Kommentaar
En nog ’n mite
Brian 2016-05-31 "’n Terroris saai terreur, plant bomme vir die doodmaak van siviele mense, val vrouens en kinders aan ens om die moreel van sy vyand af te takel." Soos byvoorbeeld die Britse en Amerikaanse bomwerperbemannings, toe hulle Dresden en Tokio onder die bomm
Persvrystelling: US-taalbeleid voldoen nie aan basiese bestuursvereistes
Koos Reyneke 2016-05-31 US-taalbeleid lieg! Engels word die taal, word jaarliks bevorder deur Engels uit te brei maar Afrikaans word nié bevorder soos hulle sê nie! Inteendeel: Afrikaans word afgebreek, benadeel, verklein, gedegradeer en verswelg.
’n Positiewe blik op die onteieningswetsontwerp
Piet Pompies 2016-05-30 Onthou EJ Marais is 'n senior lektor ... nou gaan almal dit mos glo ... hahahahaha.
Die bybel en evolusie
Angus 2016-05-30 Beste FC Boot, Jy lees in die Bybel wat nie daar staan nie. Die God van die Bybel het niks teen wreedheid nie. Vir offerhandes word daar geslag dat jy net bloed sien spat, en hy hou daarvan. Die rede waarom 'n boklam nie in sy ma se melk gekook mag wordLogiese liefde (en ander gedigte)
franciska 2016-05-30 Sjoe dis amazing en wonderlik, hoop jy skryf nog.
Nico Carstens
Reusedwerg 2016-05-30 Ek stem saam en dink hy is een van die Suid-Afrikaners wat miskien nie die nodige erkenning gekry het nie. Soos jy tereg noem, bekende orkeste het sy skeppings gespeel. Een van hulle deur my gunsteling orkes, James Last het Skokiaan gespeel. So is dit mos
Persverklaring deur Jan Heunis, president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch
Jean Joubert 2016-05-30 Marko, Wil jy werklik nou 'n Corrie Volkwyn ook hê?
Duskant die vreesgrens
Angus 2016-05-30 My gunsteling is: lewe is gebaseer op DNS, want nou moet jy jou storie ken. Vra jy wat lewe is, is die antwoord nie sommer net DNS nie.
Duskant die vreesgrens
Angus 2016-05-30 'n Definisie van lewe? Die hooftrekke van lewe is: 1. dit moet georganiseerde struktuur hê; 2. moet inwendig kan reageer op veranderinge in die omgewing; 3. moet energie uit die omgewing kan trek om bogenoemde te kan onderhou; 4. moet kan reageer op
Graad 6: Toetse, vraestelle en memoranda
LitNet 2016-05-30 Hallo Martie, as jy die vraestelle wil oopmaak, klik op die pyltjie heel regs om af te laai (te download). Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Duskant die vreesgrens
Angus 2016-05-30 Laat my dink aan die twee grotbewoners wat gefilosofeer het oor wat en hoe gereedskap moet wees. Hulle kom toe ooreen dat dit van klip gemaak moet wees, en in jou hand pas. Hulle sou darem lekker geskrik het vir 'n stootskraper.
Kop toe
Angus 2016-05-30 Volgens betroubare bronne (Die Afrikaanse digkuns) bestaan spoke wel 'n Spook is nes 'n bokkapater, hy loop nie sommer deur die water.
Paul Kruger, die Uitlanderstemreg en die Engelstalige pers in die ZAR voor 1895
Heinie Heydenrych 2016-05-30 Daar is myns insiens geen beter bron om die menings van die Uitlanders vas te stel as die Engelstalige pers in die ZAR nie. Onthou dat die artikel handel oor gebeure vóór 1895. Daar was teen laat 1894 al Britse ingryping n.a.v. die kommanderinsage, maar
Paul Kruger, die Uitlanderstemreg en die Engelstalige pers in die ZAR voor 1895
Heinie Heydenrych 2016-05-30 Daar is myns insiens geen beter bron om Uitlandergriewe vas te stel nie as die Engelstalige koerante nie. Die Volksstem het Kruger selde gekritiseer en, soos aangedui, hom nie eers verwerdig om kommentaar te lewer op Kruger se afwysende houding tydens sy
Die konsep van 'n lewendige siel in die Bybel - Vir FC Boot
Jaco Fourie 2016-05-30 FC Boot Hoe lees jy jou Bybel? Matt 22:30 wat jy hierbo kwoteer, se argument gaan oor Jesus se antwoord aan die Sadduseërs mbt tot huwelik in die hemel. Die vergelyking wat hy gee in antwoord op hulle vraag is dat soos engele nie trou nie, dieselfde gaa
Persverklaring deur Jan Heunis, president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch
Johannes Comestor 2016-05-30 Vir die "agbare" Johannes Comestor is daar maar min agting by Marko van der Colff. Waarom "Engelssektor" sic as dit klaarblyklik na Engels en Engelse nasionalisme verwys? Die mening van 'n oud-Robbeneilandgevangene en geswore kommunis sal seker by Van der
Duskant die vreesgrens
Panda 2016-05-30 Ek sou reken die vermoë om te kan voortplant is 'n vereiste.
Die konsep van 'n lewendige siel in die Bybel - Vir FC Boot
Angus 2016-05-30 Beste FC Boot, Dit lyk my jy raak nou die kluts kwyt. Die aanhaling uit die Bybel waarmee jy preek, het niks te make met die gewetenloosheid waarvan jy my beskuldig nie. As jy vir iemand sê hy is gewetenloos, beteken dit dood eenvoudig dat hy sonder
Die bybel en evolusie
F C Boot 2016-05-30 Beste Angus Jy skryf: "Terloops, as 'n bokkie in sy ma se melk of watter melk ook al gaargemaak word, kan hy nie meer gespeen of grootgemaak word nie." Dit was mos jou byvoeging op Jaco se kommentaar. Wat ek geskryf het was my kommentaar op jou byvoegin
Graad 6: Toetse, vraestelle en memoranda
martie 2016-05-30 Stuur asb die vraestelle. Kyk ek vir dit, wil nie oopmaak nie, dankie.
Persverklaring deur Jan Heunis, president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch
Marko van der Colff 2016-05-29 Aan die agbare Johannes Comestor (o.a.), Jy vra aan die einde van jou skrywe hoekom Afrikaans en Afrikanernasionalisme verdoem word en die die ooreenstemmende 'Engelssektor' (sic) nie? Waar is die sogenaamde ooreenstemmende 'Engelssektor' waarna jy verw
Leopold Scholtz se Kruispaaie, bruin mense en die huidige taalherrie
Jan du Toit 2016-05-29 Die beleid van die NP en die toepassing van die apartheidsbeleid na 1948 soos sekere werk en universiteite net vir blankes, Distrik 6 ens het die wittes (wat hulle die ware of regte Afrikaners noem) groot skade vir hulself en aan die kleurling (in hierdie
Leopold Scholtz se Kruispaaie, bruin mense en die huidige taalherrie
conrad steenkamp 2016-05-29 Hier aan die einde raak Jason aan die kern van die saak: ondersteuning en toegang gaan hand aan hand. Sonder die een, kry mens nie die ander nie - geen redelike mens kan anders verwag nie.
Einstein-kompetisie: Ilse du Preez
Sarie du Preez 2016-05-28 Baie beïndruk met jou navorsing. Hou so aan.
Die bybel en evolusie
Angus 2016-05-28 Beste FC Boot, Jy skrywe eintlik aan Jaco, en hy is groot en sterk genoeg om jou te antwoord, maar aangesien jy so skeefweg my naam so ydellik gebruik, moet ek ook regeer. Die twak oor die bokkie wat nie in sy ma se melk gekook moet word nie, is nie va
Leopold Scholtz se Kruispaaie, bruin mense en die huidige taalherrie
John 2016-05-28 Die afgestorwe Eugene Terblanche het dit eendag in ’n onderhoud met ’n Engelse joernalis duidelik gestel wat ’n Afrikaner is. Alhoewel dit sy persoonlike siening was, glo ek dat daar baie wit mense is wat daarmee saam stem. Afrikaans was dalk in die
Vir Thomas, Panda, Angus en die res: Spirituele Intelligensie opgeklaar
F C Boot 2016-05-28 Beste Thomas Dankie vir jou antwoord. Evolusie is dus slegs moontlik as die faktore wat jy noem aanwesig is maar dit vereis dan ook dat die planeet waarop dit plaasvind op die regte plek in die heelal is en oor al die bydraende faktore beskik. Aangesien
Die konsep van 'n lewendige siel in die Bybel - Vir FC Boot
F C Boot 2016-05-28 Beste Angus Jy sê jy het 'n gewete? Ja almal het dit maar wanneer dit kom by Jesus het jy gewetenloos geword. Dit gaan nie oor die begrip reg of verkeerd of goed en kwaad nie, want in die Bybel kan jy die volgende lees: Lukas 18. 1 Jesus het vir hulle
Gelyke Kanse-inisiatief bou momentum: Breyten Breytenbach rig ope brief aan US-rektor
Louis Serfontein 2016-05-27 Dankie Breyten vir die kredietwaardige leierskap. De Villiers behoort homself te skaam; wie het hom na alles die mandaat gegee?! Hy sal vir al die verkeerde redes deur die geskiedenis onthou word. Wim, gun jou nageslag wat jy gehad het.
Bron van kennis in arm streke
Rozelle Smith 2016-05-27 Ek was 'n trotse leerder van die klas van 1985. Geskiedkundige jaar!
Leopold Scholtz se Kruispaaie, bruin mense en die huidige taalherrie
annette 2016-05-27 Ongelooflik goed opgesomde antwoord, dit bly 'n turksvy en jy het dit baie goed verwoord namens baie van ons.
Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 4, intermediêre fase)
CARINROUX 2016-05-27 EK IS OPSOEK NA EKSAMENVRAESTELLE VIR GR 4 EN GR7. ALLE VAKKE ASB BAIE DANKIE
