Wetenskap en geloof

  • 11

panda

  • 11

Kommentaar

  • Louis Rudolph

    My vriend Panda,

    Hier gaan ons alweer.
    Dit is weereens jou keuse van geloof.
    Dit is geloof in jou wetenskap en geloof in die ware skepper God en die Bybel.
    Was een van jou wetenskaplikes (toetse, verbeterde teorie en toetse ... ) by toe julle bepaal het dat die aarde 4.6 miljard jaar oud is, of is dit 'n teorie?
    Wel, die God van die Bybel was daar toe die aarde so 6000 jaar gelede geskep is.

    Kyk asb. hierna:
    https://youtu.be/EzSZmqDxkzc

    Groete
    Louis

  • Gelowige Christene glo vas dat God vir ewig daar was, en dat die skepping van hemel en aarde 6000 jaar gelede plaasgevind het.

    Nou wil ek weet: waarom het God al daardie tyd op sy jis gesit en niks doen nie?

  • Beste Louis,
    Ek verskil van jou siening dat die wetenskap ’n geloof is. Daar bestaan nie die geringste sweem van ‘glo/geloof’ in die wetenskap nie. In die wetenskap word 'n aanspraak summier van die tafel af gevee indien dit nie deur bewyse gestaaf kan word nie. Gelowiges — soos jy nou weer — maak aanspraak daarop dat die wetenskap maar net nog ’n ‘godsdiens’ is. ’n Spesifieke godsdienstige geloof sou dus dan op gelyke voet met die wetenskap wees en aansprake sou gevolglik dieselfde gewig hê as wetenskaplike feite en bevindings.
    Ek het verskeie definisies van die woord ‘geloof’ nageslaan en die kern daarvan kom daarop neer om ’n aanspraak sonder enige bewyse as die waarheid te aanvaar. Dit is lynreg in teenstelling met die wetenskap. Die wydverspreide aantyging dat wetenskap ook maar ’n geloof is, is sommer twak en oningeligtheid of doelbewuste taktiek.
    Daar mag wel so iets wees as om IN die wetenskap te glo wat hoogstens beteken dat die metodes en werkswyse van die wetenskap goedkeuring geniet.
    Ek het die skakel wat jy verskaf het opgevolg. Kan daar werklik nog mense wees wat glo dat die aarde net 6 000 jaar oud is en dat die Grand Canyon in slegs 3 dae gevorm is?
    Lees gerus wat professor De la Rey Marais oor die onderwerp te sê het by: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/2009/03/14/BJ/7/BJNews015-StoryA-BY-BY-BY-BY-BY-BY.html

  • Created ...
    or
    evolved ...
    or
    created to evolve?

    Paul Johnson, A history of the Jews.

    Duitswester

  • Mbt Duitswester se Paul Johnson hierbo:
    "On the BBC programme Desert Island Discs in January 2012, Johnson professed himself unimpressed by Nelson Mandela.[27]"
    "...it was revealed Johnson had an affair lasting eleven years with the writer Gloria Stewart.[29] Stewart went public with the affair to the newspapers after what she saw as Johnson’s hypocrisy over his views on morality, religion and family values."
    "Johnson has defended Richard Nixon[20] in the Watergate scandal." 'n Korrupte VSA president.
    "Johnson defended his friend Jonathan Aitken,[21] has expressed admiration for General Augusto Pinochet[22] and (qualified) admiration for General Franco.[23]"
    Ondersteuning vir twee skuldig aan die ergste menseregteskendings! "Johnson was active in the campaign, led by Norman Lamont, to prevent Pinochet's extradition to Spain after Pinochet's arrest in London. "
    https://en.wikipedia.org/wiki/Paul_Johnson_(writer)

  • Duitswester
    Vergelyk Mandela se lewensbeskouing oor wie Paul Johnson nie beïndruk is nie met Nixon, Bush, genl Franco en Pinochet se lewensbeskouing en wandade wat Johnson ondersteun met mekaar, is dit aanduidend en te bevraagteken tot watter mate sy boek "History of the Jews" objektief geskryf is!

    • Jaco, ek neem aan jy het Johnson se boek gelees? En verder, ek lees baie wyd Jaco, en ek vergelyk en besluit baie, baie beter as wat jy hier rammel.
      Ek het al baie gesien dat jy betrokke raak en voortvarend rammel waar jy eintlik niks van weet nie. Jy raak verwaand betrokke by dinge wat bo jou reik is.
      Dink meer Jaco, dink meer.

      Voorspoed.

      Duitswester

  • Louis Rudolph

    Vriend Panda
    Jy verwys na De la Rey Marais se skrywe.
    Sal die wysheid van mense nou God se bestaan waaraan miljoene al vir eeue vashou verander? Sal dit die persoonlike verhouding van Christene met 'n lewende God verander?
    Jy en al die genoemdes is vry om te glo wat jy wil, net so ek.
    My probleem met julle sogenaamde wetenskapbewyse is dat dit vol gate is. Ons het al hoeveel keer dieselfde saak deurgeloop deur briewe te wissel en julle het besluit (glo) dat die bewyse wat vir julle voorgelê word, aanvaarbare bewyse is, en dan aanvaar julle dit, net soos Christene die bewyse wat die teendeel bewys glo.
    Vir Christene is:
    DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
    Moet net nie vir my probeer "bewys" die aarde is 4,6 miljard jaar oud nie. Dit is vals en daar is geen bewyse daarvoor nie, inteendeel is dit onmoontlik soos ek al in vorige skrywes uitgewys het.
    Vir Angus, dit is nie vir my of jou om God se optrede te bevraagteken nie. Hy is God en hy kan en sal doen soos Hy besluit. As jy die skepper was dan kon jy ander reëls en optredes daargestel het.
    Groete
    Louis

  • Dagsê Panda

    Ek rinkink alweer so bietjie in die verte en kry darem so nou en dan kans om te kyk wat raak die manne kwyt hier op die Sê. Hierdie keer darem net op in Afrika met die Cruiser - wat internettoegang natuurlik problematies maak.

    Jy som dit mooi op. Daar is slegs sprake van vertroue in die wetenskaplike proses om antwoorde te verskaf. Geloof is per definisie aanames sonder bewyse. Die wetenskaplike metode is steeds die enigste metode om antwoorde te kry en daar is geen geloof by betrokke nie.

    Soos Carl Sagan gesê het: Uitsonderlike aansprake (soos dat die aarde 6000 jaar oud is en dat daar 'n god bestaan wat uitsonderlik begaan is oor wat ek doen as ek kaal is) vereis uitsonderlike bewyse.

    Tog snaaks dat die gewone koortjie so besonder stil is as ons bewyse vra.

    Groetnis
    Thomas

  • Duisterwester

    Die leser stel nie belang in hoe gelese jy is nie, of hoe slimmer jy verklaar jy is as ek nie, wel hoe jy daardie kennis aanwend om enige van jou argumente te staaf. Om net te weet jy weet meer as ek (Jaco) is vir die leser 'n ene GAAP!

    Gebruik eerder daardie wyd belesendheid waaroor jy so lief is om oor te “brag” om my argumente mbt jou aantuigings en stellings, te weerle, dan maak dit die gesprek interessant.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top