou maar net . . .

Angus 2016-02-17 Beste Jan, Sê maar nou net ... die hemel val, dan dra ons almal blou kepsies. Sê maar nou net... Afrikaans verdwyn. Dan praat ons almal Engels. Sê nou maar net... Engels verdwyn. Dan praat ons met niemand nie. Sê maar nou net... taal verdwyn.

Droogte in die kop

Angus 2016-02-16 Beste FC Boot, Jy moet maar versigtig wees as jy iemand van kleitrap beskuldig. Is dit nie eerder van toepassing op jou skrywes nie? Dis mos jy wat van die onderwerp afdwaal ... Angus

Droogte in die kop

Angus 2016-02-16 Beste FC Boot, Die een wat kleitrap, is jy. Jy het nie die vaagste benul van die Christelike filosofie nie. Sonder erfsonde kon daar onmoontlik ʼn Christendom gewees het. Die mens het sonde teenoor God gepleeg deur ongehoorsaam te wees. Sonde moet gestr

Ingrid Jonker se dogter gesels oor haar ma en Vlam in die sneeu

Johann H Claassen 2016-02-16 Dankbaar vir die skatkis van woorde en versies wat Ingrid agtergelaat het. Dankbaar vir André wat die briewe so mooi bly bewaar het. Dankbaar dat Simone haarself weer kon vind en daaroor kon praat.

Ingrid Jonker se dogter gesels oor haar ma en Vlam in die sneeu

simone 2016-02-16 Dankie LitNet dis 'n fantastiese artikel; mag julle van sterkte tot sterkte gaan. Simone

Les-idees en werkkaarte rondom tienerroman Hoopvol

Azyllio Rhyn 2016-02-16 Dagsê julle. Ek bied die jaar graad 8 en 9 Afrikaans HT aan en wil net hoor of daar iemand is wat notas en uitgewerkte vraestelle en memorandums het oor die romans Vlerkdans en Diekie van die Bo-Kaap?

Die sondebok

Reusedwerg 2016-02-16 Jan, dit is snaaks hoe dinge werk. Die propogandiste vir die huidige bedeling is nou tjoepstil. Wat my soos ek in ander briewe al genoem het dronkslaan is die miskenning/ontkenning van die huidige situasie. Die land brand maar almal besing die demokrasie

Ek is de moer in ...

CM 2016-02-16 Vloermoer.

Droogte in die kop

F C Boot 2016-02-16 Beste Angus Jou kommentaar van 15 Februarie moet jy rig soos voorheen gevra aan http://www.strangenotions.com/an-atheist-historian-examines-the-evidence-for-jesus-part-1-of-2/ wat jou en ander as amateurs bestempel ten opsigte daarvan, dalk oortuig

Rassisme ... dis in ons bloed, sê hulle

Angus 2016-02-16 Beste FC Boot, Stadskinders sal dit nie verstaan nie. As die veld afgebrand het waar beeste gewei het, sien jy orals sulke bondeltjies rookwalms waar die beeste gemis het. Die lomp verdediging dui maar net op die hopeloosheid van die saak. Groete, Angu

Amsterdam kry Zuid-Afrikahuis terug

Louise Seip. 2016-02-16 Op my geboortedag weer geopen! Dit moet iets beteken! Kom graag besoek wanneer weer in Nederland. Welgedaan!

Droogte in die kop

Angus 2016-02-15 Christus is 'n mitologiese figuur, geskep deur die verbeelding van woordkunstenaars. In sy mitologiese wêreld is die wette van die wêreld waarin ons woon, opgeskort. Daarom kan hy maagdelik gebore word, op water loop, water in wyn verander, en saam met

Jeugresensie: Lewende planeet: Verstaan en bewaar biodiversiteit

Koos 2016-02-15 'n Graad 3 leerling het nie sulke woordeskat nie. Hoekom nie in sy eie eerbare taal weergee nie?

My geliefde: My liefste engel

Johan 2016-02-15 Ek is lief vir jou, Lizaan, jy is n engel uit die hemel; jy het my hart gesteel.

Al die baie maniere om mense opsetlik dood te maak

annetjie 2016-02-15 Wat van as daar ’n geveg uitbreek by ’n kroeg? Die beskuldigdes is dae na voorval aangesê om in te kom na SAP. Daar is hul meegedeel dat hul teregstaan op moord. Een van die betrokkenes is vyf dae na voorval oorlede agv milt wat geskeur het. En getui

Notas oor "zef"

Zeftodefokkendef 2016-02-15 I don't get it but dis fokken cool. Ek appresiëer dit soos ZEF.

Rassisme ... dis in ons bloed, sê hulle

F C Boot 2016-02-15 Beste Angus So terloops 'n miskoek is 'n harde stuk mis van 'n dier. Jy moet dus net soos 'n sigaret of enige ander rookdingetjie dit aan die brand steek, wat dan dui dit op 'n voorbedagte daad.

Spiets

Duitswester 2016-02-15 Adriaan, of my kop is te plat, of jou rookgoed is te sterk, maar hierdie griffel van jou maak nie sin nie. Duitswester

Regsalmanak: Wanneer vermoed word dat iemand dood is

Gustaf Pienaar 2016-02-15 Dankie vir u navraag, mnr Boot. So 'n moontlikheid illustreer juis waarom ons howe baie versigtig is met die uitreik van bevele van hierdie aard. As 'n person wat "vermoedelik dood" verklaar is, wel daarna sy opwagting maak, sal die proses regtens ongeda

Die digkuns van Johann de Lange met spesifieke verwysing na Nagsweet

CHRISTINE mogne 2016-02-15 Hello Johan. Ek soek asb vakansie by die see gediggie. Waar kan ek dit dringend kry?

Droogte in die kop

F C Boot 2016-02-15 Beste Angus Jy het die klok hoor lui maar weet nie waar die klepel hang nie. Erfsonde is nie ’n hoeksteen van die Christelike geloof nie maar wel die belydenis van Petrus. Voordat jy nou verder kleitrap vat een van jou baie Bybels en lees dan wat opget

Droogte in die kop

Angus 2016-02-14 Beste FC Boot, Volgens die HAT se verklaring is jy dan mos ʼn ketter. Jy verwerp erfsonde, en erfsonde is die hoeksteen van die Christelike geloof. Elke Sondag in die kerk bely die Christen dat hy in sonde ontvang en gebore is. Sonder hierdie erfsonde so

Afrikaans se grootste topverkoper

Alida 2016-02-14 Waar kan ek die 1933 Bybel vertaling koop?

LAPA se Romanza is tien jaar oud

rensche palm 2016-02-14 Wil graag aansluit. Was lid by leserskring.

Droomdelwers: ’n Kontreiverhaal wat maklik lees

Ina Maartens 2016-02-14 Bestaan daar enige materiaal oor droomdelwers? Aantekeninge, studiegids, ens. (Onnie, gr. 11) Soek dringend die leerderweergawe. Hoof probeer bestel, maar geen voorraad. Help asb.(Arm, Afrikaanse Privaatskool, 10 leerders in gr, 11)

The art of saam-mekaar-andersmaak: Breyten Breytenbach in response to Lis Lange's letter

Rentia Landman 2016-02-14 Dankie Breyten dat jy jou uitmuntende gebruik van woorde aanwend om ons ander se mondstuk te wees as 'n skildvel teen die aanslag op ons taal en Afrikanersiel.

Sona 2016: Die jaar van #ZuptaMustFall en #MalemaRising?

Philippus Janse van Rensburg. 2016-02-14 Ons beleef waarlik droewige dae met ons leiers en regering. Is dit te veel gevra van 'n party om seker te maak dat die werklike belange van die burgery gedien word? Dankie vir 'n raak beskrywing van die gebeure!

Die Viserektor van die UV se reaksie op Breytenbach se US Konvokasietoespraak

Jan Rap 2016-02-14 Hierdie bewering van dr Vandersteen is net so absurd as die bewering dat krewe al daaraan gewoond is om lewend in kookwater gedompel te word.

The art of saam-mekaar-andersmaak: Breyten Breytenbach in response to Lis Lange's letter

francois verster 2016-02-13 Ons nasionale dialoog handel oor groepe se kultuur-opvattings (perspektiewe, waardes, ens) bowenal, en dan tree veralgemenings gedurig in - omdat ons mekaar steeds swak ken: ons probeer mekaar verstaan deur nogmaals deur ons eie kultuurbrille te kyk, en o

Koebaai, Afrikaans? Afrikaans as onderrigtaal in skole

rehana mohamed 2016-02-13 Ek is ook 'n onderwyseres aan 'n hoërskool in die Oos-Kaap wat Afrikaans onderrig. Deel die sentimente van die twee leerkragte in die Kaap!

Sona 2016: Die jaar van #ZuptaMustFall en #MalemaRising?

rehana mohamed 2016-02-13 Goeie artikel,Bettina Wyngaard!

Sona 2016: Die jaar van #ZuptaMustFall en #MalemaRising?

Marietjie Luyt 2016-02-13 Die belangrikste oomblik van Sona was toe Mosiuoa Lekota verklaar het dat Zuma die vorige dag in die hoogste hof van die land - die Grondwethof - erken het dat hy die Staat se geld gesteel het - en dat hy die geld moet terugbetaal, soos wat die Openbare B

Sona 2016: Die jaar van #ZuptaMustFall en #MalemaRising?

annette 2016-02-13 Jy het die parlementsopening so goed opgesom, jou waarnemings was my waarnemings ook,persoonlik kan ek nie wag vir volgende Dinsdag nie, hopenlik sal ons "leier"dan die handdoek ingooi, mens mag maar hoop.

Wit bevoorregting

Frans van Rensburg 2016-02-13 Baie waar wat jy sê , ons was ook maar die eerste geslag wittes wat universiteit toe kon gaan en beslis nie omdat ons wit was nie maar omrede ons vasbeslote was om ons lewensomstandighede te verbeter. Nie almal het beurse gehad of gratis onderrig ontvang

Regsalmanak: Wanneer vermoed word dat iemand dood is

F C Boot 2016-02-13 Wat gebeur as die ou wat 'vermoedelik dood is' besluit om weer sy verskyning te maak en dan sy erflating opeis?
Top