Vir die ateïs in sy bitter klein geestelike bestaanswêreld sonder kennis van God, kan dit maklik so voel. Pure selfdesepsie - geen verantwoordelikheid opneem in daardie wêreldjie nie. So glo en maak die volstruis met die kop in die sand natuurlik ook.
Dankie Kobus, ek het nog altyd na daardie juiste uitdrukking gesoek wat 'n ware Christen tipeer: kop in die sand!
Ek, Christen, glo so kop in die sand, maak nie saak wat "julle" sê of bewys nie.
Lekker benaming, is dit nie? Haai, julle kop-in-die-sand-christene!
Jou stelling sou sin maak, as julle alles kon bewys wat julle sê, en wat van julle ateïste maak, Angus. Maar julle speel rond met daardie woord 'bewys' sonder om dit gestand te (kan) doen vir jul eie beskouings.
Die realiteite om jou heen in die natuur, byvoorbeeld, dien as voldoende bewys van die bestaan, betrokkenheid en aktiwiteite van God op alle vlakke, ten alle tye. Om dit nie raak te sien en erkenning aan te verleen nie, is 'n doelbewuste poging om dit te ontken en vermy, daardie selfdesepsie, en dit is die kop-in-die-sand metode van die agnostikus nes die volstruis. Help nie jy probeer daardie kenmerk van julle aan Christene afsmeer nie.
Lees gerus weer my kommentaar. Jy het beweer dat daardie dinge aangeleerde stroperige pretensie van sondes en helle en hemels is. My kommentaar was daarop gerig.
Sou jy my 'n leuenaar kon noem as ek sou herhaal wat jy my sou vertel van wat in jou eie huis aangaan? Net so ook met die hemel. Ek het nie beweer dat ek allesomvattende persoonlike kennis daarvan het nie, want ek leef nog op aarde. Wat ek wel sê - as jy dit sou kon begryp - is dat jou gebrek aan kennis van God jou sinne verstomp. God is die Heerser in en van die Hemel en God is aan my welbekend en ek het SY eersteklas getuienis oor beide die Hemel en die hel, maar jy nie. Die natuur om ons heen verskaf meer as genoeg getuienis vir die betrokkenheid en betroubaarheid van God. en SY Woord.
Dit is vir jou ook relevant en belangrik, want een van die twee is jou voorland ...
Jou probleem is jou kortsigtige en foutiewe siening dat kennis 'n produk van die fisiese brein is. Maar kennis is van buite die brein, deur spirituele impuls en die brein is bloot die verwerker van daardie inligting en die stoor van kennis ter wille van gebruik deur die fisiese mens.
Beste Kobus,
Kop-in-die-sand glo die Christen dat almal, soos hy, ook kop-in-die-sand is, maar ek kan jou verseker, die ateïs is oopkop. hy glo nie sommer alles nie, hy soek bewyse.
Waar is jou bewyse, Kobus, dat daar nou juis 'n godheid agter die dinge van die natuur moet wees? O, die Bybel! Daardie selfde boek wat vir jou vertel van 'n pratende slang en bome, van 'n vrou wat sommer in 'n soutpilaar verander en 'n man wat duisend Filistyne doodslaan met 'n eselskakebeen? O, jou ouers het jou van die god vertel, en dominee! O, en jy maak gebruik van gesonde verstand wat vir jou sê daar moet 'n intelligente wese wees om 'n boom, blomme en berge te kan maak? Daardie selfde gesonde verstand wat vir jou sê die son en die sterre draai om die aarde?
'n Ateïs is iemand wat weet dat die bonatuurlike slegs die skepping van die mens se verbeelding is. Hy soek bewyse vir gode, engele, spoke, duiwels, tokkelossies en voorvadergeeste. Hy gaan nie sommer kop-in-die-grond glo aan die goed nie.
Jou stellings wat jy maak oor die son en sterre is sommer ongegronde snert, Angus.
Die probleem met die ateïs is dat hy voorgee dat hy kwansuis bewyse soek van die Godheid, maar op 'n plek waar hy weet hy sal dit waarskynlik nie kan kry nie (binne die perke van sy uiters eng en onontwikkelde 'wetenskaplike metodes') en dit wat hy wel kry, sommer ignoreer (kop in die sand). Prof Thomas Nagel het nogal mooi verduidelik waarom die ateïs so stuitig sal optree. Alles deel van die uitlewing van daardie selfdesepsie waaraan die ateïs gebuk gaan.
Jou laaste sin hierbo spreek ook weereens daarvan - daar is geen manier, byvoorbeeld, hoe jy kan bewys dat die sogenaamde bonatuurlike slegs die skepping van die mens se verbeelding is nie. Geen manier nie. Dus moet jy jouself doelbewus elke dag probeer mislei om te probeer glo wat jy kwytraak - ons sien dit met al die moeite wat die ateïste so gereeld met daardie selfdesepsie-pogings doen. Kyk byvoorbeeld na CM (hy is 'n sprekende voorbeeld), daar gaan feitlik nie 'n dag verby dat hy homself (en ander) met die snert wat hy hier plaas, probeer oortuig dat God nie werklikheid is nie.
Maar die Gees van God laat julle nie met rus nie, vandaar die amper obsessiewe pogings van jul kant, so gereeld, so dikwels ongevraagd (weereens is CM die sprekende voorbeeld daarvan).
Goed en wel, maar as ateïste gaan julle maar bra los met die begrip 'bewys' om. Julle eie Darwinistiese evolusieteorie, byvoorbeeld, gaan in vele opsigte so mank aan objektiewe bewyse en tog maak julle asof dit 'bewys' is.
As die ateïste se persepsie van wat as bewys by sake Gods dien, maar so gevorderd en gesofistikeerd was as dit wat in die geregshowe toegepas word, sou julle besef daar is genoegsame bewyse en sou julle nie langer ateïste kon wees nie.
Nie waar nie. Soms moet die hof afleidings maak wat berus op omstandigheidsgetuienis, bv waar vermoed word dat 'n persoon dood is sonder dat sy liggaam gevind is. Die hof maak dus slegs afleidings en dit is dieselfde wat gelowiges doen as daar verwys word na die kanse of alles net toevallig is.
Wat is bv die kanse dat die planeet aarde op die regte plek in die heelal is sodat lewe soos ons dit ken daarop kan ontstaan. Die kans dat dit alles toevallig is, is so goed soos jou kans om 'n muntstuk te vind wat effens verskil van al die ander in 'n berg muntstukke wat gebou is deur muntstukke oor Amerika te plaas en dit dan te op te stapel totdat dit die maan bereik.
Dit is geen bewys dat God bestaan nie, maar slegs dat dit nie toevallig is nie en dus aanduidend is dat daar wel 'n oorsaak was waardeur dit so tot stand gekom het.
Beste Kobus,
In die kol! Al daardie stellings is pure snert: die son en sterre wat om die aarde draai, die pratende slang en bome, die vrou wat in 'n soutpilaar verander, die man wat duisend Filistyne met 'n eselkakebeen dood, die intelligente wese verantwoordelik vir die skepping van bome, blomme en die aarde. Snert, alles snert, soos jy sê. Dit is op hierdie einste snert wat jou en ander Christene se geloof gebou is.
Bonatuurlikheid is die skepping van die menslike verbeelding. Waar het ons almal al van spoke gehoor? In storieboeke en vertellings. Waar het ons almal al gehoor van iemand wat op water loop, en water in wyn kan verander? Slegs in storieboeke. Waar het ons almal al gehoor van goëlery? In storieboeke. Waar het ons al gehoor van hekse wat op besems rondvlieg? In storieboeke. Jare lank het iemand in Amerika $1 miljoen aangebied aan enig iemand wat enigiets bonatuurliks kan bewys. Teen die tyd is hy al moeg gewag. Die menslike verbeelding kan dinge verbeel wat selfs jou God nie kan vermag nie, soos bv vierkantige sirkels.
God kan my nie nie pla nie, want hy is 'n karakter in 'n boek. Dis die mense wat al die snert in die Bybel glo wat my pla. Daar gaan nie 'n week verby of 'n Wagtoring kom pla my met traktaatjies wat hy aan my wil verkoop nie. Dominee en die ouderling trap my drumpel stukkend om my te bekeer, maar dis eintlik daardie duisend rand per maand wat hulle nou mis. Vroeër jare moes ek dit wegsteek dat ek 'n ateïs is, anders kon ek nie werk kry nie, nie toegelaat word in die hospitaal vir blinderdermoperasie, nie trou nie, nie kinders laat doop nie. Ek moes maar met die leuen saamleef dat ek kammakastig glo dat daar 'n Christus was wat op water kon loop, en saam met die duiwel rondswerf.
As ek sien watter skade geloof in die wêreld aanrig, is dit tyd dat ons moet saamstaan om dit uit te roei. Veral nou in die een-en-twintigste eeu is daar nie meer plek vir sulke heidense gebruike nie.
Groete,
Angus
Beste Kobus,
Jy moet luister wat jou Bybel vir jou sê. Jy sien die splinter in die evolusionis se oog, maar nie die balk in jou christen-oog nie. Natuurlik is daar nog baie dinge om te bewys in die evolusieteorie. Die prentjie raak al hoe vollediger, soos die wetenskaplikes daagliks daaraan werk. Die doel is nie soseer om die evolusieteorie te bewys nie; dis lankal reeds gedoen. Die onbekende, dit wat die mens nog nie weet nie moet ondersoek, ontleed en getoets word. Die kreasionis het egter moed opgegee, en die maklike pad gevolg met glo en dan gee hulle maar oor aan daardie intelligente wese wat kwansuis alles geskep het. So af en toe probeer hulle darem ook bewys dat stories in die Bybel wetenskaplik verklaar kan word. Sodra hulle nie meer kan nie, is dit maar weer God en sy meer moderne Intelligente Ontwerper.
Sê my, Kobus, jy sal beter weet as ek: Het enige moderne hof al ooit met gevorderdheid en gesofistikeerdheid bewys dat God bestaan? (dit kan natuurlik bewys word dat God 'n karakter in 'n fiktiewe verhaal is). Ek weet van gevalle waar God en sy skeppende intelligensie die hof se deur gewys is.
Groete,
Angus
Beste FC Boot,
Ek stel voor jy maak eers 'n deeglike studie van kans (chance). Daar is geen intelligensie verbonde aan kans nie. Niemand beplan watter nommers die lottomasjien gaan uitspoeg nie; ten minste, ek hoop nie so nie, want anders is dit nie lukraak nie. 'n Reeks nommers het feitlik geen kans om terselfdertyd te verskyn nie, en tog gebeur dit. In die heelal is daar talle sterre met planetestelsels. Die kans dat 'n planeet in die Gouelokkies-posisie sal kom, is feitlik nul. Tog het dit gebeur, anders sou jy nie al hierdie kaf kon kwytgeraak het op SêNet nie.
Groete,
Angus
Beste F C Boot,
Ek is al in die verlede hier op SêNet ordentlik op my plek gesit omdat ek na ’n swak vraag verwys het — so ek is nou maar versigtiger. Ek weet jy het nie vir my gevra nie maar in jou vraag aan Angus verwys jy oa na sy kennis. Volgens jou medebroeder in die geloof, Kobus de Klerk, in sy kommentaar op 2016/03/11, is dit egter onmoontlik dat Angus oor kennis kan beskik omdat dit volgens Kobus van buite die brein deur spirituele impuls bekom word en Angus het mos al by herhaling al bevestig dat hy nie die gawe van spirituele intelligensie ontvang het nie. Ons ateïste moet maar terugval op gesonde verstand.
Groete
Panda
Panda, soos dit maar met jou is, verstaan jy nie wat ek geskrywe het nie, en maak jy jou foutiewe afleidings ooreenkomstig.
Die mens is so geskape deur God, en vir almal werk dit dieselfde, ongeag of jy as ateïs dit verstaan of nie. Inligting kom deur aanvanklike eksterne impuls en daarna tot kennis verwerk in die menslike brein vir die gebruik deur die fisieke mens. Die brein is bepaald nie die ontstaansbron van inligting of kennis nie, maar bloot die reseptor en stoor daarvan. Die spirituele mens (soos hy sal wees na die afsterwe van die fisieke liggaam) het dus nie die fisiese brein nodig om inligting te kan bekom nie. Spirituele intelligensie speel 'n rol by die vraag of jy dit so verstaan of nie - en soos jy self erken, gebeur dit vir jou as ateïs nie en is dit nodeloos vir jou om daaroor te probeer redeneer.
Beste Panda
Angus beskuldig my daarvan dat ek onkundig is omtrent kansberekening en voel dan dat ek my kennis daaromtrent moet opknap. Kansberekening gaan tog wesentlik maar
oor die moontlikheid dat uitkoms wat jy begeer wel 'n werklikheid sal word.
Hy gebruik dan die lotto-balletjies as 'n voorbeeld. Daar is ongeveer 14 miljoen moontlike kombinasies. Jou kans om die jackpot te 'slaan' is dus ongeveer 1 uit 14 miljoen. Dit is statisties so klein dat dit eintlik net 'n geldmors is. Daar is ongeveer 56 miljoen mense in Suid Afrika. Sou ek dus alle moontlike kombinasies van die lotto druk en uitdeel onder die bevolking en die proses 4 keer herhaal gaan slegs 4 mense 'n kans hê om in besit te wees van die kombinasies wat die lotto-masjien gaan uitspoeg.
In die voorbeeld wat ek gebruik van die muntstukke is die kans dat alle faktore wat nodig is vir lewe op ons planeet toevallig spontaan bymekaar gekom het in die regte kombinasies so klein dat dit feitlik statisties onmoontlik is dat dit alles net toevallig is.
Nou wat is nou eintlik die oorsaak dat daar 'n lotto is? Die lotto buit 'n menslike swakheid uit omdat geld as 'n ruilmiddel jou toegang tot ander begeerlike uitkomste in die lewe gegee.
Dit is maar so as in die volgende voorbeeld:
Pa aan seun : Onthou daar is beter dinge in die lewe as geld.'
Seun aan Pa: "Ja Pa maar hul gaan nie sommer met jou uit nie as jy nie geld het nie."
In die Genesisverhaal het ons te make met 'n uitkoms wat God verlang het, nl
mense en 'n planeet waarop die mens kan leef en bestaan as beeld van sy Skepper.
Daarom glo ek nie aan 'n toevallige ontstaan nie en beskou myself eerder as die resultaat van 'n verwagte uitkoms agv van 'n proses wat biljoene jare gelede in werking gestel is.
En soos altyd bly dit vir mense vry om daarvan te verskil.
Laat dit met jou goed gaan.
Kobus,
Jy reken omdat ek nie spirituele intelligensie ontvang het nie is dit vir my nodeloos om daaroor te probeer redeneer. Dan vra ek maar in alle nederigheid wat ek nie verstaan nie. Jy verwys na die spirituele mens (soos hy sal wees na die afsterwe van die fisieke liggaam). Dus die fisieke liggaam en die spirituele mens word by afsterwe geskei. Die fisieke liggaam ses voet onder die grond of tot as verbrand en die spirituele mens iewers in die ruimte. Christene bely elke Sondag in die kerk: "Ek glo in die opstanding van die vlees . . ." Indien dit hoegenaamd bewaarheid gaan word, kan die opstanding van die fisieke liggaam in sommige gevalle mos tot duisende eeue na afsterwe gebeur. Gaan die spirituele mens, soos jy na die wese verwys, en die opgestane 'vlees' dan weer verenig of gaan hulle vir ewig afsonderlik bly voortbestaan?
Daar is nie genoeg plek hier om vir jou beskrywe wat gebeur na die mens se afsterwe en sy wederopstanding daarna nie. Maar daar is in die Woord vir jou 'n baie duidelike verduideliking daarvoor - lees gerus daaroor 1 Korintiërs 15:35-54. Dit is al so vroeg as deur die profeet Esegiël (Esegiël 37:3-14) geprofeteer en werk op die prinsiep soos in Johannes 12:24 verduidelik. Die afsterwe van die verganklike liggaam maak plek vir die verheerlikte, ewige liggaam, in voorkoms dieselfde maar nie in aard nie. Die HERE Jesus Christus se opstanding en SY liggaamlike voorkoms en aard daarna is vir ons die eerste voorloper van wat gebeur met die mens se wederopstanding op die Dag van die HERE. Terselfdertyd dien die HERE se opstanding as bewys dat dit wel gebeur en kan/sal gebeur - baie mense het HOM na SY opstanding gesien en agterna daaroor getuig (al weier jy om dit te glo).
Kobus,
Dankie vir jou verduideliking en verwysings. Ek merk op dat jy nou die terme waarin jy die mens omskryf uitgebrei het: Saam met jou spirituele mens en die fisieke liggaam wat volgens jou by afsterwe geskei word, verwys jy nou ook na “die verganklike liggaam wat plek maak vir die verheerlikte, ewige liggaam, in voorkoms dieselfde maar nie in aard nie.”
• Sal die verganklike liggaam nou dieselfde wees as dié vlees wat weer eendag volgens die Christen belydenis sal opstaan? Maw sou die geloofsbelydenis presies dieselfde betekenis hê indien dit sou lui: “Ek glo aan die opstanding van die verganklike liggaam?”
• Volgens jou sal die verheerlikte ewige liggaam en die verganklike liggaam dieselfde voorkoms hê. Nou as die verganklike liggaam 'n boggelrug en 'n mank been gehad het, sal die verheerlikte ewige liggaam ook ’n boggelrug en ’n mank been hê?
Kobus,
Jy sê: “Daar is nie genoeg plek hier om vir jou beskrywe wat gebeur na die mens se afsterwe en sy wederopstanding daarna nie.” So asof jy presies sou weet! Maar eintlik weet jy maar net so min as die man in die maan.
Die verwysings wat jy verskaf het, is nutteloos want dit is hoorsê-stories deur mense geskryf wat hulle waarskynlik ook verbeel dat hulle met die gawe van spirituele intelligensie geseën is.
Dit is opvallend dat jy en jou geloofsbroeder , F C Boot enige vraag tov sommige van julle uitsprake wat julle nie kan antwoord nie, bloot ignoreer en dit daarmee as afgehandel beskou.
Panda, dit is nie 'n kwessie van ignoreer nie. Dit is 'n kwessie van onnodige herhaling vermy. As jy nie die insig (benodig Spirituele intelligensie daarvoor) het om te begryp wat vir jou geantwoord word nie, dan sal lepelvoer beswaarlik help.
Soos jou insiglose vrae hierbo - ek het vir jou verduidelik dat die HERE Jesus se opstanding uit die graf as Eerste voorbeeld dien van die wederopstanding. SY liggaam was duidelik herkenbaar as die van die HERE Jesus Christus, maar ook met die gebreke (kruisigingsmerke) sigbaar, wyl dit nou Spiritueel van aard is en nie meer aan die fisiese beperkings onderworpe nie. Nou maak jy weens jou onvermoë om dit te begryp, die eersteklas getuienis daarvan sommer af as hoorsê-stories.
Jy begryp nie die werking van die fisieke en die Spirituele nie, dat die fisieke liggaam bloot maar 'huisvesting' bied vir die eintlike Spirituele mens vir solank hy as sulks op aarde leef (sien gerus weer 1 Korintiërs 3:16; 6:19-20; 2 Korintiërs 6:16; Johannes 2:21). Een bekende evangelis het die fisiese liggaam as die mens se 'earth suit' beskrywe, iets wat die mens bestem is om te 'dra' wyl hy op aarde leef.
Maar lyk my jy verstaan duidelik nie wat aangaan nie - hoe anders, jy het jouself dan as ateïs ingerig en daarmee saam gaan so baie by jou verlore. Jy kan iets leer daaromtrent, ja, maar om daaroor te wil stry wyl jy niks daarvan (wil) weet nie, is puur dwaasheid.
Angus
Beste Kobus,
Al bewys dat God die mens geskape het, is in mitologiese verhaal in die Bybel. Daar het God Adam uit 'n bietjie grond geskape en toe vir Eva uit Adam se ribbebeen. Is dit al ondersoek en getoets of dit moontlik is, of glo julle X-tene sommer so dat dit waar is?
Jy sê die brein stoor die kennis? Is dit nou wanneer Christene spiritisties raak, hallusineer en gesigte sien? Die kranksinnigegestigte is vol van mense wie se kennis in hulle breins gestoor is.
Groete,
Angus
Angus, jy leef in die wêreld van mitologie wat jy vir jouself geskep het. Alles wat jou begripsvermoë te bowe gaan, is vir jou mitologie. Watter salf is daar te smeer aan jou dilemma?
Angus, God se werke is nie op menslike vlak nie en kan beswaarlik deur die mens herhaal word. Kyk maar na die ganse natuur om jou heen en in die hemele - dit is God se werke en dit gaan jou verstand so ten bowe dat jy dit nie kan begryp nie en dit toeskryf aan toevallige Darwinistiese tipe evolusie, die maaksel van die agnostikus waarmee hy dinge probeer verklaar wat hy hoegenaamd nie kan begryp nie.
Jare gelede ontmoet ek 'n ou omie wat beweer hy was in die hemel toe hy so dodelik koors gehad het.
"Interessant," moedig ek die ou oom aan, "en het jy daar iemand gesien wat jy ken?"
Hy vertel toe sy oupa het hom by die hek kom haal. Hy het sommer geweet dis sy oupa, want hy weet mos hoe hy lyk. Buitendien, hy het hom sommer van ver af al herken aan sy hoed, sy pyp en die bruin baadjie wat hy altyd aangehad het as hy dorp toe gaan.
Christene is dus nie bang om dood te gaan nie; hulle vat sommer hulle aardse besittinkies saam.
Beste Kobus,
Jy slaan die bal ver mis. Alles wat my "begripsvermoë te bowe gaan" ondersoek ek. Ek wil agter die kap van elke byl kom.
Die mitologie het 'n waarheid van sy eie; dis nie nodig om dit aan toetse te onderwerp nie. Dis nie nodig om die waarheid van Herkules se diere met die geelkoper pote te bewys nie. Dis ook nie nodig om Noag se groot vloed, maagdelike geboorte of die oopklowe van die Rooisee te bewys nie. Dit is mitologie en mitologie het sy eie waarheid.
Ek leef in hierdie wêreld met al sy hardhede. Dis die Christen wat in 'n mitologiese wêreld leef, waar mitologie vir hom die waarheid is. Daarom wil jy so naarstiglik bewys dat die groot vloed, maagdelike geboorte van Jesus en die skepping van hemel en aarde soos beskryf in Genesis wel plaasgevind het. Jy is die een wat in 'n mitologiese waarheid en wêreld leef, daarom verwys jy telkens na die Bybel en hou dit voor as die waarheid.
Beste Kobus,
Die ganse natuur en die hemel is juis vir die Christen bo sy vuurmaakplek, en nou gee hy maar oor aan "dis God se werke". Dis die maklike uitweg om alles te verstaan, en dis hoe die primitiewe volkere hulle gode geskep het. Darwin het nie maar agteroor gaan sit en oorgegee aan glo nie, hy het ondersoek ingestel om die wêreld om hom te kan verstaan. Die evolusieleer is gebaseer op ondersoek, navorsing en eksperimentering. As jy nie ook inspring en navorsing doen nie, sal die evolusieleer vir jou bo jou vuurmaakplek wees. Dan raai jy ook maar die evolusieleer beteken dat honde voëls baar.
Groete,
Angus
Jy is verkeerd in jou aannames, Angus. God het ons die vermoë gegee om SY werke te ondersoek en daarmee te werk - dit is bona fide wetenskap. Maar waar diegene wat nie aan God erkenning wil verleen nie, begin om allerlei fabelagtige teorieë te 'bou' om hul agnostiese lewensuitkyk te wil dien, is dit nie meer bona fide wetenskap nie.
Beste Kobus,
Jy moet ons (dis nou vir jou die "julle") meer leer van die spirituele intelligensie. Kan 'n mens dit meet, soos bv IK? Het party mense baie, ander weer bietjie, en ons (dis nou die "julle" vir jou) niks? As 'n mens dit het, sal jy spoke, goëlery en die tokkelossie kan sien? Kan so 'n spiritualis ook in die toekoms inkyk? Ek sal dan graag ook so iets wil besit. Hoe kry 'n mens dit? As ek nou so saam met die heppie-kleppies op die grond neerval en op my knieë rondkruip, dink jy ek sal ook so 'n bietjie spirituele intelligensie kry soos hulle? Of is dit soos Jupiter se mane: hy het dit of hy het dit nie?
Groete,
Angus
Jou snedige opmerkings oor spiritiste (teenoor spiritualiste, wat jy blykbaar nie begryp nie) gaan en staan my werklik nie aan nie.
Die sogenaamde meting van intelligensie is 'n sekulêre instelling vir sosio-kommersiële gebruik. Spirituele intelligensie is aan die sekularis onbekend en gelowiges ontwikkel nie metodes om Spirituele intelligensie te meet nie, want dit is 'n Goddelike gawe en mag as sulks nie op 'n weegskaal geplaas word nie. Net so met intelligensie oor die algemeen, maar die sekulariste het vir hulle 'n baie onbetroubare, feilbare toetsmetode ontwikkel wat hulle in die sekulêre wêreld aanwend.
Ai Ai Angus
IK was tog altyd 'n verhouding wat jy kry wanneer jy die chronologiese ouderdom gedeel het deur die verstand-ouderdom en met 100 vermenigvuldig het. Dus IQ = MA/CA x100.
Daar bestaan heelwat teorieë daaroor. So het Guilford in 1961 al 'n kubusmodel gepubliseer.
Ek vermoed eerder dat Kobus insig bedoel en dit is 'n onderwerp so oud soos die berge. In Psalm 94 (ek is nie seker wanneer dit geskryf is nie - vermoed tydens die ballingskap) skryf die digter in vers 8 tot 11 soos volg:
8. Gebruik 'n slag julle kop. Party van julle het maar min insig. Julle is heeltemal sonder verstand. Wanneer gaan julle raaksien wat die Here wil hê?
9. Die Here maak ore sodat mense daarmee kan hoor. Sal Hy dan self doof wees?
Hy maak oë sodat mense kan sien. Sal Hy dan self blind wees?
10. Die vraag is nou: Sal die Here, wat vir mense wys wat reg en verkeerd is, dan nie verkeerde dinge straf nie?
Natuurlik! Hy sal dit beslis doen!
Hy leer hul dan wat reg en verkeerd is.
11. Die Here weet goed wat mense dink. Hulle gedagtes beteken niks nie.
In Mat 5 wys Jesus daarop dat die gebrek aan insig in 'n mens se kop begin en ook dat gedagtes in die oë van God net so strafbaar is soos die werklike oortreding.
Groete
Oepsie net 'n klein regstelling. Die volgorde in die sin :IK was tog altyd 'n verhouding wat jy kry wanneer jy die chronologiese ouderdom gedeel het deur die verstand-ouderdom en met 100 vermenigvuldig het. Dus IQ = MA/CA x100" is verkeerd.
Dit behoort te lees :IK was tog altyd 'n verhouding wat jy kry wanneer jy die verstand ouderdom gedeel het deur die chronologiese-ouderdom en met 100 vermenigvuldig het. Dus IQ = MA/CA x100 waar MA = mental age en CA = chronological age en IQ = intelligence quotient. Dus 'ratio IQ'.
Beste FC Boot,
Ek ken dit as ai, ai! die witborskraai, maar dit maak nie saak nie. Jy lol in elk geval met 'n bielie van 'n witborskraai.
Dankie vir al die inligting oor die IK's en psalms. Dis nou sommer maklik om die spirituele intelligensie se kwosiënt te formuleer.
'n Mens neem die verbeeldingskwosiënt, deel dit met die dagga-inname en trek die IK daarvan af. Maklik! SI= VK/DI-MA/CAx100
Jammer, so 'n klein ou foutjie het ingesluip. Dit moet SI=VK/DI-MA/CAx100 wees.
Groete,
Angus
Beste Kobus,
Lig my asseblief in. Jy praat van fabelagtige teorieë. Wees meer spesifiek: van watter fabelagtige teorieë praat jy? Ek weet van geen wetenskaplike teorie waarin diere, bome en plante soos handelende, menslike wesens optree nie. Ek weet ook van geen wetenskaplike teorie wat voorgehou word as ’n sedeles nie.
Verder weet ek ook van geen wetenskaplike teorie wat sommer uitgedink is om ’n bepaalde lewensbeskouing te dien nie. Al waarvan ek weet is wetenskaplike teorieë gebaseer op jarelange navorsing. Hierdie teorieë bots natuurlik met dit wat in die Bybel geskryf staan, en bewys dit verkeerd, maar dit kan wetenskaplikes nie verhelp nie, en hulle kan mos nie hulle bevindinge “kook” sodat dit nie een of ander heilige boek weerspreek nie. ’n Mens kan mos nie met ʼn leuen saamleef nie?
Die enigste vereiste, volgens jou, vir ʼn bona fide wetenskap, is dat daar erkenning gegee moet word aan God. Hoe moet dit geskied? Moet die wetenskaplike elke keer amen sê? Moet hy na elke sin wat hy skryf en na elke proefneming op sy knieë val? Moet hy, as hy suurstof met waterstof verbind, sê: “Dit is God wat dit gedoen het”?
Van watter God praat jy? Moslem se God, Hindu se God, Boeddhis se God, die Drie-enige God geskep deur die Roomse by die Konsilie van Nicea, Zeus, die Flying Spaghettimonster?
Jy eis sommer dat iemand moet erkenning gee aan God, maar hoe gaan jy dit op iemand afdwing? Sê nou maar iemand eis dat jy moet erkenning gee aan die Flying Spaghettimonster. Sal jy dit doen? Waarom nie? Die FlyingSpaghettimonsterdienaars kan net sowel sê: “Maar waar diegene wat nie aan Flying Spaghettimonster erkenning wil verleen nie, begin om allerlei fabelagtige teorieë te 'bou' om hul agnostiese lewensuitkyk te wil dien, is dit nie meer bona fide wetenskap nie.”
Groete,
Angus
Angus,
Daar is net een God.
Hoe die Moslems, Hindoes (Boeddhiste glo nie werklik in 'n God nie, terloops), ens die Godheid probeer tipeer en bedien, doen geen afbreuk aan daardie feit nie - dit is almal religieë wat poog om die aanhangers daarvan tot die een en enigste God te laat nader. God het deur die HERE Jesus Christus duidelik gemaak hoe daar tot God genader moet word, maar al die religieë gehoorsaam dit nie weens die mensgemaakte reglemente van hul onderskeie kulture wat dit verhoed. Julle ateïste begryp dit nie en verstaan dit nie en verwar julself nog net meer deur te dink omdat daar verskillende religieë is, soos die ou Grieke en Romeine, verwys dit ook na verskillende gode. Julle het by die ou Griekse en Romeinse kulture in daardie verband vasgesteek omdat julle weens jul agnostiese beskouing nie diepe insig daarin kan vestig nie.
Julle agnostiese teorieë, soos die darwinistiese tipe evolusieteorie waar beweer word dat een soort evolueer uit 'n vorige afgestorwe soort, is doelbewus gerig daarop om die betrokkenheid van die Skepper te omseil deur kunsmatige, fabelagtige hipotese te skep om die ontstaan en ontwikkeling van lewe te probeer verklaar - en dit help nie jy probeer jou beroep op jou wetenskaplike metodes nie, want hulle is gestrem - uiters gestrem - omdat hulle geheel en al onbekwaam en ontoereikend is om enigiets in die Spirituele domein te vind en te toets en dit is juis waar die antwoorde lê omdat alles in die fisiese domein hul oorsprong by die Spirituele domein het. Daarom bly jy onkundig en skepties daaroor.
Terloops, die Konsilie van Nicea het nie die Drie-Enige God geskep nie - jy verstaan daar niks van nie maak jouself gedurig die snert wat jy daaromtrent kwytraak, wys. Al wat hulle gedoen het is om amptelik erkenning te verleen aan die korrekte uitleg van die Woord omtrent die Aard en Wese van God.
Hierdie dinge is werklik bokant julle vuurmaakplek vanweë die agnostiese lewensbeskouing wat julle nie toelaat om oopkop daarom te dink nie.
Mens gee erkenning aan God deur nie SY betrokkenheid by die skepping te ontken nie maar aan Hom openlik erkenning te verleen daarvoor.
Beste Kobus,
Die Joodse, Moslem en Christus God was maar oorspronklik dieselfde. Die Christen het maar net later Jesus en die heilige spook bygedink. Heel waarskynlik is die hele konkoksie maar net by die Hindu afgekyk.
Die evolusieteorie is lankal by die hipotese-stadium verby; dis 'n volwaardige teorie, en dit beteken eintlik dis 'n voldonge feit.
Jy noem die evolusieteorie nog fabelagtig, maar kan nie vir my wys waarom nie. Nêrens tree diere en plante op soos mense nie, en dit is nie didakties van aard nie. Laas toe ek dit vir jou probeer verduidelik het, het jy die woord didaktiek nie verstaan nie.
As jy beweer die Konsilie van Nicaea het nie die Drie-enige God gekep nie, dan weet jy nie wat by die verskillende konsilies gebeur het nie. Ek sal jou maar moet inlig.
Dit is verbasend dat jy voorgee dat die hindoeïsme 'n drie-enige god voorhou. Ek dink die Hindoes sal nog meer verbaas wees om dit te hoor.
Niemand kan God skep nie - God openbaar Homself aan mense op die regte tyd daarvoor en hulle verwoord dit, juis om ontslae te raak van wanopvattings omtrent SY Aard en Hoedanigheid wanneer dit ontstaan. Die Woord is deurspek van die aanduidings van God se Drie-enige aard lank voor enige konsilie van Nicea of ander.
Jou interpretasie van sake Gods pas by jou ateïstiese lewensbeskouing - jy weet dus absoluut niks daarvan nie nog minder kan jy insig daarin vestig (op hierdie stadium).
Jou evolusieteorie het 'n fabelagtige skepper geskep - so 'n willose, intelligensielose, lukraak handelende skepper wat alles - die ganse wonder en kompleksiteit van lewe op aarde - vermag en klaarblyklik beplan sonder dat die affêre die intelligensie het om dit te doen, selfs om gesofistikeerd intelligensie te 'skep 'waar die affêre dit self nie in pag het nie ... En daar is 'n lys van ander fabelagtige hoedanighede wat hierdie skepper-affêre van jou/julle kwansuis vermag sonder dat dit self die hoedanighede besit. Dan het die affêre nog 'n towerstaffie ook, wat sy aanhangers (aanbidders?) voorhou as hulle in die hoek beland met die nonsens (al te dikwels), naamlik 'tyd'. Jou/julle fabelagtige skepper-affêre is juis ideaal geskik vir 'n volgende aflewering van Harry Potter se fantasie-wêreld.
Die ergste van alles is dat julle die affêre met 'n eiesoortige magie-kleed ook beklee om sy ware aard te vermom en hom die skyn van werklikheid te gee - 'n kleed wat voorgee om 'wetenskap' te wees en so glo julle verbete aan die affêre asof dit werklikheid is (moet sê, daardie wetenskap-kleed truuk flous talle niksvermoedendes al vir 'n redelike tyd).
Beste Angus
Jy weet ek verskil van Kobus maar jy is verkeerd oor die Konsilie van Nicaea wat betref die Drie-Enige God geskep.
Vra jou die vraag af hoekom is Jesus gekruisig. In Johannes 10 onder die opskrif:
'n Mens kan alles oor Jesus glo lees ek in vers 33. Die volgende:
33.Die Jode het nie op hulle laat wag nie. "Moenie woorde in ons mond lê nie! Dit gaan nie daaroor dat jy mense gehelp het nie. Wat ons briesend kwaad maak, is dat jy God beledig. Jy wat 'n gewone mens is, stel jou sommer as God aan. Waar het jy dit nou al gehoor?"
Jy kan self verder lees wat Jesus daarna sê. Jesus is die seun van God en Hy doen presies wat God onder dieselfde omstandighede sou gedoen het.
Na Jesus se hemelvaart kom die Trooster. Lees gerus https://4windkoinonia.wordpress.com/2015/04/17/wie-is-die-trooster/ en jy sal sien
dat daar inderdaad 'n Drie-Enige God is, een in wese en karakter wat sigself openbaar as die Vader, Seun en Heilige gees.
Dit is die maklikste om dit te verstaan dat selfs 'n mens in verskillende kapasiteite kan optree, maar tog een mens is.
Kommentaar

Kobus de Klerk,
Met jou allesomvattende kennis kan jy gerus verslag doen oor die jongste toestande in jou hemel en hel.
Lees gerus weer my kommentaar. Jy het beweer dat daardie dinge aangeleerde stroperige pretensie van sondes en helle en hemels is. My kommentaar was daarop gerig.
Sou jy my 'n leuenaar kon noem as ek sou herhaal wat jy my sou vertel van wat in jou eie huis aangaan? Net so ook met die hemel. Ek het nie beweer dat ek allesomvattende persoonlike kennis daarvan het nie, want ek leef nog op aarde. Wat ek wel sê - as jy dit sou kon begryp - is dat jou gebrek aan kennis van God jou sinne verstomp. God is die Heerser in en van die Hemel en God is aan my welbekend en ek het SY eersteklas getuienis oor beide die Hemel en die hel, maar jy nie. Die natuur om ons heen verskaf meer as genoeg getuienis vir die betrokkenheid en betroubaarheid van God. en SY Woord.
Dit is vir jou ook relevant en belangrik, want een van die twee is jou voorland ...
Weer 'n hoedhaas!
Dit is duidelik dat jy alles wat jy nie kan begryp nie, probeer afmaak as 'n 'hoedhaas' of iets dergeliks. Jou probleem ...
Insiggewend: Die verwagting van nadoodse kennis sonder 'n brein.
Jou probleem is jou kortsigtige en foutiewe siening dat kennis 'n produk van die fisiese brein is. Maar kennis is van buite die brein, deur spirituele impuls en die brein is bloot die verwerker van daardie inligting en die stoor van kennis ter wille van gebruik deur die fisiese mens.
Allemintig! Onverstaanbare slimmigheid!
Beste Kobus,
Kop-in-die-sand glo die Christen dat almal, soos hy, ook kop-in-die-sand is, maar ek kan jou verseker, die ateïs is oopkop. hy glo nie sommer alles nie, hy soek bewyse.
Waar is jou bewyse, Kobus, dat daar nou juis 'n godheid agter die dinge van die natuur moet wees? O, die Bybel! Daardie selfde boek wat vir jou vertel van 'n pratende slang en bome, van 'n vrou wat sommer in 'n soutpilaar verander en 'n man wat duisend Filistyne doodslaan met 'n eselskakebeen? O, jou ouers het jou van die god vertel, en dominee! O, en jy maak gebruik van gesonde verstand wat vir jou sê daar moet 'n intelligente wese wees om 'n boom, blomme en berge te kan maak? Daardie selfde gesonde verstand wat vir jou sê die son en die sterre draai om die aarde?
'n Ateïs is iemand wat weet dat die bonatuurlike slegs die skepping van die mens se verbeelding is. Hy soek bewyse vir gode, engele, spoke, duiwels, tokkelossies en voorvadergeeste. Hy gaan nie sommer kop-in-die-grond glo aan die goed nie.
Groete,
Angus
Jou stellings wat jy maak oor die son en sterre is sommer ongegronde snert, Angus.
Die probleem met die ateïs is dat hy voorgee dat hy kwansuis bewyse soek van die Godheid, maar op 'n plek waar hy weet hy sal dit waarskynlik nie kan kry nie (binne die perke van sy uiters eng en onontwikkelde 'wetenskaplike metodes') en dit wat hy wel kry, sommer ignoreer (kop in die sand). Prof Thomas Nagel het nogal mooi verduidelik waarom die ateïs so stuitig sal optree. Alles deel van die uitlewing van daardie selfdesepsie waaraan die ateïs gebuk gaan.
Jou laaste sin hierbo spreek ook weereens daarvan - daar is geen manier, byvoorbeeld, hoe jy kan bewys dat die sogenaamde bonatuurlike slegs die skepping van die mens se verbeelding is nie. Geen manier nie. Dus moet jy jouself doelbewus elke dag probeer mislei om te probeer glo wat jy kwytraak - ons sien dit met al die moeite wat die ateïste so gereeld met daardie selfdesepsie-pogings doen. Kyk byvoorbeeld na CM (hy is 'n sprekende voorbeeld), daar gaan feitlik nie 'n dag verby dat hy homself (en ander) met die snert wat hy hier plaas, probeer oortuig dat God nie werklikheid is nie.
Maar die Gees van God laat julle nie met rus nie, vandaar die amper obsessiewe pogings van jul kant, so gereeld, so dikwels ongevraagd (weereens is CM die sprekende voorbeeld daarvan).
Ongelowiges soos die ongelowige Thomas soek altyd bewyse. As 'n mens kon bewys dat GOD wel bestaan op 'n wetenskaplike manier dan was geloof daarin onnodig en sou daar in die verband geen ongelowiges gewees het nie.
Ons kan ongelowiges wel daarop wys dat daar wel aanduidings is soos bv daarop te wys ons planeet bv 'Earth May Be a 1-in-700-Quintillion Kind of Place' is volgens
http://blogs.discovermagazine.com/d-brief/2016/02/22/earth-is-a-1-in-700-quintillion-kind-of-place/#.VuN7TECfauo en dat lewe nie so maklik ontstaan op planete as wat die evolusieteorie te kenne gee nie.
The Mathematical Probability Of Life On Other Earth-Like Planets,http://www.science20.com/news_releases/the_mathematical_probability_of_life_on_other_earth_like_planets
Bewyse is altyd nodig want sonder bewyse is daar geen waarheid nie. Soos in 'n geregshof, kan net dit wat bewys kan word, geglo word.
Goed en wel, maar as ateïste gaan julle maar bra los met die begrip 'bewys' om. Julle eie Darwinistiese evolusieteorie, byvoorbeeld, gaan in vele opsigte so mank aan objektiewe bewyse en tog maak julle asof dit 'bewys' is.
As die ateïste se persepsie van wat as bewys by sake Gods dien, maar so gevorderd en gesofistikeerd was as dit wat in die geregshowe toegepas word, sou julle besef daar is genoegsame bewyse en sou julle nie langer ateïste kon wees nie.
Nie waar nie. Soms moet die hof afleidings maak wat berus op omstandigheidsgetuienis, bv waar vermoed word dat 'n persoon dood is sonder dat sy liggaam gevind is. Die hof maak dus slegs afleidings en dit is dieselfde wat gelowiges doen as daar verwys word na die kanse of alles net toevallig is.
Wat is bv die kanse dat die planeet aarde op die regte plek in die heelal is sodat lewe soos ons dit ken daarop kan ontstaan. Die kans dat dit alles toevallig is, is so goed soos jou kans om 'n muntstuk te vind wat effens verskil van al die ander in 'n berg muntstukke wat gebou is deur muntstukke oor Amerika te plaas en dit dan te op te stapel totdat dit die maan bereik.
Dit is geen bewys dat God bestaan nie, maar slegs dat dit nie toevallig is nie en dus aanduidend is dat daar wel 'n oorsaak was waardeur dit so tot stand gekom het.
Beste Kobus,
In die kol! Al daardie stellings is pure snert: die son en sterre wat om die aarde draai, die pratende slang en bome, die vrou wat in 'n soutpilaar verander, die man wat duisend Filistyne met 'n eselkakebeen dood, die intelligente wese verantwoordelik vir die skepping van bome, blomme en die aarde. Snert, alles snert, soos jy sê. Dit is op hierdie einste snert wat jou en ander Christene se geloof gebou is.
Bonatuurlikheid is die skepping van die menslike verbeelding. Waar het ons almal al van spoke gehoor? In storieboeke en vertellings. Waar het ons almal al gehoor van iemand wat op water loop, en water in wyn kan verander? Slegs in storieboeke. Waar het ons almal al gehoor van goëlery? In storieboeke. Waar het ons al gehoor van hekse wat op besems rondvlieg? In storieboeke. Jare lank het iemand in Amerika $1 miljoen aangebied aan enig iemand wat enigiets bonatuurliks kan bewys. Teen die tyd is hy al moeg gewag. Die menslike verbeelding kan dinge verbeel wat selfs jou God nie kan vermag nie, soos bv vierkantige sirkels.
God kan my nie nie pla nie, want hy is 'n karakter in 'n boek. Dis die mense wat al die snert in die Bybel glo wat my pla. Daar gaan nie 'n week verby of 'n Wagtoring kom pla my met traktaatjies wat hy aan my wil verkoop nie. Dominee en die ouderling trap my drumpel stukkend om my te bekeer, maar dis eintlik daardie duisend rand per maand wat hulle nou mis. Vroeër jare moes ek dit wegsteek dat ek 'n ateïs is, anders kon ek nie werk kry nie, nie toegelaat word in die hospitaal vir blinderdermoperasie, nie trou nie, nie kinders laat doop nie. Ek moes maar met die leuen saamleef dat ek kammakastig glo dat daar 'n Christus was wat op water kon loop, en saam met die duiwel rondswerf.
As ek sien watter skade geloof in die wêreld aanrig, is dit tyd dat ons moet saamstaan om dit uit te roei. Veral nou in die een-en-twintigste eeu is daar nie meer plek vir sulke heidense gebruike nie.
Groete,
Angus
Beste Kobus,
Jy moet luister wat jou Bybel vir jou sê. Jy sien die splinter in die evolusionis se oog, maar nie die balk in jou christen-oog nie. Natuurlik is daar nog baie dinge om te bewys in die evolusieteorie. Die prentjie raak al hoe vollediger, soos die wetenskaplikes daagliks daaraan werk. Die doel is nie soseer om die evolusieteorie te bewys nie; dis lankal reeds gedoen. Die onbekende, dit wat die mens nog nie weet nie moet ondersoek, ontleed en getoets word. Die kreasionis het egter moed opgegee, en die maklike pad gevolg met glo en dan gee hulle maar oor aan daardie intelligente wese wat kwansuis alles geskep het. So af en toe probeer hulle darem ook bewys dat stories in die Bybel wetenskaplik verklaar kan word. Sodra hulle nie meer kan nie, is dit maar weer God en sy meer moderne Intelligente Ontwerper.
Sê my, Kobus, jy sal beter weet as ek: Het enige moderne hof al ooit met gevorderdheid en gesofistikeerdheid bewys dat God bestaan? (dit kan natuurlik bewys word dat God 'n karakter in 'n fiktiewe verhaal is). Ek weet van gevalle waar God en sy skeppende intelligensie die hof se deur gewys is.
Groete,
Angus
Beste FC Boot,
Ek stel voor jy maak eers 'n deeglike studie van kans (chance). Daar is geen intelligensie verbonde aan kans nie. Niemand beplan watter nommers die lottomasjien gaan uitspoeg nie; ten minste, ek hoop nie so nie, want anders is dit nie lukraak nie. 'n Reeks nommers het feitlik geen kans om terselfdertyd te verskyn nie, en tog gebeur dit. In die heelal is daar talle sterre met planetestelsels. Die kans dat 'n planeet in die Gouelokkies-posisie sal kom, is feitlik nul. Tog het dit gebeur, anders sou jy nie al hierdie kaf kon kwytgeraak het op SêNet nie.
Groete,
Angus
Beste Angus
Wat reken jy sou die kans gewees het dat jy sulke kommentaar sou kon gelewer het
sonder jou huidige kennis en opleiding?
Beste FC Boot,
Ek hoop van harte jy sal jou kans nog kry; anders sien ek net nag vir jou.
Groete,
Angus
Beste F C Boot,
Ek is al in die verlede hier op SêNet ordentlik op my plek gesit omdat ek na ’n swak vraag verwys het — so ek is nou maar versigtiger. Ek weet jy het nie vir my gevra nie maar in jou vraag aan Angus verwys jy oa na sy kennis. Volgens jou medebroeder in die geloof, Kobus de Klerk, in sy kommentaar op 2016/03/11, is dit egter onmoontlik dat Angus oor kennis kan beskik omdat dit volgens Kobus van buite die brein deur spirituele impuls bekom word en Angus het mos al by herhaling al bevestig dat hy nie die gawe van spirituele intelligensie ontvang het nie. Ons ateïste moet maar terugval op gesonde verstand.
Groete
Panda
Panda, soos dit maar met jou is, verstaan jy nie wat ek geskrywe het nie, en maak jy jou foutiewe afleidings ooreenkomstig.
Die mens is so geskape deur God, en vir almal werk dit dieselfde, ongeag of jy as ateïs dit verstaan of nie. Inligting kom deur aanvanklike eksterne impuls en daarna tot kennis verwerk in die menslike brein vir die gebruik deur die fisieke mens. Die brein is bepaald nie die ontstaansbron van inligting of kennis nie, maar bloot die reseptor en stoor daarvan. Die spirituele mens (soos hy sal wees na die afsterwe van die fisieke liggaam) het dus nie die fisiese brein nodig om inligting te kan bekom nie. Spirituele intelligensie speel 'n rol by die vraag of jy dit so verstaan of nie - en soos jy self erken, gebeur dit vir jou as ateïs nie en is dit nodeloos vir jou om daaroor te probeer redeneer.
Beste Panda
Angus beskuldig my daarvan dat ek onkundig is omtrent kansberekening en voel dan dat ek my kennis daaromtrent moet opknap. Kansberekening gaan tog wesentlik maar
oor die moontlikheid dat uitkoms wat jy begeer wel 'n werklikheid sal word.
Hy gebruik dan die lotto-balletjies as 'n voorbeeld. Daar is ongeveer 14 miljoen moontlike kombinasies. Jou kans om die jackpot te 'slaan' is dus ongeveer 1 uit 14 miljoen. Dit is statisties so klein dat dit eintlik net 'n geldmors is. Daar is ongeveer 56 miljoen mense in Suid Afrika. Sou ek dus alle moontlike kombinasies van die lotto druk en uitdeel onder die bevolking en die proses 4 keer herhaal gaan slegs 4 mense 'n kans hê om in besit te wees van die kombinasies wat die lotto-masjien gaan uitspoeg.
In die voorbeeld wat ek gebruik van die muntstukke is die kans dat alle faktore wat nodig is vir lewe op ons planeet toevallig spontaan bymekaar gekom het in die regte kombinasies so klein dat dit feitlik statisties onmoontlik is dat dit alles net toevallig is.
Nou wat is nou eintlik die oorsaak dat daar 'n lotto is? Die lotto buit 'n menslike swakheid uit omdat geld as 'n ruilmiddel jou toegang tot ander begeerlike uitkomste in die lewe gegee.
Dit is maar so as in die volgende voorbeeld:
Pa aan seun : Onthou daar is beter dinge in die lewe as geld.'
Seun aan Pa: "Ja Pa maar hul gaan nie sommer met jou uit nie as jy nie geld het nie."
In die Genesisverhaal het ons te make met 'n uitkoms wat God verlang het, nl
mense en 'n planeet waarop die mens kan leef en bestaan as beeld van sy Skepper.
Daarom glo ek nie aan 'n toevallige ontstaan nie en beskou myself eerder as die resultaat van 'n verwagte uitkoms agv van 'n proses wat biljoene jare gelede in werking gestel is.
En soos altyd bly dit vir mense vry om daarvan te verskil.
Laat dit met jou goed gaan.
Kobus,
Jy reken omdat ek nie spirituele intelligensie ontvang het nie is dit vir my nodeloos om daaroor te probeer redeneer. Dan vra ek maar in alle nederigheid wat ek nie verstaan nie. Jy verwys na die spirituele mens (soos hy sal wees na die afsterwe van die fisieke liggaam). Dus die fisieke liggaam en die spirituele mens word by afsterwe geskei. Die fisieke liggaam ses voet onder die grond of tot as verbrand en die spirituele mens iewers in die ruimte. Christene bely elke Sondag in die kerk: "Ek glo in die opstanding van die vlees . . ." Indien dit hoegenaamd bewaarheid gaan word, kan die opstanding van die fisieke liggaam in sommige gevalle mos tot duisende eeue na afsterwe gebeur. Gaan die spirituele mens, soos jy na die wese verwys, en die opgestane 'vlees' dan weer verenig of gaan hulle vir ewig afsonderlik bly voortbestaan?
Panda,
Daar is nie genoeg plek hier om vir jou beskrywe wat gebeur na die mens se afsterwe en sy wederopstanding daarna nie. Maar daar is in die Woord vir jou 'n baie duidelike verduideliking daarvoor - lees gerus daaroor 1 Korintiërs 15:35-54. Dit is al so vroeg as deur die profeet Esegiël (Esegiël 37:3-14) geprofeteer en werk op die prinsiep soos in Johannes 12:24 verduidelik. Die afsterwe van die verganklike liggaam maak plek vir die verheerlikte, ewige liggaam, in voorkoms dieselfde maar nie in aard nie. Die HERE Jesus Christus se opstanding en SY liggaamlike voorkoms en aard daarna is vir ons die eerste voorloper van wat gebeur met die mens se wederopstanding op die Dag van die HERE. Terselfdertyd dien die HERE se opstanding as bewys dat dit wel gebeur en kan/sal gebeur - baie mense het HOM na SY opstanding gesien en agterna daaroor getuig (al weier jy om dit te glo).
Kobus,
Dankie vir jou verduideliking en verwysings. Ek merk op dat jy nou die terme waarin jy die mens omskryf uitgebrei het: Saam met jou spirituele mens en die fisieke liggaam wat volgens jou by afsterwe geskei word, verwys jy nou ook na “die verganklike liggaam wat plek maak vir die verheerlikte, ewige liggaam, in voorkoms dieselfde maar nie in aard nie.”
• Sal die verganklike liggaam nou dieselfde wees as dié vlees wat weer eendag volgens die Christen belydenis sal opstaan? Maw sou die geloofsbelydenis presies dieselfde betekenis hê indien dit sou lui: “Ek glo aan die opstanding van die verganklike liggaam?”
• Volgens jou sal die verheerlikte ewige liggaam en die verganklike liggaam dieselfde voorkoms hê. Nou as die verganklike liggaam 'n boggelrug en 'n mank been gehad het, sal die verheerlikte ewige liggaam ook ’n boggelrug en ’n mank been hê?
Kobus,
Jy sê: “Daar is nie genoeg plek hier om vir jou beskrywe wat gebeur na die mens se afsterwe en sy wederopstanding daarna nie.” So asof jy presies sou weet! Maar eintlik weet jy maar net so min as die man in die maan.
Die verwysings wat jy verskaf het, is nutteloos want dit is hoorsê-stories deur mense geskryf wat hulle waarskynlik ook verbeel dat hulle met die gawe van spirituele intelligensie geseën is.
Dit is opvallend dat jy en jou geloofsbroeder , F C Boot enige vraag tov sommige van julle uitsprake wat julle nie kan antwoord nie, bloot ignoreer en dit daarmee as afgehandel beskou.
Panda, dit is nie 'n kwessie van ignoreer nie. Dit is 'n kwessie van onnodige herhaling vermy. As jy nie die insig (benodig Spirituele intelligensie daarvoor) het om te begryp wat vir jou geantwoord word nie, dan sal lepelvoer beswaarlik help.
Soos jou insiglose vrae hierbo - ek het vir jou verduidelik dat die HERE Jesus se opstanding uit die graf as Eerste voorbeeld dien van die wederopstanding. SY liggaam was duidelik herkenbaar as die van die HERE Jesus Christus, maar ook met die gebreke (kruisigingsmerke) sigbaar, wyl dit nou Spiritueel van aard is en nie meer aan die fisiese beperkings onderworpe nie. Nou maak jy weens jou onvermoë om dit te begryp, die eersteklas getuienis daarvan sommer af as hoorsê-stories.
Jy begryp nie die werking van die fisieke en die Spirituele nie, dat die fisieke liggaam bloot maar 'huisvesting' bied vir die eintlike Spirituele mens vir solank hy as sulks op aarde leef (sien gerus weer 1 Korintiërs 3:16; 6:19-20; 2 Korintiërs 6:16; Johannes 2:21). Een bekende evangelis het die fisiese liggaam as die mens se 'earth suit' beskrywe, iets wat die mens bestem is om te 'dra' wyl hy op aarde leef.
Maar lyk my jy verstaan duidelik nie wat aangaan nie - hoe anders, jy het jouself dan as ateïs ingerig en daarmee saam gaan so baie by jou verlore. Jy kan iets leer daaromtrent, ja, maar om daaroor te wil stry wyl jy niks daarvan (wil) weet nie, is puur dwaasheid.
Beste Kobus,
Al bewys dat God die mens geskape het, is in mitologiese verhaal in die Bybel. Daar het God Adam uit 'n bietjie grond geskape en toe vir Eva uit Adam se ribbebeen. Is dit al ondersoek en getoets of dit moontlik is, of glo julle X-tene sommer so dat dit waar is?
Jy sê die brein stoor die kennis? Is dit nou wanneer Christene spiritisties raak, hallusineer en gesigte sien? Die kranksinnigegestigte is vol van mense wie se kennis in hulle breins gestoor is.
Groete,
Angus
Angus, jy leef in die wêreld van mitologie wat jy vir jouself geskep het. Alles wat jou begripsvermoë te bowe gaan, is vir jou mitologie. Watter salf is daar te smeer aan jou dilemma?
Angus, God se werke is nie op menslike vlak nie en kan beswaarlik deur die mens herhaal word. Kyk maar na die ganse natuur om jou heen en in die hemele - dit is God se werke en dit gaan jou verstand so ten bowe dat jy dit nie kan begryp nie en dit toeskryf aan toevallige Darwinistiese tipe evolusie, die maaksel van die agnostikus waarmee hy dinge probeer verklaar wat hy hoegenaamd nie kan begryp nie.
Jare gelede ontmoet ek 'n ou omie wat beweer hy was in die hemel toe hy so dodelik koors gehad het.
"Interessant," moedig ek die ou oom aan, "en het jy daar iemand gesien wat jy ken?"
Hy vertel toe sy oupa het hom by die hek kom haal. Hy het sommer geweet dis sy oupa, want hy weet mos hoe hy lyk. Buitendien, hy het hom sommer van ver af al herken aan sy hoed, sy pyp en die bruin baadjie wat hy altyd aangehad het as hy dorp toe gaan.
Christene is dus nie bang om dood te gaan nie; hulle vat sommer hulle aardse besittinkies saam.
Beste Kobus,
Jy slaan die bal ver mis. Alles wat my "begripsvermoë te bowe gaan" ondersoek ek. Ek wil agter die kap van elke byl kom.
Die mitologie het 'n waarheid van sy eie; dis nie nodig om dit aan toetse te onderwerp nie. Dis nie nodig om die waarheid van Herkules se diere met die geelkoper pote te bewys nie. Dis ook nie nodig om Noag se groot vloed, maagdelike geboorte of die oopklowe van die Rooisee te bewys nie. Dit is mitologie en mitologie het sy eie waarheid.
Ek leef in hierdie wêreld met al sy hardhede. Dis die Christen wat in 'n mitologiese wêreld leef, waar mitologie vir hom die waarheid is. Daarom wil jy so naarstiglik bewys dat die groot vloed, maagdelike geboorte van Jesus en die skepping van hemel en aarde soos beskryf in Genesis wel plaasgevind het. Jy is die een wat in 'n mitologiese waarheid en wêreld leef, daarom verwys jy telkens na die Bybel en hou dit voor as die waarheid.
Groete,
Angus
Beste Kobus,
Die ganse natuur en die hemel is juis vir die Christen bo sy vuurmaakplek, en nou gee hy maar oor aan "dis God se werke". Dis die maklike uitweg om alles te verstaan, en dis hoe die primitiewe volkere hulle gode geskep het. Darwin het nie maar agteroor gaan sit en oorgegee aan glo nie, hy het ondersoek ingestel om die wêreld om hom te kan verstaan. Die evolusieleer is gebaseer op ondersoek, navorsing en eksperimentering. As jy nie ook inspring en navorsing doen nie, sal die evolusieleer vir jou bo jou vuurmaakplek wees. Dan raai jy ook maar die evolusieleer beteken dat honde voëls baar.
Groete,
Angus
Jy is verkeerd in jou aannames, Angus. God het ons die vermoë gegee om SY werke te ondersoek en daarmee te werk - dit is bona fide wetenskap. Maar waar diegene wat nie aan God erkenning wil verleen nie, begin om allerlei fabelagtige teorieë te 'bou' om hul agnostiese lewensuitkyk te wil dien, is dit nie meer bona fide wetenskap nie.
Beste Kobus,
Jy moet ons (dis nou vir jou die "julle") meer leer van die spirituele intelligensie. Kan 'n mens dit meet, soos bv IK? Het party mense baie, ander weer bietjie, en ons (dis nou die "julle" vir jou) niks? As 'n mens dit het, sal jy spoke, goëlery en die tokkelossie kan sien? Kan so 'n spiritualis ook in die toekoms inkyk? Ek sal dan graag ook so iets wil besit. Hoe kry 'n mens dit? As ek nou so saam met die heppie-kleppies op die grond neerval en op my knieë rondkruip, dink jy ek sal ook so 'n bietjie spirituele intelligensie kry soos hulle? Of is dit soos Jupiter se mane: hy het dit of hy het dit nie?
Groete,
Angus
Jou snedige opmerkings oor spiritiste (teenoor spiritualiste, wat jy blykbaar nie begryp nie) gaan en staan my werklik nie aan nie.
Die sogenaamde meting van intelligensie is 'n sekulêre instelling vir sosio-kommersiële gebruik. Spirituele intelligensie is aan die sekularis onbekend en gelowiges ontwikkel nie metodes om Spirituele intelligensie te meet nie, want dit is 'n Goddelike gawe en mag as sulks nie op 'n weegskaal geplaas word nie. Net so met intelligensie oor die algemeen, maar die sekulariste het vir hulle 'n baie onbetroubare, feilbare toetsmetode ontwikkel wat hulle in die sekulêre wêreld aanwend.
Ai Ai Angus
IK was tog altyd 'n verhouding wat jy kry wanneer jy die chronologiese ouderdom gedeel het deur die verstand-ouderdom en met 100 vermenigvuldig het. Dus IQ = MA/CA x100.
Daar bestaan heelwat teorieë daaroor. So het Guilford in 1961 al 'n kubusmodel gepubliseer.
Ek vermoed eerder dat Kobus insig bedoel en dit is 'n onderwerp so oud soos die berge. In Psalm 94 (ek is nie seker wanneer dit geskryf is nie - vermoed tydens die ballingskap) skryf die digter in vers 8 tot 11 soos volg:
8. Gebruik 'n slag julle kop. Party van julle het maar min insig. Julle is heeltemal sonder verstand. Wanneer gaan julle raaksien wat die Here wil hê?
9. Die Here maak ore sodat mense daarmee kan hoor. Sal Hy dan self doof wees?
Hy maak oë sodat mense kan sien. Sal Hy dan self blind wees?
10. Die vraag is nou: Sal die Here, wat vir mense wys wat reg en verkeerd is, dan nie verkeerde dinge straf nie?
Natuurlik! Hy sal dit beslis doen!
Hy leer hul dan wat reg en verkeerd is.
11. Die Here weet goed wat mense dink. Hulle gedagtes beteken niks nie.
In Mat 5 wys Jesus daarop dat die gebrek aan insig in 'n mens se kop begin en ook dat gedagtes in die oë van God net so strafbaar is soos die werklike oortreding.
Groete
Oepsie net 'n klein regstelling. Die volgorde in die sin :IK was tog altyd 'n verhouding wat jy kry wanneer jy die chronologiese ouderdom gedeel het deur die verstand-ouderdom en met 100 vermenigvuldig het. Dus IQ = MA/CA x100" is verkeerd.
Dit behoort te lees :IK was tog altyd 'n verhouding wat jy kry wanneer jy die verstand ouderdom gedeel het deur die chronologiese-ouderdom en met 100 vermenigvuldig het. Dus IQ = MA/CA x100 waar MA = mental age en CA = chronological age en IQ = intelligence quotient. Dus 'ratio IQ'.
Jammer oor die foutjie.
Beste FC Boot,
Ek ken dit as ai, ai! die witborskraai, maar dit maak nie saak nie. Jy lol in elk geval met 'n bielie van 'n witborskraai.
Dankie vir al die inligting oor die IK's en psalms. Dis nou sommer maklik om die spirituele intelligensie se kwosiënt te formuleer.
'n Mens neem die verbeeldingskwosiënt, deel dit met die dagga-inname en trek die IK daarvan af. Maklik! SI= VK/DI-MA/CAx100
Jammer, so 'n klein ou foutjie het ingesluip. Dit moet SI=VK/DI-MA/CAx100 wees.
Groete,
Angus
Beste Kobus,
Lig my asseblief in. Jy praat van fabelagtige teorieë. Wees meer spesifiek: van watter fabelagtige teorieë praat jy? Ek weet van geen wetenskaplike teorie waarin diere, bome en plante soos handelende, menslike wesens optree nie. Ek weet ook van geen wetenskaplike teorie wat voorgehou word as ’n sedeles nie.
Verder weet ek ook van geen wetenskaplike teorie wat sommer uitgedink is om ’n bepaalde lewensbeskouing te dien nie. Al waarvan ek weet is wetenskaplike teorieë gebaseer op jarelange navorsing. Hierdie teorieë bots natuurlik met dit wat in die Bybel geskryf staan, en bewys dit verkeerd, maar dit kan wetenskaplikes nie verhelp nie, en hulle kan mos nie hulle bevindinge “kook” sodat dit nie een of ander heilige boek weerspreek nie. ’n Mens kan mos nie met ʼn leuen saamleef nie?
Die enigste vereiste, volgens jou, vir ʼn bona fide wetenskap, is dat daar erkenning gegee moet word aan God. Hoe moet dit geskied? Moet die wetenskaplike elke keer amen sê? Moet hy na elke sin wat hy skryf en na elke proefneming op sy knieë val? Moet hy, as hy suurstof met waterstof verbind, sê: “Dit is God wat dit gedoen het”?
Van watter God praat jy? Moslem se God, Hindu se God, Boeddhis se God, die Drie-enige God geskep deur die Roomse by die Konsilie van Nicea, Zeus, die Flying Spaghettimonster?
Jy eis sommer dat iemand moet erkenning gee aan God, maar hoe gaan jy dit op iemand afdwing? Sê nou maar iemand eis dat jy moet erkenning gee aan die Flying Spaghettimonster. Sal jy dit doen? Waarom nie? Die FlyingSpaghettimonsterdienaars kan net sowel sê: “Maar waar diegene wat nie aan Flying Spaghettimonster erkenning wil verleen nie, begin om allerlei fabelagtige teorieë te 'bou' om hul agnostiese lewensuitkyk te wil dien, is dit nie meer bona fide wetenskap nie.”
Groete,
Angus
Angus,
Daar is net een God.
Hoe die Moslems, Hindoes (Boeddhiste glo nie werklik in 'n God nie, terloops), ens die Godheid probeer tipeer en bedien, doen geen afbreuk aan daardie feit nie - dit is almal religieë wat poog om die aanhangers daarvan tot die een en enigste God te laat nader. God het deur die HERE Jesus Christus duidelik gemaak hoe daar tot God genader moet word, maar al die religieë gehoorsaam dit nie weens die mensgemaakte reglemente van hul onderskeie kulture wat dit verhoed. Julle ateïste begryp dit nie en verstaan dit nie en verwar julself nog net meer deur te dink omdat daar verskillende religieë is, soos die ou Grieke en Romeine, verwys dit ook na verskillende gode. Julle het by die ou Griekse en Romeinse kulture in daardie verband vasgesteek omdat julle weens jul agnostiese beskouing nie diepe insig daarin kan vestig nie.
Julle agnostiese teorieë, soos die darwinistiese tipe evolusieteorie waar beweer word dat een soort evolueer uit 'n vorige afgestorwe soort, is doelbewus gerig daarop om die betrokkenheid van die Skepper te omseil deur kunsmatige, fabelagtige hipotese te skep om die ontstaan en ontwikkeling van lewe te probeer verklaar - en dit help nie jy probeer jou beroep op jou wetenskaplike metodes nie, want hulle is gestrem - uiters gestrem - omdat hulle geheel en al onbekwaam en ontoereikend is om enigiets in die Spirituele domein te vind en te toets en dit is juis waar die antwoorde lê omdat alles in die fisiese domein hul oorsprong by die Spirituele domein het. Daarom bly jy onkundig en skepties daaroor.
Terloops, die Konsilie van Nicea het nie die Drie-Enige God geskep nie - jy verstaan daar niks van nie maak jouself gedurig die snert wat jy daaromtrent kwytraak, wys. Al wat hulle gedoen het is om amptelik erkenning te verleen aan die korrekte uitleg van die Woord omtrent die Aard en Wese van God.
Hierdie dinge is werklik bokant julle vuurmaakplek vanweë die agnostiese lewensbeskouing wat julle nie toelaat om oopkop daarom te dink nie.
Mens gee erkenning aan God deur nie SY betrokkenheid by die skepping te ontken nie maar aan Hom openlik erkenning te verleen daarvoor.
Beste Angus
Wat ek vir jou gegee het was die klassieke verhouding en dit staan jou dus vry om daarmee te maak wat jy wil.
Terloops waar is jou verduideliking oor dit wat die oorsaak van die Oerknal was?
Beste Kobus,
Die Joodse, Moslem en Christus God was maar oorspronklik dieselfde. Die Christen het maar net later Jesus en die heilige spook bygedink. Heel waarskynlik is die hele konkoksie maar net by die Hindu afgekyk.
Die evolusieteorie is lankal by die hipotese-stadium verby; dis 'n volwaardige teorie, en dit beteken eintlik dis 'n voldonge feit.
Jy noem die evolusieteorie nog fabelagtig, maar kan nie vir my wys waarom nie. Nêrens tree diere en plante op soos mense nie, en dit is nie didakties van aard nie. Laas toe ek dit vir jou probeer verduidelik het, het jy die woord didaktiek nie verstaan nie.
As jy beweer die Konsilie van Nicaea het nie die Drie-enige God gekep nie, dan weet jy nie wat by die verskillende konsilies gebeur het nie. Ek sal jou maar moet inlig.
Groete,
Angus
Dit is verbasend dat jy voorgee dat die hindoeïsme 'n drie-enige god voorhou. Ek dink die Hindoes sal nog meer verbaas wees om dit te hoor.
Niemand kan God skep nie - God openbaar Homself aan mense op die regte tyd daarvoor en hulle verwoord dit, juis om ontslae te raak van wanopvattings omtrent SY Aard en Hoedanigheid wanneer dit ontstaan. Die Woord is deurspek van die aanduidings van God se Drie-enige aard lank voor enige konsilie van Nicea of ander.
Jou interpretasie van sake Gods pas by jou ateïstiese lewensbeskouing - jy weet dus absoluut niks daarvan nie nog minder kan jy insig daarin vestig (op hierdie stadium).
Jou evolusieteorie het 'n fabelagtige skepper geskep - so 'n willose, intelligensielose, lukraak handelende skepper wat alles - die ganse wonder en kompleksiteit van lewe op aarde - vermag en klaarblyklik beplan sonder dat die affêre die intelligensie het om dit te doen, selfs om gesofistikeerd intelligensie te 'skep 'waar die affêre dit self nie in pag het nie ... En daar is 'n lys van ander fabelagtige hoedanighede wat hierdie skepper-affêre van jou/julle kwansuis vermag sonder dat dit self die hoedanighede besit. Dan het die affêre nog 'n towerstaffie ook, wat sy aanhangers (aanbidders?) voorhou as hulle in die hoek beland met die nonsens (al te dikwels), naamlik 'tyd'. Jou/julle fabelagtige skepper-affêre is juis ideaal geskik vir 'n volgende aflewering van Harry Potter se fantasie-wêreld.
Die ergste van alles is dat julle die affêre met 'n eiesoortige magie-kleed ook beklee om sy ware aard te vermom en hom die skyn van werklikheid te gee - 'n kleed wat voorgee om 'wetenskap' te wees en so glo julle verbete aan die affêre asof dit werklikheid is (moet sê, daardie wetenskap-kleed truuk flous talle niksvermoedendes al vir 'n redelike tyd).
Beste Angus
Jy weet ek verskil van Kobus maar jy is verkeerd oor die Konsilie van Nicaea wat betref die Drie-Enige God geskep.
Vra jou die vraag af hoekom is Jesus gekruisig. In Johannes 10 onder die opskrif:
'n Mens kan alles oor Jesus glo lees ek in vers 33. Die volgende:
33.Die Jode het nie op hulle laat wag nie. "Moenie woorde in ons mond lê nie! Dit gaan nie daaroor dat jy mense gehelp het nie. Wat ons briesend kwaad maak, is dat jy God beledig. Jy wat 'n gewone mens is, stel jou sommer as God aan. Waar het jy dit nou al gehoor?"
Jy kan self verder lees wat Jesus daarna sê. Jesus is die seun van God en Hy doen presies wat God onder dieselfde omstandighede sou gedoen het.
Na Jesus se hemelvaart kom die Trooster. Lees gerus https://4windkoinonia.wordpress.com/2015/04/17/wie-is-die-trooster/ en jy sal sien
dat daar inderdaad 'n Drie-Enige God is, een in wese en karakter wat sigself openbaar as die Vader, Seun en Heilige gees.
Dit is die maklikste om dit te verstaan dat selfs 'n mens in verskillende kapasiteite kan optree, maar tog een mens is.
Beste Kobus,
Jou skrywe is net 'n roggelende gegorrel, en nie eens werd om eers beantwoord te word nie.
Groete,
Angus
Natuurlik sal jy so sê, Angus! Na alles, watter sinvolle kommentaar kan mens nou van jou as ateis oor sake Gods verwag?