Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Graad 7, vierde kwartaal: Geografievraestel en -memo

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-10-25

Is jy in graad 7 en skryf jy binnekort jou laaste Geografievraestel van die jaar? Hierdie gratis vraestel, opgestel deur Jacques Horne, sal jou kan help met jou voorbereiding!

Graad 7: Geskiedenisvraestel en -memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-10-25

Is jy in graad 7 en skryf jy binnekort jou laaste Geskiedenisvraestel van die jaar? Hierdie vraestel, opgestel deur Jacques Horne, sal jou kan help met jou voorbereiding!

Wiskunde met LitNet-video: Graad 5, woordsomme

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-10-25

Is jy ’n graad 5-leerder wat binnekort eksamen skryf en wonder hoe om woordsomme aan te pak? Lee-Ann West verduidelik in hierdie video hoe mens mooi moet lees wat die vraag is, hoe om te bepaal wat jou getalsin is en hoe om dit dan op te los. Daar sal nog agterna tyd wees om in te kleur! Kyk hierdie video om jou lewe makliker te maak.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en -memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-10-20

Is jy in graad 6 en moet jy binnekort Afrikaans Huistaal-eksamen skryf? Eugene van der Westhuizen het vraestelle opgestel wat kan help met jou hersiening. Skink ’n glasie limonade en oefen met hierdie vraestel om jou beste eksamenpunt nóg te behaal!

Wiskunde met LitNet-video: Graad 11, statistiek, deel 2

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-10-13

In hierdie video verduidelik Lee-Ann West verder nadat sy in die eerste video oor die 5-getal-opsomming gepraat het. Nou praat sy oor getalverspreiding en hoe om data nog beter te verstaan.

Wiskunde met LitNet-video: Graad 11, statistiek, deel 1

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-10-12

In hierdie video, deel 1 van 2, verduidelik Lee-Ann West datahantering en statistieke vir graad 11-leerders. Sy praat oor variasiewaarde, mediaan, omvang en verskil en hoe mens data kan ontleed.

Elinor Sisulu and Puku’s combat against the "cognitive catastrophe" of illiteracy

Elinor Sisulu, Melt Myburgh Skole 2021-10-07

"Every language matters; any language is good enough. The best readers, the most challenging creative and critical thinking, the largest wins for communication skills, are across and between languages." – Elinor Sisulu, award-winning writer and human rights activist.

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Annelie Ferreira se kortverhaal oor innerlike krag

Naomi Meyer, Annelie Ferreira Skole 2021-10-04

"As ’n leser kan omgee vir ’n karakter in ’n storie, nuuskierig gemaak kan word oor die lewe en wêreld van daardie karakter, word dit meer natuurlik vir so ’n leser om in sy of haar lewe ruimte te maak vir werklike mense van ander kulture."

’n Boekgesprek met Anna Emm

Estelle Kruger, Anna Emm Skrywersonderhoude 2021-10-01

"Stephen King het dit een keer so raak beskryf. Hy’t gesê om te skryf is soos om ’n bonfire te maak op ’n donker strand, en dan kom die karakters en storielyne na die lig toe. En elkeen wat kom, bring meer lig, kom pak nog ’n stuk hout op die vuur totdat die hele strand verlig is en jy as skrywer alles kan sien. Dis presies hoe ek dit ook ervaar."

Wiskunde met LitNet-video: Graad 10, analitiese meetkunde, deel 2

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2021-10-01

In hierdie video, deel 2 van 2, verduidelik Lee-Ann West analitiese meetkunde vir graad 10-leerders.

Wiskunde met LitNet-video: Graad 10, analitiese meetkunde, deel 1

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2021-10-01

In hierdie video, deel 1 van 2, verduidelik Lee-Ann West analitiese meetkunde vir graad 10-leerders.

Wat behoort die benadering teenoor godsdiens in skole te wees?

Aslam Fataar SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2021-10-01

"Skoolhoofde, skoolbeheerliggame en onderwysers word dus uitgedaag om ’n ruim en inklusiewe godsdienstige benadering te implementeer. Tog is dit presies waar skole sukkel."

Marita oor Dinge: Ouers durf nie die tiener in hulself vergeet

Marita van der Vyver, Melt Myburgh Skole 2021-09-30

Met Cintaine Schutte se eenvrouvertoning van Die dinge van ’n kind binnekort op die planke by Hoërskool Jan van Riebeeck, gesels Marita van der Vyver oor tieners, ouers en waarom die boek 27 jaar ná sy verskyning mense steeds gaande het.

Wiskundeverrykingsartikel: Gemiddelde

Pieta van Deventer Skole 2021-09-28

"Ons word van jongs af bekendgestel aan die begrip van 'die gemiddelde'. Het iemand al vir jou gevra om te verduidelik wat met 'die gemiddelde', of meer korrek, 'die rekenkundige gemiddelde' van ’n steekproef van getalle bedoel word?" Lees Pieta van Deventer se artikel om die antwoord uit te vind.

Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, gelykvormigheid

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2021-09-23

In hierdie video verduidelik Lee-Ann West gelykvormigheid vir graad 9-leerders.

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Anzil Kulsen se kortverhaal rondom die sosiale media

Naomi Meyer, Anzil Kulsen Skole 2021-09-17

"Hierdie storie kan soveel debat uitlok – daar is ’n paar relevante kwessie waarmee kinders op ’n baie jong ouderdom konfronteer word. Soos die gepoleerde beeld wat ons na buite uitstuur ..."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Henriëtte Loubser se kortverhaal rondom ekologie en natuurbewaring

Naomi Meyer, Henriëtte Loubser Skole 2021-09-13

"Verder kan debatvoering oor ekotemas soos besoedeling, optrede om die aarde te beskerm, klimaatsverandering, uitwissing van spesies, uitputting van natuurlike hulpbronne en die toekoms van die planeet gevoer word. Daar kan idees uitgeruil word en voorstelle gemaak word om kwessies soos besoedeling en vernietiging aan te spreek; optredes te oorweeg, dus."

Graad 5: Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memo vir die derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2021-09-08

Is jy in graad vyf en moet jy binnekort Afrikaans Huistaal-toets skryf? Eugene van der Westhuizen het vraestelle opgestel wat kan help met jou hersiening. As jy dit aflaai, sal jy sien waarom een van die vraestelle jou lus gaan maak vir ’n vrugtedrankie.

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Elrien Scheepers se kortverhaal as voorbeeld van ’n fabel

Naomi Meyer, Elrien Scheepers Skole 2021-09-08

"Die vier elemente van ’n fabel sluit in ’n morele les, simbolisme, humor en antropomorfisme/vermensliking. Hoewel die diere in my fabel normale dieregedrag toon ... is hulle eintlik simbole van mense of kinders."

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

Naomi Meyer, Chase Rhys Skole 2021-09-01

"Vi leerders wat wel Kaaps praat, gloe ek dattie ontmoeting van hul hystaal innie klaskamer ’n geleentheid bied vi heelheid en alignment. Ek hoep dat it hulle laat besef dat hulle tys sowel as op skool hul outentieke self kan wies.  Vi leerders wattie tys Kaaps praatie, maak blootstelling aan hierdie taal hul gedagtes oep. It gie hulle mee geleentheid om bewus te wôd vannie diversiteit vannie Afrikaanse taal en allie verskillende mense wat it praat."

Top