Persverklaring | Press release | Mas / Masker / Maskerade I Kunsuitstalling | Art exhibition

  • 0

(English below)

Infinite Surrealist (Dali), deur Joubert Stander, is opgeneem in die Suidoosterfees en die Breytenbach Galery se uitstalling, Mas / Masker / Maskerade.

Maskers en inperkings verken op Suidoosterfees en Breytenbach Sentrum se kunsuitstalling

Die Suidoosterfees en die Breytenbach Sentrum bied van 4 Desember 2021 tot 20 Januarie 2022 ’n kunsuitstalling, Mas / Masker / Maskerade, op Wellington aan. Die opening vind op Saterdag 4 Desember om 11:00 in die Breytenbach Galery plaas.

Die verskynsel van maskers tydens die wêreldwye pandemie word deur kunstenaars verken. Kunswerke wat uitgestal en te koop sal wees is geskep deur Liza Grobler, Theresa Jo Wessels, Jan Barend Wolmarans, Rowland Daniëls, Louise Gelderblom, Rose Gelderblom, Konrad Ross, Alexander Laurean, Susan Smuts, Ann Pretorius, Diane McLean, Joubert Stander, Nadine Hansen, Jacques Dhont, Norman O’Flynn, Lindy Kriek, Neelan Naidoo, Desireé Malan, Susan Bloemhof en Kobus Coetzee.

Tydens die Covid-19-pandemie het “masker” een van die mees gebruikte woorde op feitlik alle mense se lippe geword. Kwessies rondom die dra van maskers, vermomming, inperking, beskerming, veiligheid en vryheid word in die kunswerke uitgebeeld.

Volgens Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach Galery, sukkel baie mense, veral kunstenaars, om die mas op te kom as gevolg van die pandemie-inperkings wat ontwrigting in die bedryf meegebring het. “Die pandemie het die mensdom soos ’n dief in die nag bekruip, en vandag lyk die wêreld soos iets uit ’n wetenskapsfiksierolprent. Met hierdie in gedagte, het ons kunstenaars genooi om die absurditeite wat met die inperkingsreëls gepaard gaan, kreatief te verreken.”

Toegang tot die uitstalling en die opening op 4 Desember om 11:00 is gratis. Navrae kan gerig word aan Anne-Ghrett Erasmus by 083 415 0002 of galery@breytenbachsentrum.co.za.


Masks and lockdowns explored in Suidoosterfees and Breytenbach Galery art exhibition

Nadine Hansen’s Veiled can be viewed in the Suidoosterfees and the Breytenbach Gallery exhibition, Mas / Masker / Maskerade.

The Suidoosterfees and Breytenbach Centre will present the art exhibition, Mas / Masker / Maskerade, in Wellington from 4 December 2021 to 20 January 2022. An opening event is scheduled for Saturday 4 December 11:00 at the Breytenbach Gallery.

Artists will explore the phenomenon of masks during the worldwide pandemic. Works in the exhibition are for sale, and were created by the following artists: Liza Grobler, Theresa Jo Wessels, Jan Barend Wolmarans, Rowland Daniëls, Louise Gelderblom, Rose Gelderblom, Konrad Ross, Alexander Laurean, Susan Smuts, Ann Pretorius, Diane McLean, Joubert Stander, Nadine Hansen, Jacques Dhont, Norman O’Flynn, Lindy Kriek, Neelan Naidoo, Desireé Malan, Susan Bloemhof and Kobus Coetzee.

During the Covid-19 pandemic “mask” became one of the most frequently used words by people all over the world. Themes like the wearing of masks, disguise, concealment, masquerading, safety, protection and freedom are explored in the exhibition.

According to Anne-Ghrett Erasmus, curator at the Breytenbach Gallery, many people, including artists, are grappling with the fallout of disruptions caused by restrictions due to the pandemic. “The pandemic sneaked up on the world’s population like a thief in the night. Today the world resembles the eery reality of a science fiction movie. With this in mind, we invited artists to creatively explore the absurdity that characterises lockdown measures.”

Admission to the exhibition and the opening event on 4 December at 11:00 is free. For enquiries, contact Anne-Ghrett Erasmus at 083 415 0002 or galery@breytenbachsentrum.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top