Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Wiskunde, graad 6, November: gratis vraestel en memorandum
2020-11-30Is jy in graad 6 en skryf jy hierdie week nog wiskunde-eksamen? Hier’s hulp vir jou! LitNet bied gratis hulp; kom laai ’n vraestel en memorandum hier af.
Wiskunde, graad 7, November: gratis vraestel en memorandum
2020-11-30Is jy in graad 7 en skryf jy hierdie week nog wiskunde-eksamen? Slaag jou jaar met vlieënde vaandels! LitNet bied gratis hulp; kom laai ’n vraestel en memorandum hier af.
Wiskunde, graad 6-toets: inhoud en kapasiteit
2020-11-27Het jou inhoud nog genoeg kapasiteit vir die res van die jaar? As jy in graad 6 is en hierdie sin nie volkome verstaan het nie, oefen jou kennis met hierdie toets. Die toets en memo is gratis beskikbaar om af te laai.
Wiskunde met LitNet, graad 9: om algebraïese breuke te vereenvoudig
2020-11-26Lee-Ann West is tot die redding! As jy in graad nege is en jy verstaan nog nie hoe om algebraïese breuke te vereenvouding nie, moet jy nou alles los en kom kyk.
Geografie, graad 7, vierde kwartaal: vraestel en memo
2020-11-26Was dit die aardebewing wat nou die aand die grond onder jou voete laat skuif het? Of was dit jy wat gebewe het dat die grond so skud omdat jou Geografie-eksamen nog voorlê? Moenie langer bevrees wees nie. Oefen jou werk met LitNet se gratis vraestel en memo.
Moenie die waarde van storievertelling in skole onderskat nie
2020-11-26"Persoonlike storievertelling bewerk juis dit wat in digitale storievertelling kortkom – om mense te verbind deur middel van raakpunte in die onpersoonlike digitale era. Dit het COVID-19 ons ook kom leer – ons wil êrens behoort, aan iemand raak, iemand fisies sien en hoor."
Graad 8, Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda
2020-11-19Is jy graad 8 en dink jy nou al aan vakansie? Eers moet jy jou Afrikaans Huistaal op ’n prettige manier onder die knie kry. Laai LitNet se oefenvraestelle en memoranda gratis hier af.
Graad 6-wiskunde: persentasietoets
2020-11-19"Ek en my maat deel ’n groot pizza van 12 gelyke dele. Ons eet ¹⁄3 van die helfte van die pizza en gee een stuk vir my boetie. Watter persentasie van die pizza is oor?" Leer om hierdie kopkrapper en ander vrae oor persentasies op te los deur die vraestel en memo gratis af te laai.
Geskiedenis, graad 7: vraestel en memo
2020-11-18Is jy in graad 7 en gee vanjaar se Geskiedenis jou slapelose nagte? Laat LitNet se gratis vraestelle jou help om jou werk onder die knie te kry. Laai 'n gratis vraestel en memo hier af.
Tuisonderwys is nie inperkingsonderrig nie: praktiese raad vir ouers
2020-11-18Vir baie ouers is hierdie jaar veral dalk ’n tameletjie – nie net het die koronavirus die (skool)lewe op sy kop kom keer nie, maar daar is ook groot onsekerheid en kommer oor wat die toekoms mag inhou. Daarom kon jou belangstelling in tuisskoling dalk geprikkel wees. Yolanda Wessels skryf oor die voor- en nadele van tuisskoolonderrig.
Tegnologie, graad 7: vraestel en memo vir die vierde kwartaal
2020-11-18Is jy graad 7 en moet jy blitsig Tegnologie vir die eksamen baasraak? Moenie dat hierdie jaar jou onderkry nie. LitNet se gratis vraestel en memo sal jou deur die grense van gravitasie laat breek. Laai dit nou af en wees voorbereid!
Graad 6-wiskunde: Omtrek, oppervlakte en volume
2020-11-09Is jy in graad 6 en moet jy nou haastig jou wiskunde voor die eksamen hersien? Laai ’n gratis oefenvraestel af om jou te help. Klik ook op die skakel na die memo om dit gratis in PDF-formaat af te laai.
Graad 7 Afrikaans Huistaal: Vraestel 1, 2 en 3
2020-10-29Is jy in graad 7 en moet jy jou Afrikaans nou blitsig onder die knie kry voor die eindeksamen? LitNet kan jou help met hierdie gratis oefenvraestelle en memorandums.
Ouers, loop die eksamenspook?
2020-10-28"Eksamen skryf is helaas nie ’n toeskouersport nie. Hoe meer jy oefen, hoe makliker word dit. Daar is geen beter manier om te oefen vir ’n eksamen as om eksamen te skryf nie. Daarom plaas LitNet gereeld nuwe vraestelle, memorandums en oefeninge op ons skoleportaal."
Modulêre wiskunde en musiek – Wat oorbly is dikwels al wat tel
2020-10-28"Ons stel in die besonder belang in hoe akkuraat klokke ingestem is, en die wyse waarop dit beoordeel word, hou verband met die afwykings/reswaardes itv frekwensie vanaf die bedoelde toonhoogte."
Graad 11: Trigonometrietoets en –memo
2020-10-22Is jy in graad 11 en wil jou driehoeksmeting voor die einde van die jaar bemeester? LitNet bied gratis hulp! Laai ’n oefenvraestel en -memo hier af.
Graad 6: Wiskunde – deling van heelgetalle
2020-10-19"Daar is 5 appels in ’n mandjie. Deel dit met 5 kinders sodat 1 appel in die mandjie oorbly." Wilhelm du Toit help jou, as graad 6-leerder, om hierdie kopkrapper en ander deelsomme onder die knie te kry. Laai ’n vraestel en memo gratis hier af.
Desimale breuke: Graad 6-wiskundevraestel en -memo
2020-10-14Is jy in graad 6 en wil jy bybly met jou wiskunde? Hierdie vraestel en memo kan jou help om desimale breuke te oefen. Laai dit gratis hier af.
Wiskunde met LitNet: Graad 9, faktorisering – verskil in vierkante
2020-10-08In hierdie video verduidelik Lee-Ann West vir graad 9-leerders van faktorisering.
Onnies, kom lag saam!
2020-10-07Kom lag saam met LAPA Uitgewers, SAOU en die AON by volgende week se webinaar. Op 14 Oktober om 16:00 gesels Maritha Snyman oor grappies, die getroue bondgenoot in die klaskamer.

