“Ek het een joke op die internet vertel” – Wynand Kotze oor die Suidoosterfees-inry

  • 0

Wynand. Jy is ’n man wat nou al groot en ernstige rolle gespeel het – iets soos Athol Fugard se The train driver as voorbeeld. Wat maak jy in Lag my kla'?

Wat maak ek in Lag my kla’? Ek het een joke op die internet vertel – nou boek mense my vir standup gigs. Histeries. Ek het waarskynlik ook ’n manier gevind om mense vir hulself te laat lag, meer as wat hul vir my grappies lag. 

Hansworswees is eintlik om ernstige sake aan te spreek. Die hofnar was nog altyd die stem van rede. Sal ons aktuele sake hoor wanneer ons na die inry gaan vir die vertoning?

Aktuele sake? Ja. Ek is ’n waarnemer meer as wat ek ’n komediant is. Ek dink die lewe bied vir jou daagliks ’n grap of twee op ’n goue kommin skinkbord. 

Jy doen werk op verskillende fronte: radio, TV, die verhoog ... Het dit gehelp gedurende die Covid-tyd?

Het dit my gehelp tydens Covid? Nee. As jy ’n kunstenaar tydens Covid was en jy was nié depressed nie, het jy ryk ouers. Of ’n ryk man. Of jy’t gesmokkel met sigarette. 

Jy het ’n honneurs in skeppende skryfwerk, en jou Nappy blues is onlangs verfilm. Gaan ons nog meer van jou sien in hierdie rol?

Ek het ’n paar ander skryfprojekte in die pyplyn (asook ’n one-man show), so hou dié spasie dop. Klink ek al soos ’n influencer? 

O, ja! My fliek Kansel is op kykNET uitgesaai. Hier is ’n trailer wat iemand opgelaai het:

Lees ook:

“Lag is die beste medisyne” – Shimmy Isaacs oor die Suidoosterfees-inry

“Ek glo nie dat ons land se toekoms kleurblind is nie” – Jerome Rex oor musiek en die Suidoosterfees-inryteater

Persverklaring: Suidooster-sterre skitter in November by Suidoosterfees-inryteater in Kaapstad

“Uithouvermoë en veelsydigheid” – Natasha van der Merwe oor kunstenaarwees en die Suidoosterfees-inryteater

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top