Kommentaar

Angus en FC Boot se historiese Jesus

Thomas 2016-02-26 Angus 'n Foto van ons drie saam sal nog beter lyk. Ons kan selfs oorweeg om 'n getekende weergawe aan Kosie die Kabouter te skenk! Thomas

Intellektuele byeenkoms

Thomas 2016-02-26 Jan Rap Dankie vir jou taalterregwysings. Ek probeer werklik my taal koester. Thomas

Ope brief aan die rektor van die Universiteit van Pretoria

Dr Gerrit Jooste 2016-02-26 Puik - dis soos die meerderheid Afrikaanssprekendes voel!

Ope brief aan die rektor van die Universiteit van Pretoria

Engela Geyer 2016-02-26 Uitstekend! Plaas asb. ook 'n Engelse vertaling.

Ope brief aan die rektor van die Universiteit van Pretoria

Anton Van Zyl 2016-02-26 Liewe lesers. Neem enigiemand kennis dat Tuks met Engelse geld gestig is? Dit staan vir Transvaal University College. Anyway. Afrikaans sal nooit verdwyn as taal nie, ten Minste 500 000 praat dit in Engeland, en miljoene in SA. Meeste van my swattings was

Ope brief aan die rektor van die Universiteit van Pretoria

ben van bruggen 2016-02-26 Johan is reg. Dis die EFF wat in ’n verkiesingsjaar vuil/slim opereer, maar in stede daarvan dat slim Afrikaners soos Johan terugstaan en al die feite oorweeg, kom hy ook met n emosionele agenda. "Waar sal ons dan wees as Afrikaners nie toegelaat word

Die universiteitswese in Suid Afrika: 'n toekomsperspektief vir Afrikaanse instellings

Gustaf Claassens 2016-02-26 Hmm, ek wonder wat die Duitsers, Franse, Hollanders, Italianers, Spanjaarde, Russe en andere sal sê oor argumente dat akademiese voortreflikheid en uitkomssuksesse, die beste deur middel van Engels as onderrigtaal behaal en bereik word. Sover my kennis s

Ope brief aan die rektor van die Universiteit van Pretoria

Hennie van Deventer 2016-02-26 Onderskryf graag veral die slotsin: "En watter soort land sal dit wees wat nie haar Afrikaanse burgers wil toelaat om in hulle taal voorberei te word om as burgers ons land die diverse wonder te help maak wat sy kan wees nie?" Dankie, Johann Rossouw, van

Ope brief aan die rektor van die Universiteit van Pretoria

Charles Smith 2016-02-26 Kragtige boodskap, Johann. Mens hoop prof De la Rey neem kennis hiervan.

Ope brief aan die rektor van die Universiteit van Pretoria

Leon Loock 2016-02-26 Johann jy verwoord op 'n sinvolle en elegante wyse die waarheid van wat ons tans in die land ervaar. Waarom die universiteitsowerhede so gretig is om Afrikaans af te skaf op die aandrang van 'n relatiewe klein groepie oproerige vandaliste gaan my verstand

Kombuistaal, kanseltaal en uiteindelik koeranttaal

Sandra Pretorius 2016-02-26 Wat dink julle van die taalgebruik op Netwerk24?

Ope brief aan die rektor van die Universiteit van Pretoria

Johan 2016-02-26 Johann, is dit nie ironies dat dit wat die "verkrampte" regses destyds voorspel het sal gebeur onder meerderheidsregering nou juis besig is om gestalte te kry nie? Daar is baie goeie en gematigde swart mense en studente wat sekerlik nie hierdie optredes o

Stem vir LAPA se Romanza-ridder

Louis Rautenbach 2016-02-26 Shaun - lyk misterieus.

Angus en FC Boot se historiese Jesus

Angus 2016-02-26 Beste FC Boot, Dis waar, ek het 23 Bybels. Die meeste was verjaarsdaggeskenke, wat 'n geleentheid bied vir my gelowige familie om 'n ateïs te bekeer. Die King James het ek self gekoop; die taal daarin het my so baie aan Shakespeare en Sir Francis Bacon

Ongelykhede in taal en onderwys – perspektiewe op moedertaalonderrig in Suid-Afrika

francois verster 2016-02-26 Hoe enigeen kan dink moedertaalonderrig is NIE noodsaaklik nie (en dat BYKOMENDE tale ook nie nodig is nie), is onbegryplik. Die fokus behoort op skole te wees om 'n goeie fondament te lê. Nou, met die haglike toestande in soveel skole, wil jong mense ui

Ope brief aan Wim de Villiers

Patrick Parring 2016-02-25 Ek is 'n Suid-Afrikaner, en wil Andrew Le Roux gelukwens met sy brief aan Prof Wim. Ek glo jou boodskap en pleidooi is noodsaaklik en word gedeel deur meerderheid swart en ek glo ook meninge wit. Bravo Andrew.

Angus en FC Boot se historiese Jesus

Angus 2016-02-25 Beste Reusedwerg, Ek kan nie anders as om heelhartig met jou saam te stem nie. Ateïste gee nie om wie glo in Tokkelossie, Satan, God, Zeus of voorvadergeeste nie. Van meet af aan kon gelowiges die nie-gelowiges egter nie uitlos nie. Iemand moet net

Ope brief aan Wim de Villiers

Daniel Maartens 2016-02-25 Pragtige nostagie wat u openbaar. Hoeveel akkers moet op jou kop val alvorens u die koffie ruik? Begin solank te neurie: 'We can dream can't we'?

Kombuistaal, kanseltaal en uiteindelik koeranttaal

Jan Rap 2016-02-25 Ek het Anton Prinsloo so'n ruk terug hoor vra (eintlik smeek): "Wil julle nie tog weer 'n taalversorger aanstel nie?" Hy't met een of ander omroeper, dalk nog die baas, Magdaleen, gepraat. Dit is verstommend hoe RSG en KykNet Afrikaans ondermyn.

Die Afrikaanse Skryfgids – vir almal wat (wil) skryf

Heila Slater 2016-02-25 Kyk van bladsy 381 af, dit sal help.

Die Afrikaanse Skryfgids – vir almal wat (wil) skryf

Heila Slater 2016-02-25 Ek vind die boek: "Die Afrikaanse Skryfgids" onontbeerlik terwyl ek my boek skryf. Baie dankie Riana en Leti, vir ure se werk met die samestelling, van die Skryfgids.

Angus en FC Boot se historiese Jesus

F C Boot 2016-02-25 Reusedwerg Ek het geen probleem daarmee dat mense anders oor dinge dink nie. Waarmee ek wel 'n probleem het is dat die wetenskap deur verganklike mense verhef word tot die antwoord op alles. Koning Dawid skryf Psalm 14 so ongeveer 'n 1000 vC en kom dan

Farid Esack se Johan Combrink-gedenklesing

Elaine Erlank 2016-02-25 Dit help nie ons lees net; kom ons staan vandag op en gaan doen iets vir ons taal.

Die universiteitswese in Suid Afrika: 'n toekomsperspektief vir Afrikaanse instellings

Marius 2016-02-25 Ria , ek kan nou nie namens Theuns Eloff praat nie en ek is ook nie 'n akademikus nie. Die feit dat daar nie in swart tale op tersiêre vlak geleer is nie, moet betreur word eerder as om dit as verskoning te gebruik om Afrikaans, wat al amper vir 'n 100

Leon Rousseau (1931–2016)

Elsabe Ras 2016-02-25 Ek was, en is, een van Leon Rousseau se grootste ondersteuners. Danksy die Fritz Deelman reeks het ek op 11 jaar oud al leer deurnag lees en 'n gesonde belangstelling in die wetenskappe ontwikkel wat my as industriële joernalis goed te staan gekom het. E

Die universiteitswese in Suid Afrika: 'n toekomsperspektief vir Afrikaanse instellings

Dr Gerrit Jooste 2016-02-25 Na die afbrand van die Mafikeng Kampus wonder n mens of dit regtig oor Afrikaans per se gaan. Word dit nie as slaansak gebruik om te verdoesel dat baie van hierdie "studente"(?) Afrikaans as slaansak gebruik omdat hul nie die vermoë het om tersiêr die m

Die universiteitswese in Suid Afrika: 'n toekomsperspektief vir Afrikaanse instellings

Ria 2016-02-25 Vra maar vir die duisende wat oorsee woon? Ja, hulle praat miskien nou nog Afrikaans, want hulle het maar onlangs geëmigreer. Oor 'n honderd jaar sal hulle nie meer Afrikaans praat nie, vra maar die nageslagte van die Afrikaners wat ná die Anglo-Boereoo

Die universiteitswese in Suid Afrika: 'n toekomsperspektief vir Afrikaanse instellings

Mari 2016-02-25 Hoe klink jou kleinkinders? Hulle raak al minder Afrikaans ...

Mediese navraag: Wie kan help?

Reinette swart 2016-02-25 Goeie dag. My huishulp sukkel met erg swellende enkels en voete. Sy loop ook nogal ver elke dag. Wil net weet waarvoor die volgende medikasie is wat sy by die kliniek kry, want hul verduidelik maar min daar. Dit is Ciplavasc, Pharmapress en Ridaq. Sy sê

Ongelykhede in taal en onderwys – perspektiewe op moedertaalonderrig in Suid-Afrika

Gustaf Claassens 2016-02-25 Wanneer ideologie, oordrewe emosie en ander soortgelyke faktore uit die taaldebat verwyder word, spreek die feite (gebaseer op wetenskaplike navorsing!) vir sigself! Dis insiggewende bydraes soos die (lees ook Breyten Breytenbach en andere) wat aan die gr

Kombuistaal, kanseltaal en uiteindelik koeranttaal

Johannes Comestor 2016-02-25 Ek skryf dikwels aan Die Burger oor taalfoute. Daar is nooit enige reaksie nie en skynbaar ook nie resultate nie. Dieselfde foute word klakkeloos herhaal. Daar is nie meer 'n Hiemstra wat die joernaliste uittrap nie.

Bespreking van Breyten Breytenbach se vyf-en-veertig skemeraandsange

Zandra Bezuidenhout 2016-02-24 Skitterend, Rensia. Insigryk, verhelderend. Dankie hiervoor!

Angus en FC Boot se historiese Jesus

Reusedwerg 2016-02-24 FC die Godsdiens "debat" sal tot in lengte van dae duur. Soos ek al voorheen hier geskryf het, die vermoë en die Goddelike gawe om te glo is nie almal beskore nie. Dit sal ook nie help om die wetenskaplike bewyse te probeer weerlê nie. Die wetenskap is

In memoriam: Anton Prinsloo

Daniël Venter 2016-02-24 Stil, broers, daar gaan 'n man verby ...

Skelbek

George Bekker 2016-02-24 Dankie Oester vir nog 'n storie wat 'n mens laat stilstaan.

Die gelykenis van die verlore vader

George Bekker 2016-02-24 Daar is soveel dinge in die lewe waaroor ons nie beheer het nie. Waaroor ons wel beheer het is ons reaksie daarop.

Die universiteitswese in Suid Afrika: 'n toekomsperspektief vir Afrikaanse instellings

George Bekker 2016-02-24 Ria, jou punt 2 is 100% reg - swart kinders se aanvangsonderrig moet in hulle moedertale wees en noodwendig sal hulle mettertyd na Engels oorskakel. Dit beteken nie dat Afrikaanssprendes op dieselfde pad gedwing moet word nie. 4. Konstitusioneel het ons

Ons groet mekaar nie meer met 'n soen nie

George Bekker 2016-02-24 Duitswester, ek moet met jou saamstem. Het nie probleme gehad met die NG Kerk se besluite oor gay verhoudings tot 2013 nie, maar verlede jaar se besluit is vir my verkeerd. Sover my kennis strek was alle gelowe (Joods, Moslem, Hindo, ens) geeneen ten guns
Top