’n Kans in Afrikaans: Willa Boezak en Danie Marais gesels op kykNET

  • 4

kykNET het vir dr Willa Boezak en Danie Marais gisteraand genooi om te praat oor die “’n Kans in Afrikaans”-veldtog se verset teen die US se taalplanne. Boezak en Marais het met Kabous Meiring in Prontuit gesels oor die redes vir hul betrokkenheid en die doelwitte van hierdie veldtog. Die uitdaging aan die US-rektor, prof Wim de Villiers, en/of die voorsitter van die US-raad, George Steyn, om kykers op televisie in debat met verteenwoordigers van die groep van die universiteit se konseptaalbeleid te oortuig, is hiermee ook op televisie herhaal.

 

Klik hier vir die “’n Kans in Afrikaans”-veldtog en hier vir Boezak se artikel oor ont-taling waarna in die eerste deel van die gesprek verwys word.

  • 4

Kommentaar

  • Uitstekend. Inteendeel, onderrig in jou moedertaal en sterk vermoë in 'n tweede taal laat mens myns insiens toe om beter te kommunikeer en makliker met ander kulture oor die weg te kom. As wetenskaplike en nou 'n Nieu-Seelander vind ek dat ek met soveel meer gemak inpas hier en wanneer ek in Skandinawiese lande, of selfs Spanje, reis. Miskien is dit omdat ek die waarde van daardie mense se taal verstaan en eerbiedig en hulle voel dit aan.
    Gun Afrikaans sy plek as 'n moderne taal uit Afrika en hou hom aan die gang as moedertaal en as opleidingstaal sodat ons ons, ten minste in ons koppe, teen die hoogste versnelling kan dink en probleme oplos.

  • Ek is Afrikaans, maar wens ek het in Engels onderrig ontvang, want dan kon ek vandag vlot met kliënte praat!
    Mense wat Engels praat, praat vloeiend en dit is ’n vloeiende taal wat mooi op die tong val?
    Afrikaans is baie soos ’n mengsel van Hollands en Duits, grof en kras!
    Die bruinmense praat die taal meestal baie plat, met Engelse woorde tussen in, nie ideaal vir werk vind daar buite eendag nie?
    Die Afrikaanse sangers is ook lief daarvoor om in elke sin ’n Engelse woord in te druk, wat Commin klink!
    Ek hou van Afrikaans praat met my kinders in die huis, maar daar buite, praat ons almal Engels met al die ander kulture, want ons moet mekaar tegemoet kom, en nie verwag hulle moet probeer verstaan wat ons probeer sê nie, want daarom moet almal Engels magtig wees, om met mekaar te kan kommunikeer!

    • Jammer, maar Afrikaanse mense is van die mees tweetalige mense ter wêreld in terme van hoe vlot hulle Engels is. Die taalgroep word al dekades lank bestudeer. Ander Afrika lande wil ons moedertaal-eerste-tweede taal tweede strategie nou na-aap juis omdat Afrika se Engels eerste opsie 'n monumentale flop was. Doen bietjie navorsing. Kyk maar na UNESCO se bevindinge.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top