Beide Christen en gelowige in heksery

  • 9

Ek lees dat ’n swart vrou in Limpopo deur ’n groep mans gestenig en aan die brand gesteek was toe hulle haar as ’n heks verdink het, nadat een van haar jonger familielede aan natuurlike oorsake dood is.  Verblydend is hulle lewenslank tronkstraf gevonnis vir die daad.

Ek was toevallig by my ouboet se huis gewees toe ek dit gelees het.  Sy tuinier, en groot Christen wat naby was, vertel ek hom van die voorval.  Tot my groot verbasing was sy reaksie redelik hewig ten gunste van hulle daad, en aan my verduidelik het dat wanneer vrouens oud word, hulle sekere magte bekom oa die mag om in die aand te kan rondvlieg en ander te toor!

Hier in Vanderbijlpark word gereeld geadverteer deur “sangomas” selfs in die plaaslike koerant, dat hulle ’n heks op vyandige persone kan plaas, werk verseker, verhogings verseker, penis kan vergroot, verlore liefde weer kan aanwakker, ens en dit is verbasend hoeveel geld hulle daaruit maak, tot so ’n mate dat van hulle in blink duur karre na hulle kantore toe ry.  Omtrent al hulle klante is ook Christene wat ook in voorvaderlike geeste glo wat bevredig moet word!

 

  • 9

Kommentaar

  • Tiens Pretorius

    Sowaar, hier in PE sien ons ook daai advertensies, wat insluit dat hulle jou kan help om die Lotto te wen. Hoekom wen die sangomas nie maar sommer self die Lotto deur hul toorkuns nie en hou dan op om al die snert kwyt te raak. Want dis dan mos nie meer nodig nie!

    Groete,

    Tiens

  • Dis nie net sangomas en sulke goed nie, kyk in enige koerant of tydskrif en daar is dit, "Jou sterre voorspel". Die witman is net so verslaaf aan sy oertydse afgode soos die swartman. Het die Christene al agtergekom dat daar 12 sterretekens is, presies soveel soos Jesus se disipels? Is die twee verbind?

    Duitswester

  • Duitswester

    Jou vraag is so absurd soos my vraag hieronder!

    Het Christene al agtergekom daar is 12 maande in die jaar, presies soveel soos Jesus se disipels? Is die twee verbind?

  • Duitswester

    Dit is meer logies om te spekuleer dat daar 12 disipels gekies is om met Jakob se 12 seuns asook die 12 stamme van Israel eens te wees.

    Die Christendom vanaf Konstantyn se tyd het wel met die heidendom getrou, maar nie die Nuwe Testament nie.

  • Iewers het ek gelees dat dit okay is om 'n heks te wees in 'n sekere Afrikastaat. Hulle mag egter net op 'n sekere hoogte vlieg. Dit het iets met lugvaart te doen gehad. Stroesbob! Dit was in hulle wetboeke so aangeteken.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top