“Sielvoeding sal plaasvind” | Brumelda Bell oor Die liedjiemakers en die Suidoosterfees-inry

  • 0

Hallo Brumelda. Die Jakes Gerwel Stigting noem jou ’n rymkletser. Hoe sou jy die mens in die spieël beskryf?

Die mens in die spieël sal ek beskryf as ’n persoon wat altyd ander wil inspireer en uplift – ook om die siel te voed.

Jy was ook deel van die Suidoosterfees se talentsoektog. Hoe was dit vir jou?

Die talentsoektog was vir my ’n platform waar ek weer eens besef het hoe belangrik dit is om jouself te express as ’n kunstenaar en dat dit so belangrik is dat die gehoor jou storie verstaan en ook in dieselfde tyd kennis opbou. Na die tyd het ’n paar mense my bedank vir my Khoiness en my bemoedig om aan te hou represent. Dit het my selftrots gegee.

Nou is jy betrokke by die Suidoosterfees se produksie Die liedjiemakers. Wat kan kykers verwag as hulle die produksie op 3 November by die inry gaan sien?

Ek glo die Liedjiemakers-produksie gaan soveel healing bring, beslis ook die gehoor nuuskierig maak om meer te wil weet. Die gehoor gaan inspired wees. Wie weet, miskien is een van die liedjies wat ons doen die rede waar ’n persoon se lewe change in iets positive. Sielvoeding sal plaasvind op 3 November.

Jy hou daarvan om mense te inspireer met jou musiek. Wat is jou drome vir 2022?

My drome vir 2022 is om by ander feeste ook op te tree. Aan projekte te werk waar ek my kennis as ’n kunstenaar terugploeg en om meer en meer musiek te maak. Die wêreld needs my voice.

Lees ook:

#opdielug met Brumelda Bell

Press release: Suidoosterfees drive-in | Eminent voices, new talent | Persverklaring: Die liedjiemakers bring bekendes en nuwelinge bymekaar

“Skep jou eie geleenthede” – Frazer Barry oor skeppende werk en die Suidoosterfees-inryteater

“Ek glo nie dat ons land se toekoms kleurblind is nie” – Jerome Rex oor musiek en die Suidoosterfees-inryteater

“Uithouvermoë en veelsydigheid” – Natasha van der Merwe oor kunstenaarwees en die Suidoosterfees-inryteater

“Ek het een joke op die internet vertel” – Wynand Kotze oor die Suidoosterfees-inry

“Lag is die beste medisyne” – Shimmy Isaacs oor die Suidoosterfees-inry

Persverklaring: Suidooster-sterre skitter in November by Suidoosterfees-inryteater in Kaapstad

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top