Suidoosterfees

Marita oor Dinge: Ouers durf nie die tiener in hulself vergeet

Marita van der Vyver, Melt Myburgh Skole 2021-09-30

Met Cintaine Schutte se eenvrouvertoning van Die dinge van ’n kind binnekort op die planke by Hoërskool Jan van Riebeeck, gesels Marita van der Vyver oor tieners, ouers en waarom die boek 27 jaar ná sy verskyning mense steeds gaande het.

Persverklaring ‒ New Voices: Xolisa Ngubelanga se It’s my baby in September by Kunstekaap

LitNet Suidoosterfees 2021-09-28

Kunstekaap, in samewerking met die Suidoosterfees, bring Xolisa Ngubelanga se drama It's my baby van 27 September tot 1 Oktober op die planke. Dié produksie is deel van vanjaar se langverwagte New Voices-program.

Persverklaring: Suidoosterfees vier Erfenismaand op hoë noot

LitNet Suidoosterfees 2021-09-21

Die Suidoosterfees en Stad Kaapstad vier Erfenismaand met twee Lockdown Legato-aanbiedings. Kaapsentriek en Maestro’s en mentors sal vanaf 21 September 2021 weekliks gratis aanlyn as musiekvideo’s op die Suidoosterfees se sosialemediaplatforms aan die publiek vrygestel word.

Teenstemtweespraak

Breyten Breytenbach Stemme | Voices | Amazwi 2021-09-16

Op Breyten Breytenbach se 82ste verjaardag sluit LitNet sy Stemme-projek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK af met Breyten se monoloog Teenstemtweespraak. Antoinette Kellermann is voor die kamera en Marthinus Basson is in die regisseurstoel.

’n Seereis

Ingrid Winterbach Stemme | Voices | Amazwi 2021-09-07

In Ingrid Winterbach se monoloog ’n Seereis is Albert Pretorius as Jan van Riebeeck aan die woord. Marthinus Basson is die regisseur. Hierdie produksie is deel van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK.

Revelations oppie pot

Veronique Jephtas Stemme | Voices | Amazwi 2021-08-31

In Veronique Jephtas se Revelations oppie pot is Hein Poole in die rol van ’n jongman wat verduidelik waarom sy vriend Kaffe al die bier omgeskop het. Lee-Ann van Rooi het die regie behartig. Hierdie produksie is deel van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en KKNK.

Soebat

Dianne Du Toit Albertze Stemme | Voices | Amazwi 2021-08-24

Khadija Heeger vertolk Dianne Albertze se monoloog Soebat. Thembela Madliki het die regie behartig. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.

"Afgryslik" dat vroue nog moet aandring op respek

Melt Myburgh Onderhoude 2021-08-19

"Soms word daar van vroue verwag om seksuele gunsies aan te bied in ruil vir rolle of die befondsing van projekte." – Jane Mpholo oor waarmee vroue in die vermaaklikheidsbedryf nog opgeskeep moet sit.

Olke bolke

Nicola Hanekom Stemme | Voices | Amazwi 2021-08-17

Nicola Hanekom, Hertzogpryswenner vir drama in 2021, se Stemme-monoloog, Olke bolke, stel ’n jong massamoordenaar aan die woord. Eldon van der Merwe lewer die vertolking en Lee-Ann van Rooi was in die regisseurstoel. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.

Nuwe groep liriekskrywers meld aan vir mentorskap deur Suidoosterfees en Jakes Gerwel Stigting

LitNet Suidoosterfees 2021-08-11

Die alombekende kunstenaar en televisie-persoonlikheid Frazer Barry sal as mentor optree wanneer die kandidate van 1 tot 15 September vir ’n skrywersverblyf by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-huis in Somerset-Oos aanmeld.

Alles lê in die lengte van jou hare

Stephren Saayman Stemme | Voices | Amazwi 2021-08-10

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Alles lê in die lengte van jou hare lewer Liandé Valentyn ’n dramatiese voorlesing van Stephren Saayman se monoloog wat handel oor ’n vrou wat afreken met traumatiese gebeure uit haar kinderjare.

Leë nagte

Saartjie Botha Stemme | Voices | Amazwi 2021-08-03

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Saartjie Botha se Leë nagte vertolk Geon Nel die rol van ’n man wat bewus word van twee hawelose mense wat teenaan sy huis nes skrop. Nicole Holm is die regisseur.

Kon ek ook maar ’n hond gewees het?

Andrico Goosen Stemme | Voices | Amazwi 2021-07-27

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Andrico Goosen se Kon ek ook maar ’n hond gewees het? met Ivan Abrahams, onder regie van Nicole Holm. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Goosen, Holm en Abrahams oor die stuk gesels.

Weg

Carlo Daniels Stemme | Voices | Amazwi 2021-07-20

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Carlo Daniels in sy monoloog Weg, waarvan die regie deur Andrew Buckland behartig is. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Daniels sy gedagtes oor die stuk deel.

Stemme

LitNet Stemme | Voices | Amazwi 2021-07-13

Hier kan jy die produksies van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, KKNK en NATi, kyk en die tekste lees.

Verspring

Rafiek Mammon Stemme | Voices | Amazwi 2021-07-13

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Tinarie van Wyk Loots se vertolking van Rafiek Mammon se Verspring, geregisseer deur Fred Abrahamse. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en regisseur.

Stemme: LitNet, Suidoosterfees, KKNK en NATi bring monoloë deur topteatermakers

LitNet Teater 2021-07-08

LitNet het dramaturge uitgenooi om monoloë vir die projek te skryf, waarna die Suidoosterfees en KKNK van die talentvolste akteurs en regissseurs aan boord gekry het om die monoloë op te voer en te verfilm. | LitNet invited playwrights to write monologues for the project, and Suidoosterfees and KKNK commissioned leading actors and directors to produce them.

Persverklaring: Suidoosterfees se nuwe NATi Jong Sterre aangekondig

LitNet Suidoosterfees 2021-07-05

Die nuwe groep aspirant-dramaturge wat gekeur is vir deelname aan die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre-projek, is pas aangekondig.

Gevare van sosiale media belig in Jan van Riebeeck-toneelproduksie met feesvennote

Melt Myburgh, Sanet Taljaard Onderhoude 2021-06-13

"Afgesien van die feit dat ons op Jeugdag jong individue onthou wat hul lewens opgeoffer het sodat ons ’n vrye en inklusiewe Suid-Afrika mag beleef, moet die huidige generasie nou die toon aangee, geleentheid kry om te rebelleer en vrae te vra." – Sanet Taljaard van Hoërskool Jan van Riebeeck oor die Suidoosterfees, KKNK en NATi se Die klaskamer.

Wessel Pretorius se Vlegsel takel kuberboelies op Jeugdag

Melt Myburgh Onderhoude 2021-06-11

Wessel Pretorius vertel van Vlegsel, sy kort eenakter met Cintaine Schutte, wat op Jeugdag by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad as deel van die Suidoosterfees, KKNK en NATi se reeks Die klaskamer opgevoer sou word. Die opvoering is as gevolg van nuwe Covid-regulasies gekanselleer.

Top