Suidoosterfees

Persverklaring: Op Jeugdag neem die Suidoosterfees jou terug skool toe

LitNet Suidoosterfees 2021-06-08

Op Jeugdag 2021 neem die Suidoosterfees, KKNK en NATi teaterliefhebbers terug skool toe. Die klaskamer is ’n reeks kort plek-spesifieke produksies wat in verskillende ruimtes van Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad aangebied word. Vertonings vind op 16 en 19 Junie om 11:00 en 15:00 plaas.

Persvrystelling: Uitnodiging aan liriekskrywers wat eg Suid-Afrikaanse klanke skep

LitNet Suidoosterfees 2021-06-07

Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees nooi liriekskrywers en sangers wat oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep om aansoek te doen vir deelname aan ’n uitgebreide mentorskapprogram. Die klem van die projek val op eg Suid-Afrikaanse klanke en vars lirieke.

Persverklaring: NATi Jong Sterre-projek bied groot geleenthede vir opkomende dramaturge

LitNet Suidoosterfees 2021-05-17

Die NATi Jong Sterre-projek bied ’n uitsonderlike geleentheid aan jong dramaturge om hul toneelstukke onder professionele mentorskap te verfyn.

Persverklaring: NATi se jong sterre skitter by Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-05-06

Sewe jong dramaturge se verhoogstukke is die afgelope naweek tydens die 18de Suidoosterfees vir die eerste keer op die planke gebring.

Persverklaring: Suidoosterfees dankbaar vir vertroue en uitstekende ondersteuning

LitNet Suidoosterfees 2021-05-06

Die 18de Suidoosterfees, wat pas van 26 April tot 2 Mei in Kaapstad plaasgevind het, spog met ’n gemiddelde produksiebywoningsyfer van 94%.

Suidoosterfees 2021 en NATi Jong Sterre-produksies ‒ ’n onderhoud met Carlo Daniels

Emma Kotze, Carlo Daniels Suidoosterfees 2021-04-28

Emma Kotze gesels met Carlo Daniels oor sy werk wat hy by die fees aanbied, asook die geleenthede wat die Jakes Gerwel-mentorskapprogram, waarvan hy in 2020 deel was, vir hom gebied het en hoe sy toekomsdrome lyk.  

Suidoosterfees 2021 en NATi Jong Sterre-produksies ‒ ’n onderhoud met Margo Kotze

Emma Kotze, Margo Kotze Suidoosterfees 2021-04-28

In samewerking met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), Kunstekaap en die Jakes Gerwel Stigting bied die Suidoosterfees vanjaar weer ‘n NATi Jong Sterre-program by dié fees aan wat tot 2 Mei by die Kunstekaap plaasvind. Emma Kotze gesels met Margo Kotze oor haar werk wat sy by die fees aanbied, asook die geleenthede wat die Jakes Gerwel-mentorskapprogram, waarvan sy in 2020 deel was, vir haar gebied het en hoe haar toekomsdrome lyk.  

Suidoosterfees 2021: An interview with Wahbie Long

Robert Kriger, Wahbie Long Suidoosterfees 2021-04-28

On 29 April 2021 at 10:00, Marianne Thamm will be in conversation with Wahbie Long about his book, Nation on the couch: Inside South Africa's mind, as part of the Suidoosterfees-Jakes Gerwel conversations at Artscape, Cape Town. Robert Kriger interviews Wahbie to find out more about his book, which he describes as a "letter to all South African citizens".

Suidoosterfees 2021: An interview with Adam Cruise

Adam Cruise, Izak de Vries Suidoosterfees 2021-04-23

"Basically, we all need each other, so, no, we cannot allow humanity to self-destruct." Adam Cruise (It’s not about the bats) will be part of the Jakes Gerwel conversations at the Suidoosterfees. 

Persverklaring: Tyd vir ’n blaaskans met die Suidoosterfees se spesiale afslagpakkette

LitNet Suidoosterfees 2021-04-23

Die Suidoosterfees, wat van 26 April tot 2 Mei in Kaapstad plaasvind, val oor ’n langnaweek en in die skoolvakansie. Met ’n program propvol drama, komedie, gesprekke, musiek, inryteater en vele meer, is dit die perfekte geleentheid om jou batterye te kom herlaai. Die fees en die Premier Hotel Kaapstad bied ’n bekostigbare wegbreek-opsie aan feesgangers. 

Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Johan Fourie

Johan Fourie, Bennie Linde Suidoosterfees 2021-04-22

Die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gesprekke word vanjaar van 27 April tot 1 Mei in die Kunstekaap aangebied. Die gesprek "Die lang pad na ekonomiese vryheid", met Johan Fourie, Nicoli Nattrass en Rachel Jafta, vind op 30 April plaas. Bennie Linde gesels met Johan oor sy boek.

Kyk hoe nooi Suidoosterfees-sterre jou uit na die fees!

LitNet Suidoosterfees 2021-04-22

Die Suidoosterfees vind van 26 April tot 2 Mei 2021 in Kaapstad plaas. Kyk hoe nooi van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars jou in hierdie video’s uit na hulle produksies.

Suidoosterfees 2021: An interview with Thembalethu Seyisi

Thembalethu Seyisi, Izak de Vries Suidoosterfees 2021-04-22

"It is my small way of paying it forward and a way of showing gratitude for the privileges life has afforded me thus far." Thembalethu Seyisi (21 life lessons @ 21) will be part of the Jakes Gerwel conversations at the Suidoosterfees. 

Persverklaring: Elsa Joubert se Spertyd met Sandra Prinsloo by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-04-21

Joubert is op 14 Junie 2020 midde die Covid-pandemie oorlede. Kort voor haar afsterwe het sy die teksverwerking gelees, en was sy opgewonde oor Prinsloo se vertolking van haar lewensverhaal.

Persverklaring: Die Dinge van ’n kind by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-04-21

Marita van der Vyver se ontvergeetlike Bildungsroman, Die dinge van ’n kind is in 1994 gepubliseer. Francois Toerien se verhoogverwerking is weerloos en fragiel, ’n produksie vir elke ma, elke dogter, en die mans in hulle lewens.

Persverklaring: Beet by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2021-04-21

Beet is ’n opdragproduksie van die Suidoosterfees om die lewe van Beethoven te vier.

Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Coenie de Villiers

Coenie de Villiers, Marli van Eeden Suidoosterfees 2021-04-20

Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Coenie de Villiers.

Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Deon Meyer

Deon Meyer, Marli van Eeden Suidoosterfees 2021-04-20

Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Deon Meyer.

Kalender: Suidoosterfees 2021 ‒ Die leuen van 1652

LitNet Suidoosterfees 2021-04-20

Die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gesprekke word vanjaar van 27 April tot 1 Mei in die Kunstekaap aangebied. Patric Tariq Mellet se The Lie of 1652: A decolonized history of land het onlangs opslae in die media gemaak. In dié omstrede boek lewer Mellet skerp kritiek teen die koloniale geskiedenis. Hy plaas op 27 April om 10:00 die fokus op grondonteiening, die verwoesting van lewens en die brutaliteit van slawerny in Suid-Afrika.

Terwyl ander huiwer, laat waai Suidoosterfees met spogprogram

Melt Myburgh Suidoosterfees 2021-04-19

Van 26 Maart tot 2 Mei 2021 bied die Suidoosterfees ’n program propvol gesprekke, komedie, drama, musiek en kinderteater aan. Melt Myburgh het gaan inloer by die mense agter die fees, en berig oor hoogtepunte wat op feesgangers wag.

Top