Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Wiskunde met LitNet op YouTube
2021-07-23Skryf jy volgende week eksamen? LitNet kan jou help. Hier is ’n speellys van wiskundevideo’s op LitNet se YouTube-kanaal. Onthou om in te teken!
Hier is die wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen
2021-07-23Kyk hier wie die gelukkige wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie saam met Fanie Viljoen is. Wenners ontvang elk R3 000 en ’n boekpakkie met die komplimente van Penguin Random House SA.
Groepsdruk
2021-07-23"Ons daag jou uit! As jy een van ons wil wees, sal jy Annien elkeen van daardie name op die papier noem." Lees Cate-Lynn de Jager se "Groepsdruk", wenner van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen in die Graad 10–12-kategorie.
My genesing
2021-07-23"My seegolf breek teen die sitplek voor my. Eric kyk my vies aan." Lees Mirali Hoekstra se "My genesing", wenner van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen in die Graad 8–9-kategorie.
Graad 9: Wiskundevraestel en memo – kwartaal 1 en 2
2021-07-13Is jy in graad 9 en wil jy hersiening doen van kwartaal 1 en 2 se werk? Hier is ’n gratis wiskundevraestel en memo om jou te help.
Die ou met die lang hoed: ’n Jonglesersindruk rondom Jack Parow
2021-07-07"Afrikaans is nie dood nie. Nie solank as wat Jack Parow rap nie."
Pandemieprobleme: Hoe help ek my kleinkind met die Wiskunde wat hy verlede jaar verloor het?
2021-06-25"Ongeag sy ouderdom, hoe kan ons hom van graad een af met Wiskunde help om vas te stel waar hy die 'som' verloor het – en hoe kan ons dit herstel?"
Graad 5: Wiskundevraestel en -memo – heelgetalle tot patrone
2021-06-24Waarom het die Smartie-lekkerny wiskundevraestelle uitgewerk? Om nog slimmer te word en beter te vaar in sy eksamen. Laai Wilhelm du Toit se oefenvraestel en memo vir graadvyfleerders hier af.
Graad 4: Afrikaans Huistaal, tweedekwartaalvraestel en -memo
2021-06-24Eksamenvoorbereiding is kinderspeletjies! Laai Afrikaans Huistaaltoetse en -memoranda deur Eugene van der Westhuizen hier af.
Gevare van sosiale media belig in Jan van Riebeeck-toneelproduksie met feesvennote
2021-06-13"Afgesien van die feit dat ons op Jeugdag jong individue onthou wat hul lewens opgeoffer het sodat ons ’n vrye en inklusiewe Suid-Afrika mag beleef, moet die huidige generasie nou die toon aangee, geleentheid kry om te rebelleer en vrae te vra." – Sanet Taljaard van Hoërskool Jan van Riebeeck oor die Suidoosterfees, KKNK en NATi se Die klaskamer.
Wessel Pretorius se Vlegsel takel kuberboelies op Jeugdag
2021-06-11Wessel Pretorius vertel van Vlegsel, sy kort eenakter met Cintaine Schutte, wat op Jeugdag by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad as deel van die Suidoosterfees, KKNK en NATi se reeks Die klaskamer opgevoer sou word. Die opvoering is as gevolg van nuwe Covid-regulasies gekanselleer.
Wiskunde: graad 8, tweedekwartaal-vraestel en -memo
2021-06-11Is jy in graad 8 en wil jy hierdie kwartaal wiskunde baasraak? LitNet het gratis hulp. Klik op die skakel hier onder en laai Lee-Ann West se oefenvraestel en memo vir die tweede kwartaal af.
Wiskunde: graad 7, tweedekwartaal-vraestel en -memo
2021-06-01Is jy in graad 7 en wil jy hierdie kwartaal wiskunde baasraak? LitNet het gratis hulp. Klik op die skakel hier onder en laai 'n oefenvraestel en memo vir die tweede kwartaal af.
Grondwoorde 2020-projek: Fanie Olivier se beoordelaarsverslag
2021-05-28"Dit is, uiteindelik, nie net ’n kompetisie om wenners te bepaal nie, maar eerder iets waardeur leerders uitgedaag word om met die poësie om te gaan. En dit in Afrikaans, wat in baie (ek dink die meeste) gevalle nie hulle moedertaal is nie. Op hierdie wyse word die taal self belangrik gemaak, word dit gestroop van die vooroordeel wat histories in KwaZulu-Natal sou bestaan."
Die wenners van die Grondwoorde 2020-projek: ’n onderhoud met Wouter Gildenhuys
2021-05-28"Die kompetisie is meer as net ’n digkompetisie. Dit is nie net ’n inisiatief wat erkenning gee aan die gebruik en handhawing van Afrikaans nie, maar is ook ’n belegging in die skryf en voortbestaan van die taal, om belangstelling in poësie te bevorder, om ondersteuning aan aspirantdigters te verleen en om brûe te bou tussen ’n meer diverse groep leerders."
As ek tyd kon terugdraai
2021-05-24"Voorheen was alles blou
nou sit ek vasgevang
in Corona se tragiese
klou!"
Wiskunde: graad 9, tweede kwartaal-vraestel en -memo
2021-05-16Is jy in graad 9 en wil jy hierdie kwartaal wiskunde baasraak? LitNet het gratis hulp. Klik op die skakels en laai ’n oefenvraestel en memo vir die tweede kwartaal af.
Van kleintyd tot nou
2021-05-12Terry Terblanche Botha is sestien jaar oud en deel hierdie gedig met LitNet se lesers.
Boekbekendstelling: Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole
2021-04-30Die bekendstelling van Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johann Burger en Aslam Fataar vind op 4 Mei aanlyn plaas. Hier is verdere inligting.
Press release: Othello at the 11th Shakespeare Schools Festival at Artscape
2021-04-19Wynberg Boys' Acting Association (WBAA) will be presenting their unique abridged version of Othello at this year's Shakespeare Schools Festival South Africa (SSFSA), with the roles of Othello and Desdemona played by a female and male respectively.

