Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Wiskunde, graad 6: eerste kwartaal – vraestel en memo
2021-04-16In graad 6 werk leerders al met komplekse getalle en getalpatrone. LitNet se span kundiges kan die slimkop in jou huis help om Wiskunde in te oefen, want soos sport, word Wiskunde makliker hoe meer jy daaraan werk.
Wiskunde, graad 5: eerste kwartaal – vraestel en memo
2021-04-16In die eerste kwartaal van graad 5 word patrone ingeoefen en vasgelê in die Wiskundeklas. LitNet se span kundiges kan die slimkop in jou huis help om getalle en getalpatrone makliker baas te raak.
Wiskunde, graad 4: eerste kwartaal – vraestel en memo
2021-04-16Wiskunde in graad 4 is ’n aanpassing, maar met LitNet se span kundiges kan die slimkop in jou huis getalle en getalpatrone oefen en dit makliker baasraak.
LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen
2021-04-14As jy in die hoërskool is, kan jy R3 000 wen! Kyk na ons video, skryf jou indrukke daaroor neer en wen kontant of ’n boekprys. Die kompetisie sluit op 2 Junie 2021. Hier is al die inligting.
Wiskunde, graad 2: eerste kwartaal – vraestel en memo
2021-04-08Is jou kind vanjaar in graad 2 en wil jy graag seker maak sy het haar wiskunde vir die eerste kwartaal onder die knie? Saam met LitNet is wiskunde kinderspeletjies en soveel pret soos om in te kleur en te verf. Laai ’n gratis oefenvraestel en memorandum hier onder af.
Wiskunde, graad 3: eerste kwartaal – vraestel en memo
2021-03-16Is jou kind vanjaar in graad 3 en wil jy graag seker maak sy het haar wiskunde vir die eerste kwartaal onder die knie? Saam met LitNet is wiskunde kinderspeletjies en soveel pret soos om met klei te speel. Laai ’n gratis oefenvraestel en memorandum hier af.
Wiskunde, graad 1: vraestel en memo
2021-03-10Is jou kind vanjaar in graad een en wil jy graag sekermaak sy het haar wiskunde vir die eerste kwartaal onder die knie? Saam met LitNet is wiskunde kinderspeletjies en soveel pret soos die bou van ’n sandkasteel. Laai ’n gratis oefenvraestel en memorandum hieronder af.
Sensitiwiteit vir tale ’n móét vir inklusiwiteit in skole
2021-02-24"Ek glo dat diversiteit nie ’n struikelblok hoef te wees nie, maar dat onderwysers verskillende strategieë kan aanwend sodat leerders deur die diversiteit in die klaskamer verryk en bemagtig word."
Tegnologie, graad 7: Toets jou kennis – vraestel en memo
2021-02-16Is jy in graad 7 en draai jou kop aan die begin van nog ’n skooljaar wat deur die pandemie ontwrig word? Laat LitNet jou help om jou Tegnologiewerk baas te raak. Plaas jou skoolwerk in ’n wentelbaan van sukses. Laai hierdie oefenvraestel en -memo gratis af.
Om wiskunde beter te verstaan: ’n onderhoud met Amanda le Roux
2021-02-10"Soos met enige vaardigheid help oefening dat jy dit makliker doen, maar ek dink nie oefening sonder begrip het veel waarde nie. Verstaan is nie dieselfde as 'kan doen' nie."
COVID-19 en die onderwys
2021-02-09"Die COVID-19-pandemie het die onderwys onder verdere druk geplaas en tektoniese verskuiwings veroorsaak in ‘n stelsel wat reeds lank gebuk gaan onder erge wanadministrasie en merkbare agteruitgang."
Wiskundeverrykingsartikel: Google en googol
2021-01-26Lees Pieta van Deventer se artikel oor die verband tussen wiskunde en 'n baie bekende soekenjin hier.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Chris Klopper
2021-01-22Die opening van die skooljaar is tot 15 Februarie uitgestel. Freek Robinson gesels met Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), oor die uitdagings van die onderwys in die tweede pandemiejaar.
LitNet-dramaspens
2021-01-22Is jy op soek na ’n dramateks of monoloog vir ’n praktiese eksamen of Eisteddfod? LitNet het ’n versameling dramatekste (insluitend teatertekste, radiodramas en kabarettekste) in die LitNet-dramaspens!
Raad gevra: keuse van ’n voorgeskrewe boek vir graad 9?
2021-01-15"Kan lesers asseblief ’n paar voorstelle van jeugromans stuur wat geskik sal wees vir Afrikaans Huistaal graad 9? Veral geskik vir seuns." Lesers word hartlik uitgenooi om kommentaar onderaan die artikel te lewer met voorstelle.
Raad gevra: Hoe motiveer ek my kinders om te leer?
2021-01-11"Hulle het heelwat kursusse gedoen hoe om te leer – watter breinkant, hoe om te leer, ens. Maar donkie wil nie drink nie!"
Wiskundeverrykingsartikel: afstandsberekening en die sterre
2020-12-03In hierdie artikel skryf Pieta van Deventer oor wiskundige beginsels wat toegepas word op die afstandsberekening tussen sterre, oor die Doppler-effek in die liggolwe van 'n ster, die rooiligverskuiwing in die spektrum van ’n ster en die standaardfakkels en veranderlike sterre.
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met wenner Nichola Viviers
2020-12-02"Alhoewel die virusregulasies leë teaters tot gevolg gehad het, het dit beslis die idee wat ons van teater het en kan hê, vir ewig en totaal verander. Omstandighede het kreatiewe skeppers forseer om nuwe maniere van kuns maak te skep en DigiToneel is maar net een klein voorbeeld van hierdie uiters voordelige aanpassings."
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met naaswenner Jeanne-Marié Koekemoer
2020-12-02"Dit is ongelooflik om te sien hoe mense aanhou aanpas en vervorm binne hul gegewe omstandighede en ek dink dis vreeslik nodig om aan te hou beweeg, te verander en groei en dan met dinge soos digitale vertonings dit wel regkry en wel iewers kom."
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met derdepryswenner Merwe van Gent
2020-12-02"Teater is vir my net so noodsaaklik soos water. Daarsonder sal die samelewing inmekaar tuimel."

