Reusedwerg
Dade sê meer as woorde. AfriForum, onbeskaamd vir Afrikanerbelange doen ook veel vir ander rasse. Gee selfverdedigingsopleiding vir die taxibestuurders teen aanvalle en berowing in die Noord-Kaap. Verdedig kleurlingbewaarders in die hof in die Kaap wat onregmatig van verhogings weerhou word. Het die Bloemfontein se munisipaliteit vasgevat oor die tekort van water in die township, om net 'n paar voorvalle te noem. Spreek Afrikaners skerp aan, wat rassehaat aanblaas, ten gevolge dat verregse Afrikaners AfriForum met afsku bejeën. Met die Pretoria "Afrikaans must fall", met die swart studente onderhandel, wat die oproer daar tot bedaring gebring het, ens.
AfriForum onderhandel eerder as konfronteer. Indien dit geen resultate oplewer nie, tot die konstitusionele hof wend vir uitslag, die meerderheid waarvan deur hulle gewen word. Die onlangse regstelling van paaie deur hulle aangepak is tot voordeel van almal, ongeag ras, en ek is seker baie swartes het waardering daarvoor. En moenie dink dat die boodskap onder swartes verlore gaan waar hulle swart regering niks doen, terwyl Afrikaners iets, al is dit indirek ook vir hulle doen nie’
Diegene wat AfriForum, veral onder Afrikaners, afkraak en probeer demoniseer, doen dit omrede AfriForum se agenda met hul s'n bots. Die linkses, ook Afrikaanse redakteurs onder hulle, hou veral nie van AfriForum se Okt 15 afsonderlike beplanning vir Afrikaner sosiale, ekonomiese, taalkundig, tersiêre opleiding, ens ter bemagtiging van Afrikaners vir die volgende vyf jaar vorentoe. Die regses, omrede AfriForum nie dieselfde konfrontele weg as hul s'n wil volg nie. Ek dink jy het ook opgelet dat AfriForum nooit bitsig terugkap op aanvalle op hulle nie. Inteendeel, hul bly eerder stil, met die wete dat dade spreek meer as woorde.
Die realiteite is dat AfriForum DAADWERKLIK die enigste Afrikanerheil onder Afrikaners verteenwoordig.


Kommentaar
Stem met jou saam.
Groete,
Tiens
As jy drie Afrikaners in 'n skeepsvraghouer toesluit, sal jy regtens kan bewys dat jy vier politieke partye en vyf verskillende kerke daar binne het!
Dis hoe dit maar is en dis hoe ons rol!
Ek stem heelhartig saam met jou. Wat ek probeer sê is nie een politieke party sal aan enige ander organisasie erkenning gee nie. Ek luister Woensdae na die vergaderings wat op die Afrikaanse draadloosstasie uitgesaai word. Ek het tot die volgende gevolgtrekking gekom: Los die ANC uit dat hulle "regeer". Jy weet waarmee jy te doen het. Jy weet nie met wat jy te doen sal kry in 'n nuwe bestel nie. Wat my egter grensloos irriteer is die oppervlakkigheid/onkunde van die deelnemers aan die programme. Ek weet dienslewering is vir party 'n groot knelpunt. Niemand het nog een van die ANC se verteenwoordigers in 'n hoek gedruk oor groter vraagstukke as skoon water en vullisverwydering nie. Dit sal seker buite orde wees aangesien die "plaaslike" verkiesing op hande is. Die DA vertrou ek net so min soos enige ander party.
Mike
'n Interessante en tog ware voorstelling, en dit is juis hierdie indiwidualistiese selfdenkende asook skeppende eienskap wat deel van die wonder van Afrikanerwees uitmaak sedert sy geboorte in Afrika in 1662 wat my bekoor.
In die proses van "thesis vs anti-thesis = grootliks sinteses" is die Afrikaner in wroeging meer as ooit tevore vandag mbt politiek en godsdiens, is dit te betwyfel dat "sinteses" onderling ooit bereik sal word, maar wanneer dit kom by gemeenskaplike bedreiging vir sy bestaansreg en taal, is die "sinteses" reeds daar.
Die Engelse oorlog is 'n goeie voorbeeld. Dopper, Hervormde en NG onderling twisgierig. Die Voortrekkerleiers, verskillende boere-republieke, en koloniale Afrikaners nie eenders nie, en onderling erg twisgierig, maar toe die mag van Engeland die TVL aangevat het, is godsdienstige en politieke verskille tersyde gestel, en is hulle onderling verenig teenoor die aanslag van hulle bestaansreg en taal.
Bv Max du Preez en Dan Roodt twee Afrikaners nie om dieselfde tafel te vinde nie, maar wanneer dit ooit by die "crunch" kom, mbt Afrikanerwees en Afrikaans sal te vinde wees, eenheid in sentiment, maar verskil in intellektuele benadering tot sodanige sentiment.